Rom 9:18 So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil.
Hierdie waarheid dat God harte van mense verhard (of versag) soos Hy wil, is ‘n groot struikelblok in die weg om God as soewerein oor en in alles te sien:
Efes 1:11 in Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil,
Rom 11:36 Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
God skep en bewerkstellig alle gebeure in Sy skepping: die goed en die kwaad:
Jes 45:5-7 Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie, sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen.
Hy trek mense na Hom toe, en Hy stoot mense weg van Hom deur hulle harte te verhard:
Joh 6:44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
Joh 15:16 Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.
Rom 9:17 Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde. Rom 9:18 So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil.
Jes 63:17 HERE, waarom laat U ons wegdwaal van u weë? Waarom verhard U ons hart, sodat ons U nie vrees nie? Keer terug ter wille van u knegte, die stamme van u erfdeel!
Ja, God beveel ons om nie ons harte te verhard nie. Hoe werk dit nou?
Heb 3:15 omdat daar gesê word: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie soos in die verbittering nie.
Ons word aangemoedig om altyd tot God te bid om ons harte altyd ontvanklik te maak vir die waarheid. Deur dit te doen, erken ons Sy Almagtigheid in alles wat ons doen. Ons verhard ons harte wanneer ons God se soewereine werke (selfs die verharding van ons harte) misken en op ons eie insigte en geregtigheid reken:
Heb 3:16-19 Wie was dit dan wat gehoor het en Hom verbitter het? Was dit nie almal wat onder leiding van Moses uit Egipte gegaan het nie? En op wie was Hy veertig jaar lank vertoornd? Was dit nie op die wat gesondig het, wie se lyke in die woestyn geval het nie? En aan wie het Hy gesweer dat hulle in sy rus nie sal ingaan nie, behalwe aan die ongehoorsames? En ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie.