Joh 6:63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.
Ons sal die gees van God net op een plek vind terwyl ons hier op aarde is – in Sy Woorde!!! Watter woorde?
Al Sy woorde!
Waar is die woorde?
In ‘die hele inhoud’ van die Skrif’ soos in die Bybel “geskrywe”!
Psa 119:160 Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.
2Ti 3:16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,
Dit is slegs deur die hierdie gees van God dat ons alle ander geeste kan beproef en toets:
1Jn 4:1 Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.
‘n Gees benodig ‘n spreker (profeet). Om te luister na die woorde wat gespreek word ‘n gees beproef of getoets:
1Jn 4:6 Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling.
‘n Valse profeet se woorde is altyd “bo wat gekrywe is” in God se Woord:
1Kor 4:6 Hierdie dinge, broeders, het ek op myself en Apollos toegepas om julle ontwil, dat julle aan ons kan leer om nie te dink bo wat geskrywe is nie, sodat julle nie die een ter wille van die ander opgeblase sou wees teen ‘n derde nie.
Valse geeste gebruik nie twee en drie getuies uit God se Woord nie:
2Kor 13:1 Dit is die derde keer dat ek na julle toe kom. In die mond van twee of drie getuies sal elke woord vasstaan.
Waar moet die Woord van God vasstaan as ons ‘n gees wil toets en beproef?
Deu 30:14 Maar baie naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart, om dit te doen.
Die woord van God moet in jou mond wees, en in jou hart, en in jou doen en late:
Jes 59:21 Wat My aangaan, dit is my verbond met hulle, sê die HERE: My Gees wat op jou is, en my woorde wat Ek in jou mond gelê het, sal uit jou mond nie wyk nie, en ook nie uit die mond van jou kroos en uit die mond van die kroos van jou kroos, sê die HERE, van nou af tot in ewigheid nie.
Jer 5:14 Daarom, so sê die HERE, die God van die leërskare: Omdat julle hierdie woord spreek, kyk, Ek maak my woorde in jou mond ‘n vuur en hierdie volk hout, en dit sal hulle verteer.
As mens die Woord van God praat sal min mense na jou wil luister want die Woord is die geestelike vuur van God wat alle vleeslikhede wegbrand. Mense hou van hul eie opinies en interpretasies.