God IS gees…die “mens van sonde” is vlees

Ons natuurlike mens en sy denke kan nie God se geestelike dinge aanneem of verstaan nie:

1Kor 2:14  Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.

Ons natuurlike mens is God se vyand en hy onderwerp hom nie aan God se woord nie:

Rom 8:6-8  Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede,  7  omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie.  8  En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie.

Ons moet dus eers ons eie natuurlike mens kan uitken as “die mens van sonde” wat ook as die antichris bekend staan. Voor dit kan gebeur lewe ons in dwaling en ons is mislei:

2Th 2:3-4 Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf 4 die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.

Ons is dood in ons denke en ons ken nie God nie. Ons is van nature vyande van God. Ons kan nie God dien nie want God is gees, nie vlees nie:

Joh 4:24  God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.

God het nie ‘n gees soos sommige die Skrifte verdraai  nie – HY IS GEES. Hy het nie nog ‘n persoonlikheid nodig om Hom te vervul nie. Die drie-eenheid is ‘n valse leer, want die verhouding binne die Godheid word ook deur die skepping van Adam en Eva uitgebeeld – vir hulle wat dit kan ontvang en sien:

Rom 1:20 Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie.

Gen 1:27 En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.

1Kor 11:3 Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus.

Die mens is egter eers van stof gemaak en dit is wat vlees en bloed verteenwoordig:

Gen 2:7 En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword.

Vlees en bloed kan nie, het nie, sal nooit in die geestelike koninkryk van God kan wees nie – Adam was dus nie geestelik perfek soos die valse leraars die Skrifte verdraai nie:

1Kor 15:50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.

Kan jy die antichris sien….IN JOU?

Wees vry en gesels saam met my.

 

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

2 Responses to God IS gees…die “mens van sonde” is vlees

  1. Terug pieng: Temas | "Is en Wat Was en Wat Kom" – die onbekende karakter van Jesus Christus en Sy Woord

  2. Terug pieng: Ons reis na geestelike volwassenheid (Deel 7) | "Is en Wat Was en Wat Kom" – die onbekende karakter van Jesus Christus en Sy Woord

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s