Dieselfde lot tref ALMAL! (Deel 4)

Pred 9:1-3 Want dit alles het ek [Salomo] ter harte geneem en dit alles het ek probeer deurgrond, dat die regverdiges en die wyse manne en hulle dade in die hand van God is, liefde sowel as haat; die mens weet niks van wat hom voorlê nie. 2 Alles is gelyk vir almal: een en dieselfde lot is daar vir die regverdige en die goddelose, vir die goeie en die reine en die onreine, en vir hom wat offer en vir hom wat nie offer nie, die goeie ewe goed as die sondaar, vir hom wat sweer ewe goed as vir hom wat bang is vir ‘n eed.

“Alles is gelyk vir almal” is een van die mees omstrede stellings in die Skrifte, veral in ‘n wêreld met soveel klaarblyklike ongelykhede en waar mense graag hulself beter sien as ander. “Een en dieselfde lot” tref almal en hierdie “lot” sluit baie dinge in. Dit is waaroor ons gesels in hierdie artikels getiteld “Dieselfde lot tref ALMAL!”

Die openbaring van Jesus begin met die onthulling van onsself! As ons God wil ken moet ons eers onsself ken en dit kom slegs deur die openbaring wat die Vader deur Jesus aan ons “te kenne gegee”:

Open 1:1 Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het,

Jesus kan nie kom en Homself in gees aan ons vertoon as ons nie eerste “die mens” in ons reg gesien het nie:

2Th 2:1-4 Maar ons vra julle, broeders, met die oog op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en ons vereniging met Hom, 2 om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word nie—deur gees of deur woord of deur brief wat van ons afkomstig sou wees—asof die dag van Christus al daar is. 3 Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf 4 die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.

Hierdie “mens” in ons is gekoppel aan die eerste Adam en die “lot” van die eerste Adam is ook ons lot. Die eerste Adam kom eerste in ons en eers daarna kom die “laaste Adam” in ons, dit is Jesus Christus wat ‘n lewendmakende gees is:

1Kor 15:45-46 So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees. 46 Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike.

Die eerste Adam is ons eerste stap om soos God “te word”, en dit kom slegs deur die kennis van goed en kwaad. Dit is wat God deur Adam en Eva aan ons wil sê. Ons moet eers verstaan dat ons, net soos Adam en Eva, aards is en NIE geestelik perfek is nie. Ons moet leer hoe om goed van kwaad en gees van vlees te kan onderskei. Net dan kan ons uitgestuur word om “die grond te bewerk” deur eerstens ons eie vleeslikheid of sondigheid te ontdek en te verstaan, en dan dit aan God te onderwerp sodat Hy die nuwe geestelike skepping in ons na vore kan bring:

Gen 3:22-23 Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie! 23 Toe stuur die HERE God hom weg uit die tuin van Eden om die grond te bewerk waaruit hy geneem is.

Die vlees staan direk teenoor die gees van God en die mens van vlees stel glad nie belang in die boom van die lewe, naamlik Jesus Christus, nie:

Gal 5:17 want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.

Christus en alle geestelike dinge is vir die natuurlike mens onsmaaklik en veragtelik:

Jes 53:2-3 Hy tog het soos ‘n loot voor sy aangesig opgespruit en soos ‘n wortel uit droë grond. Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie. 3 Hy was verag en deur die mense verlaat, ‘n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie ‘n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie.

Ons begeertes is eers by die aardse dinge – ons eet dus eers plante en ons drink melk soos ‘n baba, soos Adam en Eva en al die diere voor die globale vloed moes doen:

Gen 1:29-30 Verder het God gesê: Ek gee nou aan julle [Adam en Eva] al die plante wat saad gee, wat op die hele aarde is, en al die bome waar boomvrugte aan is, wat saad dra. Dit sal julle voedsel wees. 30 Maar aan al die diere van die aarde en al die voëls van die hemel en al die kruipende diere op die aarde, waarin ‘n lewende siel is, gee Ek al die groen plante as voedsel. En dit was so.

Dit is net wanneer God se oordeel kom oor ons hele lewe (soos die vloed gekom het oor die hele aarde) leer ons van ons totale “lot” in Adam en dan begeer ons na die nuwe lewe in Christus. As God ons trek na Christus, dan maak Hy ons moeg en mat vir die aardse dinge:

Mat 11:28-30 Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. 29 Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; 30 want my juk is sag en my las is lig.

Joh 6:44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.

Met die oordeel van God word ons hele lewe oopgevlek en ons leer van God se geestelike waardes en geregtigheid:

Jes 26:9 Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.

Dan  begin ons tyd om vleis te eet – ons begin om geestelike dinge te begryp soos voorgestel in die lewe van Noag en sy nakomelinge NA die globale vloed:

Gen 9:1-3 En God het Noag en sy seuns geseën en aan hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde. 2 Die vrees en die skrik vir julle sal wees oor al die diere van die aarde en al die voëls van die hemel: alles wat op die aarde beweeg, en al die visse van die see. Hulle is in julle hand oorgegee. 3 Alles wat beweeg en lewe, sal julle voedsel wees. Net soos die groen plante, gee Ek dit alles aan julle.

So stel die boek van Hebreërs hierdie oordeelsproses van God voor:

Heb 5:12-14 Want hoewel julle vanweë die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat ‘n mens julle die eerste beginsels van die woorde van God moet leer, en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spys nie. 13 Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die woord van geregtigheid, omdat hy ‘n kind is. 14 Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei.

Die mens in sy natuurlike vorm is geestlik onvolwasse en is as ‘n vyand van God geskep, want alle vlees is vyandskap teen die gees van God:

Gal 5:17 want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.

Rom 8:5-8 Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. 6 Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, 7 omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. 8 En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie;

Die vlees kan nie God behaag nie! Dit is God se vyand en ons sit eers in God se tempel en op God se troon:

2Th 2:1-4 Maar ons vra julle, broeders, met die oog op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en ons vereniging met Hom, 2 om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word nie—deur gees of deur woord of deur brief wat van ons afkomstig sou wees—asof die dag van Christus al daar is. 3 Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf 4 die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.

Die koms van die Here Jesus word eers voorafgegaan met die openbaarmaking van die mens – “die mens van sonde” IN ONSSELF. Hierdie skepsel woon in ons eie harte, in God se tempel, en doen hom voor as ‘n god. Hy glo hy het ‘n sogenaamde “vrye” wil wat kan maak en breek soos hy wil. Hy is aanvanklik verborge vir almal – ons kan ons eie “mens van sonde” glad nie sien nie!!!

As mense hoor van die antichris dan soek hulle daar buite – by ander mense en organisasies. Maar hierdie teëstander van God is baie nader as wat meeste mense nou kan sien. God verberg hierdie “ongeregtigde seun van die verderf” en MIN kan hom in hierdie tyd sien:

2Th 2:7-10 Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is; 8 en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak, 9 hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen 10 en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.

Daar staan dit! Hierdie teëstander van God het God onder die heerskappy van die Satan geplaas. Dit was nie Adam of Eva wat die heerskappy aan Satan gegee het soos die valse leraars almal propageer nie – dit was God!

Hierdie antichris woon eers in ‘n geestelike terrein wat in die Skrifte as die “see” beskryf word. Soos Job vind ons op die Godgegewe tyd uit dat ons eers soos ‘n seedier in see moet rondspartel – heen en weer geslinger deur die onrustige en geestelik onvolwasse natuur in ons, met al sy trots en welluste:

Job 7:12 Is ek ‘n see, of ‘n groot seedier, dat U ‘n wag teen my opstel?

Efes 4:14 sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring;

Heb 13:9 Moenie rondgeslinger word deur allerhande en vreemde leringe nie; want dit is goed dat die hart versterk word deur genade, nie deur voedsel nie, waarvan die wat daarin gewandel het, geen voordeel gehad het nie.

Dit is die “lot” van almal, in alles nasies – hulle bruis en word rondbeweeg in hierdie see – dwalende op soek na geluk en blydskap:

Jes 17:12 Wee die gebruis van baie volke—soos die gebruis van die see, so bruis hulle! En die gedruis van nasies—soos die gedruis van geweldige waters, so maak hulle gedruis!

Jes 57:20 Maar die goddelose is soos ‘n onstuimige see; want dit kan nie tot rus kom nie, en sy waters gooi slyk en modder op.

Hierdie see is ook waar Satan regeer – volgens God se reëlings. Ja, die see en die seemonster, Satan, (ook “Leviátan” genoem in simboliese taal in die Skrifte) en al die diere in die see is altyd onder God se volle beheer:

Jes 27:1 In dié dag sal die HERE met sy harde en groot en sterk swaard besoeking doen oor die Leviátan, die vinnige slang, en oor die Leviátan, die kronkelende slang; en Hy sal die draak doodmaak wat in die groot water is.

Jes 51:15 Maar Ek is die HERE jou God wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis; HERE van die leërskare is sy Naam!

Psa 74:13 U het deur u sterkte die see geklief; U het die koppe van die seemonsters op die waters verbreek.

God bring ons dan uit die see en wys ons die droë grond. Hy neem ons hoër op tot op die droë aarde wat ‘n ander geestelike dimensie in ons losmaak – net soos in Genesis 1 ook deur die natuurlike skepping beskryf word (Rom 1:20):

Gen 1:9-10 En God het gesê: Laat die waters onder die hemel hulle op een plek versamel, sodat die droë grond sigbaar word. En dit was so. 10 En God het die droë grond aarde genoem, en die versameling van die waters het Hy see genoem. Toe sien God dat dit goed was.

Dit is uit die see wat ons moet kom en dan op die aarde geplaas word waar ons dink ons het gearriveer! Maar ons kan nie besef dat die see en die aarde nog baie ver van die hemel is. As ons op die land kom word ons egter ‘n groter en boser dier met nog meer hoogmoed. Hier beskryf Johannes hierdie proses in ons:

Open 12:18 tot Open 13:1-2 En ek het op die sand van die see gaan staan. (13:1) En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering. 2 En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak [Satan] het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag.

Net soos fisiese Israel van ouds word ons uitgelei uit die slawerny van sonde, maar dan neem hoogmoed en wellus egter net meer toe deur al die valse leerstellings wat ons in die afvallige kerkstelsels leer en aan vasklou (in die Skrifte word hierdie organisasies en denominasies almal onder die geestelike hoer Babilon geklassifiseer – “die moeder van die hoere”):

Psa 66:6-7 Hy het die see verander in droë land; hulle het te voet deur die rivier gegaan. Daar was ons bly in Hom. 7 Hy heers vir ewig deur sy mag; sy oë hou wag oor die nasies. Laat die wederstrewiges hulleself nie verhef nie. Sela.

Open 17:1-6 En een van die sewe engele met die sewe skale het gekom en met my gespreek en vir my gesê: Kom hierheen, ek sal jou toon die oordeel van die groot hoer wat op die baie waters sit, 2 met wie die konings van die aarde gehoereer het, en die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar hoerery. 3 En hy het my in die gees weggevoer na ‘n woestyn, en ek het ‘n vrou sien sit op ‘n skarlakenrooi dier, vol godslasterlike name, met sewe koppe en tien horings. 4 En die vrou was bekleed met purper en skarlaken en versierd met goud en kosbare stene en pêrels, en sy het in haar hand ‘n goue beker gehad, vol gruwels en die onreinheid van haar hoerery; 5 en op haar voorhoof was ‘n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde. 6 En ek het die vrou gesien, dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus, en ek het my uitermate verwonder toe ek haar sien.

Hierdie wederstrewige vrou sit op die dier (sy teer op die dier) wat op die droë land is. Die dier word ‘n wet gegee en hy dink as hy hierdie wette kan hou, hy dan regverdig is. Dit was nie die doel van die wet nie! Die wet in die wildernis is die wet wat wys hoe sondig ons is – nie vir regverdigmaking nie:

Rom 3:19-20 Nou weet ons dat alles wat die wet sê, hy dit sê vir die wat onder die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor God doemwaardig kan wees; 20 deur die wet is die kennis van sonde.

Hierdie wet is vir die “wat onder [daardie] wet” leef en dit is die onregverdige of wettelose mens in ons —- om te kan sien wie ons is!!!

1Ti 1:9-10 en as hy weet dat die wet nie gegee is vir die regverdige nie, maar vir die wettelose en tugtelose mense, goddelose en sondaars, onheiliges en ongewydes, vadermoorders en moedermoorders, moordenaars, 10 hoereerders, sodomiete, mensediewe, leuenaars, meinediges en wat daar anders met die gesonde leer in stryd is,

As jy sê dat jy nie een van hierdie sondaars is nie (ek herhaal gou weer: “goddelose en sondaars, onheiliges en ongewydes, vadermoorders en moedermoorders, moordenaars, hoereerders, sodomiete, mensediewe, leuenaars, meinediges…) dan het jy nog glad nie jouself reg gesien nie! Jy is geestelik naak, soos Adam en Eva, en dit pla jou nie:

Gen 2:25 En hulle was altwee naak, die mens en sy vrou, maar hulle het hul nie geskaam nie.

Open 3:17 Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie.

Die wet van God wat Hy gee om die natuurlike dinge in ons uit te wys dien dieselfde doel as die boom van kennis van goed en kwaad in Eden. Ons moet daarvan eet om uit te vind in watter toestand God ons eerste geskep het voordat Hy alles NUUT maak:

Jer 18:4 En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk—soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker—maar hy het daaruit weer ‘n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak.

Rom 8:20 Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het.

Die “lot” van die eerste natuurlike skepping is NIETIGHEID en MISLUKKING – IN DIE HAND VAN DIE POTTEBAKKER! Dit is Pottebakker wat dit so gemaak het, maar Hy is nog nie klaar met die pot nie. Ons kan net God ken as ons hierdie skeppingsproses van God kan sien en verstaan. God gaan ALMAL NUUT maak – sonder verdienste!!!! Maar ons moet eers ons eerste skepping herken en erken. Ons moet die openbaring van Jesus gegee word en net die Vader kan ons dit gee – niemand anders nie. Die wysheid van die Vader leer ons dan om die “getal” of “lot” van die dier te kan “bereken” – dit kos ‘n prys:

Open 13:18 Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig.

Pred 3:18 Ek het in my hart gesê: Ter wille van die mensekinders gebeur dit, dat God hulle kan beproef, en dat hulle kan insien dat hulle in hulleself vee [diere] is.

In sal later verder gesels oor die prys wat betaal moet word.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s