Om die Waarheid te kan ken, naamlik Jesus Christus, is die grootste eer wat enigeen te beurt sal val. Dit is slegs die waarheid wat ons vrymaak van alle leuens. Die ware lewe lê in die kennis van die waarheid:
Jesus antwoord hom [Thomas]: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
Joh 14:6En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak. Joh 8:32
En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het. Joh 17:3
God inderdaad gebruik ‘n tydsame proses om die nuwe lewe totstand te bring. Dit is hoe God met ons werk sodat ons nie oorweldig word deur ons welluste, trots en eiegeregtigheid (die “ongediertes” en vleeslike ongeloof) in ons nie. Dit is hoe hierdie proses in God se ware geestelike uitverkore volk getipeer was in die hele geskiedenis van die fisiese Israel (1Kor 10:11):
Ek sal hulle [die Kanaäniete en al die vleeslike ongelowige stamme] nie in een jaar voor jou uit verdrywe nie, dat die land nie woes word en die ongediertes nie teen jou te veel word nie. Ek sal hulle so langsamerhandvoor jou uit verdrywe, totdat jy vrugbaar word en die land beërwe. Eks 23:29-30
Ons mens word maklik oorweldig deur die vleeslike “ongediertes” en ongelowige nasies binne-in ons omdat hulle so subtiel optree en ‘part en deel’ is van ons ou mens. Ons leef met hierdie dinge in ons elke dag. Maar God wil ons deur hierdie stadige proses leer om te volhard deur net op Hom te vertrou:
En ons het almal geword soos ‘n onreine, en al ons geregtighede soos ‘n besoedelde kleed; en ons het almal verdor soos blare, en ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind. En daar was niemand wat u Naam aangeroep het, wat hom beywer het om U aan te kleef nie; want U het u aangesig vir ons verberg en laat ons wegsmelt deur ons ongeregtighede.Maar nou, HERE, U is ons Vader; ons is die klei, en U is ons Formeerder, en ons almal is die werk van u hand. Jes 64:6-8
Deur julle volharding moet julle jul lewe in besit kry. Luk 21:19
Maar hy antwoord haar:
Soos ‘n dwaas praat, praat jy! Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie? By dit alles het Job nie gesondig met sy lippe nie. Job 2:10
Die Here is getrou en ons moet hierdie waarheid leer op die harde manier, soos ons al die waarhede ook leer. Niks goed kom oornag te voorskyn nie! Die geestelike skepping in ons kom nie tot stand soos die tydelike skepping nie:
Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig. Eks 20:11
Die sewende dag is anders as die ses dag-skepping:
En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het. En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak. Gen 2:2-3
Jesus en die Vader werk….ook op die sewende dag. En die vleeslike denkers kan dit net nie verstaan en aanvaar nie:
En Jesus het hulle geantwoord: My Vader werk tot nou toe, en Ek werk ook. Hieroor het die Jode toe nog meer probeer om Hom dood te maak, omdat Hy nie alleen die sabbat gebreek het nie, maar ook God sy eie Vader genoem het en Hom met God gelykgestel het. Jesus het toe geantwoord en vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie. Want alles wat Hydoen, dit doen die Seun ook net so. Want die Vader het die Seun lief en toon Hom alles wat Hy self doen. En groter werke as hierdie sal Hy Hom toon, sodat julle verwonderd kan wees. Joh 5:17-20
Die vleesmens staan verwonderd oor God se werke! Die “groter werke” is die geestelike werke van God deur Jesus Christus. Dit is ook die “groter werke” wat aan Sy ware kerk toevertrou word:
Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo—die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan. Joh 14:12
Jesus en Sy Vader kom woon in Sy kinders en hulle ervaar die “groter werke”:
Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar. Judas, nie die Iskáriot nie, sê vir Hom: Here, hoe is dit dat U aan ons U sal openbaar en nie aan die wêreld nie? Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak. Joh 14:21-23
God sal Homself uiteindelik aan almal toon, maar nou is dit net die voorreg van Sy kinders vir wie Hy die geloof skenk om te kan sien dat alles in Sy hande is. God sal nie een van Sy skepsels laat verlore gaan nie, want Hy bestier en beheer alles wat hulle moet deurgaan:
in Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werkvolgens die raad van sy wil. Efes 1:11
Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra. 1Kor 10:13
Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, wat Homself gegee het as ‘n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd, 1Ti 2:3-6
Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word; want hiervoor arbei ons ook en word ons gesmaad, omdat ons gehoop het op die lewende God wat ‘n behouder is van alle mense, insonderheid van die gelowiges. 1Ti 4:9-10
Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek God is, en daar is geen ander nie; Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie; wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen; Jes 46:9-10
Dit is in ons tyd van swakheid (wanneer ons geen vertroue in vlees het nie) dat ons eers kan sien en erken dat Christus ons sterkte is deur die geloof wat Hy aan ons skenk:
Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus; deur wie ons ook deur die geloof die toegang verkry het tot hierdie genade waarin ons staan; en ons roem in die hoop op die heerlikheid van God. En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk, en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop; en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is. Want toe ons nog swak was, het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterwe. Rom 5:1-6
En Hy het ‘n bietjie verder gegaan en op sy aangesig geval en gebid en gesê: My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil. Mat 26:39
Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy ‘n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen. Wantdeurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek word. Heb 2:17-18
Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tydgehelp te word. Heb 4:15-16
Hy wat in die dae van sy vleesgebede en smekinge met sterk geroep entrane aan Hóm geoffer het wat Hom uit die dood kon red, en ook verhoor isuit die angs— Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het; en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, ‘n bewerker van ewige saligheid geword. Heb 5:7-9
“Gebede….smekinge….trane….dood….angs….” was ALLES deel van Jesus se vlees. Hy moes alles deurgaan wat ons nou deurgaan en daarom is Hy MET ons:
Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons. Mat 1:23
Want Hy, Hy weet watter maaksel ons is, gedagtig dat ons stof is. Die mens—soos die gras is sy dae; soos ‘n blom van die veld, so bloei hy. As die wind daaroor gaan, is dit nie meer nie en sy plek ken hom nie meer nie. Psa 103:14-16
God gebruik egter hierdie tydelike skepping om daaruit die nuwe skepping na vore te bring. Deur die dood van Jesus is dit ook duidelik dat die vernietiging van die vlees nuwe lewe bring:
en dat Hy [God] deur Hom [Jesus] alles met Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis—ek sê deur Hom—die dinge op die aarde sowel as die dinge in die hemele. Ook julle wat vroeër vervreemd was en vyandig gesind deur die bose werke, het Hy nou versoen in die liggaam van sy vlees deur die dood, om julle heilig en sonder gebrek en onberispelik voor Hom te stel; Kol 1:20-22
Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel. Heb 2:14
Terug pieng: Temas | "Is en Wat Was en Wat Kom" – die onbekende karakter van Jesus Christus en Sy Woord