Geseënd is jy….

Geseënd is jy
GL Groenewald (2015)

(Skriftuurlike inspirasie: Ps 1; Spr 15:19; Jes 26:9; Mat 5:11; Joh 20:29; Rom 8:1-2; Gal 2:6-10; Heb 12:11; 1Cor 15:22-28;)

1.
Geseënd is jy!
As jy glo in God’s Woord
En Sy gebooie gehoorsaam
Jy is soos ‘n boom geplant by waterstrome,
Jy gee vrugte op die tyd soos God bepaal
Sy liefde en sorg vir jou is vir ewig.

KOOR:
Jou behae is in die Woord van die Heer
Jou behae is in die Woord van die Heer
En jy oordink en doen Sy Woord elke dag
Jy oordink en doen Sy Woord elke dag
Geseënd, geseënd is jy!

2.
Geseënd is jy!
As jy beledig word
Vervolg en gehaat word
omdat jy wandel in die raad van hulle wat God vrees
jy bly weg van die weë van die sonde
want jy sit met Jesus Christus in die hemel.

KOOR:
Jou behae is in die Woord van die Heer
Jou behae is in die Woord van die Heer
En jy oordink en doen Sy Woord elke dag
Jy oordink en doen Sy Woord elke dag
Geseënd, geseënd is jy!

MUSIEK

3.

Geseënd is jy!
jy is die lig van die wêreld
jy is die sout van die aarde
Want God ken die weg van Sy geliefdes
Hy bring voorspoed op die pad van sy kinders
deur Christus ken ons die Weg, die Waarheid en die Lewe!

KOOR:
Ons behae is in die Woord van die Heer
Ons behae is in die Woord van die Heer
En ons oordink en doen Sy Woord elke dag
Ons oordink en doen Sy Woord elke dag
Geseënd, geseënd is die Heer!

EINDIG:
Geseënd is U!
Geseënd is U!
Geseënd is die Heer!
Want soos almal sterf in Adam, so sal almal leef in Jesus!
Want soos almal sterf in Adam, so sal almal leef in Jesus!
Want soos almal sterf in Adam, so sal almal leef in Jesus!

Advertisements
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s