Wat is ‘n “baba” in Christus

Enige mens moet vleeslik gebore word, en dan “ontwikkel” van ‘n baba, tot kind, tot tiener, tot jong volwassene, tot volwassene…tot die fisiese dood intree (natuurlik as mens tot 70 of ouer word). Net so in ons geestelike ontwikkeling ook.

Wat is die kenmerke van ‘n baba in Christus (in ons)?

Drie boeke in die Nuwe Testament is veral geskryf om ons geestelike baba-stadium te belig: Korinthiërs, Galasiërs en Hebreërs.

1Kor 3:1-3 En ek, broeders, kon met julle nie spreek soos met geestelike mense nie, maar soos met vleeslike, soos met klein kinders (Grieks: nēpios = baba) in Christus. Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste spys nie, want julle was nog nie daartoe in staat nie, en julle is nou nog nie daartoe in staat nie, omdat julle nog vleeslik is; want aangesien daar onder julle jaloersheid en twis en tweedrag is, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie na die mens nie?

Gal 1:6 Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na ‘n ander evangelie toe,

Gal 4:1-3 Maar ek sê: So lank as die erfgenaam ‘n kind (Grieks: “nepios” = baba) is, verskil hy niks van ‘n dienskneg nie, al is hy heer van alles; maar hy staan onder voogde en bestuurders tot op die tyd tevore deur die vader bepaal. So was ons ook, toe ons kinders (Grieks: “nepios” = baba) was, in diensbaarheid onder die eerste beginsels van die wêreld.

Heb 5:13 Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die woord van geregtigheid, omdat hy ‘n kind (Grieks: “nepios” = baba) is.

Watter kenmerke vind ons in die Skrifte wat  geestelike babas uitwys?

  • Vleeslikheid (vyandskap teen God)
  • Jaloersheid
  • Twis
  • Afvalligheid
  • Dienskneg van sonde
  • Onder voogde en bestuurders
  • Diensbaar aan die eerste beginsels van die wêreld
  • ‘n Beheptheid met die gawes van die gees
  • ‘n Afwesigheid van die totale vrug van die gees.

Die uittog uit Egipte (land van slawerny en sonde), deur die Rooi See (doop in Christus) beteken niks vir geestelike babas as daar nie gedurig wonders en tekens plaasvind nie:

1Kor 10:1-5 Want ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurgegaan het, en almal in Moses gedoop is in die wolk en in die see, en almal dieselfde geestelike spys geëet het, en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ‘n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus. Maar God het in die meeste van hulle geen welgevalle gehad nie, want hulle is neergeslaan in die woestyn.

Jesus het vir ‘almal’ gesterf en ‘baie’ aanvaar dit. Christendom is die grootste godsdiens op aarde (33%). Maar die ‘baie’ wat  uit Egipte geroep word, sien nie kans vir die bloedige offers in die woestyn nie (d.i. om saam met Jesus te sterf nie). Baie min (Net 2 uit die 600 000 manne wat uit Egipte getrek het) is uitverkies om deur die Jordaanrivier te trek. Geestelike babas kan nie eens die Jordaanrivier sien nie, want hulle glo net Jesus het gesterf vir hulle sodat hulle net “Here, Here’ kan sê, en fisies geseën kan word, en so die koninkryk kan ingaan.

Mat 7:21-23 Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!

Die Jordaanrivier wys uit na die sterwe saam met Christus.

Gal 2:20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.

Kol 1:24 Nou verbly ek my in my lyding vir julle en vul in my vlees aan die oorblyfsels van die verdrukking van Christus vir sy liggaam, wat die gemeente is;

Die baba in Christus (in ons) kan nie geestelike dinge verstaan nie, want hy is natuurlik en vleeslik. Alles wat geestelik is, word met natuurlike dinge vervang:

1Kor 2:13-15 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk. Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word. Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie.

Die baba in Christus (in ons) voel baie veilig binne getalle (die ‘baie’) en wêreld-geleerde leiers, en verfoei en ‘verag die dag van klein dinge’:

Sag 4:10 Want wie verag die dag van klein dinge, terwyl daardie sewe—die oë van die HERE wat die ganse aarde deurloop—met blydskap die skietlood aanskou in die hand van Serubbábel?

This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s