Alle vlees sal totaal vergaan

1Kor 15:16-18  Want as die dode nie opgewek word nie, dan is Christus ook nie opgewek nie; en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is julle nog in julle sondes; dan is ook die wat in Christus ontslaap het, verlore.

‘VERLORE’ – sonder ‘n opstanding uit die dood is alles verlore!

Om opgewek te word uit die dode (uit die slaap van die dood) moet almal in die eerste Adam eers sterf. 99 uit 100 Christene glo saam met alle valse godsdienste dat mense ‘n sogenaamde “onsterflike” siel het wat na die fisiese dood voortleef in of ‘n hemel of ‘n hel. Maar die Skrifte ken geensins van die “onstreflikheid” van ‘n siel nie:

Eseg 18:4  Kyk, al die siele is myne; soos die siel van die vader, so die siel van die seun—hulle is myne; die siel wat sondig, dié moet sterwe.

Eseg 18:20  Die siel wat sondig, dié moet sterwe; die seun sal nie die ongeregtigheid van die vader help dra nie, en die vader sal nie die ongeregtigheid van die seun help dra nie; die geregtigheid van die regverdige sal op hom wees, en die goddeloosheid van die goddelose sal op hom wees.

Die siel wat sondig, die moet sterf – ‘n totale verwerplike en afstootlike waarheid uit God se Woord vir die afvalliges. Wie moet sterf?

Rom 3:23  want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,

Almal! Maar almal sal verlos word van die dood! Hoe word alle dooies verlos deur genade?

Rom 3:24  en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.

‘Sonder verdienste’! Niemand verdien nie. Dit is ‘n gawe van God aan elkeen vir wie God self geloof in Jesus skenk – verlossing is alleenlik deur Jesus!

Efes 2:8-9  Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.

Wat is die verlossing?

Eerstens is verlossing die vernietiging van die heerskappy van sonde (sondige gewoontes):

Rom 6:11-12 So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here. Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie.

Terwyl diegene wat die ‘eersteling van die gees het’ – vry is van die heerskappy van sonde, is die verlossing van die ‘sterflike liggame’ nog nie behaal nie:

Rom 8:21-24 in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God. Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe. En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam. Want ons is gered in hoop; maar die hoop wat gesien word, is geen hoop nie; want wat iemand sien, waarom hoop hy dit nog?

Die opstanding word eers volmaak by die ‘laaste basuin’ wanneer alle vlees totaal onbekend sal wees en niks van hierdie tydelike skepping oorgedra word nie:

1Kor 15:52 in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.

 

 

Advertisements
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s