Joh 3:13 En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.
Niemand? Is Jesus reg? Mense vra: “Wat van Henog, Elia, Moses? Is hulle nie in die hemel opgeneem nie?”
Maar die boek van Hebreërs stem saam met Jesus dat al die geloofshelde (Abel, Henog, Noag, Abraham, Isak, Jakob, Sara) in die Ou Testament het nie ‘die belofte verkry’ nie:
Heb 11:39 En alhoewel hulle almal deur die geloof getuienis ontvang het, het hulle die belofte nie verkry nie,
Hulle het almal (ja Henog is ingesluit in ‘hulle almal’) gesterf!
Heb 11:13 In die geloof het hulle almal gesterwe sonder om die beloftes te verkry, maar hulle het dit uit die verte gesien en geglo en begroet, en het bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op aarde was.
Wie was die grootste profeet en karakter in die Ou Testament? Laat Jesus antwoord:
Mat 11:11 Voorwaar Ek sê vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, het daar nie een opgestaan wat groter is as Johannes die Doper nie;….
…maar is Johannes in (die koninkryk van) die hemele?…
….maar die kleinste in die koninkryk van die hemele is groter as hy [Johannes].
Petrus stem ook saam aangaande ‘die belofte’ van ‘hierdie saligheid’:
1Pe 1:10-13 Aangaande hierdie saligheid het die profete wat geprofeteer het oor die genade wat vir julle bestem is, ondersoek en nagevors, en hulle het nagespeur op watter of hoedanige tyd die Gees van Christus wat in hulle was, gewys het, toe Hy vooruit getuig het van die lyde wat oor Christus sou kom en die heerlikheid daarna. Aan hulle is geopenbaar dat hulle nie vir hulleself nie, maar vir ons dié dinge bedien het wat julle nou aangekondig is deur dié wat die evangelie aan julle verkondig het in die Heilige Gees wat van die hemel gestuur is—dinge waarin die engele begerig is om in te sien.
Niemand het ‘die belofte’ van onsterflikheid nie, behalwe een, Jesus Christus!
Joh 3:13 En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.
1Ti 6:14-16 dat jy die gebod onbevlek, onberispelik bewaar tot by die verskyning van onse Here Jesus Christus wat op sy eie tyd vertoon sal word deur die salige en enigste Heerser, die Koning van die konings en Here van die here, wat alleen onsterflikheid besit en ‘n ontoeganklike lig bewoon, wat geen mens gesien het of kan sien nie, aan wie toekom eer en ewige krag. Amen.
Terloop, Jesus sê Hy is in die hemel terwyl Hy in Johannes 3 met Nikodémus praat, voor Sy dood en opstanding! [lees die kort artikel oor “Wat en waar die hemel is” op die blog].
So waar het Henog heengegaan? Die skrywer van Hebreërs bied die volle verduideliking van Henog se lot:
Heb 11:5 Deur die geloof is Henog weggeneem [Grieks = “metatithēmi” wat “verplasing” beteken] om die dood nie te sien nie; en hy is nie gevind nie, omdat God hom weggeneem [Grieks = “metatithēmi”] het; want voor sy wegneming [Grieks = metathesis wat “transporteer” of “verplasing” beteken] het hy getuienis ontvang dat hy God behaag het.
‘n Geestelike verplasing van ‘n fisiese liggaam is heel bekend aan die Skrifte:
Hand 8:39-40 En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus skielik weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis. Maar Filippus is in Asdod gevind. En hy het die land deurgegaan en die evangelie verkondig in al die stede, totdat hy in Cesaréa gekom het.
Ons is nie vertel wie probeer het om Henog dood te maak nie, maar daar was nog nooit ‘n tekort van die opposisie vir hulle wat met God ‘wandel nie’. God het Henog beskerm teen hulle wat hom wou doodmaak en hom ‘weggeneem’ uit die gebied waar die gevaar was. Daar staan nie ‘n woord in die teks dat Henog “hemel toe gegaan het nie” want Hebreërs 11 vers 13 sê baie duidelik wat uiteindelik met Henog gebeur:
Heb 11:13 In die geloof het hulle almal gesterwe sonder om die beloftes te verkry, maar hulle het dit uit die verte gesien en geglo en begroet, en het bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op aarde was.
Jesus sê dit baie meer duidelik wat die vervalle Christendom net nie wil of kan glo nie:
Joh 3:13 En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.
En wat van Elia?
Ten spyte van die dramatiese wyse waarop hy vervoer is, het ons geen rede om te glo dat Elia opgeneem was na ‘n ander hemel as wat die voëls in vlieg nie. Die feit dat hy nie die aarde verlaat het nie, word gewys toe hy ‘n brief later geskryf het aan Koning Joram wat die seun was van Jósafat, in wie se tyd Elia profeet was toe Elia ‘opgeneem was in die hemel’:
2Kro 21:12 Toe kom daar ‘n brief van die profeet Elía by hom aan om te sê: So spreek die HERE, die God van u vader Dawid: Omdat u in die weë van u vader Jósafat en in die weë van Asa, die koning van Juda, nie gewandel het nie,
Selfs die profete-seuns het die waarheid van ‘n fisiese “verplasing” deur die gees geken, en wou na Elia gaan soek, maar Elisa het dit verbied:
2Ki 2:15-16 En die profete-seuns wat in Jérigo was, het dit op ‘n afstand gesien en gesê: Die gees van Elía rus op Elísa! En hulle het hom tegemoetgekom en voor hom na die aarde gebuig en vir hom gesê: Kyk, hier is by u dienaars vyftig kragtige manne; laat hulle tog u heer gaan soek, of nie miskien die Gees van die HERE hom opgeneem en hom op een van die berge of in een van die dale gewerp het nie. Maar hy het beveel: Stuur hulle nie.
Die vervalle Christendom se teoloë beweer egter dat Elia die brief geskryf het voor sy “opneming” omdat so ‘n redenasie hulle valse leersteling van afgestorwenes wat “hemel toe gaan” bevredig! [Sien die kort artikel op die blog oor “Wat gebeur by die dood van ‘n mens”]. God het die afvallige teoloë nie die geloof gegee om Jesus se woorde te aanvaar nie:
Joh 3:13 En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.
Elia is een van die profete wat nie ‘die belofte’ van ‘hierdie saligheid’ ontvang het nie:
Heb 11:13 In die geloof het hulle almal gesterwe sonder om die beloftes te verkry, maar hulle het dit uit die verte gesien en geglo en begroet, en het bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op aarde was.
1Pe 1:10-13 Aangaande hierdie saligheid het die profete wat geprofeteer het oor die genade wat vir julle bestem is, ondersoek en nagevors, en hulle het nagespeur op watter of hoedanige tyd die Gees van Christus wat in hulle was, gewys het, toe Hy vooruit getuig het van die lyde wat oor Christus sou kom en die heerlikheid daarna. Aan hulle is geopenbaar dat hulle nie vir hulleself nie, maar vir ons dié dinge bedien het wat julle nou aangekondig is deur dié wat die evangelie aan julle verkondig het in die Heilige Gees wat van die hemel gestuur is—dinge waarin die engele begerig is om in te sien.
Wat van Moses en Elia wat op die berg van verheeerliking verskyn het? Kom ons kyk wat Jesus die verskyning noem:
Mat 17:9 En onderwyl hulle van die berg afklim, het Jesus hulle bevel gegee en gesê: Julle moet vir niemand iets van die gesig sê voordat die Seun van die mens uit die dode opgestaan het nie.
Jesus noem dit ‘n ‘gesig’, ‘n visoen, ‘n tipe droom!
Dan 2:28 Maar daar is ‘n God in die hemel wat geheime kan openbaar en wat aan u, koning Nebukadnesar, wil bekend maak wat in die toekoms gaan gebeur. In u slaap het u ‘n droom, ‘n visioen gehad.
Dan 2:19 Toe is die geheim aan Daniël geopenbaar in ‘n nagtelike visioen en Daniël het die God van die hemel geprys.
Dit alles bevestig Jesus se woorde:
Joh 3:13 En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.
Dit is intersant. Het nog nooit so na dit gekyk nie.
Net een vraag wat het van die mense geword wat uit die grafte opgestaan het met die kruisiging?
Ek wonder nou al ‘n geruime tyd hieroor.
Hallo “Wasklip”
Dankie dat jy weer kom inloer het by my blog. Ek waardeer die gesprek. Ek sal sommer op al drie van jou insette reageer omdat ek dink dit almal tot ‘n mate verband hou met mekaar.
Hier is jou vraag: “Net een vraag: wat het van die mense geword wat uit die grafte opgestaan het met die kruisiging? Ek wonder nou al ‘n geruime tyd hieroor”.
Jy sal weet dat die Skrifte sê dat Jesus ‘die eersteling’ is van die wat uit die dood opstaan:
1Kor 15:20 Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het.
1Kor 15:23 maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms.
Die vraag is dus hoe was die opwekking van die wat uit die dode gewek was deur Jesus (soos Lasarus, die dogter van Jairus) verskillend van Jesus se opstanding uit die dode. Hier is die antwoord:
1Ti 6:14 dat jy die gebod onbevlek, onberispelik bewaar tot by die verskyning van onse Here Jesus Christus
1Ti 6:15 wat op sy eie tyd vertoon sal word deur die salige en enigste Heerser, die Koning van die konings en Here van die here,
1Ti 6:16 wat alleen onsterflikheid besit en ‘n ontoeganklike lig bewoon, wat geen mens gesien het of kan sien nie, aan wie toekom eer en ewige krag. Amen.
Dat Jesus die enigste is wat tot dusver onsterflikheid het na Sy opstanding, word deur min geglo. Die wat nie die waarheid kan hanteer nie, sal nie kan sien dat Lasarus, en die ander wat opgewek en opgestaan het uit die dode, opgewek was tot ‘n sterflike fisiese lewe. Hulle het nie onsterflikheid ontvang nie. Hulle het almal weer gesterf en is dood tot vandag. Hulle almal wag vir die opstanding uit die dode met die laaaste basuin wat nog nie geblaas het nie:
1Kor 15:52 in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.
1Kor 15:53 Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word.
Daar was ‘n geweldige aardbewing met Jesus se fisiese sterwe:
Mat 27:50 Daarop het Jesus weer met ‘n groot stem geroep en die gees gegee.
Mat 27:51 En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur;
Mat 27:52 en die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan.
Mat 27:53 En ná sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn.
Mat 27:54 En toe die hoofman oor honderd en die wat saam met hom Jesus bewaak het, die aardbewing sien en die dinge wat daar gebeur, het hulle baie bevrees geword en gesê: Waarlik, Hy was die Seun van God.
Kyk mooi na vers 53: alhoewel die grafte oopgegaan het, het hulle eers NA die opstanding van Jesus ‘uit hul grafte gegaan’. Hieroor krap teoloë nog kop in radeloosheid. Wat wil Mattheus ons sê vra hulle. Die teoloë van Babilon is verblind deur God. Hieroor meer op ‘n ander dag.
In jou tweede kommentaar haal jy die verse aan:
Joh 14:1 Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My. Joh 14:2 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. Joh 14:3 En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.
Hand 1:10 En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle, Hand 1:11 wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.
Jy sê dan: “Dat daar wel ‘n hemel bestaan is vas. Waar dit presies is weet ek nie. Maar die weg soontoe die ken ons”.
Dat daar wel hemele bestaan is ‘n beter manier om die onderwerp te hanteer. Die tekste (uit Johannes hierbo aangehaal) het Jesus gespreek voor Sy kruisdood en was bedoel om Sy dissipels voor te berei op Sy dood, wat hulle tot daardie stadium nog niks van geweet het nie. Hy het vir hulle ‘n ‘plek voorberei’ deur Sy dood omdat hulle (en ons) ook saam met Hom moet sterf. Die fokus is op die kruis. As daardie ‘plek’ ‘die hemel’ is, moet as ‘n byvoeging tot die Skrifte hanteer word. Daar staan niks van hemel nie.
Hier is die ‘plek’ wat Hy voorberei het:
Gal 2:20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
1Kor 15:31 Ek sterf dag vir dag, broeders, so waar as ek op julle roem in Christus Jesus, onse Here.
Fil 3:10 sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word,
As die hemel vir jou ver is soos jy sê: “Maar die weg soontoe die ken ons”, dan is Jesus ook baie ver. Hy het egter vir hulle wat Hom glo gesê Hy kom in hulle woon:
Joh 14:20 In dié dag sal julle weet dat Ek in my Vader is, en julle in My, en Ek in julle.
Mat 28:20 En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.
En dat hulle nou reeds in die hemele sit:
Efes 2:6 en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus,
Jesus het die volgende stelling gemaak terwyl Hy op die aarde gestaan het…
Joh 3:13 En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.
Hy sê Hy IS in die hemel terwyl Hy die stelling maak. Dit kan baie nie verwerk nie, en hulle kan ook nie sien na watter hemel Jesus gegaan het toe hy voor Sy dissipels se oë weggeneem was nie:
Hand 1:9 En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ‘n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem.
Baie kan ook nie die ‘groot wolk’ sien nie:
Heb 12:1 Daarom dan, terwyl ons so ‘n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê,
Jou volgende kommentaar gaan oor die populêre hel-leerstelling.
Jy sê: “Dat die hel nie verewig gaan brand nie stem ek saam met jou. Maar dat God al Sy vyande gaan red daarmee stem ek nie saam nie. Hulle gaan vernietig word in die hel. En hulle sal nie meer wees nie”.
Ek is bly dat jy kan sien dat die poel van vuur nie vir ewig gaan brand nie. Dat God alle vlees en bloed uitwis gaan by die fisiese dood, is gewis. Ons sien dit daagliks. Mense gaan dood en slaap in die doderyk waar hulle wag vir een van die twee geestelike opstandings vir alle mense:
1Kor 15:22 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;
1Kor 15:23 maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms.
1Kor 15:24 Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het.
1Kor 15:42 So is ook die opstanding van die dode: daar word gesaai in verganklikheid, daar word opgewek in onverganklikheid;
1Kor 15:43 daar word gesaai in oneer, daar word opgewek in heerlikheid; daar word gesaai in swakheid, daar word opgewek in krag.
Die poel van vuur word deur baie as ‘n fisiese vuur gesien. Hulle probleem is egter om te sien dat ‘n opgewekte geestelike liggaam nie vernietig kan word deur ‘n fisiese vuur nie.
1Kor 15:44 ‘n Natuurlike liggaam word gesaai, ‘n geestelike liggaam word opgewek. Daar is ‘n natuurlike liggaam, en daar is ‘n geestelike liggaam.
Almal word opgewek met ‘n geestelike liggaam:
Open 20:11 En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie.
Open 20:12 En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke.
Open 20:13 En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke.
Open 20:14 En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.
Open 20:15 En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.
Terloops, Satan is ‘n geestelike wese. Laat my weet hoe of jy die probleem sien, en hoe jy dit sal oplos. Hier is ‘n leidraad:
Heb 12:29 Want onse God is ‘n verterende vuur.
Dat God Sy vyande lief het is die waarheid. Anders verwag Hy iets van ons wat Hy self nie kan doen nie, volgens God se vyande:
Mat 5:43 Julle het gehoor dat daar gesê is: Jy moet jou naaste liefhê en jou vyand moet jy haat.
Mat 5:44 Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg;
Wil jy vir God van dubbele standaarde aankla? Ek hoop nie so nie. God gaan al Sy vyande (‘elkeen’) red, ‘maar soos deur vuur heen’?
1Kor 3:13 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.
1Kor 3:14 As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang;
1Kor 3:15 as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.
Ek hoop ek kon van hulp wees.
Jou broer in Christus
Larry
Dankie vir die uiteensetting. Mens soek heeldag na antwoorde oor die woord van God.
magda
Hello Magda
Dankie vir die woorde van aanmoediging en waardering. Jy is welkom as daar verdere vrae is. Mag die Here Sy Woord verder aan jou open.
Jou broer in Christus
Larry