Die eerste Adam en Satan was nooit perfek nie!

Vir enige leerstelling om waarheid te bevat moet dit deel wees van die leer van Christus. Jesus Christus of die Skrif (Sy Woord) het nêrens ooit gemeld dat daar ‘n val van mens of van Satan was in die sin dat hulle heilige ewige wesens was en toe daarna geval het nie. Die mens (die eerste Adam) en Satan was gevalle wesens vanaf hulle skepping deur God – hulle was nooit heilig soos God nie:

Rom 8:20  Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het.

1Jn 3:8a  Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af.

Joh 8:44  Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan.

Die skepping is van die begin af aan nietigheid onderwerp deur God. Vir die mens was die nietigheid nie slegs in terme van sy stoflike liggaam nie, maar meer op sy denke – sy natuurlike denke. Adam was van stof gemaak en was naak. Sy natuurlike denke kon nie die geestelike dinge van God verstaan nie:

1Kor 2:14  Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.

Adam (en ons almal in hom) was (en is) aanvanklik totaal onbewus van ons geestelike toestand – ons natuurlike denke is in ‘n geestelike donkerte:

Gen 1:2 En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.

Gen 2:7  En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword.

Gen 3:10  En hy antwoord: Ek het u geruis gehoor in die tuin en gevrees, want ek is naak; daarom het ek my verberg.

Die natuurlike denke van Adam en Eva het vir hulle laat glo dat God glad nie geweet waar hulle was, en wat hulle gedoen het nie. Adam antwoord sowaar vir God en bewys hiermee sy totale geestelike blindheid:

Gen 3:9-10  Toe roep die HERE God na die mens en sê vir hom: Waar is jy? En hy antwoord: Ek het u geruis gehoor in die tuin en gevrees, want ek is naak; daarom het ek my verberg.

Die afvallige Christendom preek wyd en syd, sonder skaamte, dat God Adam en Eva in Sy beeld geskep het met die bedoeling dat hulle perfek was en geestelike insigte gehad het. NADAT Adam en Eva van die vrug van die boom van kennis van goed en kwaad geëet het, maak God hierdie stelling wat deur baie eenvoudig geignoreer word:

Gen 3:22  Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie!

“…Nou het die mens geword soos een van Ons” – hoe kon Adam en Eva toe eers soos God geword het. Was hulle dan nie reeds klaar in God se beeld nie?

Gen 1:27  En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.

Die woord hier in vertaal in Afrikaans is “geskape” kom van die woord is in die oorspronklike Hebreeus “bârâ” is in die onperfekte vorm in die Hebreeus, wat beteken dat dit ‘n proses aandui wat God begin het en wat God nog besig is om te voltooi. God is besig om mens in Sy beeld te maak – geestelik – want God is gees:

Joh 4:24  God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.

Adam en Eva het God glad nie geken na die gees nie en het ook nie God in gees en waarheid aanbid nie. Toe hulle die kennis van goed en kwaad ontvang, het Adam en Eva die eerste stap geneem om soos God te WORD. Om goed en kwaad te kan onderskei is so belangrik en word deur elke ouer as ‘n noodsaaklikheid gesien en deur ‘n opvoedingsproses aan hul kind of kinders oorgedra. Dit is egter die skaduwee van die werklike proses wat God, ons regte Vader, al Sy kinders aan onderwerp. M.a.w. die hele opset in Eden en die slang se versoeking was alles deur God beplan. Adam en Eva het tot op daardie stadium nog niks van die boom van die lewe geëet nie! Hier is die bewys:

Gen 3:22  Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie!

Hulle was geestelik morsdood van hul skepping af. Vlees en bloed (dit is stof of klei) was en is en sal nooit in die geestelike koninkryk van God kan ingaan of bestaan nie:

1Kor 15:50  Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.

God weet van die ‘voortyd af’ wat in tyd moet gebeur. God is God en Hy ken alles vooruit:

Jes 46:9-10  Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek God is, en daar is geen ander nie; Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie; wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen;

God het voor die grondlegging van die wêreld geweet dat Adam en Eva (en almal in hulle) ‘n Verlosser sou benodig wat hulle van die aanvanklike fisiese bestaan tot ‘n uiteindelike geestelike bestaan sou kon neem – uit die donkerte na die Lig:

1Pe 1:17-20 En as julle Hom as Vader aanroep wat sonder aanneming van die persoon oordeel volgens elkeen se werk, wandel dan in vrees gedurende die tyd van julle vreemdelingskap; omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos, wat wel vooruit geken is voor die grondlegging van die wêreld, maar in hierdie laaste tye geopenbaar is om julle ontwil,

So die natuurlike skepping is dus ‘n belangrike deel van God se plan, maar nie die finale of einddoel nie:

1Kor 15:46  Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike.

God se enigste plan vir Sy skepping is nog altyd op koers. God se handeling met Adam en Eva was vooruit beplan omdat hulle (en almal van ons) soos klei in die hande van God, die groot Pottebakker is:

Jer 18:4  En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk—soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker—maar hy het daaruit weer ‘n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak.

God het geweet wat Adam en Eva sou doen toe God die slang gestuur het om hulle te versoek omdat God self niemand versoek nie. Hy het Satan vir die doel geskep. Satan is die versoeker van die begin af – dit is wat sy naam beteken en dit is wat hy doen:

Mat 4:1  Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel.

Soos met Job en Saul, onder andere, stuur God bose geeste uit om te doen waarvoor hulle geskep was, byvoorbeeld om mense te versoek om dit te doen wat in hul harte is:

Jas 1:14-15 Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.

Job 1:12  Daarop sê die HERE aan die Satan: Kyk, alles wat hy het, is in jou hand; net na homself mag jy jou hand nie uitsteek nie. En die Satan het weggegaan van die aangesig van die HERE.

1Sa 16:14  Maar die Gees van die HERE het van Saul gewyk, en ‘n bose gees, deur die HERE gestuur, het hom verskrik.

Adam en Eva was versoek deur hul eie begeerlikhede wat in hulle geskep en was in werking in hulle voor hulle van die vrug geëet het:

Gen 3:6  Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy ‘n lus was vir die oë, ja, ‘n boom wat ‘n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet.

1Jn 2:16  Want alles wat in die wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld.

Alles in die wêreld was in Adam en Eva – die begeerlikheid van die vlees is dat sy kon sien dat die boom goed was om van te eet. Die begeerlikheid van die oë kom voor in die woorde dat dit ‘n lus was vir haar oë. Die grootsheid of trots van die lewe kom voor in die woorde dat die boom iets is wat ‘n mens kan begeer om verstand te verkry. Daar is die drie kern sondes van die mens (en in Eva en Adam nog voordat hulle van die vrug geëet het). Hulle was sondig vanaf hul skepping en God is nie skaam om dit te erken nie:

Rom 8:20  Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het.

Alle mense sondig omdat daar niks goed in hul vleeslike liggame is van hulle geboorte af:

Psa 51:7 Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.

Rom 7:15-21 Want wat ek doen, weet ek nie; want wat ek wil, dit doen ek nie, maar wat ek haat, dit doen ek. En as ek doen wat ek nie wil nie, dan stem ek die wet toe dat dit goed is. Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon. Want ek weet dat in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie. Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek. Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon. Ek vind dus hierdie wet: as ek die goeie wil doen, is die kwaad by my aanwesig. 

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier and tagged , , , . Bookmark the permalink.

1 Response to Die eerste Adam en Satan was nooit perfek nie!

  1. Terug pieng: God is nie besig met proefnemings nie – alles gebeur perfek volgens Sy plan! | 4windkoinonia's Blog

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s