Hierdie ‘geslag’ of die laaste ‘geslag’?

Baie verdraai Jesus se woorde in Mattheus 24 asof Hy verwys het na die ‘laaste’ geslag wat op aarde sal leef wanneer ‘al hierdie dinge’ wat in Mattheus 24 gesê word, gebeur. Maar lees gerus weer na wie Jesus verwys in die teks:

Mat 24:34-35  Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.  Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.

Ja, Hy sê ‘hierdie geslag’! Hy het gepraat met Sy dissipels wat daar voor Hom was op daardie moment. Maar Hy het ook gepraat met al Sy dissipels wat daarna sou kom. Almal wat in Hom glo is ‘hierdie geslag’. Hoe weet ‘n mens of jy aan ‘hierdie geslag’ behoort? Hier is een aanduiding volgens Jesus se woorde self:

Mat 24:15  Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom—laat hy wat lees, oplet—

Daar staan dit! ‘laat hy wat lees, OPLET’. Maar is die ongeletterdes dan uitgesluit? NEE…dit gaan nie oor die lees van fisiese woorde nie, maar of die persoon die tekens kan lees!  Waar vind ‘al hierdie dinge’ plaas wat in Mattheus 24 aangehaal word?

Kom ons noem ‘n paar van ‘hierdie dinge’: oorloë, hongersnode, pessiektes, aardbewings, valse profete, groot verdrukking, valse christusse… dit klink of dit alles na uiterlike gebeure verwys!!! Dit is egter wat die afvallige Christendom wyd en syd verkondig! Die tekens is rondom ons sê hulle! Kyk daar! DAAAR buite! DAAR in Jerusalem! Daar in Rome!!!

Maar hulle (die populêre welbekendes in die afvallige Christendom) mis die woorde van Jesus soos gewoonlik 100%:

Mat 24:32-33  En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is. So weet julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur.

Die dissipels wat fisies saam met Jesus gewandel het, het ‘al hierdie dinge’ gesien soos Jesus hulle ook wel belowe het – waar? In fisiese Jerusalem, Rome? Nee. Hier is waar hulle ‘al hierdie dinge’ ervaar het en so ervaar ‘hierdie geslag’ van Jesus ‘al hierdie dinge’ tot vandag toe dwarsdeur die afgelope 2000 jaar [let op na die vraag van die Fariseërs en die antwoord van Jesus]:

Luk 17:20-23  En toe Hy deur die Fariseërs gevra is WANNEER die koninkryk van God sal kom, het Hy hulle geantwoord en gesê: Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie. En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle. En Hy sê vir sy dissipels: Daar sal dae kom wanneer julle sal begeer om een van die dae van die Seun van die mens te sien, en julle sal dit nie sien nie. En hulle sal vir julle sê: Kyk hier! of: Kyk daar! Moenie gaan nie en moenie agterna loop nie.

Die afvalliges wil altyd weet ‘wanneer’, want hulle wil tyd hê om hulle eie dinge aan te vang en dan “reg” te maak as hulle uitvind die tyd is naby vir die uiterlike koms van Jesus! NEE niemand sal OOIT “reg” wees vir Jesus se tweede koms nie:

Mat 24:27  Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.

Jesus se antwoord aan hulle wat kan ‘lees’ is nie ‘wanneer’ nie, maar WAAR en HOE ‘al hierdie dinge’ van die koninkryk van God IN ‘hierdie geslag’ gebeur! Het jy ‘AL hierdie dinge’ gesien in jou lewe?

 

Advertisements
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s