Hoe weet God voor die tyd wat mens gaan doen?

Ek dink meeste Godvresende mense sal erken dat God voorafkennis het van alle dinge en gebeure voor dit plaasvind. Maar min kan aanvaar dat God self alles (die goed en die kwaad) laat gebeur en intens betrokke is in alles wat in die fisiese en geestelike skepping aangaan:

Heb 4:13 En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het.

Byvoorbeeld: God het geweet wat Adam en Eva sou doen voordat Hy hulle geskep het, want Jesus was aangestel as Verlosser van die grondlegging van die wêreld:

Open 13:8 En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie.

Want Hy het dit alles in Sy boek geskryf voor Hy enigeen gemaak het:

Psa 139:16 U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.

Want God weet die einde van ‘n ding van die begin af:

Jes 46:10 wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen;

Want mens kan niks doen op sy eie nie, of deur sy eie sogenaamde “vry” wil nie:

Jer 10:23 Ek weet, o HERE, dat aan die mens sy weg nie toebehoort nie; nie aan ‘n man om te loop en sy voetstappe te rig nie.

Want God ‘werk alles’ volgens Sy plan en doel!

Eph 1:11 in Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil,

Want God maak die goddelose vir Sy doel, vir die dag van onheil!

Spr 16:4 Alles het die HERE gemaak vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil.

Want niks kan gebeur as God dit nie laat gebeur nie!

Amo 3:3-6 Sal twee met mekaar wandel tensy hulle eers afgespreek het? Sal ‘n leeu brul in die woud as hy geen prooi het nie? Sal ‘n jong leeu sy stem uit sy lêplek laat hoor as hy niks gevang het nie? Sal ‘n voël in ‘n net val op die grond as daar vir hom geen strik gestel is nie? Sal ‘n wip van die grond af opspring as dit glad nie gevang het nie? Sal die basuin in die stad geblaas word en die bevolking nie skrik nie? Sal daar ‘n onheil in die stad voorval as die HERE dit nie bewerk het nie?

Want God “bewerk” alles!!! Oor die almag van God is die natuurlike mens baie ongelukkig want hy glo dit is hy wat sy lewe reël:

  • mediese en tegnologiese ontdekkings is dinge waarmee die mens spog!!!
  • om tot bekering te kom, glo die mens word bepaal deur “vrye” wil en “vrye” keuse!

Want…..alles…(kom ons herhaal dit)…ALLES…. is UIT God, DEUR God, en TOT God:

Rom 11:36 Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

1 Response to Hoe weet God voor die tyd wat mens gaan doen?

  1. Harry sê:

    Dit is n openbaring! Die mens se vlees kou swaar wat hier geskryf staan! Geen vrye wil? Nog nooit in my lewe het n Leraar of Pastoor dit vir my gese nie. Hier is skoon water om te drink. Uit God se Woord! Amen

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s