Soos die Skrifte verklaar het Jesus reeds in geestelike vorm bestaan voor Sy fisiese koms in menslike vorm. Die Vader het Hom as die eersteling (“die begin”) van die Skepping na vore gebring en Hom aangestel as die God van hierdie skepping (soos in ons vorige skrywes reeds verduidelik):
Open 3:14 En skryf aan die engel van die gemeente van die Laodicense: Dít sê die Amen, die getroue en waaragtige Getuie, die begin van die skepping van God:
Gen 1:1 In die begin het God die hemel en die aarde geskape.
Die konsep “die begin” verwys na Jesus want die Skrifte verklaar dat die Vader het “IN HOM” alles van hierdie skepping geplaas en Hy, Jesus, het dit na vore gebring. Hier is twee getuies om dit wat ek nou gesê het te bevestig:
Joh 1:1-3 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. 2 Hy was in die begin by God. 3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
Kol 1:15-19 Hy [Jesus] is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping; 16 want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte—alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape. 17 En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand. 18 En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees. 19 Want dit het die Vader behaag dat in Hom die ganse volheid sou woon.
Wel kan mens stry met God se Woord? Net diegene wie geestelik blind is kan nie sien dat Jesus die Skeppergod is nie, soos deur die Vader aangestel. Daar staan dit tog duidelik dat Jesus bestaan het VOOR alle dinge wat geskep was DEUR Hom. Hoeveel keer kan mens die woorde “in Hom” en “deur Hom” mislees as jy na die waarheid soek?
Rom 11:33-36 o Diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë! 34 Want wie het die gedagte van die Here geken, of wie was sy raadsman gewees? 35 Of wie het eers iets aan Hom gegee, dat dit hom vergeld moet word? 36 Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
As mens die leuens glo dan sal die woorde wat ek hier uit die Skrifte kwoteer, totaal niks beteken nie. Ek kan niemand geloof gee om hierdie woorde te glo as God die persoon verblind het nie:
Eks 4:11 En die HERE antwoord hom: Wie het vir die mens die mond gemaak, of wie maak stom of doof, of siende of blind? Is dit nie Ek, die HERE, nie?
2Th 2:11-12 En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, 12 sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.
Die naam “Jesus” was aan Hom gegee met Sy vleeswording, maar daar is nog ‘n naam saam met dit gegee:
Mat 1:20-23 Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees; 21 en sy sal ‘n seun baar, en jy [Josef] moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. 22 En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het: 23 Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.
Jesus- “dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos”
Emmánuel – “God met ons!”
Die name het betekenis en is funksioneel. Wie kan met hierdie betekenisse van hierdie twee name stry? Die ander name wat voorkom in die Skrifte is gekoppel aan ‘n betekenis of funksie.
Voor Jesus se koms na die aarde in vlees het die Vader Hom ook ander “name” gegee wat weereens die fokus plaas op ‘n funksie eerder as op fisiese letters wat saamstaan om ‘n Eienaam te vorm. Hier is Jesus se eerste “Naam” reg in Genesis 1 vers 1 volgens die Hebreeuse taal. Ons sal hierdie “Naam” net kan verstaan as ons kan sien dat God, die Vader, het IN HOM (in Jesus) alles in die hemele en die aarde geskep en Jesus het dit totstand gebring (Joh 1:1-3; Kol 1:15-19):
Gen 1:1 In die begin [Hebreeus: “rê’shı̂yth”] het God die hemel en die aarde geskape.
Hier is Dr James Strong se verklaring van die woord “rê’shı̂yth”:
“…..the first, in place, time, order or rank (specifically a firstfruit): – beginning, chief (-est), first (-fruits, part, time), principal thing.”
Ek kwoteer weer Kolosense:
Kol 1:18 …..Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees.
Jesus is hierdie “Rê’shı̂yth” en Hy is in alles die EERSTE – Hy sê self so en dit is hoe ons Hom kan ken en aanroep. Jesus verskyn aan Johannes en bevestig aan Hom wat die Vader Hom genoem het van die begin af – d.w.s. sy “oorspronklike” naam:
Open 1:8 Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.
Open 1:11 Ek is die Alfa en die Oméga, die eerste en die laaste…..
Open 1:17 …..Ek is en die laaste.
Regdeur die Skrifte word Jesus egter ook deur verskillende ander “name” uitgeken, maar dit alles kom neer op Sy funksies – en so roep ons Hom om die spesifieke funksie te verrig in ons lewens.
Hier gee Jesaja vir ons verskeie name wat Sy funksies aandui:
Jes 9:5 Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors—
Jesus se “Naam” is ook “die Woord van God”:
Open 19:13 En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God.
Joh 1:1 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.
Jesus is ook genoem die “Ek is” van die Ou Testament, tot groot verslaendheid en teenstand van baie…tot vandag!
Mat 22:32-33 Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob? God is nie ‘n God van dooies nie, maar van lewendes. 33 En toe die skare dit hoor, was hulle verslae oor sy leer.
Toe Jesus Homself die “Ek is” noem, word Hy van godslastering aangekla!!!! Baie doen dit vandag nog!
Joh 8:58-59 Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, voordat Abraham was, is Ek. 59 Hulle het toe klippe opgetel om Hom te stenig; maar Jesus het stilletjies uit die tempel gegaan en tussen hulle deurgeloop; en so het Hy vertrek.
Mar 14:61-64 Maar Hy het stilgebly en geen antwoord gegee nie. Weer stel die hoëpriester Hom die vraag en sê vir Hom: Is U die Christus, die Seun van die geseënde God? 62 En Jesus sê: Ek is. En u almal sal die Seun van die mens aan die regterhand van die krag van God sien sit en kom met die wolke van die hemel. 63 Toe skeur die hoëpriester sy klere en sê: Wat het ons nog getuies nodig! 64 Julle het die godslastering gehoor; wat dink julle? En hulle het almal Hom veroordeel dat Hy die dood skuldig was.
Jesus is “die Christus” – die Messias – wat min kan glo en aanvaar:
Luk 22:67 en gesê: As U die Christus is, sê vir ons. En Hy antwoord hulle: As Ek vir u sê, sal u tog nie glo nie.
Joh 10:24-25 En die Jode het Hom omring en vir Hom gesê: Hoe lank hou U ons in onsekerheid? As U die Christus is, sê dit vir ons ronduit. 25 Jesus antwoord hulle: Ek het dit vir julle gesê, en julle glo nie. Die werke wat Ek doen in die Naam van my Vader, dié getuig van My.
Joh 6:69 En ons het geglo en erken dat U die Christus is, die Seun van die lewende God.
Joh 11:27 Sy [Martha] antwoord Hom: Ja, Here, ek glo dat U die Christus is, die Seun van God, wat in die wêreld sou kom.
Naamgewing is gekoppel aan ‘n funksie en so leer ons iemand ken. As ons dit kan sien, dan sien ons ook wat die “Naam” van Jesus alles insluit. Ons kom dus na die Vader deur “Jesus” want daar is geen ander “Naam” gegee waardeur God ons kan ontvang en hoe ons redding sal verkry nie:
Joh 14:13-15 En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word. 14 As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen. 15 As julle My liefhet, bewaar my gebooie.
Mat 12:18-21 Kyk, my Kneg wat Ek uitverkies het, my Geliefde in wie my siel ‘n welbehae het! Ek sal my Gees op Hom lê, en Hy sal aan die nasies die reg aankondig. 19 Hy sal nie twis of uitroep nie, en niemand sal sy stem op die strate hoor nie. 20 ‘n Geknakte riet sal Hy nie verbreek nie, en ‘n lamppit wat rook, sal Hy nie uitblus nie, totdat Hy die reg tot oorwinning uitbring. 21 En op sy Naam sal die heidene hoop.
Kol 3:17 En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.
Fil 2:9-11 Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is, 10 sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, 11 en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.
Rom 10:13 Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.
Hand 4:12 En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.
Joh 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
Open 22:3-4 …..en die troon van God en van die Lam sal daarin wees, en sy diensknegte sal Hom dien. 4 En hulle sal sy aangesig sien, en sy Naam sal op hulle voorhoofde wees.