Hello almal!

Welkom by die webtuiste (“4windkoinonia”) waar ons verklaar dat God se waarheid in die hele inhoud van Sy Woord gevind word:

Psa 119:160 Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.

Op die webtuiste sal u kort skrywes kry oor ‘n verskeidenheid van onderwerpe wat of gewoonlik misverstaan word, of soms geïgnoreer word in die Christelike wêreld, sowel as materiaal wat eenvoudig net die diepte en lewenskragtigheid van ons verhouding met Jesus Christus verder wil uitbrei en stimuleer.

Hierdie webtuiste se doel is om gesprekvoering te fasiliteer met hulle wat deur God oë en ore gegee is om te sien en te hoor hoe ons deur God se gees (wat die konsep van “4wind” geinspireer het ) saambring word (Grieks “koinonia”) om “eensgesind te wees en dieselfde liefde te hê, een van siel, een van sin…IN CHRISTUS JESUS”:

Fil 2:1-5 As daar dan enige troos in Christus is, as daar enige vertroosting van die liefde, as daar enige gemeenskap van die Gees, as daar enige innige tederheid en ontferming is, 2 maak dan my blydskap volkome deur eensgesind te wees en dieselfde liefde te hê, een van siel, een van sin. 3 Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. 4 Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n. 5 Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.

Jou mede-werker in Christus

Larry Groenewald

 

 

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

1 Response to Hello almal!

  1. Hi, this is a comment.
    To delete a comment, just log in, and view the posts’ comments, there you will have the option to edit or delete them.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s