Belangrike aspekte van die geloof van Christus – om waarlik ‘Christen’ te wees (Deel 6)

Ons ontmoet Abram (eers later Abraham genoem) in die Skrif as ‘n man met ‘n tent wat vir ons wys hoe die man se hart gewerk het t.o.v. sy houding teenoor wêreldse dinge: 

Heb 11: 8-10 Deur die geloof het Abraham gehoorsaam toe hy geroep is om uit te gaan in ‘n plek wat hy daarna gaan kry vir ‘n erfenis. En hy het nie geweet waar hy getrek het. 9 Deur die geloof het hy in die land van belofte soos ‘n vreemdeling in tente gewoon met Isak en Jakob, die mede-erfgename van dieselfde belofte saam met hom. 10 Want hy het die stad verwag wat fondamente het, waarvan God die boumeester en oprigter is God. 

Benewens sy tent  was Abram ook lief vir ‘n altaar wat vir ons wys van sy begeerte om God in alles te gehoorsaam. Die eerste keer dat die woord “altaar” in die Skrif genoem word, is na die globale vloed in Noag se dae: 

Gen 8:20 En Noag het ‘n altaar gebou [Hebreeus: “mizbêach”] aan die HERE; en van al die rein diere en al die rein voëls geneem en brandoffers op die altaar gebring. 

Die woord “altaar” is vertaal van die Hebreeuse woord “mizbêach” wat kom uit die stam “zâbach” wat beteken “om ‘n dier te slag.” Die storting van die bloed of die lewe van ‘n dier is deur God ingestel reg in die begin toe ‘n dier geslag moes word om die skaamte of sonde van Adam en Eva te bedek (Gen 2:25; Gen 3:21). God het dit baie duidelik van die begin af gemaak dat Hy sal altyd respek hê vir ons as ons Sy voorbeeld volg en Sy gebooie gehoorsaam, veral wanneer ons ‘n offer aan Hom bring. Hierdie voorbeeld was baie belangrik vir Abel, die tweede kind van Adam en Eva, wat hom sy aardse lewe gekos het toe sy eie broer anders gedink het oor God se gebooie: 

Gen 4:2-5  Daarna het sy ook sy broer Abel gebaar. En Abel het ‘n skaapherder geword, en Kain ‘n landbouer.  3  En ná verloop van tyd het Kain van die vrugte van die land aan die HERE ‘n offer gebring.  4  En Abel het ook van die eersgeborenes van sy kleinvee gebring, naamlik van hulle vet. En die HERE het Abel en sy offer genadig aangesien,  5  maar Kain en sy offer nie aangesien nie. Toe word Kain baie kwaad, en hy het sy hoof laat hang. 

Abel was die tipe van Christus, die tweede Adam, wat gekom het om die voorbeeld te stel aan ons hoe ons gehoorsaamheid aan God altyd ons aardse lewens sal kos. Deur Jesus word ons egter ook instaat gestel om God te gehoorsaam deur ons eie kruis op te neem om verlossing van ons eie aardse lewe en sonde te kan kry (Matt 10:38-39; Gal 2:20). Dit is die ware altaar van God, waar min in hierdie eeu kan by eet, want die boodskap van die kruis (waar ons ook moet sterf) is inderdaad dwaasheid vir baie: 

Heb 13:10  Ons het ‘n altaar waarvan die wat die tabernakel bedien, geen reg het om te eet nie. 

1Kor 1:18  Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God. 

Sonder die vergieting van bloed of die opgee van ‘n lewe is daar geen vergifnis of verlossing van die sonde (Heb 9:22-23; Rom 8:20-23). Die woord “altaar” verskyn elf keer in die boek van Genesis en vyf keer word dit in verband met Abram genoem. Vyf is inderdaad die getal van genade van God wat deur die geloof kom (Efes 2:8-9). Die altare van Abram verduidelik dus aan ons hoe die genade van God werk in ons. God gebruik hierdie genade om ons mee te tugtig waardeur ons geestelik kan groei en van die wêreld en sy dinge geskei kan word: 

Heb 12:6-7  want die Here tugtig [Grieks: “paideuō”] hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem.  7  As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie?

Tit 2:11-12  Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn  12  en leer [Grieks: “paideuō” = tugtig] ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe. 

Die eerste keer dat Abram ‘n altaar gebou het, was onmiddellik nadat hy in Kanaän gekom het: 

Gen 12:5-7  En Abram het Sarai, sy vrou, en Lot, sy broerskind, geneem en al hulle besittings wat hulle bymekaargemaak en die slawe wat hulle in Haran verwerf het, en hulle het uitgetrek om na die land Kanaän te gaan en in die land Kanaän gekom.  6  En Abram het deur die land getrek na die plek Sigem, tot by die terpentynboom More. Die Kanaäniete was toe in die land.  7  Daarop verskyn die HERE aan Abram en sê: Aan jou nageslag sal Ek hierdie land gee. Toe bou hy daar ‘n altaar vir die HERE wat aan hom verskyn het. 

Die naam “Sigem” hou verband met die skouer van ‘n persoon of dier (die boonste deel van die rug). Ons weet dat die uitdrukking om “skouer  aan die wiel te sit” beteken dat daar ‘n taak is wat afgehandel moet word en ons alles moet gee. Dit is wat die afvalliges en hul herders nie wil doen nie en verkies liewer om in aardse weelde te leef terwyl ander vir hulle moet eer en versorg: 

Mat 23:1-7  Toe het Jesus die skare en sy dissipels toegespreek  2  en gesê: Die skrifgeleerdes en die Fariseërs sit op die stoel van Moses.  3  Alles wat hulle dan vir julle mag sê om te onderhou, onderhou en doen dit; maar volgens hulle werke moet julle nie doen nie, want hulle praat en doen nie.  4  Want hulle bind pakke saam wat swaar en moeilik is om te dra, en sit dit op die skouers van die mense, maar self wil hulle dit nie met hulle vinger verroer nie.  5  En hulle doen al hul werke om deur die mense gesien te word, en hulle maak hul gedenkseëls breed en die some van hul klere groot.  6  En hulle hou van die voorste plekke by die maaltye en die voorste banke in die sinagoges  7  en die begroetinge op die markte en om deur die mense genoem te word: Rabbi, Rabbi! 

Die Kanaäniete was die las wat Abram en sy nageslag, fisiese Israel, gegee was om te dra. Maar dit is ook geestelik van toepassing op diegene wat die geloof van Christus gegee word om dit in hul eie lewens toe te pas. Dit is hoe die apostel Paulus beskryf hoe hierdie Kanaäniete in ons eie land, ons vlees, woon: 

Rom 7:18-23  Want ek weet dat in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie.  19  Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek.  20  Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon.  21  Ek vind dus hierdie wet: as ek die goeie wil doen, is die kwaad by my aanwesig.  22  Want ek verlustig my in die wet van God na die innerlike mens;  23  maar ek sien ‘n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is. 

Abram wys vir ons wat ons moet doen as ons kan sien wie hierdie Kanaäniete in ons eie lewe is en die doel waarom God die drange en sondige drifte daar geplaas het. Abram het ‘n altaar gebou en God aangeroep. Hier is hoe Paulus die verlossing in Christus sien as die enigste manier hoe ons van die liggaam met sy aardse drange ontslae kan raak:

Rom 7:24-25  Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?  25  Ek dank God deur Jesus Christus, onse Here! So dien ek self dan wel met die gemoed die wet van God, maar met die vlees die wet van die sonde. 

Die woord “terpentynboom” in daardie vers 6 van Genesis 12 is “elon” in Hebreeus wat ook na ‘n eikeboom verwys. Die woord “elon” is gekoppel aan die Hebreeuse woord “ayil” wat beteken krag. Die simbool van die terpentynboom of eikeboom is om krag vir ons aan te dui. Abram het God aangeroep om hom te bekragtig vir die stryd wat voorlê. Dit is wat die altaar van God bring aan ons – geestelike krag en die lewe van Christus wat groot oorwinning inhou! As ons weet dat ons swak is, gee ons op ons eie idees en oplossings en word deur God se sterkte gehelp. Dit is wat die altaar ook dan beteken – ons gee op om op self te vertrou: 

2Kor 12:10  Daarom het ek [Paulus] behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk. 

Die terpentynboom (of eikeboom) was by ‘n plek genaamd “More”. Die woord “More” beteken boogskutter of onderwyser. Die altaar is die plek van opoffering waar ons leer om te vertrou op die Woord van God en niks anders nie. God se Woord is Sy Wapenrusting vir ons in die stryd teen ons eie Kanaäniete: 

Efes 6:10-11  Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.  11  Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

2 Responses to Belangrike aspekte van die geloof van Christus – om waarlik ‘Christen’ te wees (Deel 6)

  1. Terug pieng: Die beginsels van geloof (Deel 7) | Om die Waarheid te ken!

  2. Terug pieng: Die beginsels van geloof (Deel 8) | Om die Waarheid te ken!

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s