God het die mens ‘n wil gegee, maar daardie wil is nie “vry” van God se invloed nie. Die natuurlike mens in ons kan nie God se geestelike dinge aanneem nie:
1Kor 2:14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.
Die natuurlike ding wat die mens dan doen is om God binne sy eie raamwerk van wysheid te definieer. Wat die menslike wysheid binne elke natuurlike mens doen, is om aan God sekere beperkinge toe te skryf. Een van die beperkinge is dat God geen beheer oor mense se wil en keuses het nie. Wat die natuurlike mens nie kan besef nie is dat God hierdie dwaling stuur, soos God Homself as verkeerd voorstel aan die valses en soos God ook die valse profeet verlei:
Eseg 14:9 En as die profeet hom laat verlei om ‘n woord te spreek—Ek, die HERE, het dié profeet verlei, en Ek sal my hand teen hom uitstrek en hom verdelg uit die midde van my volk Israel.
Psa 18:26-27 By die liefderyke betoon U Uself liefderyk, by die opregte man opreg, by die reine rein; maar by die valse betoon U Uself verkeerd.
2Th 2:11 En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,
God self versoek niemand, maar stuur valse en bose geeste om selfs profete en alle natuurlike mense te verlei om leuens te glo.
1Sa 16:14 Maar die Gees van die HERE het van Saul gewyk, en ‘n bose gees, deur die HERE gestuur, het hom verskrik.
1Ki 22:23 En nou, kyk, die HERE het ‘n leuengees in die mond van al hierdie profete van u gegee, en die HERE het onheil oor u gespreek.
Een van die kragtige dwalings of leuens wat God stuur en wat deur alle menslike filosofieë en godsdienste geglo word, is dat die mens ‘n “vrye agent” is en alles in sy lewe in sy eie hande is. Maar die wat die waarheid kan aanvaar weet dat God regtig soewerein oor alles is – regtig!
Efes 1:11 in Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil,
Die natuurlike mens sal met hulle monde sê hulle glo ook dat God soewerein is, maar met hulle hart glo hulle Hy is eintlik Hy is beperk – Hy werk nie alles nie….alles is nie regtig alles nie. Hulle beperk God byvoorbeeld tot ‘n plek wat hulle as ‘n fisiese hemel sien wat daar ver agter die laaste sterrestelsel is. God kan alles sien, maar eintlik nie alles nie. God weet alles, maar nie regtig alles nie! Dit is hoe ons almal se natuurlike mens redeneer – elke dag. Maar God is die Heerser oor AL die koninkryke, intern en ekstern:
2Kro 20:6 en hy sê: HERE, God van ons vaders, is U nie God in die hemel nie, en is U nie Heerser oor al die koninkryke van die nasies nie? Ja, in u hand is krag en sterkte, sodat niemand teen U kan standhou nie.
Niemand kan teen God standhou nie. Niemand kan God se wil weerstaan nie. Wat God wil hê, dit doen Hy. Dit hang glad nie af van ’n mens se wil nie:
Rom 9:16-19 So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is. Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde. So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil. Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan?
Die mense het dus nie ‘n “vrye” wil nie! Mens kan nie eens loop waar hy wil nie. Mens kan nie eens dink wat hy wil nie. God beheer alles:
Jer 10:23 Ek weet, o HERE, dat aan die mens sy weg nie toebehoort nie; nie aan ‘n man om te loop en sy voetstappe te rig nie.
Psa 94:11 Die HERE ken die gedagtes van die mense—dat hulle nietigheid is.
Ons is regtig klei in die hande van die groot Pottebakker:
Rom 9:20-21 Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie? Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?
Kan klei regtig “vrylik” kies hoe hy gemaak wil word?… watter familie hy wil hê?…waar hy gebore moet word?…Nou sê iemand maar dit het verband tot ‘n baba. God het juis vir die mens ‘n groei-proses ontwerp waar mens as ‘n volwassenes die vermoeë gegee word om vry te kies en op hom- of haarself besluite te neem. Regtig? Meen volwassenheid dat ons onafhankilk van God se invloed ons eie besluite en keuses te maak. Wel dan was Faro, die koning van Egipte baie onvolwasse! Dan was Koning Dawid baie onvolwasse:
Rom 9:17-18 Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde. So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil.
Psa 139:1-6 Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid. HERE, U deurgrond en ken my. U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte. U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend. Want daar is nog geen woord op my tong nie—of U, HERE, U ken dit geheel en al. U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my. Om dit te begryp, is te wonderbaar vir my, te hoog: ek kan daar nie by nie.
Nee, die farao en Dawid, byvoorbeeld, was regtig regte konings oor regte groot koninkryke. Nee, God is in beheer van almal se keuses, selfs al die konings of presidente van die aarde:
Spr 21:1 Die koning se hart is in die hand van die HERE soos waterstrome: Hy lei dit waarheen Hy wil.
Maar het Joshua nie gesê dat ‘n mens kan vrylik kies om die Here te dien nie?
Jos 24:15 Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
Maar Joshua het net ‘n paar verse later hierdie woorde gesê wat deur baie goedsmoeds geignoreer word:
Jos 24:19 Maar Josua het vir die volk gesê: Julle kan die HERE nie dien nie, want Hy is ‘n heilige God, Hy is ‘n jaloerse God; Hy sal julle oortreding en julle sondes nie vergewe nie.
Joshua het geweet dit hang nie van die mens se keuse af om die Here te dien nie, maar van God wat alle harte en keuses soos waterstrome beheer, van die konings en president tot by elke kind se hart. Die waarheid is dat God elke besluit en elke keuse van elke minuut van elke dag reeds bepaal het voor Hy ons in die aardese lewe gebring het:
Psa 139:16 U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.
Lees asseblief ook:
https://4windkoinonia.wordpress.com/2015/03/31/wat-god-wil-he-dit-kry-hy/
[Besoek ook my YouTube-kanaal by: http://www.youtube.com/user/MrGeorgelarry]
Terug pieng: Wat God “wil hê” dit kry Hy!!! | Om die Waarheid te ken!
Terug pieng: Die waarheid oor die “sondeval” | "Is en Wat Was en Wat Kom" – die onbekende karakter van Jesus Christus en Sy Woord
Terug pieng: Albei ‘Adams’ is deel van God se EEN plan vir alle mense! | "Is en Wat Was en Wat Kom" – die onbekende karakter van Jesus Christus en Sy Woord