Is God ‘n “drie-eenheid”?

Is God ‘n “drie-eenheid”? Nee.

Die antwoord is heel duidelik in die Skrifte. Mens moet geestelik blind wees om dit nie te sien nie.

Ek noem net kortliks die volgende en net God sal u oortuig van die waarheid. Nie een van die Nuwe Testament skrywers het in ‘n “drie-enige” God geglo en Jesus het nog nooit so ‘n leer verkondig nie. Hier is ‘n paar tekste om dit te bewys:

Paulus:

1Kor 8:6 tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.

Johannes:

2Jn 1:3 genade, barmhartigheid, vrede sal met julle wees van God die Vader en van die Here Jesus Christus, die Seun van die Vader, in waarheid en liefde.

Petrus:

1Pe 1:3 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode,

Judas:

Jud 1:1 Judas, ‘n dienskneg van Jesus Christus en broer van Jakobus, aan die wat geroep, in God die Vader geheilig en vir Jesus Christus bewaar is:

Jesus:

Joh 14:28 Julle het gehoor dat Ek aan julle gesê het: Ek gaan weg en Ek kom weer na julle toe. As julle My liefgehad het, sou julle bly wees dat Ek gesê het: Ek gaan na my Vader, omdat my Vader groter is as Ek.

Iemand wat die Skrifte ignoreer en verdraai ken nie God, die Vader en Sy Seun, Jesus, nie.

Die idée dat God in Sy HELE wese nie HEILIGE GEES IS nie, is godslasterlik.

Joh 4:24a  God is Gees…

Die gees van God is nie apart van Hom nie, maar dit is wat Hy IS!!! Hy IS heilig…en Hy IS gees – nie nog ‘n aparte persoon van Wie Hy IS nie!

Hierdie valse leerstelling van ‘n “drie-eenheid” is een van die pilare van die afvallige Christendom. Hierdie pilaar is soos al hul geestelike ‘huise’ gebou – dit is op sand gebou.

 

 

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

8 Responses to Is God ‘n “drie-eenheid”?

  1. wasklip sê:

    Nee,my vriend dit is op die Woord van God gebou.

    1Jn 5:7 Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een;

    Joh 1:14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid.

    • “Wasklip”

      Jy verwys na 1Joh 5:7

      1Jn 5:7 Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een;

      Jy weet natuurlik dat hierdie teks die mees verdagte teks in die hele Nuwe Testament is: Hier is ‘n paar Griekse kenners se bevindinge (jy praat van Roomkatolieke inmenging in jou vorige epos – kyk hier):

      Albert Barnes: “It is missing in all the earlier Greek manuscripts, for it is found in no Greek manuscript written before the 16th century… It is missing in the earliest versions, and, indeed, in a large part of the versions of the New Testament which have been made in all former times. .. It is never quoted by the Greek fathers in their controversies on the doctrine of the Trinity…”

      Adam Clarke: “But it is likely this verse is not genuine. It is wanting in every MS. of this epistle written before the invention of printing, one excepted, the Codex Montfortii, in Trinity College, Dublin: the others which omit this verse amount to one hundred and twelve.”

      Jamieson, Fausset, and Brown: “The only Greek manuscripts in any form which support the words, “in heaven, the Father, the Word, and the Holy Ghost, and these three are one; and there are three that bear witness in earth,” are the Montfortianus of Dublin, copied evidently from the modern Latin Vulgate; the Ravianus, copied from the Complutensian Polyglot; a manuscript at Naples, with the words added in the Margin by a recent hand; Ottobonianus, 298, of the fifteenth century, the Greek of which is a mere translation of the accompanying Latin. All the old versions omit the words”

      Robertson’s Word Pictures “For there are three who bear witness (**hoti treis eisin hoi marturountes**). At this point the Latin Vulgate gives the words in the Textus Receptus, found in no Greek MS. save two late cursives (162 in the Vatican Library of the fifteenth century, 34 of the sixteenth century in Trinity College, Dublin). Jerome did not have it. Cyprian applies the language of the Trinity and Priscillian has it. Erasmus did not have it in his first edition, but rashly offered to insert it if a single Greek MS. had it and 34 was produced with the insertion, as if made to order. The spurious addition is: **en tōi ouranōi ho patēr**, **ho logos kai to hagion pneuma kai houtoi hoi treis hen eisin kai treis eisin hoi marturountes en tēi gēi** (in heaven, the Father, the Word, and the Holy Ghost: and these three are one. And there are three that bear witness in earth). The last clause belongs to 1Jo_5:8. The fact and the doctrine of the Trinity do not depend on this spurious addition. Some Latin scribe caught up Cyprian’s exegesis and wrote it on the margin of his text, and so it got into the Vulgate and finally into the Textus Receptus by the stupidity of Erasmus”.

      Moet ek meer sê? Ek sal “Wasklip” as jy nie omgee nie.

      Mat 28:19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hullein die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

      Lees maar self op oor die geleerdes se bevindinge van die teks; al wat ek uit die Skrifte vir jou wil wys is dat nie een van die eerste apostels mense in die naam van die “drie-eenheid” gedoop het nie. Hulle het Jesus se sogenaamde “opdrag” om in die valse “drie-eenheid” te doop, nie gehoorsaam nie en dit totaal geignoreer! As jy vir my een bewys in die Skrifte kan wys dat een van hulle (die apostels) hierdie spesifieke en duidelke “opdrag” uitgevoer het, wys dit asseblief vir my. Hulle het almal volgens die Skrif “in die Naam van Jesus” gedoop. Sien jy ook iets raak “Wasklip”?

      Moet ek verder gaan?

      Paulus het ook nie die sogenaamde “opdrag” reg uitgevoer nie.

      1Kor1:15 sodat niemand kan sê dat ek in my naam gedoop het nie.
      1Kor 1:16-17 Ek het ook nog die huisgesin van Stéfanas gedoop. Verder weet ek nie of ek iemand anders gedoop het nie.Want Christus het my nie gestuur om te doop nie, maar om die evangelie te verkondig, nie met wysheid van woorde nie, sodat die kruis van Christus nie verydel mag word nie.

      Paulus was nie gestuur om mense in fisiese water te doop nie!!!

      Groete.

      Larry

  2. B_____________ sê:

    Die eenheid van die mens

    Die Bybel leer vir ons in Genesis1,27 En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van
    God het Hy hom geskape.
    (1) Die mens het ʼn liggaam (persoon 1) bestaande uit vleis, bene, bloed, ens.
    (2) Die liggaam (persoon 1) het ʼn gees (persoon2) onsigbaar, wat die liggaam lewend maak.
    (3) Die liggaam (Persoon 1)en die gees (persoon2) het ʼn woord (persoon3) wat hoorbaar is
    en verander kan word, in boek, brief, of Epos ens.
    En hierdie liggaam(persoon1) en gees (persoon2) en woord (persoon3) is net een persoon
    met ʼn eie naam, bvb Adam.
    —————
    Die Eenheid van God
    Nou lees ons in 1Johannes5,7; Want daar is drie wat getuig in die hemel.Die Vader,(Persoon) die
    Woord, (Persoon) en die Heilige Gees, (Persoon) en hierdie drie is een. (Persoon met ʼn eie Naam
    Jesus.
    Handelinge9,5 En hy sê; Wie is U Here? En die Here antwoord. Ek is Jesus
    Jakobus2 19 Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder.
    Markus12,32 En die skrifgeleerde sê vir Hom: Goed, Meester, U het met waarheid gesê dat God
    een is en daar geen ander is as Hy nie.
    Johannes17,6@26 Ek het u Naam geopenbaar aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het.
    Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My gegee, en hulle het u woord bewaar.
    En Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die liefde waarmee U
    My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle.
    —————–
    Die dissipels van Jesus wie se verstand geopen is om die skrifte te verstaan Lukas24,45; wie
    verstand gegee is om die ware God te ken 1Johannes5,20; wie met die Heilige Gees gedoop is,
    wat die Gees van die waarheid is Handelinge2,1-4) verklaar en openbaar die verborgenheid van die
    Eenheid van God: Vader, Seun, en Heilige Gees, wanneer hulle die opdrag van Jesus soos
    aangeteken in Matthéüs28,19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die
    Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek
    julle beveel het. Uitvoer.

    Handelinge2,38;-En Petrus sê vir hulle. Bekeer julle,(kom tot geloof in Christus) en laat elkeen van
    julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus (waarom in die Naam van Jesus) tot vergewing
    van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
    Handelinge10,43; Aangaande Hom (Jesus) getuig al die profete dat elkeen wat in Hom (Jesus )
    glo, vergifnis van sonde deur sy Naam (Jesus) ontvang.
    Die Naam van Jesus Christus verteenwoordig (let wel nie vervang nie) sy bloed gestort aan die
    kruis vir jou en my sonde.
    Handelinge 4,12 En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam
    (Jesus) onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.
    Let mooi op: Die Naam Jesus is die mens se redding.
    Handelinge19,5;- En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus.
    Matthéüs13,11;- Toe antwoord Hy(Jesus) en sê vir hulle; Omdat dit aan julle (dissipels) gegee is
    om die verborgehede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie.
    ————

    Het u geweet?
    Die sogenaamde Christendom vandag, is niks beter daaraantoe as die Joodse geloof wat betref .
    hulle redding nie.
    In die vroeë geskiedenis van die Christendom het daar ʼn denke verandering plaas gevind wat ʼn.
    ontsaglike impak op die Christelike geloof sou hê.
    Waar die meerderheid Joodse gelowiges Jesus Christus verwerp as hul verlosser en saligmaker,
    het die Christendom Jesus Christus net bygevoeg en met ʼn drie-eenheidsleer vorendag gekom.
    —————

    Die terme drie-eenheid en drie-enige kom glad nie in die bybel voor nie, en is grootliks daarvoor
    verantwoordelik vir die verdeeldheid (verskillende denominansies 38000) wat wêreldwyd onder.
    gelowiges heers. Dit het sy ontstaan te danke aan onder andere, ʼn Latynse skrywer
    genaamd (Tertulianus) wat in die tydperk 155-230 nC geleef het, in die jaar 196 nC was hy
    bekend as die vader van die Latynse kerk. Hy was waarskynlik die eerste persoon wat die Godheid
    beskryf het as drie-eenheid (Trinity) drie persone Vader, Seun, En Heilige Gees.

    In die eerste plek ontneem hierdie siening die mense hulle die reg en voorreg om die ware God te ken,
    1Johannes5,20-21 En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die
    ware God te ken, en ons is in die ware God, in sy Seun Jesus Christus, Hy (Jesus) is die ware God en die
    ewige lewe. My kinders bewaar julleself van die afgode.

    In die tweede plek ontneem dit die mense hul die geleentheid om vergewing van hulle sondes te verkry.
    Handelinge2,38 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, (kom tot geloof in Christus) en laat elkeen van julle
    gedoop word in die Naam van Jesus Christus (waarom in die Naam van Jesus) tot vergewing van sondes,
    en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
    Handelinge10,43 Aangaande Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom (Jesus) glo, vergifnis
    van sonde deur sy Naam (Jesus) ontvang.

    In die derde plek hou dit mense gevangene om veroordeel te word.
    Johannes3,18 Hy wat in Hom (Jesus) glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds
    veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam (Jesus) van die eniggebore Seun van God nie.

    God openbaar Hom aan ons in Vader, Seun en Heilige Gees, daar word nooit genoem dit is drie persone
    nie. Ons lees in 1Johannes 5,7 Want daar is drie wat getuig in die hemel, die Vader die Woord en die
    Heilige Gees, en hierdie drie is een. Ons lees ook in Johannes1,14 En die Woord het vlees geword en het
    onder ons gewoon. Kan ons nou praat van ʼn twee-enige Seun of twee-enige Woord of twee persone?
    natuurlik nie. Die bybel leer ons dit is ʼn enige Here. Deut6,4 Hoor, Israel, die Here onse God is ʼn enige
    Here. En dan herhaal Jesus dit in Markus12,29 En Jesus antwoord hom; Die eerste van al die gebooie is;
    Hoor, Israel, die Here onse God, is ʼn enige Here. Verder lees ons in Johannes5,44 Hoe kan julle glo, wat
    van mekaar eer aanneem, en die eer wat van die enige God kom, soek julle nie. En Johannes17,3 En dit
    is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.
    Waarom kan daarmee nie volstaan word nie? Of bring dit sekere leerstellings in gedrang?

    Daar is ʼn waarskuwing in Spreuke30,5-6 Elke woord van God is gelouter; Hy is ʼn skild vir die
    wat by Hom skuil. Voeg by sy woorde niks by nie,sodat Hy van jou nie rekenskap vorder en jy as ʼn.
    leunaar openbaar word nie.
    My vriend wanneer jy ʼn drie voor die enige voeg, stel jy jouself strafbaar.

    Ons lees in Efésiers 4,4-5 Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle
    roeping; een Here, een geloof, een doop.
    1Timotheús2,4-5 wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.
    Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus.

    Die bose magte maak gebruik van die drie-eenheidsleer om gelowiges op ʼn sy-spoor weg van Jesus.
    te ranggeer.

    11Thessalonicense2,11-12 En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,
    sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid (Jesus) nie geglo het nie, maar behae gehad het in.
    die ongeregtigheid.

    Ns-Ek haal aan uit Prof Kobus Kok se artikel (Groot en of klein doop of dalk weer of nooit doop?)
    Miskien sal dit vir jou interessant wees om te verneem dat die drie-eenheidsleer nie in die tyd van die
    apostels geformuleer was nie, maar eers baie later in die kerk se geskiedenis.
    ——————–
    Opsomming:
    Die apostels het nie die drie-eenheidsleer geformuleer of verkondig nie. Die drie-eenheidsleer veroorsaak onderlinge verdeeldheid.
    Paulus rig ʼn ernstige waarskuwing aan ons.
    Gálasiërs1,8 Maar al sou ons of ʼn engel uit die hemel julle ʼn evangelie verkondig in stryd met
    die wat ons julle verkondig het, laat hom ʼn vervloeking wees.

    11 Korinthiërs2,14 Maar God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van
    sy kennis deur ons oral versprei.

  3. Hallo B____

    Baie dankie dat jy op die blog kom kuier en ook vir die skrywe. Ek sien jy noem my vriend en ek waardeer ook jou pragtige gebaar in die verband. Ek neem aan dat jy geen begeerte het om in ‘n woordestryd met my te gaan want dit alleen is teenstrydig met die leer van Christus soos in die hele Skrif aan ons gebring word:

    Psa 119:160 Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.

    1Ti 6:3-5 As iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die godsaligheid is nie, 4 dié is verwaand en verstaan niks nie, maar het ‘n sieklike sug na twisvrae en woordestryd waaruit ontstaan afguns, twis, lasteringe, bose agterdog, 5 nuttelose stryery van mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense.

    2Ti 2:14 Herinner aan hierdie dinge en betuig voor die Here dat hulle geen woordestryd moet voer wat tot geen nut is nie, maar net tot ondergang van die hoorders.

    Ek is volgens die Skrifte verplig om jou ook dus hieraan te herinner want ek bemerk so ‘n gees in jou skrywe. Help my tog as ek verkeerd is. Ek sal dus hierdie een keer met jou praat oor van die mistastings in jou skrywe en dan sal ek nie in verdere nuttelose stryery betrokke raak nie want dit is dan duidelik dat ons nie tans van dieselfde gees is nie.

    Tit 3:10 Aan ‘n man wat partyskap verwek, moet jy jou onttrek ná die eerste en tweede vermaning.

    Ek weet dat jy ook, soos die bogenoemde Skrifte duidelik uitwys, gehoorsaam aan God wil wees.

    Dit blyk of jy glad nie eens my kort skrywe gelees het, getiteld ‘Is God ‘n “drie-eenheid’ nie, want waar stem ek ooit saam met die valse leer van ‘n drie-eenheid soos jy in jou opsomming meld? Ek stem inderdaad saam dat daar nêrens in die Skrifte so ‘n leer verkondig word nie, soos ook die apostels geglo het. Hoekom maak jy so ‘n growwe beskuldiging?

    Jy sê:

    “My vriend wanneer jy ʼn drie voor die enige voeg, stel jy jouself strafbaar.”

    As jy my kan wys waar ek dit doen, sal ek dit waardeer. As jy my nie kan wys nie, dan staan jy skuldig B____ aan ‘n valse beskuldiging en jou hele argument val uitmekaar want ‘n klein bietjie suurdeeg (valsheid) maak die hele deeg suur (vals):

    1Kor 5:6 Julle roem is nie mooi nie. Weet julle nie dat ‘n bietjie suurdeeg die hele deeg suur maak nie?

    Jy sê:

    “Let mooi op: Die Naam Jesus is die mens se redding.”

    Kan jy op enige plek op die blog wys waar ek dit ontken? Kan ek jou dus vra…het jy dus self mooi opgelet voordat jy oordeel en soos jy vir my vermaan om te doen?

    Jy vra:

    “Het u geweet? Die sogenaamde Christendom vandag, is niks beter daaraantoe as die Joodse geloof wat betref hulle redding nie.”

    Weereens, het ek enige plek op die blog gesê dat ek hiermee verskil? Weet jy enigsins wat ek skryf oor die “sogenaamde Christendom”, soos jy dit noem? Hoekom doen jy nie eers behoorlik ondersoek oor wat ek wel glo en verklaar voordat jy op jou verhogie klim en op my skree nie? Dit is baie onchristelik om ander laer te ag as jouself B____….het jy dit geweet?

    Fil 2:3 Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.

    As jy na jouself kyk B____, en die gees wat in jou skrywe aan my weerspieël word, kan jy 100% verseker sê dat jy hierdie een teks (Fil 2:3) se gees weerspieël? Regtig?

    Dan gee jy my ‘n kort lesing oor die vroeë geskiedenis van die Christendom in ‘n tipe selfverheffingswaan en verwronge oortuiging dat ek heel waarskynlik onkundig is en jy my moet leer! Ken jy my miskien B____? Jou houding kom nie mooi oor nie as ek net lees hoe jy die email skryf. Dit klink regtig nie goed nie en ek voel jammer as jy sal voortgaan met so ‘n houding as jy in gesprek met my wil tree. Dit is ten minste nie hoflik nie en totaal onchristelik. Dink jy ook nie so nie?

    Dan maak jy die volgende stelling:

    “Die terme drie-eenheid en drie-enige kom glad nie in die bybel voor nie…”

    Weereens, kan jy enige plek op die blog wys dat ek dit ontken? Waarom al die inligting weergee asof jy die alleenreg besit tot inligting? Regtig B__, ken jy my miskien? Weereens weerspieël dit ‘n totaal onchristelike houding. Ek hoop vir jou part God wys dit vir jou, miskien deur hierdie skrywe en liefdevolle vermaning vriend.

    Ek hoop jy ontvang die skrywe van my in dieselfde gees waarin dit geskryf was en ek bedank jou vir die tyd wat jy afstaan om met my in gesprek te tree.

    Ek sal dan verder reageer op jou ander gruwelike mistastings wat jy aan God se Woord toevoeg en jou self ook dan daarmee selfs skuldig maak aan dit wat jy voor my deur wil lê:

    Open 22:18-19 Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is. 19 En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.

    Jou vriend in Christus
    Larry

  4. Terug pieng: Die enigste ware beeld van God waardeur mens die Godheid nou kan leer ken | "Is en Wat Was en Wat Kom" – die onbekende karakter van Jesus Christus en Sy Woord

  5. Terug pieng: ‘Wees eensgesind’ | "Is en Wat Was en Wat Kom" – die onbekende karakter van Jesus Christus en Sy Woord

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s