Musiek: U Ken My Heer
U ken my Heer!
GL Groenewald (2015)
(Skriftuurlike inspirasie: Ps 139; Rom 8:28; Efes 1:11; 1Kor 15:22-28)
1:
U deursoek my Heer,
U ken my hart,
U deurgrond en verstaan,
My gedagtes van ver.
Nog voor ek praat,
Ken U al my woorde,
Nog voor ek beweeg,
Rig U elke voetstap.
2:
Waar sal ek gaan
Weg van U?
U regeer hemel
U regeer aarde.
U beheer die lewe,
U beheer die dood,
U orden die lig,
U orden donkerte.
KOOR:
Ek is kunstig geweef,
En gevorm in die moederskoot,
Nog voor die dae daar was
het U alles van my reeds geskrywe,
U ken my gebed,
Nog voor ek vra,
bewerkstellig U alles
alles werk ten goede
vir hulle wat U liefhet!
3:
U omring my Heer
Van agter en van voor.
U lê U hand
op my O Heer.
U ken my sit,
En waar ek beweeg,
U is baie goed bekend
Met al my weë
KOOR:
Ek is kunstig geweef,
En gevorm in die moederskoot,
Nog voor die dae daar was
het U alles van my reeds geskrywe,
U ken my gebed,
Nog voor ek vra,
bewerkstellig U alles
alles werk ten goede
vir hulle wie U liefhet!
MUSIEK:
U ken waar ons sit,
En waar ons beweeg,
U is goed bekend
met almal se weë.
KOOR:
Ons is kunstig geweef,
En gevorm in die moederskoot,
Nog voor die dae daar was
het U alles van ons reeds geskrywe,
U ken ons gebed,
Nog voor ons vra,
bewerkstellig U alles
alles werk ten goede
vir hulle wat U plan ken….met Adam!
EINDE.
Soos almal sterf in Adam
So sal almal leef in Jesus!