Wat is Waarheid?

Joh 18:36 Jesus antwoord: My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie; as my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my dienaars geveg het, dat Ek nie aan die Jode oorgelewer word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie. Joh 18:37 Pilatus sê toe vir Hom: Is U dan tog ‘n koning? Jesus antwoord: U sê dat Ek ‘n koning is. Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek in die wêreld gekom, om vir die waarheid te getuig. Elkeen wat uit die waarheid is, luister na my stem. Joh 18:38 Pilatus sê vir Hom: Wat is waarheid? En toe hy dit gesê het, gaan hy weer uit na die Jode en sê vir hulle: Ek vind geen skuld in Hom nie.

“Wat is waarheid?” Die vraag is tot vandag so relevant in elke menshart.

Die soeke van die mens na die rede vir sy bestaan (en voortbestaan) is een van die tergendste vraagstukke waarmee ons worstel, wetend of onwetend. Ek het die idee gehad dat ons op die aarde gelos word om te spartel en uit te werk hoe om te oorleef terwyl God van ‘n afstand alles dophou en monitor.

Binne die gedagte vind ons dat kosmetiese oplossings aangebied word in die vorme van verskillende godsdienste, materialisme, wetenskappe, filosofieë, ens. As ek kyk na die geskiedenis van menswees wat op sekere van hierdie gebiede “suksesvol” was, lyk hulle nie te gelukkig met hulle “suksesse” nie want hulle is nog steeds soekend – na wat hulle soek weet hulle ongelukkig self nie. Die mens bly onvervuld ten spyte van al die moderne ontdekkings.

Toe, eendag, ontdek ek ‘n geheim wat eintlik voor ons almal se oë afspeel: God het aan die mens ‘n “moeilikle taak” (nog ‘n Bybelvertaling sê ‘n bose ervaring) gegee om homself daarmee te kwel:

Pred 1:13 En ek het my hart daarop gerig om met wysheid te ondersoek en na te speur alles wat onder die hemel gebeur. Dit is ‘n moeilike taak wat God aan die mensekinders gegee het om hulle daarmee te kwel.

Die fisiese wêreld is ‘n tydelike dimensie wat geen mens kan van ontsnap behalwe deur die dood nie! Ons is vasgevang binne die sintuiglik waarneembare wêreld wat ons denke bepaal vanaf geboorte. Die Bybel noem dit ‘die natuurlike mens’. God is egter nie beïndruk met die natuurlike mens nie, want Hy het iets baie, baie beter in gedagte vir almal van ons. Die waarheid is dat ‘die natuurlike mens’ God se vyand is want die ‘natuurlike mens’ ervaar alles wat God doen as dwaasheid:

1Kor 2:14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.

Rom 8:7 Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, is immers vyandskap teen God. Die sondige natuur onderwerp hom nie aan die wet van God nie, dit kan trouens ook nie.

God alleen het die objektiewe waarheid. Dit is die enigste absolute waarheid. En Hy deel dit nie met almal nie – nie nou nie. Hierdie Waarheid is nie te vinde deur menslike interne en abstrakte kognitiewe prosesse nie:

Joh 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

Die waarheid word slegs gevind in die openbaring van ‘n Persoon wat deur God aangestel was om juis die natuurlike skepping voort te bring wat slegs vir ‘n beperkte tydperk (Grieks: “aion” = seisoen) sal bestaan en dan totaal vernietig sal word (die ‘verganklikheid’) en plek sal maak vir ‘n nuwe blywende geestelike skepping (die ‘onverganklike’):

1Kor 15:45 So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees.

1Kor 15:46 Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike.

1Kor 15:50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.

[Verkorte weergawe – dankie Abie Koegelenberg]

Advertisements
This entry was posted in Lees eers hier and tagged . Bookmark the permalink.

One Response to Wat is Waarheid?

  1. bloedbek sê:

    Larry, ‘n baie goeie stuk inligting, persoonlik dink ek net dis te veel om op een slag met die lesers te deel, ek sou dit in meer as een inskrywing opdeel, bloot omdat te veel is om op een slag in te neem en ek het al agtergekom dat die lesers nie te lang poste lees nie. Die kern van jou boodskap is nietemin waar.
    Ek wil graag byvoeg dat mense sal altyd soekend wees totdat hulle die Waarheid ontmoet, dit gee rustigheid.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s