Die ware Kerk van Christus word ALTYD vervolg

H________ skryf:

Hello Larry, dankie Jesus Christus laat Hy mense gebruik om die Waarheid te openbaar deur werkers soos jy! baie is geroep maar min is utverkies…God se raad sal staan! ek kan getuig daarvan.

so baie dien ander Jesuse sonder dat hulle weet!

aan jou vrugte sal jy geken word! God stuur dwalling en valse profete word aan hul vrug geken.

hulle is om elke draai en kerk.
ek vind nie eers n kerk waar hulle nie is nie!

hulle woord is vlak en troebel.God se Woord is diep. vol skatte en beloftes. waar kry ons Jesus se waare Kerk?

mag God met my wees!
Amen jou broer in Jesus Christus

——–

Hello broer H______

Jou woorde maak my hart baie sag. Wat kan ek sê behalwe alle eer aan ‘n wonderlike Vader wat deur Jesus Sy Woorde aan ons bekend maak:

Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het, wat getuig het van die woord van God en die getuienis van Jesus Christus alles wat hy gesien het. Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby. Open 1:1-3

Johannes is ‘n tipe van ons wat in hierdie leeftyd (“wat gou moet gebeur” / “die tyd is naby”) die waarheid en “openbaring van Jesus Christus” vanaf die Vader ontvang. Jesus het gekom in die gees van die Vader in Sy kinders se harte en hierdie Jesus stel ons instaat om in Sy Woorde te kan groei en ook dan die “hele waarheid” te kan “dra”:

Nog baie dinge het Ek om aan julle te sê, maar julle kan dit nou nie dra nie. Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig. Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig. Alles wat die Vader het, is myne; daarom het Ek gesê dat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig. Joh 16:12-15

Jesus en die Vader kom nie in ‘n derde persoon na ons nie – Nee, hulle kom self:

Judas, nie die Iskáriot nie, sê vir Hom: Here, hoe is dit dat aan ons U sal openbaar en nie aan die wêreld nie? Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak. Joh 14:22-23

Hulle woon in ons deur die gees van die Vader en hier is hoe ons die gees van die Vader in ons kan herken:

Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe. Joh 6:63

Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid. Joh 17:17

Jy vra waar ons die ware kerk van Christus kry? Die ware kerk is waar Christus en Sy Vader woon – in die tempel van God:

Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie? 1Ko 3:16

Die Vader en die Seun woon deur die Woord (wat gees en waarheid is) in die harte van Sy ware kerk:

God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid. Joh 4:24

Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe. Joh 6:63

Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid. Joh 17:17

Net soos die koninkryk van God nie deur fisiese dinge gesien kan word nie, net so word die kerk van Christus nie deur fisiese dinge soos geboue en hierdie derglike dinge uitgewys nie:

En toe Hy deur die Fariseërs gevra is wanneer die koninkryk van God sal kom, het Hy hulle geantwoord en gesê: Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie. En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle. Luk 17:20-21

Die kerk van Christus was nog nooit groot getalle en groot mooi geboue nie:

Want baie is geroep, maar min uitverkies. Mat 22:14

Die kerk van Christus word nie aanvaar deur die wêreld en hulle populêre media- en kommunikasie-kanale nie – Jesus het self so gesê:

En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. Mat 10:22

Selfs die eerste apostels en die ware leer van Christus was deur gemeentes verwerp toe die getalle so toeneem dat daar ook kompetisie onder leiers en volgeling gekom het. Die Skrifte wys duidelik dat die afvalligheid reeds in die tyd van die eerste apostels begin het. Kom ons kyk na ‘n paar voorbeelde.

Paulus was byvoorbeeld verlaat deur al die gemeentes wat hy gestig het in Asië. Hy skryf aan Timotheus die volgende:

Jy weet dit dat almal wat in Asië is, hulle van my afgekeer het, onder wie Figéllus en Hermógenes is. 2Ti 1:15

Persone IN die gemeentes het selfs teen Paulus gewerk en mense agter hulle gekry waarvan Alexander, die kopersmid, ‘n voorbeeld was:

Alexander, die kopersmid, het my baie kwaad aangedoen. Mag die Here hom vergeld na sy werke! Jy moet ook vir hom oppas, want hy het ons woorde sterk teëgestaan. In my eerste verdediging het niemand my bygestaan nie, maar almal het my verlaat. Mag dit hulle nie toegereken word nie! 2Ti 4:14-16

Ons weet hoe die gemeente in Korinthe, wat deur Paulus self begin was, sy apostelskap bevraagteken het en valshede oor hom verprei het:

Is ek nie ‘n apostel nie? Is ek nie vry nie? Het ek nie Jesus Christus, onse Here, gesien nie? Is julle nie my werk in die Here nie? As ek vir ander geen apostel is nie, is ek dit tog seker vir julle, want julle is die seël op my apostelskap in die Here. 1Kor 9:1-2

Johannes was ook misken deur sy eie mense wat eerder agter ander meer populêre leiers, soos Diótrefes, aangeloop het. Hierdie selfaangestelde leiers praat altyd sleg van die ware dissipels en leiers in God se ware kerk:

Ek het aan die gemeente geskrywe, maar Diótrefes, wat onder hulle die eerste wil wees, steur hom nie aan ons nie. Daarom, as ek kom, sal ek hom herinner aan die werke wat hy doen deur met slegte woorde teen ons uit te vaar; en hiermee nie tevrede nie, ontvang hy nie alleen self die broeders nie gasvry nie, maar verhinder ook die wat dit wil doen en werp hulle uit die gemeente. 3Jn 1:9-10

Johannes se verbanning na Patmos kan nie losgemaak word van hierdie vervolging en verdrukking vanuit sy eie gemeentes nie:

Ek, Johannes, julle broeder en deelgenoot in die verdrukking en in die koninkryk en lydsaamheid van Jesus Christus, was op die eiland wat Patmos genoem word, ter wille van die woord van God en om die getuienis van Jesus Christus. Open 1:9

Maar God se een ware gemeente het nog nooit geswig of gewankel voor hierdie afvalliges en hulle dooie en valse evangelie, en hul valse leerstellings – tot vandag:

Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God. Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is [Openbaring 1:1]. En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots [“die openbaring van Jesus Christus” as Here en Verlosser van almal] sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. Mat 16:15-18

Ek hoop ek was van hulp broer.

In Christus

Larry

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

1 Response to Die ware Kerk van Christus word ALTYD vervolg

  1. Terug pieng: Temas | "Is en Wat Was en Wat Kom" – die onbekende karakter van Jesus Christus en Sy Woord

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s