Wie se Geloofsbelydenis is die waarheid?

Psa 119:160  Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.

As hierdie woorde nie ten volle geglo en toegepas word in mens se lewe nie, kan mens nie die waarheid weet nie. Daar is voorwaar ‘n absolute Waarheid, en alles buite hierdie Waarheid is leuens en bedrog. Jesus sê dat Hy hierdie absolute Waarheid is:

Joh 14:6  Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

Jesus is die Woord en dit is die hele omvang wat “Waarheid” is:

Joh 1:1-4  In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.  2  Hy was in die begin by God.  3  Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.  4  In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.

Joh 1:14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid.

Mense maak baie van hul sogenaamde “geloofsbelydenis” wat as pronkstukke in dokument-formaat onder mens se neus gedruk word as die valse profete nie weet watter kant toe nie. Maar hierdie “verklarings van geloof” wat aan ‘n mens voorgehou word deur die afvalliges bevat net ‘n klomp valse leerstellings wat dan verdoesel word met skrifverwysings wat bygevoeg is. Hierdie sogenaamde “geloofsbelydenisse” misbruik God se Woord deur sekere tekste te isoleer van die “hele inhoud” van die Woord en hierdie tekste dan te verdraai om hulle valse leerstellings te staaf. God noem dit geestelike hoerery:

Eseg 16:17  Daarby het jy jou versiersels [valse leerstellings] uit my goud en my silwer [my Woord] geneem wat Ek jou gegee het, en jy het vir jou beelde van manne [mensgemaakte denominasies met hul “geloofsbelydenisse”] gemaak en daarmee gehoereer.

Joël 3:5  Want julle het my silwer en my goud geneem en my kosbare skatte na julle tempels gebring.

As mens se geloofsbelydenis nie in die “hele inhoud” van God se Woord voorkom nie, dan hoereer jy met God se Woord en gebruik dit om mee handel te dryf:

2Kor 2:17  Want ons is nie soos baie wat handel dryf met die woord van God nie; maar as opregtheid, maar as uit God, in die teenwoordigheid van God, spreek ons in Christus.

Mense wat met God se Woord handel dryf soek mensgetalle en geld om hulle selfgenot te bevredig en te bevorder, en ook om hul eie “beelde” te verhef en te aanbid. Maar al hierdie torings en hoë mure wat mense bou om hul eie welluste en trots te bevredig, is van korte duur:

Jes 2:11-16  Die hoë oë van die mense sal verneder word, en die hoogheid van die manne neergebuig word; en die HERE alleen sal in dié dag verhewe wees.  12  Want ‘n dag is daar vir die HERE van die leërskare oor al wat trots en hoog is, en oor al wat verhewe is, sodat dit verneder kan word;  13  en oor al die hoë en verhewe seders van die Líbanon en oor al die eikebome van Basan;  14  en oor al die hoë berge en oor al die verhewe heuwels;  15  en oor al die hoë torings en oor al die versterkte mure;  16  en oor al die skepe van Tarsis en oor al die kosbare pronkstukke.

Die “hele inhoud” van God se Woord is voorwaar die enigste ware geloofsbelydenis en kosbare pronkstuk van God, want ons sal verseker van elke woord daarin leef soos Jesus self gesê het:

Mat 4:4  Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.

Jesus het gesê dit is die enigste ware “geloofsbelydenis” wat elke mens moet hê en ons kan nie kies en keur watter woorde ons wil insluit en watter weglaat nie. Enige ander “geloofsbelydenis” is in ernstige gevaar en oortree die volgende woorde van Jesus:

Open 22:18-19  Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is.  19  En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.

Die “hele inhoud” van die Skrifte is ons enigste instrument waarmee ons valse profete en hul woorde (dit is hul geeste – woorde karwei geeste) mee kan toets:

1Jn 4:1  Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.

Deur woorde word geeste getoets. Jesus sê net Sy woorde is die enigste gees wat Waarheid bring en met “die hele inhoud” is ons wapenrusting volledig:

Joh 6:63  Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.

Efes 6:11  Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.

As iemand nie hierdie geloofsbelydenis of leer van Christus het nie, ontvang hom of haar nie in jou geestelike huis nie:

2Jn 1:10-11  As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie.  11  Want die een wat hom groet, het gemeenskap aan sy bose werke.
 
Tit 3:10-11  Aan ‘n man wat partyskap verwek, moet jy jou onttrek ná die eerste en tweede vermaning,  11  wetende dat so iemand op ‘n verkeerde pad is en sonde doen en selfveroordeeld staan.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s