Volgens die raad van Sy wil (Deel 3)

Volgens die raad van Sy wil

(Het die mens ‘n “vrye” wil?)

deur Mike Vinson

(vertaal en aangepas in Afrikaans deur Larry Groenewald)

Deel 3 – Het Petrus saamgestem met Christus?

2Pe 3:9 Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.

Inderdaad moet ons almal elke dag keuses ten gunste van dit wat goed is teenoor dit wat boos is. Maar dit blyk dat die God van die heelal, die God wat nie net lig geskep het om ons uit die duisternis te bring nie, Hy is ook die Skepper van die einste duisternis waaruit ons moet kom.
Die God wat die goeie geskep het wat ons moet kies, is ook die God wat die bose geskep het wat ons moet weier:

Jes 45:7 wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen.

Hierdie is diepgaande skrifte wat doelbewus vermy word deur die grootste deel van die Christendom. Ek moet daardie stelling herbewoord want die skriftuurlike waarheid is dat hulle nie hierdie Skrifwoord vermy nie; die waarheid, volgens Christus, is dat God hulle verblind vir hierdie Skrifte, en hulle weet nie eens dat dit in die Bybel is nie. Omdat hulle verblind word deur God, selfs wanneer hulle na die Skrifte gewys word, kan hulle nog steeds nie sien wat daar staan nie: “….aan hulle is dit nie gegee….om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken nie” (Mat 13:11).

Aan wie is dit nie gegee is om die verborgenhede van die koninkryk te ken nie?

“Al hierdie dinge het Jesus deur gelykenisse vir die skare gesê, en sonder gelykenis het Hy vir hulle niks gesê nie” (Mat 13:34). Vir watter doel het Christus in gelykenisse gepraat? “… sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.” (Mat 13:15). Hier is die manier hoe Markus dit stel: “en sonder gelykenis het Hy tot hulle nie gespreek nie; maar afsonderlik het Hy vir sy dissipels alles uitgelê.” (Mar 4:34).

Ek het reeds aangehaal Mat 21:45, maar laat ons duidelik wees dat die “hoëpriester en die Fariseërs” en “wetgeleerdes en Fariseërs” inderdaad ingesluit is in diegene met wie Christus net in gelykenisse gepraat het: “…aan hulle is dit nie gegee….om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken nie” (Mat 13:11). Hier is dit weer….

Mat 21:45 En toe die owerpriesters en die Fariseërs sy gelykenisse hoor, het hulle begryp dat Hy van hulle spreek.

“Wie is hierdie mense wat weier om die troue aandete te kom?”

Die antwoord is: dit is diegene aan wie Christus hierdie baie gelykenisse vertel het. Dit is hulle aan wie dit nie gegee is om te “weet”, of te “sien”, of te “hoor”, of te “bekeer” of “gesond” te word.

Hoekom is hierdie dinge nie aan hulle gegee nie, terwyl aan die ander kant word ons vertel “want dit is aan julle gegee om te weet…maar aan hulle is dit nie gegee nie…julle oë is gelukkig, omdat hulle sien; en julle ore, omdat hulle hoor “(Mat 13:11 en 16).
Die antwoord is: God het so besluit, nie “voordat die wêreld was” nie, maar voor “chronos aionios” (Griekse terme vir tye en eons). Dinge was voorbeskik deur God ooreenkomstig die voorneme van “Hom wat alles werk volgens die raad van SY wil” (Efes 1:11). So ook is ons roeping tot redding:

2Ti 1:9 wat ons gered en geroep het met ‘n heilige roeping, nie volgens ons werke nie, maar volgens sy eie voorneme en genade wat ons van ewigheid [Grieks: “chronos aionios”] af in Christus Jesus geskenk is.

Johannes die Doper het dieselfde owerpriesters, wetgeleerdes en Fariseërs vermaan om te bekeer “tot vergifnis van sondes” (Luk 3:3). As die skare, insluitend die skrifgeleerdes en wetgeleerdes en Fariseërs, berou gehad en hulle bekeer het sou die kruisiging van Christus nooit plaasgevind het nie, en ons sal geen Heiland gehad het nie.

Maar dinge word nie aan die toeval oorgelaat deur God nie.

Diegene wat Christus gekruisig het, beskou nie hulself as robotte nie, net soos ons ook nie onsself as robotte sien nie. Robotte is inderdaad nêrens in die Skrif te vinde nie. Die Skriftuurlike woord vir ons almal is baie meer basies en baie eenvoudiger as ‘n robot. In God se oë is ons niks meer as ‘n bietjie klam stof nie. Ons is klei, en God is die Pottebakker. Hier is God se woorde aan elkeen van ons:

Jer 18:4-6 En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk—soos dit gaan met klei [die eerste Adam] in die hand van die pottebakker [dit is God]—maar hy het daaruit weer ‘n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak. 5 Toe het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: 6 Sal Ek nie soos hierdie pottebakker met julle kan maak nie, o huis van Israel? spreek die HERE. Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, o huis van Israel!

Alles dit lê binne die raamwerk van die vermaning om tot bekering te kom, maar in dieselfde asem word ons vertel dat dit God is wat die eerste skepsel maak wat “misluk…in die hand van die Pottebakker” en dan vervang met ‘n ander voorwerp “soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak”.

Dit is in ooreenstemming met hoe die eerste Adam [dit is ons] uit die hand van die Skepper, die Potterbakker, na vore kom. Adam [ons] was naak, wat beteken ons is ellendige sondige skepsels, volgens Openbaring 3 vers 17:

Open 3:17 Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie.

Ons is uit die stof en in verganklike geskep deur God. Slange eet nie letterlik stof nie (slange is karnivore), maar die Satan voed hom beslis met die vlees van mense. “Stof moet jy eet” was die voedsel van die Satan sedert Adam geskep was. Ons het almal naak uit die hand van die Skepper gekom – sondig, stoflik en verganklik. Enigeen wat glo dat Adam nooit dood sou gaan as hy nie geëet het van die boom van die kennis van goed en kwaad nie, is van mening dat vlees onverganklik is en wel vir ewig kan lewe.

‘n Mens moet eet van die boom van die lewe om vir ewig te kan lewe. Die eerste Adam het dit nooit gedoen nie. Adam het nie gesterf en verganklik geword omdat hy geëet van die boom van die kennis van goed en kwaad nie. Adam was sondig en hy was geestelik naak, want hy was geskep in verganklikheid en dit is wat die vlees is – dit is van die stof en Adam was ‘n sterwende wese: “want die dag as jy daarvan eet, sterwend sal jy sterf” (Gen. 2:17). Die Hebreeuse woord “mûth” beteken om te sterf en die woord word herhaal in God se oorspronklike woorde aan Adam. “Sekerlik sterwe” is ‘n swak vertaling want dit steek die oorspronklike waarheid van Adam se kondisie weg wat tot soveel valse leerstellings geleie het.

Min mense weet dat die boom van die kennis van goed het dieselfde wortel as die boom van die kennis van die kwaad. Gevolglik is hulle verward hoekom Kain se offer aan God verwerp was. Kain het “van die vrugte van die land [die grond] aan die HERE ‘n offer gebring.” (Gen 4: 3).

Daar is ook inderdaad min wat oë gegee is om te sien dat dit God was wie self die boom van die kennis van goed en kwaad geplant het. Nog minder kan sien dat beide goed en kwaad dieselfde wortel het.

Maar daar is nog baie meer hier geopenbaar in hoofstuk twee van Genesis:

Gen 2:9 En die HERE God het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van die kennis van goed en kwaad.

Die waarheid wat blyk om die minste verstaan te word is dat selfs die boom van die lewe gespruit het “uit die grond”. Die waarheid van hierdie eenvoudige stelling ontbloot die leuen van die Satan: “Julle sal gewis nie sterwe nie.” (Gen 3: 4). Satan het die eerste Adam oortuig van ‘n leuen wat verskans is in Adam se kinders van die begin af. Die waarheid is dat die leuen wat Satan aan ons ouers vertel het, dieselfde leuen is wat hy aan ons vertel: ” Julle sal gewis nie sterwe nie.” Maar Christus sê vir ons:

Joh 11:25 ……Ek is die opstanding en die lewe…..

Dit is waarom Christus in die vlees moes kom en deel te neem aan ons aardse, stowwerige samestelling: “die HERE God het allerhande bome uit die grond laat uitspruit… ook die boom van die lewe” (Gen 2:9).

Beide bome groei uit die grond. Wat hierdie vir ons wil vertel is dat ons oor onsself is: “dat hulle [die mensdom] kan insien dat hulle in hulleself vee [diere] is” (Prediker 3:18). Paulus stel dit so: “… Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike. Die eerste mens was uit die aarde, aards [selfs Christus, die boom van die lewe], die tweede mens is die Here uit die hemel” (1 Kor 15: 46-47).

Die Skrif leer ons dat Christus het EEN MAAL gesterf het om die sondes van die wêreld weg te neem, en “net soos die mense bestem is om EEN MAAL te sterwe en daarna die oordeel.” (Heb 9: 26-27). Ons is verganklik, en ons is nie ‘geeste met ‘n fisiese ervaring’ nie. “Stof is jy”, en jy is ook bestem om ‘n geestelike ervaring te beleef, maar eers nadat Christus in ons lewens kom. Wanneer Hy ons lewens betree, ontvang ons Sy “gees van die belofte…wat die onderpand is van ons erfdeel” (Efes 1:13-14): “nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is” (1Joh 3: 2). Ons moet nog die vlees afsterf hier en nou. Ons moet nog verander word “in ‘n oomblik, in ‘n oogwink” want “vlees en bloed sal nie die koninkryk van God kan beërwe nie” (1Kor 15:50). Redding is nie inherent ons s’n nie en dit kom nie van binne nie – dit is eerder buite ons en wel in Christus en dit kom van Hom in ons en dan vind die verandering van ons plaas.

Die kern van hierdie hele onderwerp is dat dit is “die Here wat alles maak en laat groei. Alles is van God – die boom van die kennis van goed en kwaad en die boom van die lewe. BEIDE laat die Here groei. En hulle het albei hul begin “uit die grond”, nie uit die gees.
Die uitverkorenes word gered “deur middel van die dood” (Heb 9:15 & 27), nie om die dood vry te spring nie. Dit is hoe “lewe” kom “uit die grond”.

Dit is alles ‘n perfekte prentjie van geestelike tipes:

Efes 2:8-10 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. 10 Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.

Christus is ons offer – Hy stort sy bloed vir ons toe ons nog swak was en “toe ons nog sondaars was” (Rom 5:8). Diegene wat die meester se huis vul by die bruilofsfees is nie diegene wat self gekies het om die troue by te woon nie:

Luk 14:23 Toe sê die heer vir die dienskneg: Gaan uit op die paaie en na die lanings en dwing hulle om in te kom, sodat my huis vol kan word.

Wie vul die meester se huis vir die troue?

Dit is die mense wat gedwing word en gesleep na die troue. Dit is wat die Skrif oral leer.
Ons dra nie eens die geloof by tydens ons roeping nie…”dit is ‘n gawe van God.” Ons is gesleep en gedwing om Christus te aanvaar. Die Grieks vir “dwing” hier in Lukas 14:23 is “anagkazo” (Strong se #315). Dit kom nege keer voor in die Nuwe Testament en het nog nooit iets ingesluit wat naastenby kom by die konsep van ‘n “vrye wil” of dat die mens ‘n “vrye morele agent” is nie.

“Anagkazo” is dieselfde woord in Hand 28:19: “….was ek verplig om my op die keiser te beroep… “. Paulus wou nie hom beroep op die keiser nie. Hy was “verplig” om dit te doen. In al nege gevalle word dieselfde betekenis aan die konsep gekoppel. Diegene wat geraak word deur “verplig” te word is nooit die inisieerders van die optrede teenoor hulle nie. “En in al die sinagoges het ek hulle dikwels gestraf en gedwing om te laster…” (Hand 26:11).
Nog ‘n Skrif sê vir ons wie dit is wat die meester se huis by die troue aandete sal vul:

Joh 6:44 Niemand kan [kies om] na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.

Baie min Christene is daarvan bewus is dat die Griekse woord wat hier vertaal word as “trek” in Johannes 6 vers 44 vertaal moet word as “sleep”. Die Griekse woord is “helkuo” (Strong se #1670). Dit kom agt keer voor in die Nuwe Testament. Elke keer as hierdie woord gebruik word, is dit insiggewend omdat ons beter kan verstaan presies hoe God die Vader ons “trek” na “die troue” en “die aandete”. Kom ons begin aftel:
8) Jak 2:6 Maar julle het die arm man oneer aangedoen. Is dit nie juis die rykes wat julle oorweldig en julle voor die regbanke sleep nie?

7) Hand 21:30 Toe kom die hele stad in beweging, en daar was ‘n oploop van die volk; en hulle het Paulus gegryp en hom buitekant die tempel gesleep; en dadelik is die deure gesluit.

6) Hand 16:19 En toe haar eienaars sien dat die hoop van hulle wins weg was, het hulle Paulus en Silas gegryp en hulle na die mark voor die owerheid gesleep.

5) Joh 21:11 Simon Petrus het in die skuit geklim en die net op die land getrek, vol groot visse, honderd drie en vyftig in getal; en alhoewel daar so baie was, het die net nie geskeur nie.

4) Joh 21:6 En Hy sê vir hulle: Gooi die net aan die regterkant van die skuit, en julle sal kry. Hulle het toe gegooi en deur die menigte van visse was hulle nie meer in staat om dit te trek nie.

3) Joh 18:10 – Voordat ek hierdie Skrif aanhaal, laat my sê dat dit my sterkste begeerte is om te vermy wat Petrus hier doen. Dit is tipies van oorywerige Christene om die swaard (die Woord van God) soos Petrus hier te gebruik, en dit is moeilik vir iemand om te hoor as sy of haar “gehoor” afgesny word deur die swaard. Die dienskneg van die hoëpriester was natuurlik nie “gesleep” deur die Gees na Christus. Tog is daar ‘n geestelike boodskap in hierdie en in elke voorval wat in die Skrif genoem word. Die les hier is as God se Woord (die swaard) gebruik word op ‘n siel wat nie voorberei of belangeloos is, word die persoon se vermoeë om te kan hoor weggeneem. Diegene wat nie “gesleep” word deur die Gees van God nie, maar nog steeds gedwing word om te luister deur ‘n oorywerige jong bekeerling om te kyk na skrifte wat hulle nog nooit gesien en nie wil sien nie, eindig sonder “ore om te hoor” (Mat 13:13). Maar Christus het dienskneg van die hoëpriester se oor teruggeplaas. Ek persoonlik wil graag dink dat hierdie geval juis geskryf was om ons te wys dat die dienaar slegs die vermoë kry om die woorde van verlossing te hoor van die Een wat in staat is om alle mense na Homself te trek (Joh 12:32), elkeen in sy eie orde (1Kor 15:22 en 23).
Maar nou terug na Johannes 18:10:

Joh 18:10 En Simon Petrus wat ‘n swaard gehad het, het dit uitgetrek en die dienskneg van die hoëpriester geslaan en sy regteroor afgekap. En die naam van die dienskneg was Malchus.

Swaarde besluit nie om uit hul skede te spring nie, net so min as wat visse besluit om land toe te kom of om in bote te spring. Dit is God wat ons vertel dat ons die oë gegee word om te sien en die ore om te hoor. As ons nie sien en verstaan nie is die enigste rede daarvoor dat ons nie die oë en ore gegee is deur God om te sien en te hoor nie “…om nie die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken nie” (Mat 13:11-16).

2) Joh 12:32-33 En Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal almal na My toe trek. 33 En dit het Hy gesê om aan te dui hoedanige dood Hy sou sterwe.

Is Christus ook nie opgehef aan die kruis tydens Sy kruisiging nie? Natuurlik was Hy op die manier “verhoog”. Deur die vurige tugtiging en die geseling van Sy genade, sal God elkeen wat ooit gebore was na Hom toe trek: “Want so lief het God die wêreld gehad [toe ons nog swak was], dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 17 Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. Joh 3:16-17. Is hierdie net ‘n flou wens van die Here se kant, of is dit wat waarlik gaan gebeur? “…..sou buig elke knie … en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader” (Fil 2:10- 11).

1) Joh 6:44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie…..

Daar is geen twyfel dat baie Christus gevolg het voor Sy kruisiging, net soos wat hulle gedoen het na Sy opstanding….3000 het op een dag tot Hom gekom. Maar hulle was nie getrek na Hom deur die Vader nie. In plaas daarvan, het Hy hulle oë gegee om nie te sien nie, ore om nie te hoor nie, en verharde harte sodat hulle nie sou bekeer en Hy hulle genees nie.

Dit is die agtste keer dat die woord “trek” verskyn in die hele Nuwe Testament. Weereens word ons gewys dat dit die Here God is wat “allerhande bome…die boom van die lewe…en die boom van die kennis van goed en kwaad” laat uitspruit en groei (Gen 2:9).

Dit is die ware rede waarom die Jode Christus verwerp. Dit is die werklike rede waarom die meeste mense (tydelik) ‘verlore’ is in hierdie eeu. Dit is ook die rede waarom die Christendom oor die algemeen sal weier om die huwelik by te woon.

Hier is ‘n paar duidelike tekste met betrekking tot God se metodes van werking.

Efes 1:11 in Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil,

Efes 2:8 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit [die geloof] nie uit julleself nie: dit is die gawe [aan júlle gegee] van God.

Paulus vergelyk hierdie gawe van geloof met God wie aan ons barmhartigheid bewys: “So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is. (Rom 9:16).

Dit is ‘n baie duidelike en tog heel eenvoudige verklaring wat die valse leer van die mens se “vrye wil” uitwis. Dit word voorafgegaan deur hierdie verklaring van Hom wat “alles werk volgens die raad van sy wil”: “…Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees het…”. God dring daarop aan dat ons moet verstaan dat ons feitlik niks te doen het met ons roeping en ons trekking deur Hom. Dit is alles deur Sy “uitverkiesing” en “die raad van sy wil” (Efes 1:11).

Die lewe wat ons “nou in die vlees lewe [is nie a.g.v. ons keuse nie, maar] deur die geloof in die Seun van God” (Gal 2:20) “dit [die geloof VAN Christus] nie uit julleself nie: dit is die gawe van God” (Efes 2:8). Dit is die geloof van die Seun van God, nie van jou of my of enige ander mens nie, maar die geloof van Christus.

“En die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep …” (Rom 8:30). “So hang dit dan nie af van die een wat wil … maar van God wat barmhartig is” (Rom 9:16) is in hierdie konteks: “Want toe die kinders [Jakob en Esau] nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie, dat die voorneme van God volgens die verkiesing [voor hulle ooit ‘n kans gehad het om die goeie te kies en die bose te weier] [uitverkiesing – Rom 8:30 en Efes 1:11] kon bly staan…soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad, maar Esau het Ek gehaat”(Rom 9:11 en 13). Dit is voor hulle gebore was, en hierdie woorde is geskrywe aan ons as ‘n waarskuwing. Dit is dus nie ‘n uitsondering op die reël nie – hierdie geval van Jakob en Esau was nie ‘n uitsonderlike geval. Dit sê vir ons geskryf om te weet dit is hoe God ALLES werk “na die raad van sy wil.”

Vir Paulus, en ook vir ons, klink dit so onregverdig en onredelik. “Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God…?” (Rom 9:14). Paulus gaan dan direk oor om die totale soewereiniteit van God te beskryf: “Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is.” (Rom 9:15-16). Dit alles versterk die volgende waarheid waarvan Paulus deeglik bewus was: “Ek [God] skep die onheil” – dit is die bose / dit wat onheilig is God se skepping (Jes 45:7). Paulus koppel dit direk aan die feit dat God Esau gehaat het voordat hy selfs gebore was: ook “…Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde. Daarom betoon Hy barmhartigheid (trek) aan wie Hy barmhartig wil wees en Hy verhard [verblind] diegene soos Hy dit wil doen (Rom 11:17) sal hê.

Maar leer die Skrif nie dat blindheid is afkomstig van “die god van hierdie wêreld”? Natuurlik, “die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld (“aion” = tydperk) die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie” (2 Kor 4: 4). Dit is dieselfde rede waarom Christus in gelykenisse gepraat het “sodat hulle nie sou bekeer en Ek hulle genees nie” (Mat 13:15). Wie stuur die god van hierdie wêreld om die sinne van die ongelowiges te verblind? “Hy [God] het hulle oë verblind en hulle hart verhard, sodat hulle nie met die oë sou sien en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.” (Joh 12:40).

En weer: “God het hulle gegee ‘n gees van diepe slaap, oë om nie te sien nie en ore om nie te hoor nie, tot vandag toe.” (Rom 11:8). Dit is wat Paulus bedoel het twee hoofstukke vroeër waar hy sê: “So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is. Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde. So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil.” Rom 9:16-18

Siende dat God Farao se hart verhard het voor Moses teruggekom het in Egipte (Eks 4:21), siende dat dit God is wat mense se oë verblind en hul ore stop, en siende dat dit ook Hy is wat die mag gegee het aan die moordenaars van Jesus om hul kwaad te doen, want niemand is in staat om Hom te weerstaan nie (2Kron 20:6), waarom verwyt Hy dan ons en vind Hy nog fout?

Met ander woorde, as die mense wat nie gekies het om die troue of die aandete by te woon nie, die wil van God vervul, en as diegene wat wel bywoon dit doen teen hulle wil en deur tugtiging en geseling die troue aandete bywoon, waarom vind God dan nog fout?

Is Paulus besig om homself en die “hele inhoud” van die Skrif te weerspreek deur te sê dat God fout vind met sondaars omdat hulle kies om hul oë te sluit, het hulle besluit om hul ore te stop, hulle die gees van diepe slaap wil hê, het hulle gekies het om hulle harte verhard, en hulle verkies om nie die bruilof by te woon nie?

Nee, dis nie sy antwoord. Hy bestraf ons eers vir ons onkunde:

Rom 9:20 Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel [Esau, Farao, diegene wat weier om die bruilofsfees by te woon, jy en ek] kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie?

Paulus het besef dat diegene wat berou het en gekom het na Christus dit slegs doen omdat hulle ‘n werk van God ervaar omdat dit Hy is wat hulle oë en ore open. Dit is God wat hulle opwek uit hul slaap en hulle na Hom trek omdat hulle hul desperate behoefte aan ‘n Verlosser kan sien en verstaan. Hier is hulle wat die sitplekke op die troue aandete sal vul:

Mat 11:5 blindes sien weer en kreupeles loop, melaatses word gereinig en dowes hoor, dooies word opgewek en aan armes word die evangelie verkondig.

Hoekom was hierdie mense blind, kreupel, melaats, doof en arm? Die antwoord is omdat hulle getrek (gesleep) was na Christus. Dit is alles absoluut ongeneeslike toestande wat ‘n “pad na Damaskus”-ervaring vereis om hulle te genees. Ons almal word op ons eie manier neergevel tot die grond sodat ons ook die helder lig kan sien en ons kan uitvind dat ons eintlik geestelik blind was.

God sê vir ons van ons wandel met Hom:

Heb 12:6 want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem.

Hand 14:22 en die siele van die dissipels versterk en hulle vermaan om in die geloof te bly deur te sê: Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan.

Rom 8:17 en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.

Paulus se ervaring op die pad na Damaskus is nie gegee om ons te vertel hoe uniek Paulus was, dit is eerder ‘n waarskuwing aan ons. Enigiemand wat dink hy kan sien en dat hy God ken, ken Hom eintlik nie as hy slegs ‘n ywerige dissipel is van ‘n georganiseerde kerk, net soos Paulus (Saulus) was. Diegene wat werklik Christus ken, lees Sy woord vir hulleself. Jesus Christus self slaan ons neer teen die grond en Hy “tugtig…en kasty elke seun wat Hy aanneem.” Hy bring hulle tot die punt om te kan sien hoe blind hulle is terwyl hulle in diens gestaan het van die afvallige kerkorganisasies. Wanneer ons bewus gemaak word van ons blindheid, kan ons verseker weet dat Hy ons ook die oë sal gee om Sy geestelike dinge te kan sien.

Ons moet gebring word om te verstaan dat ons, op ons eie, so goed as dood is. Ons moet onsself sien as hopeloos lam, ongeneeslik melaats en stokdoof. Dan word ons ‘gesleep’ na Christus. Dan het ons ‘n persoonlike ervaring en verhouding met die enigste Hoof van die kerk. Ons kan dan ook uiteindelik onsself sien as die tempel van God want Hy woon nou in ons. Die wilde diere (van Prediker 3:18) is uitgewerp uit die tempel. Ons dien die dier nie meer. Ons het oorwinning oor die merk van die dier, die mens van sonde:

Open 13:18 Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig.

Daar kan of kan nooit weer ‘n fisiese tempel gebou word in aardse Jerusalem. Maar nóg die tempel of die dier waarmee God Homself mee besig hou, is gebou met mensehande. “Wie die verstand het” sal sien dat ons stryd is geestelik van aard (Efes 6:12). Kennis van die tyd van die verskyning van ‘n sekere man, sy geboortedatum en sy naam en straatadres, sal niks beteken vir enigeen indien die geestelike dier nog aanbid word in ons eie lewens nie – die enigste ware tempel van God.

“Om die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede” (Rom 8: 6). Die ware tempel is ‘n geestelike tempel, nie met hande gemaak. Dit is beset deur die dier vanaf die oomblik van geboorte. Dis hoekom Johannes, tweeduisend jaar gelede kon sê “die tyd is naby” (Open 1:3). “Hy maak dat aan almal, klein en groot, ryk en arm, vrymense sowel as slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde” (Open 13:16). Twee duisend jaar gelede Christus het gesê “die tyd is naby”.

Ons behoort almal in een van daardie groepe: óf klein, groot, ryk en arm, slawe of vrymanne.

Wie is diegene wat op die see van glas staan wat gemeng is met vuur voor die troon van God?: Dit is die oorwinnaars oor die dier [in hulself – Prediker 3:18], oor sy beeld [afvallige kerke wat beweer dat hulle Christelik is en in werklikheid in die beeld van die eerste vreeslik Adam is en opereer] en oor sy teken [op hulle regterhand en hulle voorhoofde] en oor die getal van sy naam [“dit is die getal van ‘n mens…”] en hulle het die lied gesing van Moses (Open 15: 2-3).

Hoekom sing hulle die lied van Moses”? Dit is omdat hulle, soos Israel van ouds, ‘gesleep” was na God. Israel het nie hulself uit Egipte gered nie.

Hos 11:1-2 Toe Israel ‘n kind was, het Ek hom liefgehad, en uit Egipte het Ek my seun geroep. 2 Hoe meer die profete [Moses en Aäron] hulle geroep het, des te meer het hulle van húlle af weggeloop; hulle het aan die Baäls geoffer en vir die gesnede beelde rook laat opgaan.

Israel het voortdurend terugverlang na Egipte en gewens dat hulle dit nooit verlaat het nie. By die eerste geleentheid, toe Moses op die berg veertig dae gebly het, het die volk teruggegaan na die afgodediens waaraan hulle so gewoond was.

Die punt is dat Israel God nie gekies het nie; God het “Israel na die vlees” gekies. “Hoe meer die profete hulle geroep het, des te meer het hulle van húlle af weggeloop.”
Is dit dieselfde onder die nuwe verbond?

1Kor 10:11 Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.

So hoekom het al hierdie dinge gebeur met “Israel na die vlees”? “En hierdie dinge was [vir] ons voorbeeld … Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde [#5179 – Griekse woord is “tupos” = tipes] en geskryf waarskuwing aan ons op wie die eindes [Grieks – telos #5056 – die voorafbepaalde einde of uitkoms] van die wêreld [Aion #165 – eeu /tydperk = ‘n lang of kort leeftyd of ‘n lang of kort tyd]. Nooit in die Skrif is die Griekse woord “aion” ooit gebruik om die ewigheid of eindelose tyd aan te dui nie. Meer hieroor later.

Vorige artikels in die reeks:

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/04/20/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-1/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/04/21/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-2/

 

Die oorspronklike Engelse weergawe kan HIER gevind word.

Advertisements
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s