Die enigste ware beeld van God waardeur mens die Godheid nou kan leer ken

Hier is ‘n Skrifteks wat deur baie misbruik word om valslik te beweer dat God soos ‘n mens lyk, en dat die fisiese mens perfek in die geestelike beeld van God gemaak is:

Gen 1:27  En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.

Baie min kan sien dat die laaste gedeelte van die teks van kardinale belang is om die eerste gedeelte te verstaan. Die  woorde “man en vrou het Hy hulle geskape” word totaal geignoreer alhoewel hierdie woorde die “beeld” van God, die “ĕlôhıym”, uitbeeld. Die woord “God” in die teks hier is in die oorspronklik Hebreeus “ĕlôhıym”, en dit is hoe God voorgestel word in Genesis 1. God wil hê ons moet iets hier verstaan, vir diegene wat Hy dan wel so inspireer om dit te kan sien. Die woord “ĕlôhıym” is ook die meervoudsvorm van die woord “ĕlôahh” wat baie mense onkant betrap!

Wie is hierdie “ĕlôhıym”?

Daar is meer as een persoon hier betrokke. Maar baie min kan sien en aanvaar dat dit ook dan presies die doel is waarom Hy die volgende woorde byvoeg was om ons te help verstaan: “...man en vrou het Hy hulle [die Adam] geskape.”

Gen 5:1-2 Dit is die stamboom van Adam. Die dag toe God Adam geskape het, het Hy hom gemaak na die gelykenis van God. 2 Man en vrou het Hy hulle geskape en hulle geseën en hulle mens [Hebreeus: “âdâm“] genoem, die dag toe hulle geskape is.

Gen 5:1-2 (KJV) This is the book of the generations of Adam. In the day that God created man, in the likeness of God made he him; 2 Male and female created he them; and blessed them, and called their name Adam, in the day when they were created.

Die “Adam” (man en vrou) reflekteer die beeld van die “ĕlôhıym”. God gebruik dan ook vir die apostel Paulus om dit vir ons verder te verduidelik:

Rom 1:20  Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie;

Die King James vertaling help ons so ‘n bietjie meer hier:

Rom 1:20  For the invisible things of him from the creation of the world are clearly seen, being understood by the things that are made, even his eternal power and Godhead; so that they are without excuse:

God se onsigbare dinge word deur sigbare dinge in die skepping verduidelik en verstaanbaar gemaak. Hierdie “onsigbare dinge” wat hier genoem word is die geestelike dinge van God. Dit is waaroor die konsep “ĕlôhıym” gaan. God se geestelike dinge met betrekking tot die Adam word verduidelik in die verhouding tussen man en vrou.

1Kor 11:3  Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus.

Wel daar sien ons dat die verhouding tussen ‘n man en ‘n vrou ook die fisiese weergawe is van die verhouding tussen God, die Vader, en Sy Seun, Jesus Christus.

Gen 1:26 En God [“ĕlôhıym”] het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.

Die Skrifte verklaar baie duidelik dat daar net een God, die Vader, is en uit Hom spruit ALLES wat die Adam, die mens, moet van kennis neem!

Mal 2:10  Het ons nie almal EEN Vader nie? Het EEN God ons nie geskape nie? Waarom handel ons dan troueloos met mekaar, deur die verbond van ons vaders te ontheilig?

Rom 3:30  aangesien dit inderdaad EEN God is wat die besnedenes sal regverdig uit die geloof en die onbesnedenes deur die geloof. 

1Kor 8:6  tog is daar vir ons maar EEN God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.

Efes 4:6  EEN God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in julle almal is. 

1Ti 2:5  Want daar is EEN God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus.

Ware Christene het nog nooit ‘n politeïstiese God gepreek of bely nie! Die Skrifte het dit nog nooit gepreek nie. Maar baie afvallige Christene bely so ‘n tipe politeïstiese God in hul blinde arrogansie.

https://4windkoinonia.wordpress.com/2010/05/10/is-god-n-drie-eenheid/

Om die geestelike dinge van God verstaanbaar en toeganklik vir ons te maak, word die “ĕlôhıym” aan ons voorgehou. God, die Vader, is die EEN God wat ons aan nog ‘n persoon voorstel en deur hierdie Persoon word ons almal deur ‘n proses geneem om Hom as die EEN God, die Vader, te leer ken, te ervaar, om uiteindelik  met Hom in geestelike eenheid te wees as aparte individue. Ons leer dit nou reeds met ander individue hier op aarde:

2Kor 13:11 Verder, broeders, wees bly; word volmaak; laat julle vermaan; wees eensgesind; hou vrede, en die God van liefde en vrede sal met julle wees.

Die EEN God, die Vader, het dus “een Here” en “een middelaar” aangestel om die taak vir Hom uit te voer. Hierdie Here en Middelaar word aan ons voorgestel in die Skrifte as Jesus Christus. Die woord “Christus” is nie Jesus se van soos ons dit in ons leefwêreld ken nie. Nee, die term “Christus” verwys weereens na die taak en funksie wat hierdie Here vervul in God, die Vader, se plan. Jesus is die aangestelde verkose een – die “Gesalfde” van die Vader. Van Hom en Sy taak word orals in die Skrifte gepraat:

Dan 9:25 Nou moet jy weet en verstaan: van die uitgang van die woord af om Jerusalem te herstel en op te bou tot op ‘n Gesalfde, ‘n Vors, is sewe sewetalle; en twee en sestig sewetalle lank sal dit herstel en opgebou word, met pleine en slote, maar in tye van benoudheid.

Kom ons kyk kortliks wat is die doel en taak van hierdie “een Here” en “een middelaar…..deur wie alles is, en ons deur Hom”:

Joh 1:1-4 en ook vers 14 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.  2  Hy was in die begin by God.  3  Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.  4  In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. 14  En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid.

Kol 1:13-19  Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde,  14  in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes.  15  Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping;  16  want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte—alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape.  17  En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.  18  En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees.  19  Want dit het die Vader behaag dat in Hom die ganse volheid sou woon.

1Ti 2:3-6 Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, 4 wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. 5 Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, 6 wat Homself gegee het as ‘n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd,

1Ti 4:9-10 Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word; 10 want hiervoor arbei ons ook en word ons gesmaad, omdat ons gehoop het op die lewende God wat ‘n behouder is van alle mense, insonderheid van die gelowiges.

Daar is ‘n hele paar getuies…meer as twee en drie (2Kor 13:1)….wat vir ons sê dat dit die een God, die Vader, behaag het dat in Jesus “die ganse volheid [van hierdie skepping] sou woon”. Dit is ook baie duidelik dat hierdie Jesus deur die Vader aangestel is om die God van hierdie skepping te wees. Jesus is ook aangestel as “Behouder” (Redder) van ALLE mense in Adam.

Alles is dus “uit” die Vader en “deur” Jesus en dit is juis wat Moses gesê was om neer te skryf om die werking van die “ĕlôhıym” uit te beeld. Kyk weer noukeurig wat “die mens” (of die Adam) behels:

Gen 1:27  En God [“ĕlôhıym”] het die mens [Hebreeus: “âdâm”] geskape na sy beeld; na die beeld van God [“ĕlôhıym”] het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.

Gen 5:2  Man en vrou het Hy hulle geskape en hulle geseën en hulle mens [Hebreeus: “âdâm”] genoem, die dag toe hulle geskape is.

Adam verwys dus hier ook na die eenheid tussen man en vrou:

Gen 2:24  Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.

Die Adam is “een vlees” en is dus ‘n tipe van die “een gees” wat die Vader en die Seun deel – hulle is eensgesind:

Joh 14:8-9  Filippus sê vir Hom: Here, toon ons die Vader, en dit is vir ons genoeg.  9  Jesus sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy: Toon ons die Vader?

Joh 17:10-11  En alles wat myne is, is uwe; en wat uwe is, is myne; en Ek is in hulle verheerlik.  11  En Ek is nie meer in die wêreld nie, maar hulle is in die wêreld; en Ek kom na U toe. Heilige Vader, bewaar in u Naam die wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees net soos Ons. 

Efes 2:18  want deur Hom [Jesus] het ons albei die toegang deur een geestot die Vader.

As God ook dan ons eie verstand oopmaak, kan ons ook beter verstaan waarom die vrou uit die man geskep was, en dat die vrou nie ‘n nagedagte van die Skepper was nie. Die vrou was doelbewus NA die man geskep omdat dit die ORDE in die Godheid uitbeeld. Die Vader was EERSTE en Hy het die Seun “gegenereer”!

Heb 1:5-6 Want aan wie van die engele het Hy ooit gesê: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer? en weer: Ek sal vir Hom ‘n Vader wees, en Hy sal vir My ‘n Seun wees? 6 En wanneer Hy weer die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: En al die engele van God moet Hom aanbid.

God het die vrou doelbewus later op dag ses geskep sodat ons kan sien dat Jesus UIT die Vader “gegenereer” was:

Gen 2:21-23  Toe het die HERE God ‘n diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak.  22  En die HERE God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot ‘n vrou en bring haar na die mens.  23  Toe sê die mens: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem.

Alles gaan ook dan juis om die orde van die Godheid uit te beeld. Hier is Jesus se eie woorde om die orde in die Godheid te bevestig:

Joh 14:28  Julle het gehoor dat Ek aan julle gesê het: Ek gaan weg en Ek kom weer na julle toe. As julle My liefgehad het, sou julle bly wees dat Ek gesê het: Ek gaan na my Vader, omdat my Vader groter is as Ek.

Joh 16:27  want die Vader self het julle lief, omdat julle My liefgehad en geglo het dat Ek van God uitgegaan het. 

Joh 17:8  Want die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee; en hulle het dit ontvang en waarlik erken dat Ek van U uitgegaan het, en hulle het geglo dat U My gestuur het.

God het ‘n orde waarbinne Hy almal in Adam, deur Jesus Christus, van Sy geestelike sal deelmaak – “op die regte tyd”:

1Kor 15:22-28 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; 23 maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. 24 Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het. 25 Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. 26 Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood. 27 Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het. 28 En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.

1Ti 2:3-6 Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, 4 wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. 5 Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, 6 wat Homself gegee het as ‘n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd,

1Ti 4:9-10 Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word; 10 want hiervoor arbei ons ook en word ons gesmaad, omdat ons gehoop het op die lewende God wat ‘n behouder is van alle mense, insonderheid van die gelowiges.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

1 Response to Die enigste ware beeld van God waardeur mens die Godheid nou kan leer ken

  1. Terug pieng: Temas | "Is en Wat Was en Wat Kom" – die onbekende karakter van Jesus Christus en Sy Woord

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s