Wie is die afvalliges wie so baie mense mislei?

Geestelike afvalligheid het te make met ‘n wegbeweeg of verdraaiing van die waarheid. Volgens die Skrifte was die afvalligheid van die Christelike kerk ‘n voldwonge feit voor die dood van die oorspronklike apostels (Hand 20:30; Gal 1:6; 1Ti 4:1; 2Ti 2:17-18; 3Jn 1:9-10; Heb 6:4-8; Heb 10:26-31; 2Pe 3:15-17 Open 2:4). Die goddelose mense en bedrieërs was sedert daardie tyd aktief in die kerk van Christus, en hierdie afvalligheid het net erger geword, volgens die Skrifte:

2Ti 3:13  Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word.

Daar is dus nie ‘n groot herlewing soos baie verkondig nie, en daar sal ook nie ‘n groot herlewing wees in hierdie fisiese of vleeslike eeu nie. Ons moet diegene wat hierdie onbybelse onsin verkondig uitken en van hulle wegbly, as ons die waarheid liefhet. Hierdie valse profete word deur hul eie welluste gedryf. Hulle soek alles behalwe God se eer want hulle ken nie die waarheid van God se plan met alle mense nie. Ons moet veral kennis neem van hierdie belangrike woorde van Jesus en eerlik kyk wie hierdie mense is wat mense verlei om net die teenoorgestelde te glo:

Luk 18:7-8  Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval?  8  Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?

Die “aarde” is geestelike taal vir geestelike afvalligheid en die werke van duisternis:

Gen 1:2 En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.

Mat 6:19 Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie.

Mat 10:34 Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.

Open 13:11-14 En uit die aarde het ek ‘n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos ‘n lam en het gepraat soos ‘n draak. 12 En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is. 13 Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense. 14 En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde te sê dat hulle ‘n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het.

Dat Jesus sê dat Hy nie geloof sal vind op die aarde met Sy wederkoms nie, weerlê ook hierdie valse leraars as hulle voorgee dat hulle die hele wêreld wil red vir Jesus –

Luk 18:7-8  Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval?  8  Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal [Grieks: “ara”] Hy wel die geloof op die aarde vind?

Mense wat glo dat hierdie vraag van Jesus impliseer dat Hy nie geweet het waarvan Hy praat nie, is skokkend mislei. Ook in Grieks veronderstel die woord “ara” (in vers 8 van Lukas 18) ‘n negatiewe antwoord of respons. Ja, Jesus sal nie geloof vind op die aarde met Sy koms nie. As Hy kom sal die  aarde in duisternis wees want Hy alleen bring die ware Lig.

Joh 1:4-5 In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. 5 En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.

Dit word ook deur ander uitsprake van Jesus bevestig dat baie min tot die waarheid sal kom tydens hierdie lewe op aarde.

Mat 22:14  Want baie is geroep, maar min uitverkies.

Joh 1:9-11 Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld. 10 Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie. 11 Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.

Jesus bevestig immers dat Hy sal reg laat geskied in hierdie eeu aan die MIN uitverkorenes in Christus:

Luk 18:7-8  Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval? Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen….

Wie is hierdie “baie” wat God reeds bepaal het om die “baie” te verlei en afvallig te maak van die waarheid?

Mat 24:3-5  En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?  4  En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie.  5  Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.

Let Wel! Die “baie” kom onder Sy Naam….hulle noem hulself “Christen” – die grootste godsdiensgroep op aarde!!!! Die woord “baie” wat Jesus hier gebruik beteken die meerderheid. Die probleem lê dus by hulle wat in die meerderheid is en op hul getalle en fisiese prominensie staatmaak. As ons persoonlik kan sien wie hierdie meerderheid is, dan kan ons ook die valse Christusse uitken. Hulle mislei voorwaar die meerderheid! Hulle verkondig valse leerstellings sonder om te skroom en hulle soek net getalle onder die vaandel van evangelisasie en sogenaamde herlewings. Jesus sê self dat groot getalle nie Sy oogpunt is in hierdie eeu nie!

Mat 22:14  Want baie is geroep, maar min uitverkies.

Mat 7:13-14  Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.  14  Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind. 

Wie glo hierdie woorde? MIN! Diegene wat anders preek as hierdie woorde,  is voorwaar wolwe waarteen Jesus Sy ware volgelinge waarsku:

Mat 7:15-20  Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.  16  Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. ‘n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie!  17  So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte.  18  ‘n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en ‘n slegte boom ook geen goeie vrugte nie.  19  Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.  20  So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken. 

Slegte vrugte is ook dan verwysend na die valse leerstellings wat verkondig word onder die beste intensies.

Die beste intensies bepaal nie die Waarheid nie.

Nie een van die wolwe glo hulle is hierdie wolwe wat Jesus ander teen waarsku nie. Nie een van hul volgelinge glo hulle leiers is wolwe nie.

Leiers is mense met goeie intensies….of so glo die meeste mense. Dit is immers wat die konsep van verleiding behels – niemand word verlei as hy of sy daarvan bewus is nie. Verleiding is werklik nie maklik om op te tel nie want God stuur self die dwaling om die leuens te glo!

2Th 2:11  En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo…

Die dwaling wat God bring oor die “baie” is kragtig sodat mense nie kan sien dat hulle “waarheid” eintlik ‘n yslike groot leuen is.

Die misleiding kan net gesien word by “die voleinding van die wêreld” —veral in ons eie lewe. Dit is wanneer Jesus Sy engele stuur – dit is Sy ware boodskappers – om hierdie verleidende godsdienstige hoer aan ons te toon en ook haar oordeel IN ONS eie lewe aan te kondig en uit te voer!!!

Open 17:1-6  En een van die sewe engele met die sewe skale het gekom en met my gespreek en vir my gesê: Kom hierheen, ek sal jou toon die oordeel van die groot hoer wat op die baie waters sit,  2  met wie die konings van die aarde gehoereer het, en die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar hoerery.  3  En hy het my in die gees weggevoer na ‘n woestyn, en ek het ‘n vrou sien sit op ‘n skarlakenrooi dier, vol godslasterlike name, met sewe koppe en tien horings.  4  En die vrou was bekleed met purper en skarlaken en versierd met goud en kosbare stene en pêrels, en sy het in haar hand ‘n goue beker gehad, vol gruwels en die onreinheid van haar hoerery;  5  en op haar voorhoof was ‘n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde.  6  En ek het die vrou gesien, dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus, en ek het my uitermate verwonder toe ek haar sien.

Ons is almal verwonder as hierdie “vrou” aan ons gewys word. Maar as ons kan reg sien sal ons besef dat hierdie “vrou” is ‘n geestelike simbool van die kerk wat in die woestyn is – ‘n droë geestelike toestand sonder die ware waters van God se Woord. Die “dier” gee die “vrou” haar reg tot bestaan in sy lewe. Hier is die dier wat op God se troon sit in die tempel van God en hierdie vrou se leuens glo en deur haar mislei word:

Open 12:18 En ek het op die sand van die see gaan staan.

Open 13:1 En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering.

2Th 2:3-4 Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf 4 die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.

Baie sien hierdie hoer en die dier daar buite en spreek hulself vry van hierdie antichris wat in hul eie harte heers en onder hierdie geestelike hoer se  beinvloeding elke dag opereer. Maar vir hulle wat oë van binne gegee word sal hierdie dier en die hoer in hul eie harte uitgewys word:

Open 4:8  En die vier lewende wesens het elkeen vir homself ses vlerke gehad, en hulle was rondom en van binne vol oë; en hulle het sonder ophou dag en nag gesê: Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, wat was en wat is en wat kom!

Ja die dier en die hoer is ook daar buite, maar ons redding kom deur na ons eie harte te kyk en vir God te vra om Sy Lig in ons eie duisternis te skyn:

2Kor 4:6  Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn—dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

1 Response to Wie is die afvalliges wie so baie mense mislei?

  1. Dankie vir die terugvoer H____

    Ja ons almal verlaat ons eerste liefde en kleef aan die valse leerstellings van die geestelike hoer op die tyd soos God vir ons almal bepaal:

    Spr 24:16 Want sewe maal val die regverdige en staan weer op, maar die goddelose struikel in die ongeluk.

    Open 2:4 Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het.

    Open 13:3 En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.

    Die dodelike wond is toegedien deur die swaard van die gees (die Woord van God) en so het ons ons eerste liefde vir Christus en Sy Woord ontvang. Maar as ons die valse leer van die hoer aanhang, dan word die geestelike wond genees en die Swaard word weggeneem uit ons lewe – dit is dus ‘n slegte ding as die wond genees!

    Efes 6:17 En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God

    So ons moet bly wees as God se Swaard oor ons geestelike huis heers, want dan kan ons onthoof word van ons ou denke sodat God se denke in ons gevestig kan word:

    Rom 12:2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed[ons denke], sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

    Die Swaard van God moet gedurig werk en die dood bring van die ou mens. Dit is net wanneer ons onthoof is van ons eie denke, dat ons kan heers saam met Christus. So word die ou merk van die dier van ons weggeneem en ons aanbid nie meer die mens van sonde in ons lewe nie:

    Open 20:4 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.

    Amen H_____ en dankie vir die aanmoedigende woorde – dit versterk my. Wat ‘n voorreg om te ly saam met Christus en slegs deur die verdrukking kan ons Sy koninkryk en denke deelagtig word:

    Fil 1:29 omdat dit aan julle ter wille van Christus genadiglik gegee is om nie alleen in Hom te glo nie, maar ook vir Hom te ly.

    Hand 14:22 en die siele van die dissipels versterk en hulle vermaan om in die geloof te bly deur te sê: Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan.

    Sterkte.

    Jou mede-stryder in Christus
    Larry

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s