Die Alomteenwoordige Vuur

Kol 1:18  En Hy [Jesus] is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy [Jesus] in alles die eerste kan wees.

Sluit die “alles” in die bogenoemde teks ook die volgende in? – dat Jesus, as God se verkose Een, en Sy liggaam ook die volle omvang van God se toorn ly?

Jes 54:7-8  Vir ‘n klein oomblik het Ek jou verlaat, maar met groot ontferminge sal Ek jou vergader. In ‘n uitstorting van toorn het Ek vir ‘n oomblik my aangesig vir jou verberg, maar met ewige goedertierenheid ontferm Ek My oor jou, sê die HERE, jou Verlosser.

Kan iemand beweer dat hy / sy (of ander), sal die toorn van God wat Jesus gely het, mis en ontsnap? Baie doen dit sonder om te skroom! Kan iemand beweer hy/sy (of ander) deur meer van God se toorn gaan, of sal gaan, as wat Jesus, die Seun van God gegaan het? Baie sê so!

Die lasteraars kan nie sien dat God se liefde vir Sy skepping (ja AL Sy seuns en AL Sy dogters) groot en volmaak is nie. Hulle volg die massa wat glo dat God Sy seuns en Sy dogters sal brand in ‘n letterlike vuur vir ewig en altyd, terwyl God self sê dit is iets wat nie eens in Sy hart opgekom het nie:

Eks 23:2  Jy mag die meerderheid nie volg in verkeerde dinge nie. En jy mag in ‘n regsaak geen getuienis aflê agter die meerderheid aan om die reg te verdraai nie.

Deu 12:31  So mag jy nie handel met die HERE jou God nie; want alles wat vir die HERE ‘n gruwel is, wat Hy haat, het hulle vir hulle gode gedoen; want selfs hulle seuns en hulle dogters verbrand hulle met vuur vir hulle gode

Jer 7:31  En hulle het die hoogtes van Tofet gebou wat in die dal van die seun van Hinnom is, om hulle seuns en hulle dogters met vuur te verbrand—iets wat Ek nie beveel het nie en in my hart nie opgekom het nie.

Hulle kan nie sien Wie die vuur is en wat Hy vermag nie:

Heb 12:29  Want onse God is ‘n verterende vuur.

HY is die vuur ‘wat nie uitgeblus word nie’ – God het geen ander vure nie, want Hy is die ALOMTEENWOORDIGE VUUR!:

Mar 9:45-48  En as jou voet jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om kreupel die lewe in te gaan, as om twee voete te hê en in die hel gewerp te word in die onuitbluslike vuur, waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.  En as jou oog jou laat struikel, pluk dit uit. Dit is beter vir jou om met een oog die koninkryk van God in te gaan, as om twee oë te hê en in die helse vuur gewerp te word, waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.

Hier is die uiteinde van God se vuur op alle vlees:

1Kor 3:13-15  elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.

Advertisements
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s