Deur die werk van ander hardwerkende mense het ons vandag toegang tot woordeboeke en konkordansies om Griekse en Hebreeuse woorde te verstaan wat die oorspronlike tale is wat die Nuwe Testament en Ou Testament onderskeidelik in geskryf was. Een so ‘n harwerkende persoon was dokter James Strong wat een van die mees gerespekteerde geleerdes is wat beide Grieks en Hebreeus vlot kon praat en dan ook elke woord in die oorspronklike Skrifte vir ons vertaal het.
http://en.wikipedia.org/wiki/James_Strong_%28theologian%29
Ons kan deur die werk van hierdie eerlike hardwerkende mense die betekenis van woorde, soos byvoorbeeld die woord “hemel” in die Afrikaanse Bybel beter verstaan. Die Hebreeus vir “hemel” is vertaal uit die woorde “shâmayim shâmeh” en in Grieks is die woorde “ouranos” of “epouranios” die oorspronklike woorde. Hier verduidelik Dr Strong byvoorbeeld hoe die Griekse woord “epouranios” saamgestel is uit twee Griekse woorde “epi” en “ouranos” :
G2032
ἐπουράνιος
epouranios
ep-oo-ran’-ee-os
From G1909 and G3772; above the sky: – celestial, (in) heaven (-ly), high.G1909
ἐπί
epiG3772
οὐρανός
ouranos
oo-ran-os’
Perhaps from the same as G3735 (through the idea of elevation); the sky; by extension heaven (as the abode of God); by implication happiness, power, eternity; specifically the Gospel (Christianity): – air, heaven ([-ly]), sky.
Die natuurlike betekenis help ons wel om die “onsigbare dinge” of geestelike dinge te verstaan….
Rom 1:20 Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld [die sigbare dinge] af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie.
….maar hierdie belangrike kennis help ons egter nie om dieper geestelike dinge in ons eie lewe te begryp nie. Net die gees van God leer ons hoe om die dieper geestelike dinge, veral in ons eie harte, meer duidelik te kan sien. Die gees van God gebruik ‘n “tegniek” wat die Bybel as volg uitdruk:
1Kor 2:13 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.
Geen Grieks- of Hebreeussprekende het dus ‘n voorsprong op enigiemand wat nie die twee tale in hul natuurlike vorm kan praat of verstaan nie. Om die waarheid te sê, geen aardse taal kan geestelike dinge regtig beskryf nie. God praat met Sy kinders deur Sy gees wat Sy Woord is en deur Sy Woord kan ons geestelike met geestelike te vergelyk:
Joh 6:63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.
Hier sê Jesaja hoe God hierdie vergelyking, geestelike met geestelike, doen en hoe ons dit dan ook moet doen:
Jes 28:9-11 Vir wie wil hy dan kennis leer, en vir wie wil hy die openbaring verstaanbaar maak? Vir die wat van die melk gespeen, wat van die moederborste weggeneem is? 10 Want dit is gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ‘n bietjie, daar ‘n bietjie. 11 Ja, Hy sal deur lippe wat hakkel, en deur ‘n vreemde tong met hierdie volk spreek.
Daar staan dit….God praat met Sy ware kinders deur ‘n “vreemde tong” – ‘n ander taal wat nie ‘n menslike taal is nie. Paulus verduidelik die “tegniek” wat die gees van God gebruik om ons die “vreemde taal” aan ons te leer as volg:
2Kor 13:1 Dit is die derde keer dat ek na julle toe kom. In die mond van twee of drie getuies sal elke woord vasstaan.
Petrus waarsku ook dat om net een teks te gebruik en dan slegs úit die teks dinge te haal, is onwys en onskriftuurlik:
2Pe 1:19-21 (Concordant Literal Version) And we are having the prophetic word more confirmed, which you, doing ideally, are heeding (as to a lamp appearing in a dingy place, till the day should be breaking and the morning star should be rising) in your hearts, 20 knowing this first, that no prophecy of scripture at all is becoming its own explanation.” 21 For not by the will of man was prophecy carried on at any time, but, being carried on by holy spirit, holy men of God speak.”
Johannes sê om die geestelike dinge in ons eie harte te kan sien en uit te leef (“die tyd is naby”) is die enigste manier hoe enigeen die woord van God kan “lees…en hoor…en bewaar:
Open 1:3 Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.
Wanneer mens dus woorde lees uit ‘n bron wat die betekenis van hemel probeer opklaar, moet mens ‘n paar dinge vra….
“….the abode of God and angels…the lower heavens, of the stars….the heavens, of the clouds….the heavenly temple or sanctuary….of heavenly origin or nature….”
Weet die persoon wat hierdie woorde geskryf het waar die geestelike hemel is? Weet die persoon hoe geeste, die bose geeste ingesluit, in daardie hemel opereer?
Die probleem met ons eie woorde (“menslike wysheid”) is dat dit nie God se woorde is nie. Net God se Woord bevat Sy woorde en as ons nie God se Woord gebruik om geestelike dinge te vergelyk met mekaar nie, dan kan die gees van God ons nie leer nie. Onthou die volgende woorde uit die Skrifte:
1Kor 2:13 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.
Joh 6:63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.
God se “woorde… is gees” en dit is hierdie gees wat ons leer om geestelike dinge met geestelike te vergelyk – dit is Skrif met Skrif. Baie mense kan dus ook nie sien wat die “hemelse dinge” is wat gereinig moet word nie. Is die huidige hemel dan onrein? Ja, die Skrifte sê so….
Heb 9:23-24 Dit was dus nodig dat die afbeeldinge van die dinge in die hemele deur hierdie offers gereinig moes word, maar die hemelse dinge self deur beter offers as hierdie. 24 Want Christus het nie ingegaan in ‘n heiligdom met hande gemaak, ‘n teëbeeld van die ware nie, maar in die hemel self om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn.
As Christus sê dat Hy in die hemele ingaan, en dat Hy in ons kom woon, dan kan ons sien wie hierdie “hemelse dinge” is en hoekom Hy daardie “hemelse dinge” moet reinig as Hy daar ingaan:
Joh 14:23 Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.
1Jn 1:7-9 Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde. 8 As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. 9 As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
Nou weet ons wie Sy Woorde “lees….en hoor…en bewaar”, dit is hulle wat as die “hemelse dinge” bekendstaan en dit is waar Hy en Sy Vader kom woon. Dan reinig Hy diegene ook op dieselfde tyd as hulle hul eie sondes kan sien want die Lig van Sy Woord ontbloot die eerste hemel as onrein. Die Woord word dus ook simbolies as “bloed” uitgedruk. As ons dus Sy Woord in ons het, dan reinig die Woord ons van ons eie denke….ons ou denke…ons ou hemel. Dit is hierdie ou hemel in ons eie harte wat deur God se Woord in ons vernietig word van al die valse leerstellings, dit is die “elemente”:
Rom 12:2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed [ons denke], sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.
2Pe 3:10-13 Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand. 11 Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? — 12 julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt. 13 Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid woon.
Open 21:1 En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.
As ons dus nie weet van wat en waar die hemel is en wat God daarin doen nie, sal ons dinge by God se Woord byvoeg en ook dinge op dieselfde tyd wegneem deur ons “menslike wysheid” te gebruik. Dit is onwys:
Open 22:18-19 Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is. 19 En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.
Terug pieng: Temas | "Is en Wat Was en Wat Kom" – die onbekende karakter van Jesus Christus en Sy Woord