Selfs Jesus het gehoorsaamheid geleer deur lyding

Heb 5:7-9 Hy wat in die dae van sy vlees gebede en smekinge met sterk geroep en trane aan Hóm geoffer het wat Hom uit die dood kon red, en ook verhoor is uit die angs— Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het; en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, ‘n bewerker van ewige saligheid geword

Jesus was net soos ons aan alle versoekinge en probleme onderworpe.  Alhoewel Hy die Seun van God is, moes Hy tydens Sy aardse bestaan, net soos ons nou, LEER DEUR LYDING.

Hy het nie gekla nie, maar eerder MET STERK UITROEPE EN TRANE Homself aan Sy Vader onderwerp.  Want Jesus het geweet ALLES KOM VAN DIE VADER!

Efes 1:11 in Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil,

1Kor 8:6 tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.

As ons ons omstandighede buite die ”ALLES” plaas, loop ons soos ‘n blinde mol diep in die hart van die donker aarde rond – rigtingloos.

Job sê ook dat ons moet soos Jesus leer dat alles, die goed en kwaad wat ons beleef, uit God se hand kom:

Job 2:10 Maar hy antwoord haar: Soos ‘n dwaas praat, praat jy! Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie? By dit alles het Job nie gesondig met sy lippe nie.

Die vervalste “welvaart-evangelie” verfoei die ware leer van Jesus wat duidelik sê dat ons net soos Jesus in die wêreld is, en dat ons onderworpe aan alles is wat die Vader aan ons doen, want slegs die Vader weet hoe om ons te vorm (en te hervorm) in Sy hand:

1Jo 4:17 Hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag; want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld.

1Pe 4:17 Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?

Jer 18:4 En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk—soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker—maar hy het daaruit weer ‘n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak.

Niemand kan die tempel (wat ons is) ingaan sonder dat AL DIE PLAE voltooi is nie:

Open 15:8 En die tempel het vol rook geword uit die heerlikheid van God en uit sy krag, en niemand kon ingaan in die tempel voordat die sewe plae van die sewe engele voleindig was nie.

Advertisements
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s