Die ware geestelike sakramente

Die konsep van “heilige sakramente” word beoefen deur sekere geloofsgroepe of denominasies wat onder ‘n Christelike vaandel opereer. Hulle verduidelik dat die uitvoering van hierdie uiterlike rituele deur hul lidmate ‘n innerlike oortuiging uitbeeld. Hierdie rituele word dan ook as “heilig” beskou en moet deur die geloofsgroep of denominasie se volgelinge op sekere vasgestelde tye beoefen word. Subtiele manupilering word egter toegepas waar diegene wat nie hierdie rituele gereeld of op die bestemde tye beoefen nie, skuldgevoelens moet ontwikkel. As dit nie slaag nie, word hulle uiteindelik gedreig met ‘n opheffing van hul lidmaatskap. Jesus het duidelik gesê dat die koninkryk van God  NIE op hierdie tipe leierskap werk nie. Hierdie manipulering en afdwinging van menslike wette en tradisies is “die leer van die Nikolaïete” – dit is wat God haat:

Mat 20:25-26  Maar Jesus het hulle na Hom geroep en gesê: Julle weet dat die owerstes van die nasies oor hulle heers en die groot manne oor hulle gesag uitoefen;  maar só moet dit onder julle nie wees nie; maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees.

Open 2:15  So het jy ook mense wat vashou aan die leer van die Nikolaïete, wat Ek haat.

Dan word deur hierdie valse leraars gepreek dat verlies aan lidmaatskap aan hulle groep, gepaardgaan met die groot straf van ‘n ewige verwerping deur God in ‘n sogenaamde helse vuur. Belaglik!

Dat daar soveel uiteenlopende getalle en toepassings van die sogenaamde “heilige sakramente” onder die Christelike vaandel gevind word, moet baie rooi vlae laat opgaan. Dit getuig van die talle verdraaiings waarmee elke groep sy lede gevange hou.

Snaaks dat die woord Afrikaanse woord “kerk” in sy oorsprong ‘n gevangenis geteken het. Die woord vir “kerk” in die oorspronklike Grieks in die Skrifte daarenteen is “ekklēsia” wat beteken ‘n uitroep tot bevryding vanuit ‘n tronk van sonde! Mense wat uitgeroep is uit sonde word nie weer vasgemaak aan ander menslike wette en tradisies nie. Tog val ons almal weer in hierdie verdraaiings soos God dit ook dan reël om ons weereens iets te leer:

Gal 1:6-7  Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na ‘n ander evangelie toe,  terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai.

Al die groepe en denominasies waaraan ons op die bestemde tyd behoort, is om ons te wys hoe verdeeld en boos hierdie verdraaiings is. Almal kla en mor oor die ooglopende vergrypinge en mistastings van hul eie leraars en hul gemeentes, maar om uit te kom is maar moeilik. Totdat ons God se een kerk, Sy liggaam werklik deelagtig word. God se een kerk is glad nie verdeel oor enige van Christus se ware doktrine of heilige leerstellings nie:

1Kor 1:13a  Is Christus verdeel?

2Jn 1:9  Elkeen wat ‘n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun.

Christus is nie verdeel nie en sy doktrine ook nie. Daar is net een Hoof en een liggaam wat net Sy Naam dra – alleen. Geen ander naam kan aan die kerk van God gegee word nie, behalwe die naam en leer van Christus:

1Kor 10:17  Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood.

1Kor 12:20  Maar nou is daar wel baie lede, maar net een liggaam.

Efes 4:4  Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping;

Net die wat groeperinge as “Christelik” propageer, baklei en verdeel Jesus se kleed. Dit is juis hulle wat Jesus kruisig deur hulle optrede en houding teenoor Sy ware kerk en Sy ware leer. Maar wie sal dit kan erken as die gees van God dit nie aan die persoon openbaar nie:

Mat 27:35  En nadat hulle Hom gekruisig het, het hulle sy klere verdeel deur die lot te werp, sodat vervul sou word wat deur die profeet gespreek is: Hulle het my klere onder mekaar verdeel en oor my gewaad die lot gewerp.

Net die valse kerk is verdeel en dit is duidelik wat hulle voorland is, volgens Jesus:

Mat 12:25  Maar Jesus het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie.

Mar 3:24-25  En as ‘n koninkryk teen homself verdeeld is, kan daardie koninkryk nie bly staan nie;  en as ‘n huis teen homself verdeeld is, kan daardie huis nie bly staan nie;

Jesus het nog nooit gesê dat ons enige deel van sy Woord bo ander dele moet verhef nie. Hy het gesê dat die mens van elke woord van God sal leef. Ja, daar is ook baie slegte en bose dinge in die Woord van God neergeskryf. Dit is net bloed en doodslag van voor tot agter wat vir baie mense onmoontlik word om te lees, wat nog te sê om te leef daarvan. Ja, Satan se woorde is ook daar neergeskryf:

Mat 4:3-4  En die versoeker het na Hom gekom en gesê: As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word. Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.

Elke woord is ewe belangrik want ons leef elke Woord wat geskryf staan, soos op ons van toepassing is op die tyd deur God bepaal (onthou altyd dit gaan nie oor semantiek nie, maar oor die geestelike betekenis agter die geskrewe woorde):

2Ti 3:16  Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,

Psa 119:160  Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.

Joh 17:17  Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.

God het die bose gemaak en God bepaal elke woord en gedagte van die bose geeste wat Hy self beheer en uitstuur:

Jes 45:5-7  Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie,  sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die HERE, en daar is geen ander nie;  wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen.

Spr 16:4  Alles het die HERE gemaak vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil.

Uiterlike dinge is deur God gemaak vir Sy doel, maar dit is nie God se finale bestemming vir die mens nie. So uiterlike rituele is, soos alle vleeslike dinge, van tydelike aard en uiteindelik van GEEN nut nie wanneer dit sy doel gedien het nie. God se Woord is dus heilig en dit is gees – en so moet ons die hele Skrif kan sien!

Joh 6:63  Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.

Die uiterlike kan geensins skoonmaak binne-in die hart van die mens nie, maar dit is wat alle fariseërs verkondig, veral ook die hedendaagse valse leraars wat mense in vrees gevange hou:

Mat 23:25  Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binnekant is dit vol roof en onmatigheid.

Die probleem is binne, in die hart van die mens waar net God kan sien en ons met skok ontdek wat alles daar wegkruip op die bepaalde tyd:

Mar 7:20-23  En Hy sê: Wat uit die mens uitgaan, dit maak die mens onrein.    Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord,  diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid. Al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens onrein.

Mat 23:26  Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker en die skottel skoon, sodat ook die buitekant daarvan skoon kan word.

Uiterlike rituele kan net die mens bedrieg, maar nie vir God nie! Net ‘n huigelaar doen dinge voor mense terwyl sy hart vol boosheid, wellus en trots is. Dit is almal van ons in die eerste mens Adam. Die uiterlike besnydenis het nog niemand heilig gemaak nie, al dink sommige dit is belangrik. Die besnydenis van die hart is vir God van meer waarde omdat Hy dit self doen:

Kol 2:11  in wie julle ook besny is met ‘n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus,

Fil 3:3  Want óns is die besnydenis, ons wat God in die Gees dien en in Christus Jesus roem en nie op die vlees vertrou nie; 

Die doop in fisiese water is ook geensins die ware doop nie, maar slegs ‘n tipe van die ware doop – om te sterwe saam met Jesus. Daar is groepe wat mense hoeveel keer doop in fisiese water met geen blywende resultate nie want dit werk nie so nie:

Rom 6:3-4  Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?  Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel.

Jesus het nooit enigeen in water gedoop nie en Hy doen dit ook nie nou nie. Dit is die afsterwe vir die sonde waarmee Hy werk in ons. Hy doop met VUUR en dit is waarmee Hy ons nou doop, vir hulle wat dit nou kan ontvang. Sy byl lê teen die wortel van elke boom wat nie vrug dra nie – die eerste Adam is gedoem vanaf sy skepping. En God weet dit want Hy het dit so beplan!

Mat 3:10-12  Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.  Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring in die skuur saambring, maar die kaf sal Hy met onuitbluslike vuur verbrand.

Hierdie sterwe vir die ou mens in ons sluit aan by die deelname aan die “beker” en die “brood” van die Here:

1Kor 11:23-26  Want ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het, dat die Here Jesus in die nag waarin Hy verraai is, brood geneem het;  en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis.  Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis.  Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.

Dit gebeur in die “nag” wanneer ons die Here verraai – as ons aan die valse leerstellings vaskleef en Hom in daardie die sin kruisig en openlik verloën. Niemand dink dat hulle die Here sal verraai of in Hom aanstoot sal kry nie. Dit is altyd die ander persoon –nooit ek nie!

Luk 22:23-24  Toe begin hulle onder mekaar te vra wie van hulle dit tog kon wees wat dit sou doen.  En daar het ook twis onder hulle ontstaan oor wie van hulle die grootste geag moet wees.

Mat 26:25  En Judas, wat Hom sou verraai, antwoord en sê: Is dit miskien ek, Rabbi? Hy antwoord hom: Jy het dit gesê.

Mat 26:33-34  Daarop antwoord Petrus en sê vir Hom: Al sal almal ook aanstoot aan U neem, ek sal nooit aanstoot neem nie.  Jesus sê vir hom: Voorwaar Ek sê vir jou, in hierdie nag, voordat die haan gekraai het, sal jy My drie maal verloën.

Mar 14:31  Maar hy het nog baie meer aangehou en gesê: Al moes ek saam met U sterwe, ek sal U nooit verloën nie! En net so het almal ook gesê.

Ons glo dit is die wêreld daar buite wat Jesus verwerp – dit is hulle wat hom verraai en verloën. Ons almal wil nie glo dat ons self Jesus verloën en verraai terwyl ons Hom dan nou al so lank volg en dien nie – simbolies ‘n hele drie en ‘n half jaar vir ons. Maar wat nie een van die getroue en vurige volgelinge van fisiese Jesus weet nie, is dat hulle op daardie tydstip nog nooit bekeerd was nie:

Luk 22:31-32  En die Here sê: Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif.  Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk.

Petrus, die getroue vurige dissipel was nog nie eens bekeer toe hy al die wonderlike dinge in Jesus se naam gedoen het vir drie en ‘n halwe jaar nie. Hy het siekes gesond gebid, duiwels uitgedryf en geprofeteer in Jesus se naam! En net so ook doen ander hierdie dinge in Sy naam en spog met al hul fisiese seëninge, tot vandag toe!!! Hulle is skaamteloos in hulle geestelike stokblindheid. Hulle wat goeie werke vir die vleeslike Jesus doen is nog nie met die geestelike verrese Jesus in Sy vuur gedoop nie. Daarom is ons stomgeslaan as ons uitvind hoe ver ons van God geleef het, terwyl ons gedink het ons dien Hom:

Mat 7:21-23  Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.  Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?  En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!

Uiterlike “sakramente” is vir hulle wat nie God na die gees ken nie, maar eerder die bloed van God se getuies drink deur Sy ware woord te verag en te verwerp. Hulle wat oorgegee is aan die groot hoer wat hulle voer met die valse leer:

Open 17:1-6  En een van die sewe engele met die sewe skale het gekom en met my gespreek en vir my gesê: Kom hierheen, ek sal jou toon die oordeel van die groot hoer wat op die baie waters sit, met wie die konings van die aarde gehoereer het, en die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar hoerery. En hy het my in die gees weggevoer na ‘n woestyn, en ek het ‘n vrou sien sit op ‘n skarlakenrooi dier, vol godslasterlike name, met sewe koppe en tien horings. En die vrou was bekleed met purper en skarlaken en versierd met goud en kosbare stene en pêrels, en sy het in haar hand ‘n goue beker gehad, vol gruwels en die onreinheid van haar hoerery; en op haar voorhoof was ‘n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde. En ek het die vrou gesien, dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus, en ek het my uitermate verwonder toe ek haar sien.

[Distansiëring: Advertensies word geplaas deur WordPress.com]

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

2 Responses to Die ware geestelike sakramente

  1. H___________ sê:

    Wat n openbaaring! Jare lank kon ek dit nie sien nie en daar staan dit oop en bloot: Luk 22:31-32 En die Here sê: Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif. Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk

  2. Larry sê:

    Dankie H_________

    Ja dit was vir my ook ‘n skok toe ek ontdek het dat om wonders en tekens te doen in die vlees en duiwels uit te dryf bepaal geensins mens se ingang in die geestelike koninkryk van God nie:

    Mat 7:21-23 Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. 22 Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? 23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!

    Baie is in vir ‘n groot skok! Ons werke is in die gees deur vrug te dra en nie om op wonderwerke in die vlees te fokus nie:

    Gal 5:22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.

    Joh 12:24 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.

    Joh 15:5 Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.

    Joh 15:8 Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees.

    Die Vader soek Sy vrug in ons – en Sy Vrug is Sy Seun Jesus Christus!!! Die Korinthiërs het al die gawes van die gees gehad, maar geen vrug nie. Hulle was as babas in Christus beskryf en dit beteken hulle was, soos Petrus en al die apostels voor Jesus se dood, vleeslik en nog nie in die geestelike koninkryk van God nie:

    1Kor 1:2-7 aan die gemeente van God wat in Korinthe is, aan die geheiligdes in Christus Jesus, die geroepe heiliges, saam met almal wat die Naam van onse Here Jesus Christus in elke plek aanroep, hulle sowel as onse Here: 3 Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus! 4 Ek dank my God altyd oor julle vir die genade van God wat aan julle in Christus Jesus gegee is, 5 dat julle in alle opsigte in Hom ryk gemaak is, in elke woord en alle kennis; 6 soos die getuienis aangaande Christus bevestig is onder julle, 7 sodat julle in geen enkele genadegawe agterstaan nie, terwyl julle wag op die openbaring van onse Here Jesus Christus.

    1Kor 3:1-4 En ek, broeders, kon met julle nie spreek soos met geestelike mense nie, maar soos met vleeslike, soos met klein kinders in Christus. 2 Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste spys nie, want julle was nog nie daartoe in staat nie, en julle is nou nog nie daartoe in staat nie, 3 omdat julle nog vleeslik is; want aangesien daar onder julle jaloersheid en twis en tweedrag is, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie na die mens nie? 4 Want as die een sê: Ek is van Paulus; en die ander: Ek van Apollos—is julle nie vleeslik nie?

    Daar waar aparte kerkies en groepies met hul eie geloofsbelydenis en konstitusie bestaan, is diegene wat so iets voorstaan nog net vleeslik en ken nie God se een kerk nie. Hulle weet nie wat die liggaam van Christus regtig behels nie. God se ware Kerk is nie verdeel in denominases en derglike dinge nie. Daar is net EEN konstitusie – die hele Woord van God – niks meer en niks minder nie:

    Psa 119:160 Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.

    Waar ookal ons lewe op hierdie aarde glo die ware Kerk van God dat daar is net EEN liggaam met EEN gees en EEN waarheid —– JESUS CHRISTUS!

    1Kor 6:17 Maar wie die Here aanhang, is een gees met Hom.

    1Kor 12:13 Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge.

    Efes 4:4 Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping;

    Dankie H_______ dat jy saam met my deur die een gees (Sy Woord) met Sy een Kerk wil aanbid. Dit is heerlik!

    Jou broer in die een ware Christus
    Larry

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s