God se wil is Soewerein! ‘n Mens het geen ‘vrye’ wil nie!

Soewereiniteit se betekenis volgens die woordeboek:

1. Oppermagtige heerskappy, oppermag.

2. Wetlik erkende oppergesag.

Is God in beheer van alles of is Hy nie in beheer van alles nie. As Hy nie in beheer van alles is nie, wie is dan?

Die natuurlike mens kan nie God se beheer oor alles, veral oor die bose en bose dade, aanvaar nie. Die mens sien ook homself in beheer van sy eie wil en glo dat God die mens hierdie sogenaamde ‘vrye’ wil gegee het. Die mens glo verder dat hierdie ‘vrye’ wil baie magtig is omdat dit God se wil kan weerstaan!!! Klink dit bekend?

Die idee van ‘n ‘vrye’ wil is egter ‘n delusie van die natuurlike denke en geen mens kan dit vryspring nie. Ironies bind hierdie delusie die mensdom eintlik saam – van ateïs tot elke volgeling van elke godsdiens. Maar omdat die meerderheid mense oor iets saamstem maak dit nie noodwendig waar nie:

Eks 23:2 Jy mag die meerderheid nie volg in verkeerde dinge nie. En jy mag in ‘n regsaak geen getuienis aflê agter die meerderheid aan om die reg te verdraai nie.

Selfs Satan glo dat hy ‘n ‘vrye’ wil het. Die “ou slang” moedig ook die mensdom van die begin af aan om God se soewereiniteit te bevraagteken:

Gen 3:1-5 Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie? 2 En die vrou antwoord die slang: Van die vrugte van die bome in die tuin mag ons eet, 3 maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe. 4 Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie; 5 maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.

Satan en sy volgelinge glo dat hy die skepper van boosheid is. Wel die waarheid is dat God ALLES geskep het, selfs die duisternis en alle boosheid:

Jes 45:5-7 Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen [Skepper] God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie, sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil [Grieks: “ra” = die kwaad/ boosheid] skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen.

Gen 2:9 En die HERE God het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van die kennis van goed en kwaad [Grieks: “ra”].

God skep nie net die “onheil” en “kwaad” nie, Hy is ook in totale beheer van alle onheilige en bose dade:

Amo 3:6 Sal die basuin in die stad geblaas word en die bevolking nie skrik nie? Sal daar ‘n onheil in die stad voorval as die HERE dit nie bewerk het nie?

Dit is egter te veel vir die natuurlike denke om te hanteer.  Daarom klou die natuurlike mens aan hierdie delusie van “vrye” wil en verkondig dit wyd en syd. Hulle beweer dat die alomteenwoordige en almagtige God iewers op ‘n ander plek is wanneer bose en onheilige dinge plaasvind. Hierdie volgende woorde word gebruik deur die afvalliges om te sê dat God nie die kwaad en boosheid skep en beheer nie:

Hab 1:13 U, wat te rein is van oë om die kwaad aan te sien en die onreg nie kan aanskou nie…

God se woorde weerspreek nie mekaar nie – dit is slegs die afvalliges wat sal beweer dat God Homself weerspreek. Kyk na die verse…

Spr 15:3 Op elke plek is die oë van die HERE, en hulle beskou opmerksaam die slegtes en die goeies.

Job 34:21-22 Want sy oë is op die weë van die mens, en Hy sien al sy voetstappe. 22 Daar is geen duisternis en daar is geen diepe donkerheid waarin die werkers van ongeregtigheid hulle kan wegsteek nie.

Jer 23:23-24 Is Ek ‘n God van naby, spreek die HERE, en nie ‘n God van ver nie? 24 Sou iemand hom in skuilplekke kan wegsteek dat Ek hom nie sien nie? spreek die HERE. Vervul Ek nie die hemel en die aarde nie? spreek die HERE.

Kom ons lees nou die hele vers 13 en vers 14 van Habakkuk 1…

Hab 1:13-14 U, wat te rein is van oë om die kwaad aan te sien en die onreg nie kan aanskou nie…—waarom aanskou U die trouelose, swyg U wanneer die goddelose dié verslind wat regverdiger is as hy? 14 So maak U dan mense soos visse van die see, soos kruipende gedierte wat geen heerser oor hulle het nie.

Daar is die waarheid. God laat mense dink dat Hy nie die Skepper van die bose en onheil is nie. Hulle is soos die visse en die kruipende diere met beperkte insig in God se wese en Sy werke. Hierdie valse konsep van ‘n ‘vrye wil’ vorm deel van “die wysheid van die wêreld” waaraan almal van geboorte onderworpe is (soos deur God bepaal):

1Kor 2:14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word. 

1Kor 3:19 want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God; want daar is geskrywe: Hy wat die wyse mense in hulle listigheid vang;

God neem VOLLE verantwoordelikheid vir alles wat in Sy skepping gebeur:

Jes 46:9 Dink aan wat vroeër gebeur het, lank gelede; Ek is God, daar is geen ander nie; Ek is God, daar is niemand soos Ek nie.

Jes 46:10 Ek kondig vantevore aan wat later sal kom, lank tevore al wat nog nie gebeur het nie. Ek sê wat Ek besluit het en dit gebeur, wat Ek wil, doen Ek.

Die grootste bose daad wat ooit gepleeg was, was deur God beplan en Hy het gesorg dat dit ook noukeurig uitgevoer word:

Hand 4:26-28 Die konings van die aarde het saamgestaan en die owerstes het saam vergader teen die Here en teen sy Gesalfde. 27 Want waarlik, Herodes en Pontius Pilatus het saam met heidene en die volke van Israel vergader teen u heilige Kind Jesus wat U gesalf het, 28 om alles te doen wat u hand en u raad vooruit bepaal het om plaas te vind.

Kan iemand nog glo dat God afwesig is van die beplanning en uitvoering van alle boosheid op aarde? God is inderdaad alwetend en almagtig, ver bo mense se idees van wat dit alles behels:

1Jn 3:20 want as ons hart ons veroordeel, God is meer as ons hart, en Hy weet alles.

Joh 16:30 Nou weet ons dat U alles weet en nie nodig het dat iemand U iets vra nie. Daarom glo ons dat U van God uitgegaan het.

Reeds lank voor ons geboorte is elke minuut van elke dag reeds beplan en bepaal, iets wat die natuurlike mens net nie kan aanvaar nie:

Psa 139:16 U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.

God het geweet Adam en Eva (en ons) sou sondig toe die mens deur Hom gevorm was en in Sy hand misluk:

Gen 2:7 En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword.

Jer 18:4 En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker, maar hy het daaruit weer ‘n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak.

Rom 8:20 Die skepping is immers nog aan verydeling onderworpe, nie uit eie keuse nie, maar omdat God dit daaraan onderwerp het. Daarby het Hy die belofte van hoop gegee:

Psa 51:7 Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.

1Kor 15:50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.

Kyk hoe het Adam en Eva se harte gelyk by hul skepping:

1Jn 2:16 Want alles wat in die wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld.

Jer 17:9 Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?

Mat 5:28 Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het.

God gebruik egter die bose vir ‘n doel:

Spr 16:4 Alles het die HERE gemaak vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil.

God gaan alle boosheid vernietig nadat dit Sy doel gedien het. As ons ook kan sien dat vlees en bloed boos is, dan sal ons kan sien dat God deur hierdie tydelike skepping iets baie mooi gaan voortbring. Die skoenlapper se ontwikkeling is ‘n pragtige beeld om hierdie plamn van God aan ons duidelik te maak. Wie sal ooit kan glo dat so ‘n lelike wurm uiteindelik so pragtige skoenlapper word!

Job 25:6 Hoeveel minder die mens, ‘n maaier; en die mensekind, ‘n wurm.

Vlees (en bloed) was nooit veronderstel om vir ewig te lewe nie. Dit is tydelik (stof). God gaan alle mense oorskep – in gees. Lees weer die vers…

Jer 18:4 En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker, maar hy het daaruit weer ‘n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak.

God weet wat Hy doen. God is nie besig met plan A, of plan B of plan C – nee goeiste NEE. Hy is met Sy oorspronklike plan besig. Sy plan met die mens sluit albei ‘potte’ in! Dit is die mens wat nie weet wat God doen nie, self  die ‘wyses van die wêreld’ het geen leidraad nie:

1Kor 1:20 Waar bly die wyse? Waar bly die skrifgeleerde? Waar die redetwister van hierdie eeu? Het God nie die wysheid van hierdie wêreld dwaas gemaak nie?

Die volgende Skrifte laat die natuurlike mens rooi van woede:

Efes 1:11 in Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil,

Rom 11:36 Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

Joh 19:10-11 En Pilatus sê vir Hom: Praat U nie met my nie? Weet U nie dat ek mag het om U te kruisig en mag het om U los te laat nie? Jesus antwoord: U sou geen mag teen My hê as dit u nie van bo gegee was nie. Daarom het hy wat My aan u oorlewer, groter sonde.

Die natuurlike mens skop en trap teen hierdie waarhede en vra: ‘Nou waarom sal God dan al die onheil, duisternis, lyding en verdrukkinge skep?’

Rom 9:20-21 Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nieOf het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?

Heb 2:10 Want dit het Hom betaam, ter wille van wie alle dinge en deur wie alle dinge is, as Hy baie kinders na die heerlikheid wou bring, om die bewerker van hulle saligheid deur lyde te volmaak.

Hand 14:22 en die siele van die dissipels versterk en hulle vermaan om in die geloof te bly deur te sê: Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan.

God IS in beheer van alles wat in ons lewens gebeur. Hy het alles beplan en bepaal. Ons kan niks doen om dit te vermy nie. God het dit in Sy boek geskryf om te gebeur en alles sal gebeur op Sy tyd. Dit hang nie van mens of om na Christus te kom vir redding nie. God alleen bepaal wanneer elke persoon sal kom:

Joh 6:44-45 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag. 45 Dit is geskrywe in die profete: En hulle sal almal deur God geleer wees. Elkeen dan wat dit van die Vader gehoor en geleer het, kom na My toe.

Selfs die begeerte en gebed vir redding in ons harte, kom van God. Alles is syne – selfs die geloof om in Hom te glo, skenk Hy:

Efes 2:8-10 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.

Jer 10:23 Ek weet, o HERE, dat aan die mens sy weg nie toebehoort nie; nie aan ‘n man om te loop en sy voetstappe te rig nie.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

2 Responses to God se wil is Soewerein! ‘n Mens het geen ‘vrye’ wil nie!

  1. Hallo

    Baie dankie vir hierdie Geestelike Restaurant, waar mens kan kom eet….

    Ek het ‘n vraag, hoekom het God die Bose geskep? Ek wonder baie daaroor, Hy het sekerlik geweet dat ons as mens gaan lei daaronder….. dit bly vir my ‘n raaisel…

    seenwense

    E_________

  2. E________ Skryf:

    Hi

    Weer ek, ek bedoel niks sarkasties nie, ek dink net na, en verbaliseer…..
    Het God dan ook bepaal wie gered sal wees en wie nie…. ?
    Indien wel, wat kan ons as mens dan ooit doen om Sy kinders te wees…….?
    Dis nie ‘n lekker gedagte om te dink dat ek geskape is, en my saligheid vooraf bepaal is nie…..wat is die sin dan van my verhouding met God Vader in Sy drie enigheid?

    seengroete

    E_____

    ———————
    Hallo E__________

    Baie dankie vir die mooi woorde van aanmoediging en vir die gedagte van ‘n “geestelike restaurant”. Dit laat my dink aan hierdie teks:

    Psa 23:5 U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor.

    Die tafel van God is egter vir baie nie beskore nie en hulle is ook onduidelik wat Hy aanbied op sy “tafel”. Die boek van Job wys vir ons dat nie net goeie dinge uit God se hand kom nie, maar ook die kwaad:

    Job 2:9-10 Toe sê sy vrou vir hom: Volhard jy nog in jou vroomheid? Seën [dit is “vloek” in die Hebreeus] God, en sterf! 10 Maar hy antwoord haar: Soos ‘n dwaas praat, praat jy! Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte [die kwaad, die bose] aanneem nie? By dit alles het Job nie gesondig met sy lippe nie.

    Job se vrou is almal van ons se natuurlike denke wat die “tafel” van God net nie kan hanteer nie. Wat is die sin van my verhouding met God as God dan al die kwaad ook op my pad bring? Job se antwoord gee vir ons hoe ons ons verhouding met God ten alle tye moet respekteer, en in dankbaarheid voor Hom leef want Hy gee alles vir ons.

    Dit is dus ‘n groot voorreg om eposse soos joune te kry want nie baie mense vra die vrae waarmee jy worstel nie. Nee, jou vrae is baie goed bekend aan my en ek hanteer dit met groot respek. Ek sal sommer albei jou eposse in hierdie epos probeer hanteer. Laat maar weet as ek iets gemis het, assbelief.

    Jou eerste vraag is:

    “Ek het ‘n vraag, hoekom het God die Bose geskep? Ek wonder baie daaroor, Hy het sekerlik geweet dat ons as mens gaan lei daaronder….. dit bly vir my ‘n raaisel…”

    Dit was vir my ook maar ‘n groot raaisel en selfs op die ouderdom van ses jaar het ek hierdie vrae begin vra met die dood van ‘n familielid. God weet dat die kwaad wat Hy bring baie pyn ook teweegbring. Maar die pyn is altyd van korte duur en gou word dit vergeet as ons die rede daaragter en die resultate daarvan eendag sien. Die tjek aan die einde van die maand maak die werk binne die maand draagbaar. So ja, dit is goed om vrae te vra want dit is wat God se Woord ons ook leer:

    Mat 7:7-11 Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. 8 Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word. 9 Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom ‘n klip sal gee; 10 en as hy ‘n vis vra, aan hom ‘n slang sal gee? 11 As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!

    Net die Skrifte kan ons God se antwoorde gee. Die woorde van God is Sy gees soos Jesus ook duidelik sê, maar ongelukkig kan min hierdie woorde verstaan:

    Joh 6:63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.

    Sy woorde is gees! Ons kry dus die antwoorde op ons vrae in God se Woord. Laat my dus toe om jou vraag oor die bose te beantwoord uit die Skrifte. God is nie skaam om openlik te sê dat Hy die bose geskep het nie, ten spyte van hulle wat dit heftig ontken:

    Jes 45:5-7 Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie, 6 sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; 7 wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil [die kwaad of die bose] skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen.

    God skep die bose vir Sy doeleindes:

    Spr 16:4 Alles het die HERE gemaak vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil.

    Ons lees in die storie van Josef dat al die onheil wat oor Josef gekom het, deur God beplan was om die goed na vore te bring wat uit die bose dade gespruit het. Baie mense se lewens was gespaar toe hy uiteindelik in Egypte die faro van raad bedien het! Luister net hoe Josef se broers gevoel het oor alles wat hulle aan Josef gedoen het jare nadat hy hulle reeds openlik vergewe het:

    Gen 50:15-21 Toe die broers van Josef sien dat hulle vader dood was, het hulle gesê: Sê nou Josef gaan ons as vyande behandel en hy gaan ons werklik vergelde al die kwaad wat ons hom aangedoen het! 16 Daarom het hulle hierdie boodskap na Josef gestuur: U vader het voor sy dood bevel gegee met hierdie woorde: 17 So moet julle vir Josef sê: Ag, vergewe tog die oortreding van jou broers en hulle sonde, want hulle het jou kwaad aangedoen. Maar nou, vergewe tog die oortreding van ons wat die God van u vader dien. En Josef het geween toe hulle met hom spreek. 18 En sy broers het ook self gegaan en voor hom neergeval en gesê: Kyk, ons is u slawe. 19 Maar Josef het hulle geantwoord: Moenie bevrees wees nie; want is ek in die plek van God? 20 Want júlle het wel kwaad teen my bedink, maar God het dit ten goede gedink om te doen soos dit vandag is, om ‘n groot volk in die lewe te hou. 21 Wees dan nou nie bevrees nie: ék sal julle en julle kinders onderhou. So het hy hulle dan getroos en na hulle hart gespreek.

    Sy broers het wel die kwaad aan hom gedoen, maar dit was God wat alles beplan en bestier het. Maar hulle wil om een of ander rede steeds in die prentjie bly – so tipies mens. Net God kan die bose en die kwaad skep en dit ten goede aanwend! Ons as mens kan dit nie doen nie en daarom sukkel ons om God se doel met die bose te verstaan. Kyk na die grootste boosheid wat ooit op hierdie aarde gepleeg was. Wie dink jy het hierdie bose daad beplan en laat uitvoer? Kom ons lees in Handelinge:

    Hand 4:26-30 Die konings van die aarde het saamgestaan en die owerstes het saam vergader teen die Here en teen sy Gesalfde. 27 Want waarlik, Herodes en Pontius Pilatus het saam met heidene en die volke van Israel vergader teen u heilige Kind Jesus wat U gesalf het, 28 om alles te doen wat u hand en u raad vooruit bepaal het om plaas te vind. 29 En nou, Here, let op hulle dreigemente en gee aan u diensknegte om met alle vrymoedigheid u woord te spreek, 30 deurdat U u hand uitstrek tot genesing, en tekens en wonders deur die Naam van u heilige Kind Jesus plaasvind.

    Daar staan dit E_____ – God het hierdie bose en tragiese gebeure alles haarfyn vooruit beplan, en toe alles so laat gebeur. En wat was die einde van die bose se werk? Dit het gelei tot die die dood en opstanding van Jesus, vergifnis van ons sondes en die hoop van ‘n opstaning uit die dood vir almal . Alles werk toe goed uit!!!

    In hierdie Skriftekste wat ek reeds genoem het (en nog baie ander) is jou vraag se antwoorde E______. Ek bid en hoop dat God jou die oë sal gee om dit kan sien. Ons lyding is ook ten goede want daardeur leer ons baie meer en vinniger as wanneer dit goed gaan. Alle lyding is teen die einde van die tyd baie kort. As ons saam met Christus ly, dit is as ons vir Sy waarheid opstaan, dan sal ons ook in Sy heerlikheid deel as Hy kom:

    1Pe 4:1-2 Omdat Christus dan vir ons na die vlees gely het, moet julle jul ook wapen met dieselfde gedagte, dat wie na die vlees gely het, opgehou het met die sonde, 2 om die orige tyd in die vlees nie meer volgens die begeerlikhede van die mense te leef nie, maar volgens die wil van God.

    1Pe 4:12-15 Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie; 13 maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van sy heerlikheid met blydskap kan jubel. 14 As julle beledig word oor die Naam van Christus, is julle gelukkig, omdat die Gees van die heerlikheid en van God op julle rus. Wat hulle betref, word Hy wel gelaster; maar wat julle betref, word Hy verheerlik. 15 Want niemand van julle moet ly as moordenaar of dief of kwaaddoener of as een wat hom met die sake van ‘n ander bemoei nie.

    Jou tweede vraag lei as volg:

    Het God dan ook bepaal wie gered sal wees en wie nie…. ? Indien wel, wat kan ons as mens dan ooit doen om Sy kinders te wees…….? Dis nie ‘n lekker gedagte om te dink dat ek geskape is, en my saligheid vooraf bepaal is nie…..wat is die sin dan van my verhouding met God Vader in Sy drie enigheid?

    God het alles bepaal wat moet gebeur voor die grondlegging van die wêreld en alles gebeur op Sy tyd en plek:

    Mat 25:34 Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af.

    Efes 1:4 soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees,

    1Pe 1:18-20 omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, 19 maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos, 20 wat wel vooruit geken is voor die grondlegging van die wêreld, maar in hierdie laaste tye geopenbaar is om julle ontwil,

    God het alle mense nietig (van stof is jy en tot stof sal jy terugkeer) en boos (in vlees en bloed) gemaak en Hy het reeds vooruit besluit om almal te red deur hierdie bose en nietige fase of “eeu” waarin ons nou leef. Ja, dit is die eerste fase in God se een plan om almal in Sy ewebeeld te maak. God is gees en ons moet in gees gemaak word om soos Hy te wees, maar daar is ‘n proses aan verbonde. God gaan nie een van Sy skepsels onklaar los nie – ja, nie een gaan uitgelaat word nie. God word nie onkant gevang deur ons handelinge soos die valse leraars dit wil hê nie. Hy het een plan waardeur Hy almal gaan red, maar dit is vir die meeste mense nie beskore om die plan te sien nie – God verblind hulle oë:

    Mat 13:10-14 En die dissipels het gekom en vir Hom gesê: Waarom spreek U tot hulle [die massas or skares] deur gelykenisse? 11 Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie. 12 Want hy wat het, aan hom sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar hy wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het. 13 Daarom spreek Ek tot hulle deur gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie. 14 En aan hulle word die profesie van Jesaja vervul wat sê: Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie.

    Daarom volg die skares of massas die valse leerstelling wat deur hul leiers aan hulle opgedis word. Hulle kan dit nie verhelp nie want dit is ook alles van God. Ek het niks teen die valse leraars persoonlik nie, net teen die leuens wat hulle aan hul talle volgelinge aanbied, teen ‘n prys natuurlik. Hulle gebruik vrees om mense vas te ketting en dan eis hulle boon-op ‘n losprys. Een van die leuens wat verkondig word, is dat jy self moet kies om Jesus te volg! Absurd! Niemand kan God kies of aanneem nie. In die wêreld is dit tog ‘n volwasse persoon wat ‘n kind aanneem en nie omgekeerd nie. Hier is Jesus se woorde baie duidelik:

    Joh 15:16 Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.

    Joh 6:44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.

    Ons kies om Jesus te volg omdat Hy dit so besluit het, eerste. Hy gee ons die krag en die insigte om alles te kan doen. Ons kom na Hom omdat Hy ons trek – die oorspronklike Grieks sê eintlik “sleep”, soos mens ‘n net uit die see sleep. Ons het ‘n wil, maar die wil is nie vry om te maak soos ons wil nie. Dit is net in ons eie oë wat dit so lyk. God bepaal elke skepsel se voetstappe:

    Spr 20:24 Die voetstappe van ‘n man hang van die HERE af: hoe sou ‘n mens dan sy weg verstaan?

    Jer 10:23 Ek weet, o HERE, dat aan die mens sy weg nie toebehoort nie; nie aan ‘n man om te loop en sy voetstappe te rig nie.

    God self laat ons ook afwyk van Sy weg en Hy verhard ons harte:

    Jes 63:17 HERE, waarom laat U ons wegdwaal van u weë? Waarom verhard U ons hart, sodat ons U nie vrees nie? Keer terug ter wille van u knegte, die stamme van u erfdeel!

    Rom 9:16-21 So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is. 17 Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde. 18 So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil. 19 Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan? 20 Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie? 21 Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?

    Jy, en ons almal vra, “waarom verwyt Hy ons dan?” as HY ons die dinge laat doen! Nee Hy verwyt ons nie as ons die dinge doen wat Hy besluit het ons moet doen nie. Hy wil ons leer dat HY GOD IS en ONS IS NIE GOD NIE. Die mens dink hy is ‘n god wat kan maak en breek soos hy wil, kies wat hy wil, ens. Dit is ‘n kragtige dwaling wat God self stuur oor elke mens om die leuen te glo dat hy ‘n “vrye” wil het:

    2Th 2:11 En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo.

    Maar deur hierdie skrifte word hulle wat dit kan ontvang op hul knieë gedwing om voor God rekenskap te gee oor al hulle verkeerde gedagtes. Dit is hoe ons Sy kinders word. Ons moet Sy Woord aanvaar en doen!

    Mat 7:24-25 Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het. 25 En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots.

    Ons as sondige natuurlike mense kan nie aanvaar dat ons saligheid deur God ALLEEN bepaal word nie – ons wil iewers geëer word – ons wil iets doen. Dit is die hart van die dier in ons. Maar dit kos groot vernedering om te aanvaar dat ek niks kan bydra tot my saligheid nie. Ons kan net iets doen as Hy dit werk in ons doen:

    Fil 2:12-13 Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing; 13 want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.

    Ons kan net ons saligheid uitwerk (in ons eie lewens) as God dit IN ons doen eerste, nie omgekeerd nie. Ons saligheid is gebou op die Rots en dit is Christus en Sy Woord, soos jy weet. Hier is hoe God almal gaan red, want daar is ‘n Goddelike orde:

    1Kor 15:22-28 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; 23 maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. 24 Daarna kom die einde [dit is die res van alle mense], wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het. 25 Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. 26 Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood. 27 Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het. 28 En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.

    Ek bid dat God jou die geloof sal gee om hierdie woorde wat in Sy Woord voorkom oor te dink en daaroor te bid. Baie verwerp God se woorde en glo in valse leerstellings soos dat God ‘n liefdevolle Vader is, maar Sy eie kinders in ‘n ewige helse vuur gaan laat brand terwyl geen aardse vader of moeder so iets aan hulle eie kinders sal doen nie. Dit is die vlak van boosheid wat in mense is wat voorgee dat hulle God vrees en dien, maar in werklikheid God belaster!!! Hierdie ewige fisiese vuur waarin mense ander mense wil sien brand, sê God het nog nooit in Sy eie hart opgekom nie:

    Jer 7:30-31 Want die kinders van Juda het gedoen wat verkeerd is in my oë, spreek die HERE. Hulle het hul verfoeisels gesit in die huis waaroor my Naam uitgeroep is, om dit te verontreinig. 31 En hulle het die hoogtes van Tofet gebou wat in die dal van die seun van Hinnom is, om hulle seuns en hulle dogters met vuur te verbrand—iets wat Ek nie beveel het nie en in my hart nie opgekom het nie.

    Die soort van verfoeisels word skaamteloos vandag gepreek “in die huis waaroor my Naam uitgeroep is”.

    Ek hoop ek het jou vrae aangespreek E_____. Laat maat weet as ek iets iewers gemis het.

    Jou broer in Christus
    Larry

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s