Natuurlike SIG vs geestelike INSIG

Deu 29:2-4 En Moses het die hele Israel geroep en vir hulle gesê: Julle het self gesien alles wat die HERE in Egipteland voor julle  aan Farao en aan al sy dienaars en aan sy hele land gedoen het, die groot versoekinge wat jou oë gesien het, dié groot tekens en wonders. Maar die HERE het julle nie ‘n hart gegee om te verstaan en oë om te sien en ore om te hoor tot vandag toe nie.

Hier is die verskil tussen om natuurlike sig te hê teenoor om geestelike insig te hê. As ons met die natuurlike sig na geestelike dinge kyk, dan sal ons niks “sien” nie. Daar is geen geestelike insig vir die natuurlike mens wat met sy natuurlike denke geestelike dinge wil verstaan nie:

1Kor 2:14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie;want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.

Dit is nie die natuurlike mens se skuld dat hy nie geestelike dinge kan sien nie, want dit is deur God bepaal vir wie Hy geloof skenk en tot watter maat. Geloof is NOOIT uit onsself nie, maar ALTYD ‘n “gawe van God”, en niemand kan aanspraak maak of  roem op die geloof of die “maat van geloof” wat geskenk word nie:

Efes 2:8-9 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.

Rom 12:3 Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat ‘n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het.

Dit werke wat uit geloof spruit is ook nie afhanklik van die wil van ‘n mens nie:

Rom 9:16 So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is.

Want dit is God wat die wil in ons aktiveer om dit te doen wat Hy reeds vooraf in ons boeke geskryf het. Ons begeerte is eers om teen God te staan, maar dan verander God ons hart en ons begeertes om te doen wat reg is, en nie voort te gaan om verkeerde dinge te doen nie!

Fil 2:12-13 Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing; want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.

Psa 139:16 U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.

Ons natuurlike mens, die mens van sonde, kan nie God se geestelike werke verstaan nie, want hy “sit” op God se troon in God se tempel en dink God het hom ‘n ‘vrye’ wil gegee om te maak soos hy (die mens van sonde) goeddink (of sleg dink)!

2Th 2:3-4 Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf, die teëstanderwat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.

Die natuurlike mens en sy denke en oortuigings is God se “teëstander”. Die mens sal selfs met sy mond sê dat God soewerein is, maar met dieselfde mond sal hy ook sê dat God se wil beperkend is. Mens glo dat God se wil beinvloed word deur  wat mens besluit.  Die mens van sonde glo dat hy deur sy ‘vrye’ wilsbesluit, onafhanklik van God kan kies of hy God sal dien en gehoorsaam sal wees aan Sy Woord, of nie. Hierdie mens van sonde in almal van ons is totaal verblind  dat God alles bepaal volgens Sy Wil…

Efes 1:11 in Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil,

Die skynheilige mens se gebede is ook van so aard dat hy of sy glo dat sy of haar gebede God se planne kan verander! Hierdie mens van sonde sal nooit ooit die volgende woorde en werke van God erken nie:

Jes 63:17 HERE, waarom laat U ons wegdwaal van u weë? Waarom verhard U ons hart, sodat ons U nie vrees nie? Keer terug ter wille van u knegte, die stamme van u erfdeel!

Rom 9:18-21 So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil. 19 Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan? 20 Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie? 21 Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?

Insig in die geestelike dinge en werke van God is dus nie afhanklik van die mens se ‘sig’ nie. As mense se insig ooit gewerk het om geloof in God te kry, dan sou die groot geleerdes se “Skrif-eksegese” alleenlik aanvaarbaar wees. Maar dit is nie.

1Kor 1:19-22 want daar is geskrywe: Ek sal die wysheid van die wyse mense vernietig en die verstand van die verstandige mense tot niet maak. 20 Waar bly die wyse? Waar bly die skrifgeleerde? Waar die redetwister van hierdie eeu? Het God nie die wysheid van hierdie wêreld dwaas gemaak nie? 21 Want aangesien in die wysheid van God die wêreld deur die wysheid God nie geken het nie, het dit God behaag om deur die dwaasheid van die prediking die wat glo, te red; 22 want die Jode vra ‘n teken en die Grieke soek wysheid,

Die grootste teoloë se geestelike oë is verblind deur God, en Hy openbaar Sy geestelike insigte aan hulle wat deur die wêreld verfoei word…

1Kor 1:26-27 Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam;

Geestelike insig is ‘n gawe van God (Hy gee dit) aan die wat kan erken dat hulle geestelik blind is en nie staatmaak op natuurlike insigte nie:

Mat 13:10-11 En die dissipels het gekom en vir Hom gesê: Waarom spreek U tot hulle deur gelykenisse? [natuurlike sig] Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken [geestelike insig], maar aan hulle is dit nie gegee nie.

Joh 9:39 En Jesus sê: Tot ‘n oordeel het Ek in hierdie wêreld gekom, sodat die wat nie sien nie, mag sien, en die wat sien, blind mag word.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s