Die waarheid oor die identiteit en rol van Satan (Deel 2)

[http://www.youtube.com/my_videos_edit?ns=1&video_id=l6Wug8rb1sc]

In deel 1 van ons reeks oor die identiteit en rol van Satan in God se skepping het ons gekonsentreer op ‘n paar van sy karaktereienskappe. Die Skrifte sê dat hierdie slang ‘listiger’ was as al die ander diere! Die woord ‘listiger’ kom van die Hebreeuse woord “ârûm” wat onder andere te doen het met “vernuftigheid”. Hier is ‘n paar karaktereienskappe wat die slang het wat baie betekenisvol vir ons is:

Die ou slang; die vinnige (of vlugtende) slang; die Leviátan; die kronkelende slang; die groot draak; die Satan; die duiwel; die teëstander; die verderwer; die mensemoordenaar; sondaar, die versoeker; die verleier, leuenaar.

Soos reeds genoem is die voorwaar ‘n formidabele lys, maar ons moet onthou dat hierdie ‘ou slang’, Satan, beperktemag het wat alles onder God se totale beheer is. Ons weet ook dat dat die hele fisiese skepping, ook die slange, aan nietigheid of mislukking onderworpe was ter wille van God se doel daarmee:

Rom 8:20  Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het.

Jer 18:4  En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk—soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker—maar hy het daaruit weer ‘n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak.

Hierdie listige en vernuftige slang is God se skepsel en opereer reeds ‘van die begin af’ volgens al hierdie spesifieke eienskappe wat in hom geplaas was. Hy het dus nog nooit anders opgetree nie want dit was sy karakter van sy skepping af:

1Jn 3:8a  Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af.

Joh 8:44  Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan.

Satan, soos enige skepsel van God, het nie self sy skepping en karakter gekies nie. Al God se skepsels het ‘n “boek” wat God geskryf het voor hul skepping. Alles is onder God se beheer en niemand kan ‘n vinger optel as God dit nie bepaal het nie, of dan in hul boek geskryf het nie:

Psa 139:16  U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.

Efes 1:11  in Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil,

Spr 16:4  Alles het die HERE gemaak vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil.

Ja God het ook die goddelose of die bose gemaak!!! Die Satan was boos en goddeloos gemaak deur God vir God se doel! God het hierdie skepsel is ook die vermoë gegee om homself ook as ‘n boodskapper van lig voor te stel en mense te mislei. Die Satan werk deur sy boodskappers. Die valse profete onder andere:

2Kor 11:14  En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig.

Eseg 14:9  En as die profeet hom laat verlei om ‘n woord te spreek—Ek, die HERE, het dié profeet verlei, en Ek sal my hand teen hom uitstrek en hom verdelg uit die midde van my volk Israel.

Die Here het die profeet verlei!!!? Baie mense sukkel om te glo dat God mense doelbewus mislei. God doen dit egter nie self nie want daarom het hy die verleier gemaak om dit te doen. Die verleier dink egter dat hy dit self doen want soos die mens glo hy ook dat hy ‘n “vrye” wil het. Maar hy en sy volgelinge is onder God se kragtige dwaling:

2Th 2:11  En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,

Op hierdie stadium in Genesis 3 het Adam en sy vrou geen kennis gehad van wat goed of wat kwaad is nie want hulle was verbied deur God om hierdie kennis te bekom. Hulle moes elke dag verby hierdie boom stap wat hierdie nodige kennis aan hulle kon verskaf. Dit was doelbewus in die middel van die tuin geplaas deur God. As hulle goed of kwaad moes identifiseer kon hulle nie. Die Woord van God leer ons dat die bewys van geestelik volwassenheid is dan juis om die hierdie vermoë te besit om goed van kwaad te onderskei – dit is van kardinale belang:

Heb 5:14  Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei.

Adam en Eva se onvermoë om goed van kwaad te onderskei het hulle dus ontbloot as onvolwasse in geestelike dinge!!! Die weereens ontmasker die valse leerstelling wat deur die afvalliges gepreek word waarmee hulle openlik sê dat Adam en Eva geestelik volwasse was en daarna gefaal het. Hulle was NIE geestelike wesens nie en het geen kennis gehad van geestelike dinge nie. Hulle was dus NIE in God se beeld (dit is gees) gemaak was. Hulle was aards (‘uit die aarde’) en tydelik gemaak. Hulle was ook totaal onbewus van hul geestelike naaktheid:

1Kor 15:46-47  Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike.  Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel.

Gen 2:25  En hulle was altwee naak, die mens en sy vrou, maar hulle het hul nie geskaam nie.

Die slang was deur God geskep en gebruik om dit uit te wys aan almal wat oë gegee is om dit te sien. Die slang het in die vorm van ‘n boodskapper van lig na hulle gekom en hulle onkunde, dit is hul geestelike naaktheid, uitgebuit soos hy dit tot vandag doen onder God se opdrag! ‘Die ongeregtigheid [was] al aan die werk…van die begin af’:

2Th 2:7-12  Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is; en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,  hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen   en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.  En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,  sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.

Niemand in die vlees kan God se ‘krag van die dwaling’ weerstaan nie! Adam en Eva (en almal in die eerste Adam) was en is weerloos teen hierdie slang as ons na al sy vermoëns kyk wat God in hom geplaas het! En God het van alles geweet want God het alles beplan! God staan eenkant en hou duim vas dat Adam en Eva sou sterk staan nie. Dit was God in Sy alwysheid het hulle geen weerstand gegee nie! Die slang was gemaak om mense te versoek en dit is wat hy met Adam en Eva gedoen het. Wat verder interessant is dat ‘die vrou’ die slang te woord staan en nie Adam nie:

Gen 3:1b-5  . En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie? En die vrou antwoord die slang: Van die vrugte van die bome in die tuin mag ons eet, maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe. Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie; maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.

1Ti 2:14  En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom.

2Kor 11:3  Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus.

Hoekom was die vrou die kontakpunt? Waar was Adam toe die slang met sy vrou praat?

Gen 3:6  Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy ‘n lus was vir die oë, ja, ‘n boom wat ‘n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet.

Adam was by sy vrou toe sy besluit het om die slang te antwoord! Hier word nog ‘n belangrike beginsel aan ons deurgegee. Die slang het geen respek vir God se orde nie en Adam en Eva het hom gevolg. Die orde van die Godheid is uiters belangrik en verontagsaming daarvan bewys totale geestelike blindheid. God, die Vader, is eerste en Jesus was daarna. Jesus kom uit die Vader en hy luister na die Vader ‘in stilte’. Hy praat net wat die Vader vir Hom gee om te sê, en doen net wat die Vader vir Hom sê om te doen. Hier is die aardse beeld vir ons duidelik:

1Ti 2:11-13  Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid.  Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou.  Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva.

Hierdie gebeurtenis in Genesis 3 is vir ons neergeskryf as lering aan ons en om ook te wys dat die natuurlike mens het geen vermoë om die geestelik orde en dinge reg te beoordeel nie, reg van die begin af:

1Kor 2:14  Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier and tagged , , , , , . Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s