In die boek van Genesis het God talle beginsels neergelê vir die wat oë gegee is om dit kan sien. Een van die beginsels is dat die aardse mens sekerlik sal sterwe want ‘die loon van die sonde is die dood’:
Gen 2:17 maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.
Rom 6:23 Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.
Dawid bekragtig hierdie beginsel omdat hy ook kon sien dat ons aardse liggaame self ‘sonde’ en ‘ongeregtigheid’ is waarin ons almal ‘ontvang’ word. Elke mens, ook die eerste mens Adam, is ‘in sonde…ontvang’ omdat ons, soos Paulus dit noem, ‘n ‘liggaam van hierdie dood’ gegee is:
Psa 51:7 Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.
Rom 7:24 Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?
‘In sonde’ en ‘in ongeregtigheid’ is dus net ander maniere om te sê dat ons IN ‘n AARDSE LIGGAAM geplaas word deur God en daarom oortree ons van nature enige gebod wat God maak. Adam (en Eva) se aardse liggaam het aan hulle geen weerstand gebied teen die versoekings nie. Die dag toe Adam en Eva eet van die verbode boom se vrug het hulle verseker geweet dat hulle sterwende wesens is. Hulle was van (verganklike en tydelike) stof gemaak en nie van (onverganklike of onsterflike) gees nie:
1Kor 15:46 Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike.
Adam en Eva is nog steeds dood vandag en nie in ‘n ewige hel omdat hulle God se gebod oortree het nie. Volgens die valse leerstelling van die afvallige Christendom en verdien hulle die “ewige helse vuur” omdat hulle in hul sondige toestand gesterwe het. Die afvallige Christendom belowe mense aan wat met hulle leerstellings saamstem ‘n hemel met goue strate en groot wonings as hulle sou te sterwe kom. Hulle preek ook dat diegene wat nie met hulle geloof en leerstellings saamstem nie, sal onmiddelik na hul dood na ‘n ewige hel gaan waar hulle vir ewig en altyd sal gepynig word in onuitblusbare letterlike vuur. Maar dit is egter nie wat die Skrifte verklaar nie:
1Ti 2:3-6 Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat ALLE mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, wat Homself gegee het as ‘n losprys vir ALMAL, as die getuienis op die REGTE TYD.
Een van die gedeeltes in die Skrifte wat misbruik word om die leerstelling van ‘n sogenaamde “ewige helse vuur” te staaf is die gelykenis van Lasarus en die ryk man. Maar die gelykenis het glad geensins betrekking op dit wat die afvalliges wil hê dit moet sê nie. Inteendeel dit is juis hierdie gelykenis waarmee hulle hulself met hul eie monde oordeel:
Luk 19:22 Toe sê hy vir hom: Uit jou mond sal ek jou oordeel, slegte dienskneg! Jy het geweet dat ek ‘n strawwe man is wat wegneem wat ek nie uitgesit het nie, en maai wat ek nie gesaai het nie.
Die valse toepassing van die gelykenis van Lasars en die ryk man om ‘n “ewige hel” as die loon vir sonde te verdraai, is een van die skokkendste mistastings deur hierdie afvalliges. Hier is die gelykenis volledig:
Luk 16:19-31 En daar was ‘n ryk man, en hy het purper en fyn linne gedra en elke dag vrolik en weelderig gelewe. En daar was ‘n bedelaar met die naam van Lasarus wat vol swere voor sy poort gelê het. En hy het verlang om hom te versadig met die krummels wat van die ryk man se tafel val. Ja, selfs die honde het gekom en sy swere gelek. En toe die bedelaar sterf, is hy deur die engele weggedra na die boesem van Abraham. En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem. En hy roep en sê: Vader Abraham, wees my barmhartig en stuur Lasarus, dat hy die punt van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel; want ek ly smarte in hierdie vlam. Maar Abraham antwoord: Kind, onthou dat jy jou goeie dinge in jou lewe ontvang het, en so ook Lasarus die slegte. En nou word hy getroos, maar jy ly smarte. En by dit alles is daar tussen ons en julle ‘n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat dáár is, nie na ons kan oorkom nie. En hy sê: Ek bid u dan, vader, om hom na my vader se huis te stuur— want ek het vyf broers—om hulle dringend te waarsku, sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging kom nie. Toe sê Abraham vir hom: Hulle het Moses en die Profete; laat hulle na dié luister. Maar hy antwoord: Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dode na hulle gaan, sal hulle hul bekeer. Maar hy sê vir hom: As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.
Hierdie is een van ‘n reeks van vyf gelykenisse wat Jesus aan die Fariseers (onder andere) vertel het omdat mense, en veral die Fariseers, baie hoog van hulself gedink het en nie omgegee het vir die “verlorenes” en “vervloektes” – die uitgeworpenes soos die sondaars en tollenaars:
Luk 15:1-2 En al die tollenaars en sondaars het die gewoonte gehad om na Hom te kom en na Hom te luister. En die Fariseërs en die skrifgeleerdes het baie gemurmureer en gesê: Hierdie man ontvang sondaars en eet saam met hulle.
Joh 7:47-49 En die Fariseërs antwoord hulle: Julle is tog nie ook mislei nie? Het iemand uit die owerstes in Hom geglo, of uit die Fariseërs? Maar hierdie skare wat die wet nie ken nie, is vervloek!
Die tema in hierdie vyf gelykenisse hanteer ook die ongoddelike liefde vir aardse dinge soos die opbou van rykdom, die soeke na menslike aansien en die welluste van die vlees. Jesus het hierdie gelykenis van Lasarus en die ryk man vertel aan die Fariseers en ‘die menigtes’ vir hierdie belangrike doel:
Luk 16:14 En die Fariseërs, wat geldgierig was, het ook al hierdie dinge gehoor en Hom beskimp.
Daar is die doel van hierdie gelykenis! GELDGIERIGHEID – iets wat die afvallige Christendom hulself skaamteloos en openlik aan skuldig maak. Gelykenisse is dus figuurlike verhale wat verborge geestelike beginsels en waarheid bevat. Alle gelykenisse, van begin tot einde, is dus figuurlik en dit sluit ook in die karakters of name wat in die verhaal genoem word. Name van mense wat in ‘n gelykenis genoem word het opsigself ook dieper betekenis. Jesus het altyd in gelykenisse gepraat vir ‘n goeie rede (veral met die skares en die godsdienstige groepe van Sy dag):
Mat 13:34 Al hierdie dinge het Jesus deur gelykenisse vir die skare gesê, en sonder gelykenis het Hy vir hulle niks gesê nie;
Mat 13:10-11 En die dissipels het gekom en vir Hom gesê: Waarom spreek U tot hulle deur gelykenisse? Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie.
Gelykenisse was gebruik om die natuurlike mens se oë te verblind vir geestelike dinge sodat hulle nie die verborgenhede van die koninkryk van God kon verstaan nie. Hierdie verhaal van Lasarus en die ryk man is ‘n gelykenis wat tot vandag die ‘groot menigte’ in die afvallige Christendom verblind omdat dit die verborgenhede van die koninkryk bevat wat min mense kan sien waar die koninkryk van God is nie:
Luk 17:21 En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle.
Die natuurlike mens kyk altyd na ander mense rondom hom en KAN NIE die verborge dinge van sy eie hart sien nie! Hy vergelyk homself altyd met ander en is of jaloers vir die wat OëNSKYNLIK “beter” as hy is, maar verlekker homself om op ander neer te kyk wat in ‘n OëNSKYNLIKE “slegter” posisie as hy is. Huigelary en selfregverdiging (om byvoorbeeld voor te gee dat jy omgee vir ander) is van die sieklikste toestande van die natuurlike mens se hart:
Jer 17:9 Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?
Dit vorm die kern van die hart van hulle wat ander wil sien “brand” in ‘n “ewige helse vuur”. Die afvalliges word totaal verblind deur hul eie verdraaings, soos God dit ook wil hê want dit is God self wat elke gees uitstuur, ook die leuengees:
2Th 2:11 En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,
1Kon 22:19-23 Verder sê hy: Daarom, hoor die woord van die HERE: Ek het die HERE sien sit op sy troon terwyl al die hemelse leërskare by Hom staan, aan sy regter— en aan sy linkerhand. En die HERE het gesê: Wie sal Agab oorhaal, dat hy kan optrek en val by Ramot in Gílead? En die een het so gesê, en die ander weer so. Toe kom die gees vorentoe en gaan voor die aangesig van die HERE staan en sê: Ek sal hom oorhaal. En die HERE vra hom: Waarmee? En hy sê: Ek sal uitgaan en ‘n leuengees word in die mond van al sy profete. En Hy sê: Jy sal oorhaal, ja, jy sal ook oorwin; gaan uit en doen so. En nou, kyk, die HERE het ‘n leuengees in die mond van al hierdie profete van u gegee, en die HERE het onheil oor u gespreek.
In deel 2 sal ons in meer diepte kyk na die persoon wat EERSTE genoem word in hierdie gelykenis, naamlik die ryk man.
Ok….. En as jy nou alles moet opsom, wat wil jy eintlik sê ?
1Ti 4:9-11 Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word; want hiervoor arbei ons ook en word ons gesmaad, omdat ons gehoop het op die lewende God wat ‘n behouder (die Redder) is van ALLE mense, insonderheid van die gelowiges. Beveel en leer hierdie dinge.
Hi “CJ”. Lekker om weer van jou te hoor. Ek wag nog op jou antwoord wat jy belowe het in jou vorige skrywe.
Jou broer in Christus
Larry
DIE BYBEL PRAAT VAN DIE HEL AS DIE PLEK HIER ONDER.. DIE WOORD SE OOK DAT AS JOU NAAM NIE IN DIE BOEK VAN DIE LEWE GESKRYF IS NIE, WORD JY IN DIE POEL VAN VUUR GEWERP. EK KAN NIE GLO DAT MENSE DINK DAT GOD NIE DIE ONGELOWIGES IN DIE HEL SAL SIT NIE. JY VERKONDIG DIE EVANGELIE WAARVAN DIE BYBEL WAARSKU OOR DIE VALS PROFETE WAT ONWAARHEDE VERKONDIG. JY WIL ENIGE TEKS LEES EN SOMMER NET BEWERINGE MAAK WAT ONWAAR IS. jY MOET NA DIE KONTEKS EN VERBAND VAN ENIGE VERS KYK.LEES DIE VOORAFGAANDE DEEL VAN DIE TEKS EN OOK DIE RES NA DIE TEKS OM DIE KONTEKS TE VERSTAAN.
Hallo C_________
Dankie dat jy op die blog kom kuier en dat jy van die artikels hier lees, alhoewel jy klaarblyklik nie saamstem met wat hier gesê word nie. Alles in die haak want ek was ook vir jare oortuig van die dinge wat jy hier sê. Maar laat my asseblief toe om ‘n paar dinge aan jou uit te wys.
Ek sal net die een keer reageer op jou skrywe en dan, as jy nie saamstem nie, sal ek jou ignorer soos die Skrifte ook sê:
Tit 3:9-11 Maar vermy dwase strydvrae en geslagsregisters en twis en stryery oor die wet, want dit is nutteloos en doelloos. 10 Aan ‘n man wat partyskap verwek, moet jy jou onttrek ná die eerste en tweede vermaning, 11 wetende dat so iemand op ‘n verkeerde pad is en sonde doen en selfveroordeeld staan.
Ek sien jy skryf in hoofletters asof jy op my skree C________. Jy sal saamstem dat dit nie christelik is om te skree op ander mense nie. Die Bybel leer ons nie so nie:
Efes 4:31-32 Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid. 32 Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe.
Kom ons begin by jou eerste punt. Jy sê:
“DIE BYBEL PRAAT VAN DIE HEL AS DIE PLEK HIER ONDER.”
Waar staan dit in die Bybel, C_________? As jy my nie kan wys nie, dan verdraai jy die Skrifte om by jou eie siening te pas. Dit is baie gevaarlik om so met God se Woord om te gaan. Jesus sê self dat ‘n mens moet nie byvoeg of wegneem uit die Skrifte nie:
Open 22:18-19 Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is. 19 En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.
Ek hoop jy besef hoe ernstig jou woorde aan my is, C________. Dan sê jy die volgende:
“DIE WOORD SE OOK DAT AS JOU NAAM NIE IN DIE BOEK VAN DIE LEWE GESKRYF IS NIE, WORD JY IN DIE POEL VAN VUUR GEWERP. EK KAN NIE GLO DAT MENSE DINK DAT GOD NIE DIE ONGELOWIGES IN DIE HEL SAL SIT NIE.”
Jy weet seker dat die oorspronklike Skrifte nie in Afrikaans geskryf was nie, maar in Hebreeus (die Ou Testament) en Grieks (Nuwe Testament) soos God dit bepaal het. Die woord “hel” kom 10 keer voor in die hele 1933 Afrikaanse Vertaling van die Bybel en dit slegs in die Nuwe Testament. Ek sit sommer die oorspronklike Griekse woord in hakies om te wys watter Griekse woord die gees van God gebruik om uit te beeld wat God wil sê. Hier is dit:
Mat 5:29 As jou regteroog jou dan laat struikel, ruk dit uit en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel [“geenna”] gewerp word nie.
Mat 5:30 En as jou regterhand jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel [“geenna”] gewerp word nie.
Mat 10:28 En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel [“geenna”].
Mat 23:15 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle trek rond oor see en land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom ‘n kind van die hel [“geenna”], twee maal erger as julle self.
Mat 23:33 Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel [“geenna”] ontvlug?
Mar 9:43 En as jou hand jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om vermink die lewe in te gaan, as om twee hande te hê en in die hel [“geenna”] te gaan in die onuitbluslike vuur,
Mar 9:45 En as jou voet jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om kreupel die lewe in te gaan, as om twee voete te hê en in die hel [“geenna”] gewerp te word in die onuitbluslike vuur,
Luk 12:5 maar Ek sal julle wys wie julle moet vrees: vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak het, by magte is om in die hel [“geenna”] te werp; ja, Ek sê vir julle, vrees Hom!
Jak 3:6 Die tong is ook ‘n vuur, die wêreld van ongeregtigheid. Net so ‘n plek neem die tong onder ons lede in; dit besmet die hele liggaam en steek die hele lewensloop aan die brand en word uit die hel [“geenna”] aangesteek.
2Pe 2:4 Want as God die engele wat gesondig het, nie gespaar het nie, maar hulle in die hel [“tartaroō”] gewerp en aan kettings van duisternis oorgegee het, om vir die oordeel in bewaring gehou te word;
Nege van die tien keer hier het die gees van God die woord “geenna” gebruik om te verduidelik wat God wil sê. Wat was hierdie “geenna”? Dit was ‘n vallei of ‘n dal wat vernoem was na die seun van ‘n man met die naam van Hinnom (waarvandaan die woord ge-hinnom of dan die Griekse woord “geenna” kom). Hierdie vallei is waar mense hul kinders opgeoffer het aan ‘n valse god, naamlik Molog, wat duidelik deur die Here verbied was:
Lev 18:21 En van jou kinders mag jy nie gee om vir Molog deur die vuur te laat deurgaan nie, dat jy die Naam van jou God nie ontheilig nie. Ek is die HERE.
Jer 32:35 en hulle het die hoogtes van Baäl gebou wat in die dal van die seun van Hinnom is, om hulle seuns en hulle dogters vir Molog deur die vuur te laat gaan—iets wat Ek hulle nie beveel het nie en wat in my hart nie opgekom het nie, dat hulle hierdie gruwel sou bedrywe om Juda te laat sondig.
Dit is egter na die vuur as ‘n geestelike tipe wat verwys word in die nege verse wat ek hierbo aangehaal het. Een van vuur se kwaliteite is dat dit verteer alles wat nie bestand is daarteen nie. God het ook ‘n vuur wat alle vlees en ongoddelikheid gaan verwoes soos jy ook hier tereg noem. Hier is die vuur van God – nie uit my eie denke nie, maar uit die Woord van God:
Jer 5:14 Daarom, so sê die HERE, die God van die leërskare: Omdat julle hierdie woord spreek, kyk, Ek maak my woorde in jou mond ‘n vuur en hierdie volk hout, en dit sal hulle verteer.
Jer 23:29 Is my woord nie só, soos ‘n vuur, spreek die HERE, en soos ‘n hamer wat ‘n rots vermorsel nie?
‘n Fisiese vuur kan nie ‘n geestelike werk doen nie, daarom gebruik God Sy geestelike vuur om alle vleeslikheid in ons harte te verbrand. Satan en alle booshede in ons is geestelike dinge, en ‘n fisiese vuur kan niks aan die bose geeste en alle ongoddelikhede in ons doen nie. Maar wie makeer die geestelike vuur C______? Is daar iemand wat jy ken wat nie gesondig het nie?
Rom 3:23 want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God.
Almal sluit sekerlik almal in! Die Skrifte sê dat almal sal God se vuur ervaar want dit is al vuur wat ons sonde kan uitwys en ons harte verander:
Mar 9:49 Want elkeen sal met vuur gesout word en elke offerande sal met sout gesout word.
1Kor 3:13-15 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. 14 As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; 15 as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.
Ek het die nie geskryf nie C________, God self het die woorde laat skryf. Oordeel maar self en kyk of jy die waarheid oor die hel en die poel van vuur glo soos dit in die Skifte voorkom en nie in jou eie gedagtes nie.
Wat sal jy sê as ek net die Woord aan jou voorhou en jy sê ek is ‘n valse profeet? Spreek jy nie teen die Woord self nie? Dit is baie gevaarlik om die teen die gees van God te laster want Sy Woord is Sy gees, C________. Dink maar mooi oor die volgende woorde uit die mond van Jesus self:
Joh 6:63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.
Mat 12:31-32 Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie. 32 En elkeen wat ‘n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie.
Dan gaan jy verder:
“JY WIL ENIGE TEKS LEES EN SOMMER NET BEWERINGE MAAK WAT ONWAAR IS. jY MOET NA DIE KONTEKS EN VERBAND VAN ENIGE VERS KYK.LEES DIE VOORAFGAANDE DEEL VAN DIE TEKS EN OOK DIE RES NA DIE TEKS OM DIE KONTEKS TE VERSTAAN.”
Waar kan jy my wys dat ek “net beweringe” maak wat ek nie met die Skrifte geverifieer word nie. Ek is baie versigtig om by elke sin van my die Skrifteks te plaas om dit wat ek sê te staaf. Maar jy sê ek moet die konteks lees. Ek stem saam met jou dat die konteks is baie belangrik. Maar wat is die konteks van die Skrifte – die historiese gebeure of die geestelike konteks? Ek dink dit is albei – nie net die fisiese nie. Dit klink vir my jy konsentreer net op die fisiese konteks. Aan die einde van die dag is dit tog die geestelike wat saak maak! Stem jy saam? Hier gee Paulus vir ons hoe die gees van God leer en hoe ons die konteks van enige woord van God moet verstaan om dit op ons eie lewens van toepassing te maak:
1Kor 2:13 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.
Wel daar staan dit wat die teoloë van die afvalliges net nie kan kleinkry nie. Hoe vergelyk mens geestelike met geestelike, C________? Hier is ‘n paar wenke – uit die Skrifte self – ek praat nie uit my self nie – ek gebruik die Skrifte soos die Skrifte self sê ek moet doen:
Jes 28:9-10 Vir wie wil hy dan kennis leer, en vir wie wil hy die openbaring verstaanbaar maak? Vir die wat van die melk gespeen, wat van die moederborste weggeneem is? 10 Want dit is gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ‘n bietjie, daar ‘n bietjie.
Wie verstaan God se openbaring? En hoe leer God hulle? “…..reël op reël, reël op reël, hier ‘n bietjie, daar ‘n bietjie.”
2Kor 13:1 Dit is die derde keer dat ek na julle toe kom. In die mond van twee of drie getuies sal elke woord vasstaan.
As jy mooi lees doen AL die Nuwe Testamentiese skrywers dieselfde waarvan jy my beskuldig C____________. Hulle gebruik “…..reël op reël, reël op reël, hier ‘n bietjie, daar ‘n bietjie” want die hele inhoud van die hele Skrif is die ware geestelike konteks van elke woord uit God se mond. Weereens hier is die bewys uit die Skrif:
Psa 119:160 Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.
Ek sal jou een voorbeeld noem wat jy my kan antwoord as jy so gelei word. Verduidelik vir my hoe Mattheus dit regkry om teks uit ‘n totale ander historiese konteks te neem, en dit toe te pas op sy eie konteks:
Mat 1:22-23 En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het: 23 Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.
Wat was die konteks van die profeet (Jesaja in die geval) toe hy die woorde gespreek het:
Jes 7:14 Daarom sal die HERE self aan julle ‘n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom Immánuel noem.
Die konteks in Jesaja was dat koning Agas vir ‘n teken gevra het wat hom sou oortuig om sy vyande aan te val.
Jes 7:1 En in die dae van Agas, die seun van Jotam, die seun van Ussía, die koning van Juda, het Resin, die koning van Aram, met Peka, die seun van Remália, die koning van Israel, opgetrek na Jerusalem om daarteen oorlog te voer; maar hy kon nie daarteen veg nie.
Jes 7:11 Eis vir jou ‘n teken van die HERE jou God: sak diep af na die doderyk, of klim hoog op boontoe.
Waar kry Mattheus die idee om hierdie woorde links en regs aan te pas – hy kry dit by God self! Die konteks is totaal onvanpas as jy die moderne afvallige teoloë moet glo met hulle beperkte insigte oor die konteks van die hele Skrif. Jesus se woorde is vir die afvalliges onmoontlik om toe te pas in hul eie lewens in hierdie tyd:
Mat 4:4 Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.
Die hele Nuwe Testament is vol van die gedeeltes wat jou seker baie kwaad maak dat die skrywers nie jou reël gehoorsaam nie en ek kwoteer jou woorde (jammer vir die hoofletter – ek haal net jou woorde aan):
” jY [Mattheus…Markus…Lukas….Paulus….Johannes…..Petrus….Judas….] MOET NA DIE KONTEKS EN VERBAND VAN ENIGE VERS KYK.LEES DIE VOORAFGAANDE DEEL VAN DIE TEKS EN OOK DIE RES NA DIE TEKS OM DIE KONTEKS TE VERSTAAN.”
Ek hoop ek was van hulp C________. Soos ek reeds gesê het – as jy nie saamstem met die Skrifte nie, dan sal ek jou net ignoreer want dan het jy geen benul van die ware leer van Christus nie en ek moet dan net doen wat God se Woord aan my voorhou:
2Jn 1:9-11 Elkeen wat ‘n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun. 10 As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie. 11 Want die een wat hom groet, het gemeenskap aan sy bose werke.
In die ware Christus
Larry
Terug pieng: Bevryding van vrees…..! | "Is en Wat Was en Wat Kom" – die onbekende karakter van Jesus Christus en Sy Woord
Terug pieng: ALMAL sal SEKERLIK sterf! | "Is en Wat Was en Wat Kom" – die onbekende karakter van Jesus Christus en Sy Woord