Die doel en omvang van gebed

Almal wat in God glo weet dat gebed ‘n belangrike aspek van daardie geloof is. Soos God praat deur Sy Woord met ons, praat ons met God deur gebed.  Dit is die essensie van goeie kommunikasie. Geliefdes leer mekaar ken deur twee-rigting kommunikasie. Mense leer mekaar ook so respekteer deur nie net aanhoudend te praat nie, maar meer om te luister. Dit is die geheim van goeie verhoudings. Die Skrifte beveel dit sterk aan:

Jak 1:19  So dan, my geliefde broeders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word.

Ons konsep van gebed word dus ook so bepaal – luister ons meer of praat ons meer. ‘n Gesonde gebedslewe is gegrondves op hoe ons God se Woord (of dan Sy wil) vir ons kan hoor en verstaan. Anders forseer ek my idee af tot my eie hartseer en verdriet. God word nie deur ons gekla en gekerm geïntimideer of beïnvloed nie. Dit hang dus nie af of ek goeie dinge doen en of ek lank of kort bid nie. God is nie afhanklik van wat ons doen nie. Hy doen Sy eie ding en Hy ontferm Hom op maniere wat ons natuurlike denke dronk slaan:

Rom 9:14-16  Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie!  15  Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.  16  So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is.

Van die begin van die dag af, tot op die einde van die dag, is dit maar net God se wil en Sy werke wat geskied….en so sal dit bly staan. Ons enigste maatstaf vir alles bly maar net die Woord van God. As ek bid volgens Sy wil (dit is Sy Woord), dan antwoord Hy volgens daardie Woord op die tyd soos Hy goeddink. As ek nie bid nie, dan werk God nog steeds. Maar soos ons ook weet, geen gebed moet gebid word as ons dink ons kan God se arm draai nie. Ek kan nie God se voorafbepaalde plan vir elke dag van my lewe verander deur my gebed nie:

Psa 139:16  U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.

Daar is diegene wat dink dat daar gebede in die Bybel is waar leiers, soos Moses, God se plan verander het deur hulle gebede.

Eks 32:11-14 Maar Moses het die HERE sy God om genade gesmeek en gesê: Waarom, o HERE, sou u toorn ontvlam teen u volk wat U met grote krag en met ‘n sterke hand uit Egipteland uitgelei het? 12 Waarom sou die Egiptenaars spreek en sê: In kwaadwilligheid het Hy hulle uitgelei om hulle in die berge om te bring en hulle van die aardbodem af te vernietig? Wend U af van die gloed van u toorn, en laat dit U berou oor die onheil van u volk. 13 Gedenk aan Abraham, Isak en Israel, u knegte, vir wie U by Uself gesweer en aan wie U gesê het: Ek sal julle nageslag vermenigvuldig soos die sterre van die hemel, en hierdie hele land waarvan Ek gespreek het, sal Ek aan julle nageslag gee, dat hulle dit vir ewig kan beërwe. 14 Toe het dit die HERE berou oor die onheil wat Hy gesê het dat Hy sy volk sou aandoen.

Diegene wat glo dat God kan berou het en Hom dan bekeer van Sy planne, is deur God self verlei:

Eseg 14:9 En as die profeet hom laat verlei om ‘n woord te spreek—Ek, die HERE, het dié profeet verlei, en Ek sal my hand teen hom uitstrek en hom verdelg uit die midde van my volk Israel.

Nee, God is nie ‘n mens wat moet bekeer van Sy planne nie:

Num 23:19 God is geen man dat Hy sou lieg nie; of ‘n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie?

1Sa 15:29 En ook lieg die Roem van Israel nie, en Hy ken geen berou nie; want Hy is geen mens, dat Hy berou sou hê nie.

Diegene wat so dink weet nie dat God die gebed in mense se harte plaas om te bid nie. God gebruik wonderlike maniere om ons soms te laat glo dat ons Sy plan kan verander of omverwerp. God betoon Homself as verkeerd aan diegene wat sulke valse dinge glo!

Psa 18:26-27 By die liefderyke betoon U Uself liefderyk, by die opregte man opreg,  27 by die reine rein; maar by die valse betoon U Uself verkeerd.

Gebed is God se instrument om ons eie harte as waar, of as vals uit te beeld vir ons eie kennisname – Hy weet alles reeds. Gebed is dus God se manier wat Hy aan ons gegee het om ons te verneder voor Hom en dat ons Sy almag in alles sal erken. Hy weet ons behoeftes want Hy stuur dit na ons toe. Dit is alles sodat ons Hom kan vra en bid vir die antwoord en om ons geloof in Hom kan groei, veral as ons nie die goed ontvang soos ons dit wil hê nie. God se grootste doel met ons is ons geloof in Hom want sonder geloof is alles nutteloos al het ons ook alles:

Heb 11:6  En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek.

Ons word gered deur geloof – as ons nie die geloof het nie, kan ons nie gered word nie. Alles wat ons dus hier nou wil hê is van geen waarde nie!

Mat 16:24-26  Toe sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg.  25  Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind.  26  Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel?

Ons geloof moet ook groei en daarvoor gebruik God beproewinge. Geloof groei en word net sterker as ons die beproewinge kan deurstaan – as die antwoord NIE kom op die tyd soos onsself verwag nie:

1Pe 1:6-9  Daarin verheug julle jul, al word julle nou—as dit nodig is—’n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge,  7  sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus;  8  vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met ‘n onuitspreeklike en heerlike blydskap,  9  en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry.

Hand 14:22  en die siele van die dissipels versterk en hulle vermaan om in die geloof te bly deur te sê: Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan.

Geloof is kosbaarder as al die goud en aardse dinge wat ons vlees so na smag. Ek herhaal graag Petrus se woorde:

1Petr 1:7  sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus; 

Die antwoord is alreeds daar, en sal ALTYD volgens God se wil en tyd by ons uitkom. God beantwoord dus ALLE gebede ALTYD….volgens Sy wil en op die tyd soos Hy bepaal. Kyk hoe lank moes Daniel bid oor een saak wat sy hart ontstel het:

Dan 10:1-3  In die derde jaar van Kores, die koning van die Perse, is ‘n woord geopenbaar aan Daniël wat Béltsasar genoem is, en die woord is waarheid maar groot swarigheid; en hy het die woord verstaan en insig gehad in die gesig.  2  In daardie dae het ek, Daniël, drie volle weke getreur.  3  Smaaklike spys het ek nie geëet en vleis en wyn het nie in my mond gekom nie; en ek het my glad nie gesalf nie, totdat drie volle weke om was.

Daniël was in diepe nood, maar hy moes drie weke lank bid vir die een saak en kyk hoe lank het dit gevat vir een van God se grootste boodskappers, Mígael, om die boodskap by Daniël te kry:

Dan 10:10-13  En kyk, ‘n hand het my aangeraak en my op my knieë en op die handpalms waggelend laat opstaan.  11  En hy het vir my gesê: Daniël, geliefde man, gee ag op die woorde wat ek met jou spreek, en gaan staan op jou staanplek, want ek is nou na jou gestuur. En terwyl hy hierdie woord met my spreek, het ek bewende gaan staan.  12  Toe sê hy vir my: Wees nie bevrees nie, Daniël; want van die eerste dag af dat jy jou hart daarop gerig het om ag te gee en jou voor die aangesig van jou God te verootmoedig, is jou woorde gehoor, en om jou woorde ontwil het ek gekom;  13  maar die vors van die koninkryk van die Perse het een en twintig dae lank teenoor my gestaan, en kyk, Mígael, een van die vernaamste vorste, het gekom om my te help; en ék het daar oorgebly by die konings van Persië.

As ons ook weet dat die antwoorde vóór die vraag is, kan ons baie leer hoe ons moet bid. God word nie ingelig as ons bid nie. Hy het reeds die antwoord “IN DIE BEGIN” al reg….lank VOOR ons vra!!!

Joh 1:1-3 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. 2 Hy was in die begin by God. 3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.

Mígael, een van die vernaamste engele van God, moes drie weke veg teen ‘n bose engel wat hom verhoed het om Daniël in sy nood te kom dien. Mígael is ‘n magtige boodskapper van God wat ook vandag, op hierdie oomblik, deur hierdie boodskap, veg om deur te breek deur die geestelike versperrings in mense se harte. Ons worstelstryd is definitief nie teen vlees en bloed nie:

Efes 6:12  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

As ons weet waar hierdie “lug” of hemel is, dan weet ons wat hierdie geestelike versperring is wat ook op hierdie oomblik verhoed dat God se wil duidelik kan deurskyn. Hier is die versperring vir diegene wat dit kan sien en wat God verlos van dit:

2Th 2:6-8  En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word.  7  Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is;  8  en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak.

Die Skrifte noem dit “die verborgenheid van die ongeregtigheid” of dan ook “die gruwel van die verwoesting” soos deur Jesus genoem. As ons kan sien wie en wat hierdie gruwel is, sal God se plan en die antwoord op elke gebed van ons duidelik wees: 

Mat 24:15  Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom—laat hy wat lees, oplet—

Kom ons praat meer openlik vir die wat dit kan “lees” en “oplet”:

1Kor 2:14  Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.

Wel daar is ons grootste versperring wat ons verhoed om die antwoorde op al ons gebede te ontvang – ons eie “natuurlike mens”. Dit is die “vors” wat elke boodskapper van God verhoed om God se Woorde oor te dra. Kyk wat noem die Skrifte hom ook…

2Th 2:3-4  Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf  4  die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.

“….die mens van sonde” verlei AL die bewoners van die aarde….

Open 13:14-18  En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde te sê dat hulle ‘n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het.  15  En dit is hom gegee om ‘n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie.  16  En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word;  17  sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.  18  Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig.

Hy word ook “die dier” genoem en hy glo net in homself en hy wil alles hê op sy tyd en hy skop en trap as daar nie gehoor gegee word aan hom nie. Ken jy die dier? Dit is hy wat die versperring is en al jou antwoorde op gebed weghou. Kan jy hom sien? Laat my weet.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

5 Responses to Die doel en omvang van gebed

  1. D_________ skryf: sê:

    Ek ken die dier Larry. Die ou mens in my deur Christus oorwin! Ek was Christus se grootste vyand!

  2. Larry sê:

    Prys die Here suster! Ek ken ook daardie dier hier binne-in my Desre. Jesus is waarlik die Oorwinnaar en hoe stem ek nie saam met Paulus om van hierdie ellendige mens van sonde verlos te word nie….

    Rom 7:25 Ek dank God deur Jesus Christus, onse Here!

    Dit is net God wat aan ons die ware “estate” van die mens kan uitwys:

    Ecc 3:18 I said in mine heart concerning the estate of the sons of men, that God might manifest them, and that they might see that they themselves are beasts.

    Dankie Vader! Ons kan sien!

  3. C_____________ sê:

    Dankie vir hierdie deel oor gebed. Dit is presies hoe ek dit ook ervaar

  4. Terug pieng: Temas | "Is en Wat Was en Wat Kom" – die onbekende karakter van Jesus Christus en Sy Woord

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s