God se tyd is perfek!

Hello Larry,

Dis n openbaaring! Ek was vir 52 jaar in valse leer. Kan n sondige mens God vra hoekom trek God my nou eers? Kortliks het ek in n huis groot geword sonder God; ja dan kom die Woord by my op van die pottebakker- ek mag nie God die vrae vra nie want ek is tog in sonde gebore (dood) en God skuld my niks!

Gaan voort met jou werk en mag God jou seen.Groete,

H________

—————————————-

Hello H____

Dankie vir jou respons. Ek waardeer dit baie. Ja, dit het ook vir my baie jare geneem om die waarheid in Sy Woord te kon sien. Dit is hoe God werk en dit word weerspieël in die geskiedenis van die fisiese volk Israel soos dit in die Bybel voorkom. Wat met hulle gebeur het, is ‘n skadubeeld wat met ons almal moet gebeur alvorens ons in die koninkryk van God kan ingaan:

1Kor 10:11  Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde [Grieks: “tupos” = tipies of skaduwees van ons] en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.

Hand 14:22  en die siele van die dissipels versterk en hulle vermaan om in die geloof te bly deur te sê: Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan. 

Dit maak die Bybel nou so ‘n interessante boek want dit alles vertel my van myself en ek kan my eie lewe in elke Woord van God sien: 

Mat 4:4  Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.

Al het ek persoonlik groot geword in ‘n sogenaamde Christelike huis, was die ware Jesus nie aan my voorgehou nie. Ek is dankbaar vir my ouers en my onderwysers wat hul beste vir my gegee het, maar selfs die beste van bedoelings is nie gevrywaar van verleiding nie:

Spr 16:1-2  Die planne van die hart is van die mens, maar die antwoord van die tong kom van die HERE.  2  Al die weë van ‘n man is suiwer in sy oë, maar die HERE toets die geeste.

Spr 16:25  Daar is ‘n weg wat vir ‘n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.

Jy is reg dat die klei kan nie die Pottebakker vra waarom Hy dinge doen soos Hy dit wil doen nie:

Rom 9:20-21  Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie?  21  Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?

God maak ons eers ‘n voorwerp tot oneer (vleeslik) voordat Hy ons weer gaan maak as ‘n voorwerp van eer (geestelik): 

Jer 18:4  En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk—soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker—maar hy het daaruit weer ‘n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak.

Dit is die hand van die Pottebakker wat die klei laat misluk! Ons is gemaak in nietigheid en verganklikheid, volgens Sy wil, voordat ons in heerlikheid (onverganklike gees) gemaak gaan word:

Rom 8:20-22  Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het  21  in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God.  22  Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe.

God het een perfekte plan met hierdie skepping en dit is deur hierdie eerste fase (die “vlees” of “water”) wat ons almal die geestelike lewe in Christus sal ontvang op die tyd soos deur God bepaal:

Joh 3:5-6  Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.  6  Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.

1Kor 15:46  Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike.

1Kor 15:22  Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word.

So ja, dit is maar ‘n lang proses en ons is net dankbaar dat alles volgens Sy perfekte plan en tyd verloop. Alles is eintlik op tyd – Sy tyd!

Baie dankie vir die seënwense. Laat dit ook goed gaan met jou en dit wat die Here ook vir jou en deur bewerk.

Jou broer in Christus

Larry

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s