Lyding is deel van God se plan van saligheid

Alles is 100% op koers soos God dit wil hê, want alles gebeur in alle gevalle en in alle mense se lewens volgens wat God bepaal het, al dink min mense so:

Efes 1:11 in Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil.

Ons almal het ‘n wil, maar daardie wil is nie vry nie, soos baie mense glo nie. Elke menslike wil is onder God se totale beheer. Jesus se vlees en Sy vleeslike wil was presies net soos ons s’n. Maar Hy het geweet dat Sy wil onder God se beheer was:

Mat 26:39 En Hy [Jesus in dieselfde swak vlees as ons] het ‘n bietjie verder gegaan en op sy aangesig geval en gebid en gesê: My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.

Baie mense kan nie sien dat Jesus hier duidelik van sy vleeslike wil praat. Alle vlees is teen God se wil en hier beeld Jesus juis dit uit vir diegene wat dit kan sien. Dit is waarom hierdie woorde neergeskryf was. Hy het egter NOOIT aan Sy vlees en Sy vleeslike wil toegegee nie want Hy was inderdaad die perfekte Lam van God binne-in ‘n stoflike en vleeslike liggaam:

Joh 1:29 Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!

1Pe 1:18-19 omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, 19 maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos.

Dit is hoe Jesus sonde kom wegneem. Hy was altyd geestelik perfek in Sy Vader se wil, voordat Hy na die Aarde gekom het en veral ook toe Hy in vlees kom leef het —- in hierdie vallei van doodskaduwee (Ps 23:4):

Joh 1:1-4 In die begin was die Woord, en die Woord was by God [die Vader], en die Woord was God. 2 Hy was in die begin by God. 3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. 4 In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.

Joh 1:14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid.

Ja, Jesus het sonde vir ons geword deur ‘n vleeslikheid aan te neem wat Hom in alle opsigte soos ons gemaak het:

2Kor 5:21 Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.

Heb 2:17-18 Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy ‘n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen. 18 Want deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek word.

Jesus moes dus alles deurgaan en ervaar op ons vleeslike vlak om ons perfekte hoëpriester en redder te wees:

Heb 2:14-15 Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die doodhom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel— 15 en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.

Wel daar staan dit. Hy moes “deur die dood” ons kom bevry van die dood. Die dood is nie net dit wat elkeen sal ervaar as hy of sy tot sterwe kom nie, maar die dood het ‘n veel groter betekenis volgens die Skrifte. Dit is wat ons vleeslike bestaan is – vanaf die dag van die fisiese bevrugting in ons ma se skoot en ons vleeslike geboorte, tot die dag van ons afsterwe – dit alles is wat DOOD behels:

Rom 6:6 aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.

Rom 7:24 Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?

Die mens ken dus absoluut niks van ware lewe nie want ALLES wat hy ervaar in die vlees is die dood!!!. Alles van vlees, selfs ons natuurlike denke, is wat die dood geestelik voorstel:

Rom 8:6-8 Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, 7 omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. 8 En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie.

Hierdie basiese beginsels is uiters belangrik om te weet, anders mis ons heeltemal die omvang van wat dit beteken as ons sê dat Jesus vir ons sonde kom sterf het:

1Kor 15:3-4 Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte; 4 en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte;

Hy het NIE vir ons sondes kom sterf sodat ons daarin voort kan leef nie. As ons sien wat Jesus kom doen het, dan kan ons sien wat ons self ook moet doen. Jesus moes sterf vir die “liggaam van die sonde” waarin Hy gekom het. Dit is ONS. Ons is Sy “liggaam van die sonde”! Sy aardse liggaam was ‘n afbeelding van ons.

Efes 5:30 Want ons is lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene.

Dit moet ons kan sien t.o.v. Jesus se liggaam en Sy dood. Ons vul Hom aan. Hulle wat dit nou kan sien deur Sy geloof in hulle, word Sy “gemeente” genoem. Maar almal sal hierdie diepe waarheid egter eendag kan sien en verstaan:

Efes 1:22-23 En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee, 23 wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.

Ons vul dus nie net Jesus in wese aan nie, maar ook in DAAD. Ons ly saam met Hom:

Kol 1:24-27 Nou verbly ek my in my lyding vir julle en vul in my vlees aan die oorblyfsels van die verdrukking van Christus vir sy liggaam, wat die gemeente is; 25 waarvan ek ‘n dienaar geword het volgens die bediening van God wat aan my gegee is in julle belang, om die woord van God te vervul, 26 naamlik die verborgenheid wat van die eeue en geslagte af verborge was, maar nou geopenbaar is aan sy heiliges, 27 aan wie God wou bekend maak wat die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene is, dit is Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid.

As ons hierdie insig ontvang, dan sien ons ook waarom Hy in ons woon deur Sy Woord.  Dan is ons in staat om ook SAAM met Hom vir ons eie “liggaam van die sonde” en vir hierdie wêreld ly:

Gal 2:20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.

Fil 4:13 Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.

Ja, ons wat in Christus se “gemeente” is ly saam met Christus vir hierdie wêreld!

Fil 1:29 omdat dit aan julle ter wille van Christus genadiglik gegee is om nie alleen in Hom te glo nie, maar ook vir Hom te ly.

Niemand in die Skrifte of in hierdie lewe wat vir God werk, doen dit omdat alles goed en voorspoedig gaan nie. Die leer van ‘n ‘Voorspoed Evangelie’ (die sogenaamde “prosperity gospel”) waarin ons nou tydens ons aardse lewe kan deeelneem is VALS! Inteendeel, dit is juis deur ons lyding dat ons geloof kan groei om te werk en ander te help wat deur dieselfde probleme worstel. Ons word dus nie gered vir onsself nie, maar om ander te help te midde van ons stryd en lyding:

1Pe 4:12-13 Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie; 13 maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van sy heerlikheid met blydskap kan jubel.

Petrus stel ons gerus deur te sê dat die lyding niks vreemds is wat ons moet ervaar nie – almal wat in Christus opgeneem word loop dieselfde pad van lyding. Die Via Dolorosa is die pad van lyding, soos die lied ook sê – nie net vir Christus nie, maar ook vir ons wat aan Sy “gemeente” behoort. Dit is ons pad wat Hy vir ons kom wys het:

Luk 23:26-31 En toe hulle Hom weglei, neem hulle ‘n sekere Simon van Ciréne wat van die veld af gekom het, en sit die kruis op hom om dit agter Jesus aan te dra. 27 En ‘n groot menigte van die volk het Hom gevolg, en vroue wat rou bedryf en Hom beklaag het. 28 Maar Jesus het Hom omgedraai en vir hulle gesê: Dogters van Jerusalem, moenie oor My ween nie, maar ween oor julleself en oor julle kinders; 29 want daar kom dae waarin hulle sal sê: Gelukkig is die onvrugbares en die moederskote wat nie gebaar en die borste wat nie gesoog het nie. 30 Dan sal hulle vir die berge begin sê: Val op ons! en vir die heuwels: Bedek ons! 31 Want as hulle dit doen aan die groen hout, wat sal met die droë gebeur!

Ons loop ook op ons tyd saam met hierdie vroue wat rou bedryf en Hom beklaag in ons tyd van geestelike onkunde. Ons is wel ook Simon van Ciréne as ons kan sien dat ons ook dieselfde kruis moet dra.

Die valse kerke preek die dwaalleer wat die sogenaamde “prosperity gospel” genoem word, met groot sukses. Baie mense word saamgesleep om te glo dat alles moet goed gaan wat dan ‘n teken is van God se guns op hulle.

Hierdie leer is egter vreemd aan die Skrifte want almal vir wie God gebruik het, in die Nuwe Testament veral, het gely vir Hom, ander was Jesus heeltemal verkeerd toe Hy die woorde uitgespreek het:

Mat 10:34-39 Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard. 35 Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen ‘n man en sy vader, en tussen ‘n dogter en haar moeder, en ‘n skoondogter en haar skoonmoeder. 36 En ‘n mens se huisgenote sal sy vyande wees. 37 Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie. 38 En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. 39 Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.

God wil nie sê dat ons moet ophou bid vir probleme nie. As ons siek is moet ons bid vir genesing.

Jak 5:14-15 Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het. 15 En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.

As ons inkomste benodig moet ons bid vir werk en dan uitspring en gaan werk:

2Th 3:10-12 Want ook toe ons by julle was, het ons julle dit altyd beveel: as iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie. 11 Want ons hoor dat sommige onder julle onordelik wandel, dat hulle nie werk nie, maar bemoeisiek is. 12 Sulke mense beveel en vermaan ons deur onse Here Jesus Christus, om rustig te werk en hulle eie brood te eet.

Ons moet God vertrou in alles!

Jak 4:13-17 Kom nou, julle wat sê: Vandag of môre sal ons na dié en dié stad gaan en daar een jaar deurbring en handel drywe en wins maak— 14 julle wat nie eens weet wat môre sal gebeur nie. Want hoedanig is julle lewe? Dit is tog maar ‘n damp wat vir ‘n kort tydjie verskyn en daarna verdwyn. 15 In plaas dat julle sê: As die Here wil en ons lewe, dan sal ons dit of dat doen. 16 Maar nou roem julle in jul grootpratery. Al sulke roem is verkeerd. 17 Wie dan weet om goed te doen en dit nie doen nie, vir hom is dit sonde.

Mat 6:31-34 Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? 32 Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. 33 Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. 34 Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.

Maar dit is net deur “baie verdrukkinge” wat enigeen die koninkryk van God sal kan ingaan -daar is geen ander manier nie!

Hand 14:22 en die siele van die dissipels versterk en hulle vermaan om in die geloof te bly deur te sê: Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan.

Dit is net as ons AL die woorde van die boek uitleef, insluitend al die sewe plae van Openbaring, dat ons God se heilige tempel kan betree en in oorwinning sal leef!

Open 15:1-8 En ek het ‘n ander teken in die hemel gesien, groot en wonderlik: sewe engele met die sewe laaste plae, want daarmee is die grimmigheid van God voleindig. 2 En ek het gesien iets soos ‘n see van glas, gemeng met vuur. En die oorwinnaars oor die dier en oor sy beeld en oor sy teken, oor die getal van sy naam, het ek by die see van glas sien staan, met siters van God. 3 En hulle het die lied gesing van Moses, die dienskneg van God, en die lied van die Lam, en gesê: Groot en wonderlik is u werke, Here God, Almagtige; regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges! 4 Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? Want U alleen is heilig; want al die nasies sal kom en voor U aanbid, omdat u regverdige dade openbaar geword het. 5 En ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, die tempel van die tent van die getuienis in die hemel is geopen. 6 En die sewe engele met die sewe plae het uit die tempel uitgekom, bekleed met rein, blink linne, en om die bors omgord met goue gordels. 7 En een van die vier lewende wesens het aan die sewe engele sewe goue skale gegee, vol van die grimmigheid van God wat leef tot in alle ewigheid. 8 En die tempel het vol rook geword uit die heerlikheid van God en uit sy krag, en niemand kon ingaan in die tempel voordat die sewe plae van die sewe engele voleindig was nie.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s