Jesus se bruid lyk net soos Hy

Gen 2:18  Ook het die HERE God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ‘n hulp maak wat by hom pas.

Adam was nie gemaklik met al die diere as maats nie. Hy was alleen. Maar God het uit hom sy maat gemaak:

Gen 2:21  Toe het die HERE God ‘n diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak. Gen 2:22  En die HERE God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot ‘n vrou en bring haar na die mens.

Sy het net soos hy gelyk – in terme van vlees en bloed. Hulle het EEN vlees gehad:

Gen 2:23  Toe sê die mens: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem. Gen 2:24  Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.

Die laaste Adam, Jesus, is net so ongemaklik met diere as maats. Diere? Waar is die diere?

Pred 3:18  Ek het in my hart gesê: Ter wille van die mensekinders gebeur dit, dat God hulle kan beproef, en dat hulle kan insien dat hulle in hulleself vee [oorspronklike taal = “diere”] is.

Open 12:18 en  13:1  En ek het op die sand van die see gaan staan. (13:1) En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering.

 Open 13:18  Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig.

Ja, die mens word  ‘n dier deur God genoem. Vir die afvalliges is hierdie bitter woorde en hulle verwerp dit omdat God hulle verwerp het.

Open 19:20 En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand.

Jesus is soos Sy Vader, GEES, en vlees en bloed kan nie en sal ook nie in die koninkryk ingaan nie:

1Kor 15:50  Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.

Daar is nie so iets soos “geestelike vlees” nie. Dit is ‘n oksimoron (‘n paradoks):

Joh 3:6  Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. Joh 3:7  Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie.

Vlees is vlees, en gees is gees – daar is letterlik (en geestelik) ‘n hemelsbreë verskil. Jesus se bruid, Sy kerk, is nie vleeslik nie, maar geestelik. Hulle word in Sy beeld gevorm deur om van vleeslike dinge afstand te doen en met die nuwe geestelike mens beklee te word:

Kol 3:10  en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,

Rom 8:29  Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders;

Jesus het na Sy opstanding in ‘vlees en bene’ aan Sy (vleeslike) dissipels verskyn want ‘n geestelike liggaam kan so verskyn. God kommunikeer met ons deur die fisiese vorms wat Hy geskep het:

Rom 1:20 Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie;

Jesus kon op geen ander manier vir sy eerste disspels (en ons) demonstreer dat Hy wel opgestaan het nie. Hulle was almal ongelowig omdat hulle, net soos Thomas, eers wou SIEN voor hulle wou glo. Maar hulle wat GLO sonder om fisies te sien, word ‘salig’ genoem:

Joh 20:29  Jesus sê vir hom: Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo; salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het. 

Met so ‘n fisiese verskyning kan geestelike wesens selfs fisiese kos eet (Luk 24:39-43; Gen 18:1-16). Baie gebruik die verskyning van Jesus in ‘n liggaam van ‘vlees en bene’ as ‘n bewys dat die geestelike liggaam van Jesus eintlik vleeslik was. Hulle glo ook verder dat Jesus nou in ‘n vleeslike liggaam in ‘n fisiese hemel sit langs die Vader (aan Sy fisiese regterhand)! Dit grens aan ‘n absolute belaglikheid as dit nie was dat ons weet dat dit God self is wat hierdie mense wat so praat met geestelike blindheid getref het nie: 
Mat 13:13  Daarom spreek Ek tot hulle deur gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nieMat 13:14  En aan hulle word die profesie van Jesaja vervul wat sê: Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie. Mat 13:15  Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor; en hul oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.

2Th 2:10  en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. 2Th 2:11  En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,

Jesus sal uiteindelik almal se oë oopmaak om hierdie waarhede te sien – dat gees nie vlees is nie:

1Ti 2:3  Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, 1Ti 2:4  wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.

Maar nou werk Hy uitsluitlik met die ‘min’ wat hierdie woorde van Jesus onvoorwaardelik glo, soos deur God bepaal ‘voor die grondlegging van die wêreld’:

Mat 22:14  Want baie is geroep, maar min uitverkies.

Almal sal soos Jesus lyk – gees! Jesus se taak is om ALMAL in God se beeld (gees) te maak. Ek glo Hy gaan suksesvol wees. Glo jy ook so?

Rom 14:11  Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely. 

Fil 2:10  sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, Fil 2:11  en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.  

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

2 Responses to Jesus se bruid lyk net soos Hy

  1. U______________ sê:

    Hi Larry! Ja mense sukkel baie hiermee sien ek. Hulle sien wat in die kerke aangaan maar is bang om weg te gaan want hulle sien die kerk as iets ekstern. Hulle se ” waar sal ek gaan as ek weggaan?” Ek se “JY IS DIE KERK”, maar hulle verstaan nie voordat die Vader dit aan hul openbaar nie.

    • Hallo U_________

      Dit is goed om van jou te hoor. Ek stem saam met jou dat die kerk die geestelike samekoms van gelowiges in Jesus Christus is. Dit is hulle wat van elke woord van God leef en AL die woorde van Jesus glo, en veral ook hierdie woorde:

      Luk 17:20 En toe Hy deur die Fariseërs gevra is wanneer die koninkryk van God sal kom, het Hy hulle geantwoord en gesê: Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie.
      Luk 17:21 En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle.

      Hulle dra die ‘littekens’ van Jesus in hul daaglike sterwe SAAM met Hom, en ‘vul aan’ in hulle vlees ‘die oorblyfsels van die verdrukking van Christus’:

      Gal 6:17 Verder moet niemand my moeite aandoen nie, want ek dra die littekens van die Here Jesus in my liggaam.

      Gal 2:20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.

      Kol 1:24 Nou verbly ek my in my lyding vir julle en vul in my vlees aan die oorblyfsels van die verdrukking van Christus vir sy liggaam, wat die gemeente is;

      Die koninkryk van God is voorwaar innerlik vir die wat God die insig gee.

      Dankie vir die samesyn in Christus U_______.

      Larry

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s