Min kan sien dat God Sy werk voltooi op die sewende dag:
Gen 2:2-3 En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het. En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.
Eks 20:10 maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie—jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie.
Die natuurlike mens lees dat God letterlik gerus het want Hy was baie “moeg” van die sesdae-skepping wat Hy ‘skielik’ gedoen het:
Jes 48:3 Die vorige dinge het Ek lankal verkondig, en uit my mond het dit uitgegaan, en Ek het dit laat hoor; skielik [Hebreeus: “pith’ôm” wat “oombliklik” beteken] het Ek dit volbring, en dit het gekom.
Jesus beaam dat Sy Vader nie moeg was of ophou werk het nie:
Joh 5:17 En Jesus het hulle geantwoord: My Vader werk tot nou toe, en Ek werk ook.
God heilig die sewende dag deur ‘n ander voorwerp, ook ‘n nuwe skepsel genoem, na vore te bring in Christus, die laaste Adam:
Jer 18:4 En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk—soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker—maar hy het daaruit weer ‘n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak.
2Kor 5:17 Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.
Is die sewende dag waarin God Sy werk voltooi en heilig, ‘n fisiese dag van ‘n fisiese week? Baie voel so. Hulle sien een dag as meer belangriker as ‘n ander:
Gal 4:9-10 maar nou dat julle God ken, of liewer deur God geken is, hoe keer julle weer terug tot die swakke en armoedige eerste beginsels wat julle weer van voor af aan wil dien? Julle neem dae en maande en tye en jare waar.
Mat 12:1 In daardie tyd het Jesus op die sabbat deur die gesaaides geloop, en sy dissipels het honger geword en are begin pluk en eet. Maar toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir Hom: Kyk, u dissipels doen wat nie geoorloof is om op die sabbat te doen nie.
Mat 12:10 En daar was ‘n man met ‘n verdorde hand, en hulle het Hom gevra en gesê: Is dit geoorloof om op die sabbat gesond te maak? —sodat hulle Hom sou kan aanklae.
Mat 12:13-14 Toe sê Hy vir die man: Steek jou hand uit! En hy het dit uitgesteek, en dit is herstel, gesond soos die ander een. Daarop het die Fariseërs uitgegaan en saam raad gehou teen Hom, sodat hulle Hom sou kan ombring.
Jesus was skuldig, volgens die fariseers, aan die verbreking van die uiterlike sabbat en daarvoor was Hy later gekruisig soos die wet (vir ‘wettelose mense’) vereis het. Hulle (die fariseers) kan nie sien dat die uiterlike wet nie vir ‘n regverdige Jesus en almal saam en in Hom geld nie:
1Ti 1:9 en as hy weet dat die wet nie gegee is vir die regverdige nie, maar vir die wettelose en tugtelose mense, goddelose en sondaars, onheiliges en ongewydes, vadermoorders en moedermoorders, moordenaars,
Was die wet op Jesus van krag volgens die definisie? Die fariseers (veral vandag s’n) skree dat Jesus vandag nog onder die goddeloses getel moet word en daarom aanvaar hulle nie Sy nuwe wet nie – die wet van die gees. Om uiterlike wette te hou is maklik, want die mense kan nie die harte sien nie. Maar die wet van die gees beoordeel die uiterlike sowel as die innerlike gedagtes op diesefde skaal!
Rom 7:22 Want ek verlustig my in die wet van God na die innerlike mens; maar ek sien ‘n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is.
Daar is twee wette wat stryd voer teen mekaar. En dit is waaroor die groot baklei in ons gaan. Die natuurlike mens kan nie die geestelike wet nakom sonder ‘n inwonende Jesus wat dit in ons doen nie. Die geestelike mens kan die natuurlike wet en die geestelike wet doen, as…
Fil 4:13 Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee
Rom 7:24 -25 Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood? Ek dank God deur Jesus Christus, onse Here!
Daarom doen die natuurlike mens hom voor asof hy die geestelike wet hou want hy weet ander mense kan nie sien wat in sy hart is nie, maar hy vergeet die geestelike sien alles- Jesus sien die hart!
Die natuurlike mens in ons (ook fariseers genoem) se oë is verblind om nie te kan sien waarom God Sy werk op die sewende dag voltooi nie. Hulle kan nie verstaan wat die ‘rus’ is wat God van praat nie.
Heb 4:3 Want ons wat geglo het, gaan die rus in, soos Hy gesê het: Daarom het Ek in my toorn gesweer, hulle sal in my rus nie ingaan nie—alhoewel sy werke van die grondlegging van die wêreld af volbring is.
Heb 4:10 want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne.
Efes 2:8-10 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.
Jesus leer wel Sy ware dissipels om die innerlike sabbat te eer, en Hy leer die natuurlike goddelose mense om die vleeslike sabbat en wet te hou tot op die tyd soos deur die Vader bepaal.