God is nie beperk tot menslike berekeninge nie.

Noag was regverdig in sy generasie omdat God hom genadig was en omdat God hom regverdig en opreg laat lewe het:

Gen 6:8-9  Maar Noag het genade gevind in die oë van die HERE.  Dit is die geskiedenis van Noag. Noag was ‘n regverdige, opregte man onder sy tydgenote. Noag het met God gewandel.

Noag se geregtigheid was volgens die geloof omdat geloof  ‘n gawe van God is, nie uit homself nie:

Heb 11:7  Deur die geloof het Noag, toe hy ‘n goddelike waarskuwing ontvang het aangaande wat nog nie gesien was nie, met eerbiedige vrees die ark gereed gemaak tot redding van sy huisgesin, waardeur hy die wêreld veroordeel het en ‘n erfgenaam geword het van die geregtigheid wat volgens die geloof is.

Hy en sy gesin was voorwaar deur genade gered om nie in die globale vloed om te kom nie:

Efes 2:8  Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God.

Gen 6:17-18  Want kyk, Ék bring ‘n watervloed oor die aarde, om van onder die hemel te verdelg alle vlees waar ‘n lewensgees in is. Alles wat op die aarde is, sal wegsterwe.  Maar met jou sal Ek my verbond oprig; jy moet in die ark gaan, jy en jou seuns en jou vrou en die vroue van jou seuns saam met jou.

Noag het opdrag van God ontvang om ook diere in die ark te neem volgens God se presiese voorskrifte:

Gen 6:19  En van al wat lewe, van alle vlees, moet jy twee van elke soort in die ark laat ingaan om dit saam met jou in die lewe te hou: mannetjie en wyfie moet hulle wees. Van die voëls volgens hulle soorte en van die vee volgens hulle soorte, van al die kruipende diere van die aarde volgens hulle soorte, twee van elke soort, moet na jou kom om in die lewe te bly.

Hier is ook verdere instruksies oor hierdie diere: 

Gen 7:2-3  Van al die rein diere moet jy vir jou telkens sewe paar neem, die mannetjie met sy wyfie; maar van die diere wat nie rein is nie, twee, die mannetjie met sy wyfie.  Ook van die voëls van die hemel telkens sewe paar, die mannetjie met die wyfie, om die geslag in die lewe te hou op die hele aarde.

Hierdie indeling van rein en onrein diere was lank voor die Wet van Moses. Diere was dus van die begin af in hierdie twee groepe verdeel vir ons lering – vir die wat dit kan ontvang. God het dus hier dieper geestelike waarhede opgesluit wat meer verwys na alles waarmee God werk. God skep en werk met die goed en die kwaad om Sy doel mee te bereik:

Jes 45:7  wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen. 

Spr 16:4 Alles het die HERE gemaak vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil. 

Noag moes ook genoeg voedsel aan boord neem vir mens en dier. Alle diere en mense het tot op hierdie stadium net plante geëet:

Gen 6:21-22  En jy, neem vir jou van al die voedsel wat geëet word, en versamel dit by jou, dat dit vir jou en hulle as voedsel kan dien. En Noag het dit gedoen. Net soos God hom beveel het, so het hy gedoen. 

Gen 1:29-30  Verder het God gesê: Ek gee nou aan julle al die plante wat saad gee, wat op die hele aarde is, en al die bome waar boomvrugte aan is, wat saad dra. Dit sal julle voedsel wees. Maar aan al die diere van die aarde en al die voëls van die hemel en al die kruipende diere op die aarde, waarin ‘n lewende siel is, gee Ek al die groen plante as voedsel. En dit was so.

God het self die keuses gemaak en die deur toegemaak – nie Noag nie:

Gen 7:16  En die wat ingaan, het gegaan as mannetjie en wyfie van alle vlees soos God hom beveel het. En die HERE het agter hom toegesluit.

Die vloed het gekom met betrekking tot Noag se ouderdom wat weereens insiggewend is:

Gen 7:6 En Noag was ses honderd jaar oud toe die watervloed oor die aarde gekom het. 

Gen 7:11-12  In die ses honderdste jaar van die lewe van Noag, in die tweede maand, op die sewentiende dag van die maand, op dieselfde dag, is al die fonteine van die groot watervloed oopgebreek, en die sluise van die hemel is geopen;  en die stortreën was op die aarde veertig dae en veertig nagte lank. 

Die nommer ses is die nommer van mens wat op die sesde dag geskape was saam met die diere van die aarde:

Gen 1:24-26  En God het gesê: Laat die aarde lewende wesens voortbring volgens hulle soorte: vee, kruipende diere en wilde diere van die aarde volgens hulle soorte. En dit was so.  En God het die wilde diere van die aarde gemaak volgens hulle soorte en die vee volgens hulle soorte en al die diere wat op die grond kruip, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.  En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. 

Deur die globale vloed kom ook “die wysheid [van God] te pas” om die proses te sien hoe die mens in die beeld van God gemaak word:

Open 13:18 Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig.

Die nommer ses is een nommer voor die nommer sewe wat voltooiing of rus beteken: 

Gen 2:2  En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het.

Die waters was op die hele aarde en die hoë berge was totaal bedek. Seevlak was 15 el hoër as die hoogste berg volgens die Skrifte. Die waters het ook vermeerder oor ‘n tydperk van 40 dae en 40 nagte– dit wys na ‘n geleidelike proses van oordeel en redding:

Gen 7:17-20  En die vloed was veertig dae lank op die aarde: die waters het vermeerder en die ark opgehef, sodat dit opgerys het bo die aarde.  En die waters het die oorhand gekry en grootliks vermeerder op die aarde, terwyl die ark op die waters drywe.  En die waters het heeltemal die oorhand gekry op die aarde, sodat al die hoë berge onder die ganse hemel bedek was.  Vyftien el bo hulle het die waters die oorhand gekry, sodat die berge bedek was.

Hierdie skriftuurlike waarhede word deur baie sogenaamde wetenskaplikes bevraagteken en verwerp omdat God nie hulle geloof gegee het om te kan sien dat God alles onder beheer gehad het tydens die globale vloed nie. Die menslike informasie wat hulle laat twyfel in God se almag en soewereiniteit is gebaseer op die idee dat God NIE alles beheer nie en dat dinge oorgegee is (deur God sê hulle) aan natuurlike kragte. Diegene wat dan ook glo in ‘n tipe van ‘n god-wese wil dan ook hiermee hê dat daardie god  alles moet doen soos deur hulle verwysingsraamwerk vasgestel is. So sien sommige (“spotters”) ook die God van die globale vloed wat, volgens hulle, moet opereer volgens die beginsel van “alles [moet bly] soos dit van die begin van die skepping af” was:

2Pe 3:3-4  Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel  en sê: Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af.

Wel, God doen dinge op Sy manier en Hy vra niemand se toestemming om dinge te verander nie. Hy doen dit net. Aardse wysheid kan nie God se werkwyses hanteer nie en vind dit onmoontlik om by hulle berekeninge in te bring. God is egter nie beperk tot aardse roetine en berekeninge nie. Die maagdelike geboorte en opstanding uit die dood van Jesus is twee voorbeelde waar God totaal nie werk of bly by alles “soos dit van die begin van die skepping af” was nie:

1Kor 1:20-21  Waar bly die wyse? Waar bly die skrifgeleerde? Waar die redetwister van hierdie eeu? Het God nie die wysheid van hierdie wêreld dwaas gemaak nie?  Want aangesien in die wysheid van God die wêreld deur die wysheid God nie geken het nie, het dit God behaag om deur die dwaasheid van die prediking die wat glo, te red.

Uniformitarisme is ‘n menslike aanname dat die natuurlike wette in die verlede altyd geopereer het soos dit op die oomblik opereer en dat hierdie wette nog nooit verander het nie. Die konsep van Uniformitarisme help wetenskaplikes, soos geoloë, om die verlede te bestudeer, sonder om dit direk waar te neem. Uniformitarisme het sy plek in ‘n wêreld waar alles ook ordelike moet verloop. Maar met die globale vloed was natuurlike data beinvloed. Dit alles wys na wat God se oordeel veronderstel is om te doen. God se oordeel verander aardse persepsies permanent:

Jes 26:9 Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.

Soos die fisiese globale vloed data oor byvoorbeeeld radio-aktiewe stowwe beinvloed het, het Jesus ook kom wys deur die talle fisiese wonderwerke wat Hy gedoen het, dat God deur net Sy Woord te spreek selfs menslike liggaamsdele kan skep en herskep!

Gen 8:20-22  En Noag het vir die HERE ‘n altaar gebou en van al die rein diere en al die rein voëls geneem en brandoffers op die altaar gebring.  En die HERE het die lieflike geur geruik, en die HERE het in sy hart gesê: Ek sal die aarde verder nie meer vervloek ter wille van die mens nie, want die versinsels van die mens se hart is sleg van sy jeug af. En Ek sal verder nie meer al die lewende wesens tref soos Ek gedoen het nie.  Van nou af sal al die dae van die aarde, saaityd en oestyd, koue en hitte, somer en winter, dag en nag nie ophou nie.

Maar die siening van alle “spotters” verontagsaam gewoonlik God se wonderwerke, byvoorbeeld die die ses dae skeppingsproses en die globale vloed wat Hy in 40 dae die aarde laat oorstroom het. En Jesus het gesê dat mense gaan net so optree “in die dae van die Seun van die mens” soos in “die dae van Noag”.  Sal ons met Jesus stry as Hy sê dat daar was letterlike “dae van Noag” en ‘n letterlike ark en ‘n letterlike vloed wat “die hele aarde” getref het? Sal ons sê dat die oordeel van God regtig net ‘n “beperkte” oordeel sal wees? Nee, dit sal baie onwys wees om teen God te stry!

Mat 24:37-39  En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. Want net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het, en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.

Rom 14:10 Maar jy, waarom oordeel jy jou broeder? Of jy ook, waarom verag jy jou broeder? Want ons sal ALMAL [globale vloed] voor die regterstoel van Christus gestel word.

[Distansiëring: Advertensies word geplaas deur WordPress.com]

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s