God “spreek” alles – Sy Woord bepaal en beheer alles

“God spreek” eers en dan kom die lig UIT die donkerte – nie voor die tyd nie, soos deur God se Woord bepaal:

Gen 1:2-3  En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters. En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.

God skep “die aarde” (die mens) eers “woes en leeg” en vol “duisternis” (Rom 8:20; Jer 18:4, ens.) in “die waters” van die vlees:

Psa 51:7 (OAV) Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.

Joh 3:5-6  Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.

Die “waters” of “wêreldvloed” is die duisternis – ons (“eerste”) hemel – waar ons die donkerte (“donkerheid”) as ‘n lig ervaar:

Mat 6:23  Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie!

Luk 11:35  Pas dan op dat die lig in jou nie duisternis is nie.

Maar al wat ons eintlik sien is die “lig” van die nag (‘n verdraaide refleksie van die ware Lig) en is totaal onbewus daarvan:

Gen 1:14-19  En God het gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare. Laat hulle ook dien as ligte aan die uitspansel van die hemel om lig te gee op die aarde. En dit was so. God het toe die twee groot ligte gemaak: die groot lig om te heers oor die dag en die klein lig om te heers oor die nag; ook die sterre. En God het hulle aan die uitspansel van die hemel gestel om lig te gee op die aarde  en om te heers oor die dag en oor die nag en om skeiding te maak tussen die lig en die duisternis. Toe sien God dat dit goed was. En dit was aand en dit was môre, die vierde dag

Op die “vierde dag” sien ons vir die eerste keer die skeiding, en staan verbaas en geskok want ons was aanvanklik onder die beheer van “die klein lig” wat eintlik die nag “verlig.” Die maan (die klein lig) beheer baie dinge op die aarde (maande, seisoene, getye, swaartekrag, ens.) en die “beheer” is deur God “gespreek” (bepaal):

Gal 4:8  Maar destyds, toe julle God nie geken het nie, het julle dié gedien wat van nature geen gode is nie; maar nou dat julle God ken, of liewer deur God geken is, hoe keer julle weer terug tot die swakke en armoedige eerste beginsels wat julle weer van voor af aan wil dien? Julle neem dae en en maande en tye en jare waar.

Die maan (ook ‘n simbool van Satan) en “die sterre” van “die nag” tree op (soos deur God “gespreek”) as “ligte” vir hulle wat in duisternis wandel:

2Kor 11:14-15  En geen wonder nie! Want die Satan self verander (#G3345: met-askh-ay-mat-id’-zo = to transfigure or disguise) hom in ‘n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen (#G3345: met-askh-ay-mat-id’-zo = to transfigure or disguise) as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke.

Die dienaars doen net soos hul “meester”: verander = voordoen!!! Daar is MIN wat die “voordoenery” regtig kan herken.

Advertisements
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

2 Responses to God “spreek” alles – Sy Woord bepaal en beheer alles

  1. U________ sê:

    Hallo Larry

    Ek raak daagliks net meer bewus van die feit dat die natuurlike skepping vir ons die geestelike illustreer:

    Rom 1:20 Want Sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in Sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamllik Sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle [=ons almal] geeen verontskuldiging het nie.

    Baie interessant van die maan en sterre. As mens blind was sal bietjie lig vir jou wonderlik lyk, maar die genesingsproses verg ‘n tweede aanraking soos die genesing van die blinde man in Mark 8:22-26 my laat besef het.

    Mark 8:25 Daarna lê Hy WEER die hande op sy oë en laat hom opkyk, en hy is herstel en het almal van ver af duidelik gesien.

    Voorheen het hy MENSE gesien en hulle het vir hom soos bome gelyk (hoog, belangrik?). Maar nou kan hy mense “van ver af duidelik sien” – ook die engele van die lig!

    Die pos is baie interessat, dankie

  2. Dankie U__________ vir hierdie pragtige insette.

    Ja, as ‘n blinde persoon eerste die volmaan sien, is dit die grootste lig in sy hemel tot op daardie stadium. Wie kan hom/haar blameer vir die opgewondenheid. Soos jy tereg uitwys moet daar ‘n proses wees van groei (“WEER” die hande oplê) sodat hy moet “opkyk” voor alles duidelik word.

    Dit klink net soos ‘n persoon wat al sy dae op see gelewe het, en wie vir die eerste keer op die vaste aarde staan, en so opgemaak is en die hele tyd afkyk (na die aarde en ander). Die persoon kan nie besef dat hy moet WEER “opkyk” voor die “geopende deur in die hemel” gesien kan word nie:

    Open 4:1 Ná hierdie dinge het ek gesien kyk, ‘n geopende deur in die hemel, en die eerste stem wat ek soos ‘n basuin met my hoor spreek het, het gesê: Kom op hierheen, en Ek sal jou toon wat ná hierdie dinge moet gebeur.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s