Wat en waar is die hemel?

Die natuurlike mens kan die “dinge van die gees van God” nie verstaan nie:

Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word. 1Kor 2:14 

Die natuurlike mens se begrip oor die “geestelike dinge” van God vergelyk met die vlak van begrip wat ‘n dier het oor menslike dinge. Die Skrifte is primêr toegespits op die geestelike, maar dit nie beskore vir die natuurlike denke nie. Alles wat geskryf is in die Skrifte word op ‘n natuurlike manier hanteer deur ons natuurlike denke. God is gees en die gees van God leer egter anders:

Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk. 1Kor 2:13 

Die geestelike konsep van “hemel” word dan ook as iets konkreets en geografies gesien deur die natuurlike denke in ons. Dit word gesien as ‘n plek wat binne ‘n tyd-ruimtelike fisiese heelal net agter die verste sterrestelsel gevind sal word…”daar bo…daar ver”. Ons natuurlike gedagtes sien selfs dat God in ‘n fisiese plek sit – op ‘n fisiese troon…in ‘n fisiese tempel…in ‘n fisiese stad (nuwe Jerusalem) met fisiese goue strate en wit engele wat rondvlieg met fisiese vlerke…alles gebaseer op ‘n natuurlike verwysingsraamwerk.

Maar die natuurlike wysheid van die mens kan egter nie “geestelike dinge” sien of aanneem (konseptualiseer) nie. Dit frustreer die natuurlike mens geweldig en hy maak dan die “dinge van die gees” af as dwaasheid as dit uitgewys word dat die natuurlike interprestasie nutteloos is:

Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe. Joh 6:63

Wat en waar is die geestelike hemel dan? Dit is baie nader as wat die natuurlike denke sal kan besef. Jy sal kan “sien” wat en waar die hemel is net as God jou Sy geestelike insig gee. Kom ons begin by “die begin”:

In die begin het God die hemel en die aarde geskape. Gen 1:1 

God was daar voor “die begin” van alles. Ja, God was daar voor Hy die hemel geskep het. Hierdie feit gooi die natuurlike denke totaal uit. As God die hemel moes maak om in te woon, waar het Hy gewoon voor die “begin” want God het geen begin nie?

Wel, God is gees en Hy het nie ‘n “plek” nodig nie want niks kan Hom “bevat” nie:

Maar wie is in staat om vir Hom ‘n huis te bou? Want die hemele, ja, die hoogste hemel, kan Hom nie bevat nie. Wie is ek dan, dat ek vir Hom ‘n huis kan bou, behalwe om voor sy aangesig offers aan die brand te steek? 2Kron 2:6 

Daar is sommige wat sê dat Jesus vir die dissipels gesê  het dat Hy vir hulle ‘n tipe fisiese “plek” voorberei.

Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. Joh 14:1-2

Die woord “plek” in die vers het egter niks te maak met ‘n fisiese plek nie. Maar sê dit vir ‘n natuurlike denker wat geestelike dinge op ‘n fisiese wyse hanteer, dan is jy die groot dwaas as jy uitwys dat die woorde van Jesus hier nie eens melding maak van ‘n fisiese “hemel” nie.

God het dus nie ‘n fisiese plek nodig om in te woon nie en Jesus skep ook nie ‘n fisiese hemel vir Sy volgelinge nie. Mense wat uit die dood opgewek word kry ‘n geestelike liggaam by die opstanding. Waarvoor sal Jesus ‘n fisiese plek voorberei vir Sy nuwe geestelike skepping?

Maar iemand sal sê: Hoe word die dode opgewek, en met hoedanige liggaam kom hulle? Dwase mens! Wat jy saai, word nie lewendig as dit nie gesterf het nie. En wat jy saai—jy saai nie die liggaam wat sal word nie, maar ‘n blote korrel, byvoorbeeld van koring of van iets anders. 1Kor 15:35-37

So is ook die opstanding van die dode: daar word gesaai in verganklikheid, daar word opgewek in onverganklikheid; daar word gesaai in oneer, daar word opgewek in heerlikheid; daar word gesaai in swakheid, daar word opgewek in krag. ‘n Natuurlike liggaam word gesaai, ‘n geestelike liggaam word opgewek. Daar is ‘n natuurlike liggaam, en daar is ‘n geestelike liggaam. 1Kor 15:42-44

Na die eerste opstanding het die nuwe skepsels in Christus definitief nie fisiese dinge soos fisiese plekke, fisiese kos en fisiese klere nodig nie.

Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word, in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word. Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word. 1Kor 15:51-53 

Jesus se opstanding is tog neergeskryf om ons te wys hoedanig die opstanding uit die dode is! Vir die wat dit kan aanvaar, sal saamstem dat Jesus met ‘n geestelike liggaam opgewek was, soos die Skrifte verklaar, en daardie geestelike liggaam kon ook fisies manifesteer:

En terwyl hulle hieroor praat, staan Jesus self in hul midde en sê vir hulle: Vrede vir julle! Toe het hulle verskrik en baie bang geword en gemeen dat hulle ‘n gees sien. En Hy sê vir hulle: Waarom is julle ontsteld en waarom kom daar twyfel in julle hart op? Kyk na my hande en my voete, want dit is Ek self. Voel aan My en kyk; want ‘n gees het nie vlees en bene soos julle sien dat Ek het nie. En terwyl Hy dit sê, wys Hy hulle sy hande en sy voete. En toe hulle van blydskap nog nie kon glo nie en hulle verwonder, sê Hy vir hulle: Het julle hier iets om te eet? Daarop gee hulle Hom ‘n stuk gebraaide vis en ‘n stuk heuningkoek. En Hy het dit geneem en voor hulle oë geëet. Luk 24:36-43

Is dit vreemd vir ‘n geestelike wese om as vlees te manifesteer en selfs fisiese kos te eet? Nee! Elkeen wat die Skrifte ken sal weet dat Jesus op talle maniere as die “Engel van God” (ook genoem “die Engel van die Here”) in die Ou Testament as vlees verskyn het en selfs saam met mense geëet het (Gen 16:7; Gen 21:17; Gen 31:11;  Eks 14:19 ; Rigt 6:20; Rigt 13:9):

Daarna het die HERE aan hom [Abraham] verskyn by die terpentynbome van Mamre terwyl hy by die ingang van die tent sit op die warmste van die dag. Toe hy sy oë opslaan en kyk, staan daar drie manne voor hom. En toe hy hulle sien, loop hy hulle tegemoet van die ingang van die tent af en buig hom na die aarde toe. Gen 18:1-2

En hy [Abraham] neem dikmelk en soetmelk en die kalf wat hy klaargemaak het, en sit dit aan hulle voor, terwyl hy self by hulle onder die boom bly staan; en hulle het geëet. Gen 18:8

Ons moet egter nie aan die fisiese manifestasies en interpretasies vasklou nie.

Jesus said to her, “Do not cling to Me [His fleshly body], for I have not yet ascended to My Father; but go to My brothers and say to them, ‘I am ascending to My Father and your Father, and to My God and your God.’ ” Joh 20:17 EMTV

“Do not cling to me,” said Jesus, “for I have not yet ascended to the Father. But take this message to my brethren: ‘I am ascending to my Father and your Father, to my God and your God.'” Joh 20:17 WNT

Terug by die hemele. God het die hemel geskep VIR ONS. God skep en bewoon die hemel om ons daar te “ontmoet” en daar met ons te werk. Ons het dus ‘n hemel nodig waar God Homself en Sy werke aan ons openbaar.

Maar waar het God hierdie ontmoetingsplek /werkplek, die hemel, gemaak? Paulus gee die antwoord baie duidelik vir diegene wat dit kan ontvang!

Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle WOON nie?  1Kor 3:16 

Ons is Sy tempel….ons is Sy woonplek as Sy gees in ons woon. Dan is ons ook Sy troon waar Hy heers in Sy hemel. Die hemel is dus ‘n geestelike dimensie binne-in ons. Maar voor daardie hemel en die tempel deur God se gees bewoon word, is daar ‘n ander god wat daar heers (soos deur God bepaal):

Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is. 2Th 2:3-4

Daar is dit! Die “mens van sonde” sit eers op God se troon en glo 100% dat hy in beheer is van alles in sy lewe. Hy is ons ou mens wat op selfverheerliking leef -totaal verblind deur sy eie denke en oortuiginge. Hy is die teëstander van God en hierdie mens van sonde moet eers aan ons openbaar word voordat ons hemele gereinig kan word:

Kyk, in sy heiliges stel Hy geen vertroue nie; ja, die hemele is nie rein in sy oë nie; Job 15:15

Die hemel in ons is eers onrein van al die valse denke en oortuigings en moet gereinig word deur God se Woord, Jesus Christus:

Dit was dus nodig dat die afbeeldinge van die dinge in die hemele deur hierdie offers gereinig moes word, maar die hemelse dinge self deur beter offers as hierdie. Want Christus het nie ingegaan in ‘n heiligdom met hande gemaak, ‘n teëbeeld van die ware nie, maar in die hemel self om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn; Heb 9:23-24

Deur God se reinigingsproses word die hemel deur God bewoon en Hy kom sit op Sy troon waar Hy rusplek kry:

So sê die HERE: Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete. Waar is dan die huis wat julle vir My sal bou? En waar die plek wat my rusplek sal wees? Jes 66:1 

Hemel is dus ‘n geestelike dimensie binne-in elkeen vir hulle wat dit kan aanvaar. Ons kan dus nie hemel toe gaan nie! Afstand is tog immers ‘n fisiese dimensie. Hemel is waar ons geestelike dinge beleef. Die Skrifte verwys daarna as ‘n mens se “hart” – weereens het dit niks te make met die vleeslike ‘bloedpomp’ in ons borskas nie:

Maar die geregtigheid wat uit die geloof is, sê dit: Moenie in jou hart sê nie: Wie sal in die hemel opvaar, naamlik om Christus af te bring; of: Wie sal in die afgrond neerdaal, naamlik om Christus uit die dode op te bring?  Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig:  As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word. Rom 10:6-10

Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken? Jer 17:9 

Maar die dinge wat uit die mond uitgaan, kom uit die hart, en dit is dié wat die mens onrein maak. Want uit die hart kom daar slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal. Mat 15:18-19  

Die “hemelse dinge” verwys dus na ons – ons is eers aards en vuil – alle aardshede moet “gereinig” word met “beter offers” – deur die “geestelike dinge” van God – Sy Woord:

Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus. Heb 10:19 

Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed,sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is. Rom 12:1-2

Deur God se oordeel word ons hemel gereinig en dit is ‘n bloedige proses. Maar vir hulle wat moeg en mat is vir die aardse is die reinigingsporses van God se oordeel baie welkom:

Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid. Jes 26:9

Die bloed van Jesus maak ons gemoed (ons denke) skoon en dit is waar God se Woord dan ook met bloed vergelyk word – ons praat weereens nie van fisiese dinge soos fisiese bloed nie:

Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde. 1Jn 1:7 

 om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord. Efes 5:26

En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. Open 21:3 

God het reeds Jesus as die “bewerker van ewige saligheid” aangewys:

 Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het; Heb 5:9 en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, ‘n bewerker van ewige saligheid geword. Heb 5:8

en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus. Efes  2:6 

En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is. Joh 3:13 

Ons leer God se geregtigheid deur Sy oordeel wat ons hemele reinig! God het belowe dat Hy ‘n nuwe hemel (en nuwe aarde) gaan maak – VIR ALMAL:

 Want soos die nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek maak, voor my aangesig sal bestaan, spreek die HERE, so sal julle nageslag en julle naam bestendig wees. Jes 66:22

En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar. Open 21:5 

En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee. Eseg 36:26 

Dit is deur God se oordeel dat die “hemele” geopen word. Die Skrifte verwys na die meervoud “hemele” op talle plekke (Deu 32:1; 1Kro 16:26; Job 15:15; Kol 1:16; Heb 9:23; 2Pet 3:12; Open 12:12)

Maar wie is in staat om vir Hom ‘n huis te bou? Want die hemele, ja, die hoogste hemel, kan Hom nie bevat nie. Wie is ek dan, dat ek vir Hom ‘n huis kan bou, behalwe om voor sy aangesig offers aan die brand te steek? 2Kro 2:6 

God het die natuurlike dinge geskep om ons te help om Sy geestelike dinge te verstaan:

Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie; Rom 1:20

 Die fisiese dinge het egter GEEN verband met die geestelike dinge in die finale toepassing nie. Die vlees is op die einde van die hele proses regtig van GEEN NUT en dit is te moeilik vir ons vleeslike denke om te aanvaar.

Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe. Joh 6:63

Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk. 1Kor 2:13 

Ons moet nie aan die fisiese interpretasie vasklou nie. In die fisiese skepping het God drie hemele aan ons uitgewys wat ons help om Sy geestelike hemele en ons en ander se progressie in hierdie verskillende hemel te verstaan.

DIE EERSTE HEMEL:

Fisies gesproke is die eerste hemel die naaste aan die aarde – dit is die atmosfeer rondom die aarde waar onder andere die voëls in vlieg, die winde waai, en die wolke gevorm word:

En God het gesê: Laat die waters wemel met ‘n gewemel van lewende wesens, en laat die voëls oor die aarde vlieg langs die uitspansel van die hemel. Gen 1:20

In geestelike terme wys hierdie eerste hemel aan ons ons eerste denke wat alles aardsgebonde is. Ons hele belewenis is vlees en alles wat daarmee gepaardgaan. Hier is ‘n ander manier om die eerste hemel te beskryf:

En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters. Gen 1:2

 En hy sê vir my: Die waters wat jy gesien het, waar die hoer op sit, is volke en menigtes en nasies en tale. Open 17:15

 Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge …..Want wat die vlees bedink, is die dood…. Rom 8:5-6

Ons eerste hemel is dus ons vleeslike of aardse hoogmoedige denke wat heen en weer beweeg onder die invloed van die aardse wyn van welluste en trots, en totaal onstabiel is soos baie waters van die see:

En bowendien, die wyn is ‘n bedrieër, ‘n trotse man is onbestendig: hy wat sy keel wyd oopmaak soos die doderyk, en soos die dood is hy, so onversadelik—hy vergader vir homself al die nasies en maak vir hom al die volke bymekaar. Hab 2:5

sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring; Efes 4:14

DIE TWEEDE HEMEL:

Die natuurlike skepping wys ons dat bokant hierdie aardse atmosfeer het God ander hemelliggame geskep om lig te gee, onder andere:

En God het gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare. Laat hulle ook dien as ligte aan die uitspansel van die hemel om lig te gee op die aarde. En dit was so. God het toe die twee groot ligte gemaak: die groot lig om te heers oor die dag en die klein lig om te heers oor die nag; ook die sterre. En God het hulle aan die uitspansel van die hemel gestel om lig te gee op die aarde en om te heers oor die dag en oor die nag en om skeiding te maak tussen die lig en die duisternis. Toe sien God dat dit goed was. En dit was aand en dit was môre, die vierde dag. Gen 1:14-19

In ‘n geestelike sin verwys die tweede hemel ons groei tot ‘n hoër of dieper insig in God se geestelike dinge. Maar hier is verskillende “ligte” waaronder ons lewe. Die maan is ‘n vals lig wat die nag ‘belig’ – dit is ons tyd onder die valse kerke wat op ‘n wêreldse grondslag ons laat dink dat ons in die “hoogste hemel” is. Ons is egter nog op sand want ons hou nog steeds vas aan vlees en al sy valshede. Hier is ‘n paar Skriftuurlike beskrywings van ons geestelike toestand tydens die tweede hemel belewenis in ons:

En God het gesê: Laat die waters onder die hemel hulle op een plek versamel, sodat die droë grond sigbaar word. En dit was so. En God het die droë grond aarde genoem, en die versameling van die waters het Hy see genoem. Toe sien God dat dit goed was. En God het gesê: Laat die aarde voortbring grasspruitjies, plante wat saad gee en bome wat, volgens hulle soorte, vrugte dra, waarin hulle saad is, op die aarde. En dit was so. Die aarde het voortgebring grasspruitjies, plante wat saad gee volgens hulle soorte en bome wat vrugte dra, waarin hulle saad is, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was. En dit was aand en dit was môre, die derde dag. Gen 1:9-13

Let ook veral op wie  God in beheer geplaas het van hierdie belewenis in ons wanneer ons onder die lig van die maan is:

En ek het op die sand van die see gaan staan. En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering. En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak [Satan, die ou slang] het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag. En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan. En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer? En ‘n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee en veertig maande lank te doen. Open 12:18 tot Open 13:1-5

In hierdie hemel hoor ons van die Son, Jesus Christus, maar die waarheid in God se Woord word alles verdraai. Die Son, Jesus Christus, is dus verduister en ons haat die ware Lig en Sy ware boodskappers (die sterre – Open 1:20, Psa 148:3; Gen 37:9):

Ek, Jesus, het my engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig. Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester. Open 22:16

 Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal. Mal 4:2

 En die verstandiges sal glinster soos die glans van die uitspansel, en die wat baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altoos. Dan 12:3

In hierdie hemel van ons denke en oortuigings verkies ons die massas en hou daarvan om met die gesiene mense in vlees te verkeer.

DIE DERDE HEMEL:

Hierdie deel van ons fisiese skepping kan nie eens met die fisiese oog waargeneem word nie en diegene wat beweer dat hulle daar met ruimteskepe kan beweeg, is ook totaal verblind in hul eie dwaashede. In geestelike terme skakel hierdie hemel met die denke van God waar Hy ons Sy dieptes wys deur Sy regterhand, Jesus Christus. Kyk hoe beskryf Paulus hierdie denke van Christus – die derde hemel:

Ek weet van ‘n man in Christus, veertien jaar gelede—of dit in die liggaam was, weet ek nie, of buite die liggaam, weet ek nie, God weet dit—dat so iemand weggeruk is tot in die derde hemel. En ek weet van so ‘n man—of dit in die liggaam of buite die liggaam was, weet ek nie, God weet dit— dat hy weggeruk is in die Paradys en onuitspreeklike woorde gehoor het wat ‘n mens nie mag uitspreek nie. 2Kor 12:2-4

Hierdie is nie ‘n eenmalige “wegrukking” wat Paulus hier beskryf nie – hy praat van die openaringe van God se Woord wat Hy aan Sy uitverkorenes gee tydens hul tyd hier op aarde in vlees. Dit is “die hoogste hemel” waar die Vader woon in Sy geliefdes en waar Hy Homself aan Sy kinders openbaar:

Deu 10:14 Kyk, aan die HERE jou God behoort die hemel, ook die hoogste hemel, die aarde en alles wat daarin is.

 Die derde hemel in ons is Sy denke in ons, en dit maak ons die troon van God:

1Kor 2:16  Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin van Christus.

Die HERE het sy troon in die hemel gevestig, en sy koninkryk heers oor alles.
Psa 103:19

En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. Open 20:11

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

5 Responses to Wat en waar is die hemel?

  1. wasklip sê:

    Joh 14:1 Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My.
    Joh 14:2 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.
    Joh 14:3 En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.

    Act 1:10 En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle,
    Act 1:11 wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.

    Dat daar wel ‘n hemel bestaan is vas.

    Waar dit presies is weet ek nie. Maar die weg soontoe die ken ons.

    • Hallo “Wasklip”

      Hallo Wasklip

      Dankie dat jy weer kom inloer het by my blog. Ek waardeer die gesprek. Ek sal sommer op al drie van jou insette reageer omdat ek dink dit almal tot ‘n mate verband hou met mekaar.

      Hier is jou vraag: “Net een vraag: wat het van die mense geword wat uit die grafte opgestaan het met die kruisiging? Ek wonder nou al ‘n geruime tyd hieroor”.

      Jy sal weet dat die Skrifte sê dat Jesus ‘die eersteling’ is van die wat uit die dood opstaan:

      1Kor 15:20 Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het.

      1Kor 15:23 maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms.

      Die vraag is dus hoe was die opwekking van die wat uit die dode gewek was deur Jesus (soos Lasarus, die dogter van Jairus) verskillend van Jesus se opstanding uit die dode. Hier is die antwoord:

      1Ti 6:14 dat jy die gebod onbevlek, onberispelik bewaar tot by die verskyning van onse Here Jesus Christus
      1Ti 6:15 wat op sy eie tyd vertoon sal word deur die salige en enigste Heerser, die Koning van die konings en Here van die here,
      1Ti 6:16 wat alleen onsterflikheid besit en ‘n ontoeganklike lig bewoon, wat geen mens gesien het of kan sien nie, aan wie toekom eer en ewige krag. Amen.

      Dat Jesus die enigste is wat tot dusver onsterflikheid het na Sy opstanding, word deur min geglo. Die wat nie die waarheid kan hanteer nie, sal nie kan sien dat Lasarus, en die ander wat opgewek en opgestaan het uit die dode, opgewek was tot ‘n sterflike fisiese lewe. Hulle het nie onsterflikheid ontvang nie. Hulle het almal weer gesterf en is dood tot vandag. Hulle almal wag vir die opstanding uit die dode met die laaaste basuin wat nog nie geblaas het nie:

      1Kor 15:52 in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.
      1Kor 15:53 Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word.

      Daar was ‘n geweldige aardbewing met Jesus se fisiese sterwe:

      Mat 27:50 Daarop het Jesus weer met ‘n groot stem geroep en die gees gegee.
      Mat 27:51 En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur;
      Mat 27:52 en die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan.
      Mat 27:53 En ná sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn.
      Mat 27:54 En toe die hoofman oor honderd en die wat saam met hom Jesus bewaak het, die aardbewing sien en die dinge wat daar gebeur, het hulle baie bevrees geword en gesê: Waarlik, Hy was die Seun van God.

      Kyk mooi na vers 53: alhoewel die grafte oopgegaan het, het hulle eers NA die opstanding van Jesus ‘uit hul grafte gegaan’. Hieroor krap teoloë nog kop in radeloosheid. Wat wil Mattheus ons sê vra hulle. Die teoloë van Babilon is verblind deur God. Hieroor meer op ‘n ander dag.

      In jou tweede kommentaar haal jy die verse aan:

      Joh 14:1 Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My. Joh 14:2 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. Joh 14:3 En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.

      Hand 1:10 En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle, Hand 1:11 wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.

      Jy sê dan: “Dat daar wel ‘n hemel bestaan is vas. Waar dit presies is weet ek nie. Maar die weg soontoe die ken ons”.

      Dat daar wel hemele bestaan is ‘n beter manier om die onderwerp te hanteer. Die tekste (uit Johannes hierbo aangehaal) het Jesus gespreek voor Sy kruisdood en was bedoel om Sy dissipels voor te berei op Sy dood, wat hulle tot daardie stadium nog niks van geweet het nie. Hy het vir hulle ‘n ‘plek voorberei’ deur Sy dood omdat hulle (en ons) ook saam met Hom moet sterf. Die fokus is op die kruis. As daardie ‘plek’ ‘die hemel’ is, moet as ‘n byvoeging tot die Skrifte hanteer word. Daar staan niks van hemel nie.

      Hier is die ‘plek’ wat Hy voorberei het:

      Gal 2:20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.

      1Kor 15:31 Ek sterf dag vir dag, broeders, so waar as ek op julle roem in Christus Jesus, onse Here.

      Fil 3:10 sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word,

      As die hemel vir jou ver is soos jy sê: “Maar die weg soontoe die ken ons”, dan is Jesus ook baie ver. Hy het egter vir hulle wat Hom glo gesê Hy kom in hulle woon:

      Joh 14:20 In dié dag sal julle weet dat Ek in my Vader is, en julle in My, en Ek in julle.

      Mat 28:20 En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.

      En dat hulle nou reeds in die hemele sit:

      Efes 2:6 en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus,

      Jesus het die volgende stelling gemaak terwyl Hy op die aarde gestaan het…

      Joh 3:13 En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.

      Hy sê Hy IS in die hemel terwyl Hy die stelling maak. Dit kan baie nie verwerk nie, en hulle kan ook nie sien na watter hemel Jesus gegaan het toe hy voor Sy dissipels se oë weggeneem was nie:

      Hand 1:9 En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ‘n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem.

      Baie kan ook nie die ‘groot wolk’ sien nie:

      Heb 12:1 Daarom dan, terwyl ons so ‘n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê,

      Jou volgende kommentaar gaan oor die populêre hel-leerstelling.

      Jy sê: “Dat die hel nie verewig gaan brand nie stem ek saam met jou. Maar dat God al Sy vyande gaan red daarmee stem ek nie saam nie. Hulle gaan vernietig word in die hel. En hulle sal nie meer wees nie”.

      Ek is bly dat jy kan sien dat die poel van vuur nie vir ewig gaan brand nie. Dat God alle vlees en bloed uitwis gaan by die fisiese dood, is gewis. Ons sien dit daagliks. Mense gaan dood en slaap in die doderyk waar hulle wag vir een van die twee geestelike opstandings vir alle mense:

      1Kor 15:22 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;
      1Kor 15:23 maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms.
      1Kor 15:24 Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het.

      1Kor 15:42 So is ook die opstanding van die dode: daar word gesaai in verganklikheid, daar word opgewek in onverganklikheid;
      1Kor 15:43 daar word gesaai in oneer, daar word opgewek in heerlikheid; daar word gesaai in swakheid, daar word opgewek in krag.

      Die poel van vuur word deur baie as ‘n fisiese vuur gesien. Hulle probleem is egter om te sien dat ‘n opgewekte geestelike liggaam nie vernietig kan word deur ‘n fisiese vuur nie.

      1Kor 15:44 ‘n Natuurlike liggaam word gesaai, ‘n geestelike liggaam word opgewek. Daar is ‘n natuurlike liggaam, en daar is ‘n geestelike liggaam.

      Almal word opgewek met ‘n geestelike liggaam:

      Open 20:11 En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie.
      Open 20:12 En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke.
      Open 20:13 En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke.
      Open 20:14 En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.
      Open 20:15 En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.

      Terloops, Satan is ‘n geestelike wese. Laat my weet hoe of jy die probleem sien, en hoe jy dit sal oplos. Hier is ‘n leidraad:

      Heb 12:29 Want onse God is ‘n verterende vuur.

      Dat God Sy vyande lief het is die waarheid. Anders verwag Hy iets van ons wat Hy self nie kan doen nie, volgens God se vyande:

      Mat 5:43 Julle het gehoor dat daar gesê is: Jy moet jou naaste liefhê en jou vyand moet jy haat.
      Mat 5:44 Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg;

      Wil jy vir God van dubbele standaarde aankla? Ek hoop nie so nie. God gaan al Sy vyande (‘elkeen’) red, ‘maar soos deur vuur heen’?

      1Kor 3:13 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.
      1Kor 3:14 As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang;
      1Kor 3:15 as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.

      Ek hoop ek kon van hulp wees.

      Jou broer in Christus
      Larry

  2. Terug pieng: Mnese is nie verantwoordelik vir hul ongelowigheid en geestelike blindheid nie! | "Is en Wat Was en Wat Kom" – die onbekende karakter van Jesus Christus en Sy Woord

  3. Terug pieng: Temas | "Is en Wat Was en Wat Kom" – die onbekende karakter van Jesus Christus en Sy Woord

  4. Terug pieng: ‘Luister sorgvuldig na al hierdie woorde’ (Deel 11) | "Is en Wat Was en Wat Kom" – die onbekende karakter van Jesus Christus en Sy Woord

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s