Volgens die raad van Sy wil
(Het die mens ‘n “vrye” wil?)
Deur Mike Vinson
(vertaal en aangepas in Afrikaans deur Larry Groenewald)
Deel 4 – Leer Jakobus “vrye wil”?
Waar in die geskrifte van Matteus, Markus, Lukas, Johannes, Paulus, Petrus, Jakobus of Judas is daar selfs ‘n wenk dat die mens ‘n “vrye morele agent” is met ‘n sogenaamde “vrye wil”?
Jy kan sê: ‘hier in hierdie gedeelte sê Paulus dit omdat ons hier gewaarsku word om reg te kies’:
1Kor 10:11 Maar al hierdie dinge het hulle [Israel] oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.
Dan sal jy waarskynlik ook vra, hoekom is ons dan vermanings gegee as ons nie die vryheid van keuse het nie? Leer Jakobus ons dan nie….
Jak 1:13-14 Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie. 14 Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word.
Is dit nie skriftuurlik bewys dat die mens ‘n “vrye morele agent” gemaak was deur God nie? Maak hierdie stelling van Jakobus dit nie duidelik dat ons inderdaad ‘n vryheid van keuse het nie?
Die skriftuurlike antwoord is: absoluut nee!
Ons maak inderdaad keuses. Dit is verseker waar. Maar is dit ‘n bewys dat ons keuses “vry” is?
[Redaksie nota: Die waarheid is: Ons keuses is die resultaat wat vloei uit iets anders, of iemand wat dit veroorsaak het. Die gevolg is onlosmaaklik gebonde aan, en is afhanklik van die oorsaak – daar is ‘n oorsaaklike verband (kousaliteit of die sogenaamde “oorsaaklikheidsleer”).]
Jakobus leer ook dat ons nie eens vandag of môre se gebeure kan bepaal nie:
Jak 4:13-15 Kom nou, julle wat sê: Vandag of môre sal ons na dié en dié stad gaan en daar een jaar deurbring en handel drywe en wins maak— 14 julle wat nie eens weet wat môre sal gebeur nie. Want hoedanig is julle lewe? Dit is tog maar ‘n damp wat vir ‘n kort tydjie verskyn en daarna verdwyn. 15 In plaas dat julle sê: As die Here wil en ons lewe, dan sal ons dit of dat doen.
Klink dit of Jakobus geglo het in die mens se “vrye wil”? Let op wat Jakobus sê in die aanloop tot hierdie stelling dat “elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word”. Het hy ons dit gesê om ons te leer om te bewys dat ons totale vryheid van keuse het sonder die wil van God? Leer Jakobus ons dat ons verlossing berus op ons vrye keuse?
Hier is die hele waarheid oor wat Jakobus ons leer aangaande versoeking:
Jak 1:2-3 Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, 3 omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.
Hy verbind die behoefte aan geduld aan ‘n behoefte aan wysheid. ‘
Jak 1:4-5 Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie. 5 En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.
‘n Ongeduldige persoon is beslis nie ‘n wyse mens nie siende dat ons deur… volharding (lydsaamheid) ons lewens in besit moet kry (Luk 21:19). Nou kom ons by vers 12 van Jakobus 1: “Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.”
Nou vir die dikwels aangehaalde vers 13: Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie”. Hierdie woord “versoeking” in die Grieks is “peirazo” (Strong se nommer 3985). Dit is die enkelvoud van dieselfde woord wat gebruik word in vers twee: ” Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge (“peirosmos” – Strong se nommer 3986) val. Waarom sal Jakobus in vers twee ons sê “ag dit louter vreugde wanneer julle in allerhande versoekinge val”, en dan in vers veertien ons vertel dat “elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word?” Sê Jakobus dat ons moet bewus wees van ons eie begeertes en ons daarin geniet? Natuurlik is dit nie wat Jakobus sê nie.
As jy egter glo in ‘vryheid van keuse”, of as jy glo dat….
- jou keuses is vry van die invloede van ‘n God wat “die onheil (die bose of die kwaad) skep”, wat oë verblind en ore toestop sodat hulle nie sou bekeer, wat Esau gehaat het voordat hy gebore was, terwyl hy in die skoot van sy moeder was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie, wat harte verhard en barmhartigheid bewys aan wie Hy wil, wat verklaar dat nie afhang van die een wat wil nie, maar van God wat barmhartigheid betoon…so is Hy dan barmhartig oor wie Hy barmhartig wil wees en wie se hart Hy verhard (Rom 9:16-18);
- As jy nog steeds glo dat almal gered word “uit genade…deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God” eintlik beteken vryheid van keuse…..
…..dan moet jy beslis van mening wees dat Jakobus ook leer van ‘n “vryheid” van keuse.
Maar Jakobus het nog nooit geleer van die soewereiniteit van die mens in sy eie heil nie. Jakobus het geweet dat “die gees wat in ons woon [aan ons gegee deur God – Rom 9: 20-21] met jaloersheid begeer” (Jak 4:5). Jakobus het ook verstaan dat die oplossing was nie “vryheid” van keuse nie. Maar dat “Hy…groter genade [gee]”. Jakobus het ook geweet wat die hele betekenis van die woord genade is:
Tit 2:11-12 Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn 12 en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe,
Dit Skrif leer ons dat die genade van God ons tugtig. Die woord “leer” in vers 12 hier is regtig “tugtig”.
Jakobus 4 vers 15 verduidelik Jakobus 1 verse 13 en 14.
Dit is Jakobus wat aan ons openbaar dat hy presies die teenoorgestelde leer van die valse leer wat in die afvallige Christendom gepreek word aangaande Jakobus 1 verse 14 tot 15. Dit is nie wat die vlees sal aanvaar nie. Hier weer is die ware onderrig deur Jakobus met betrekking tot ‘vryheid’ van keuse:
Jak 4:13-15 Kom nou, julle wat sê: Vandag of môre sal ons na dié en dié stad gaan en daar een jaar deurbring en handel drywe en wins maak— 14 julle wat nie eens weet wat môre sal gebeur nie. Want hoedanig is julle lewe? Dit is tog maar ‘n damp wat vir ‘n kort tydjie verskyn en daarna verdwyn. 15 In plaas dat julle sê: As die Here wil en ons lewe, dan sal ons dit of dat doen.
En wat is sy punt? Want wat is jou lewe? Dit is selfs ‘n damp wat vir ‘n kort tydjie bestaan en dan weer verdwyn. Ons lewens is soos ‘n damp en onderhewig aan “As die Here wil.”
Dit is die leer van Jakobus met betrekking tot die onderwerp van “vrye morele agentskap” en “vryheid van keuse”. Tensy, natuurlik, as ons hardnekkige vlees wil Romeine 9 wil ignoreer: ” So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is”. En weer hier in Jakobus “wat is jou lewe”. Moet ons glo dat Jakobus leer dat God het soewereiniteit oor ons geldsake, maar hy staan terug en laat ons verlossing heeltemal aan ons oor? Nee, Jakobus leer “as die Here wil en sal ons lewe en dit of dat doen” As ons lewe in die vlees, wat ons moet almal ervaar voordat ons die geleentheid kry om Christus te kies, totaal afhanklik is van “as die Here wil”, dan is die waarheid dat ons “Sy maaksel is” ook bindend op elke aspek en keuse in ons lewens.
Hierdie lering van Jakobus oor die soewereiniteit van God in alle dinge is in ooreenstemming met die leer van Paulus dat die uitverkorenes is “voorbeskik het die aanneming van kinders volgens die welbehae van sy wil … wat voorbeskik is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat ALLES werk [Jakob Esau, Farao, ek en jy – almal uit dieselfde “klomp”] volgens die raad van sy wil “(Efes 1: 5,11). God se wil is die enigste vrye wil wat in die Skrif genoem word. Alle ander skepsels se wil is afhanklik van “as die Here wil…” (Jak 4:15). ” En as die eerstelinge heilig is [hulle in Christus], dan die deeg [diegene wat Christus verwerp in hierdie eeu] ook…[heilig]” (Rom 11:16).
Kom ons keer terug na Romeine 9. Hier vertel Paulus ons dat God “Esau gehaat het voordat hy gebore is”, terwyl hy in sy ma se baarmoeder was en nie goed of kwaad gedoen het nie sodat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan … Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat … so dan is dit NIE van die een wat wil [die mens se “vrye” wil], maar God wat ontferm… Want die Skrif sê aan Farao selfs juis hiervoor het Ek jou laat optree. Dat ek my krag kan toon in jou en dat my Naam verkondig kan word in die hele aarde. So is Hy dan barmhartig [deur sommige te sleep na Hom deur tugtiging en kastyding – Heb 12: 6)] oor wie Hy ontferm deur aan hulle te gee oë wat nie kan sien nie en ore om nie te hoor nie, sodat hulle verhard [sodat hulle nie bekeer en Ek hulle genees].
Rom 9:19 Jy [diegene wat glo in “vrye” wil – dit is beslis nie Jakobus] sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan?
Niemand!
2Kro 20:6 en hy sê: HERE, God van ons vaders, is U nie God in die hemel nie, en is U nie Heerser oor al die koninkryke van die nasies nie? Ja, in u hand is krag en sterkte, sodat niemand teen U kan standhou nie.
“Nee, maar o mens [wat weier om te erken dat ‘n mens se wil is nie ‘n “vrye” wil], wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel wat gevorm word [deur God vir verwoesting] sê vir God waarom het u [God] ons dan so gemaak? (Die mens en alle fisiese skepsels is ‘n tydelike skepping bestem vir verwoesting). Of het die pottebakker [God] mag oor die klei [man] om uit dieselfde “klomp” [die ganse mensdom] om een voorwerp [diegene Hy sleep na die troue en die aandete] tot eer en die ander [diegene wat hul uitnodiging weier om die troue en aandete by te woon; diegene wie Hy verblind; diegene wie ore gee om nie te hoor nie en hul harte verhard sodat hulle nie sou bekeer en Ek hulle genees nie] tot oneer “(Rom 9: 11-21).
Paulus sluit hierdie hoofstuk af:
Rom 9:31-32 terwyl Israel, wat die wet van die geregtigheid nagejaag het, die wet van die geregtigheid nie bereik het nie. 32 Waarom? Omdat dit nie uit die geloof was nie, maar net asof dit uit die werke van die wet was; want hulle het hul gestamp teen die steen van aanstoot.
Weerspreek Paulus homself?
Plaas die verse 11 tot 21 in Romeine 9 die verantwoordelikheid vir die verkeerde keuses van Esau en Farao op God se skouers terwyl verse 31 en 32 die verantwoordelikheid vir Israel se verwerping van hulle Messias op die skouers van Israel?
Weier fisiese Israel hul uitnodiging na die troue en die aandete sonder oorsaak? Is hul keuse om hul uitnodiging te weier gebaseer op hul “vrye” keuse?
Het God gedobbel dat die Jode Christus sou verwerp en kruisig toe Hy Sy seun na die aarde gestuur het?
Het hulle gestruikel teen die steen op grond van hul eie keuse, hul eie “vrye” wil? NOOIT!
Rom 11:8 Soos geskrywe is: God het hulle gegee ‘n gees van diepe slaap, oë om nie te sien nie en ore om nie te hoor nie, tot vandag toe.
2Kor 3:14-15 Maar hulle sinne is verhard. Want tot vandag toe bly by die lesing van die Ou Testament dieselfde bedekking [deur God daar geplaas] sonder dat dit opgelig word, die bedekking wat in Christus vernietig word. 15 Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar ‘n bedekking oor hulle hart;
Mat 13:11 … Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie.
Al hierdie verklarings en baie, baie ander, word gemaak met betrekking tot hierdie spesifieke mense wat deur Johannes die Doper en Christus gewaarsku is om “berou” te kry en te bekeer (Mat 3:2 en Mat 4:17).
Waarom dan sê Jakobus dié woorde: “elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word…? Hy sê dit omdat dit waar is. God self het ons nog nooit gedwing om te sondig nie. Hy hoef ons nie te dwing om te sondig nie. Hy het ons uit die stof gemaak – “die vlees is swak” en verganklik. Ons het op hierdie manier uit die hand van die Skepper gekom. Adam was vlees en bloed wat “nie die koninkryk van God kan beërwe nie”; en hy was op hierdie manier uit die hand van die Skepper na vore gekom.
Die volgende stelling word gemaak voordat hulle selfs geëet van die boom van die kennis van goed en kwaad: “En hulle was altwee naak, die mens en sy vrou, maar hulle het hul nie geskaam nie” (Gen 2:25). Dit is nie ‘n eenvoudige verklaring van die geskiedenis wat net hier gemaak word in Genesis 2 vers 25 nie. Diieselfde stelling word gemaak in Openbaring 3 vers 17:
“Jy … is ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak…[maar jy is nie skaam] omdat jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie… “(Open 3:17).
Dink jy Adam was skaam vir sy naaktheid? Ons word vertel dat nóg hy nóg sy vrou verleë was. Het Adam gedink: “Wow, ek is in ‘n verskriklike plek, ek is vlees en bloed; Ek is verganklike en onderhewig aan die dood. Ek het ‘n Verlosser nodig”. Nee, Adam het nooit sy ellendige, beklaenswaardige, arm, blinde en naakte toestand gesien voordat hy geëet van die boom van die kennis van goed en kwaad. “… Ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die begeerlikheid nie geken het nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.” (Rom 7:7). Eers nadat Adam gesien het dat hy God ongehoorsaam was, het hy gesien dat hy ‘n redder, ‘n bedekking vir sy naaktheid benodig. Selfs toe was daar net die tipe van die uiteindelike sondoffer byderhand vir Adam en sy seuns, totdat die werklike Sondoffer uiteindelik aangebied is deur God se soewereine besluit (Hand 4:27-28).
Die boom van die kennis van goed en kwaad was ‘n tipe van die “wet van Moses” (Hand 13:39). Dit het Adam bewus gemaak van die reeds bestaande dood in hom en dat hy sou sterf was nou ‘n voldonge feit wat hy nie voorheen kon sien: “In die dag as jy daarvan eet, sterwend sal jy sterwe” is die korrekte vertaling van Gen 2:17. Adam was ‘n sterwende wese as gevolg van die feit dat hy van die stof gemaak was en naak uit die hand van die Skepper gekom het. Daar was geen twyfel in God se gedagte wat Adam sou doen nie. Het God self versoek Adam? Hy het nie nodig gehad om dit te doen. Moes God vir Dawid dwing om versoek te word deur Batseba? Nee, en soos Dawid is ons almal te bereidwillig om te werk vir sonde. (Rom 3:23) “want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God”. Soos Adam, ons is nie bewus van ons sondes totdat ons onder die wet is: “… Ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die begeerlikheid nie geken het nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.” ” (Rom 7:7). “Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe” (Gal 3:24).
Die boom van die kennis van goed en kwaad is nie die “boom van sonde” nie. Die boom van die kennis van goed en kwaad was nie die oorsaak van Adam en Eva se naakte, verganklike stoflike toestand nie. “Wat sal ons dan sê? Is die wet sonde? Nee, stellig nie!” (Rom 7:7). Die wet, soos die boom van die kennis van goed en kwaad, laat nie ons sondig nie – dit verklaar aan ons wat wat sonde is: “Ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie” (Rom 7: 7). So, wat was die uiteindelike oorsaak van Adam se sonde? Dit was sy aardse, stoflike, vleeslike samestelling gekombineer met sy naakte [sondige] toestand (Open 3:17). Voeg daarby ook ‘n versoeker en Adam se lot is verseël. Nou, laat ons eerlik en skriftuurlik vra wat of wie verantwoordelik was vir al hierdie dinge.
Jes 45:5-7 Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie, 6 sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; 7 wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge [verhard harte, blinde oë en stop ore om die waarheid] doen.
Of dit nou fisiese of geestelike is:
Eks 4:11 …. Wie het vir die mens die mond gemaak, of wie maak stom of doof, of siende of blind? Is dit nie Ek, die HERE, nie?
Pred 7:13 Aanskou die werk van God, want wie kan reguit maak [regverdige of eerbaar] wat Hy krom gemaak [verhard en ‘n “voorwerp tot oneer”] het?
Kom ons vra ‘n paar vrae en beantwoord dit met die Skrifte wat Jakobus so goed ken het.
- Wie maak die kwaaddoeners? “Die Here het alles gemaak vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil (Spr 16:4). ” Kyk, Ék het die smid geskape wat die koolvuur aanblaas en ‘n wapen voortbring volgens sy ambag; ook het Ék die verderwer geskape om te verniel.”(Jes 54:16);
- Wie veroorsaak dat sommige hul uitnodiging na die troue en aandete weier? ” HERE, waarom laat U ons wegdwaal van u weë? Waarom verhard U ons hart, sodat ons U nie vrees nie?”(Jes 63:17);
- Wanneer ons harte verhard en ons sondig teen God, wat verantwoordelik is vir ons tugtiging lyding? “HERE, sal U by hierdie dinge U bedwing? Sal U swyg en ons uitermate verdruk?”(Jes 64:12);
- Wie is verantwoordelik vir diegene wat berou het en uiteindelik die sitplekke op die troue aandete vul? “Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie; en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy weerlê. Dit is die erfdeel van die knegte van die HERE en hulle geregtigheid wat uit My is, spreek die HERE.”(Jes 54:17);
- Wie is verantwoordelik vir ons bekering en dat ons wegkeer uit ons verkeerde weë? “… U het my getugtig en ek het my laat tugtig soos ‘n ongeleerde kalf. Bekeer my [deur tugtiging genade – Tit 2:11-12; Heb 12:6], dan sal ek my bekeer, want U is die HERE my God.”(Jer 31:18);
- Wie is verantwoordelik vir die lot van Israel? “En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk—soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker…” (Jer 18:4) [God, die Pottebakker, maak nie foute te maak; Hy het ons doelbewus geskep ‘n “mislukking” in die vleeslike Adam, waarvan Kain, Ismael, Farao, Esau, Koning Saul en fisiese Israel ook tipes is]. Hy het die eerste pot in Sy hand as ‘n “voorwerpe van oneer” geskep en bewerkstellig alles in hierdie skepping “tot verderf van die vlees, sodat die gees gered kan word in die dag van die Here Jesus.” (1 Kor 5: 5).
Siende dat die voorwerp van vlees gemaak is vir die verderf, het God vooraf besluit om die skepsel in “die eerste Adam” te herskep in “die laaste Adam” [die nuwe voorwerp “tot eer” is nie dieselfde as die ou een – “die voorwerp tot oneer”; Dit is die nuwe verbond van 2 Kor 3:6 en Gal 6:16 in teenstelling met “my stamgenote na die vlees” van Rom 9:3 – ‘n ander voorwerp]:
Jer 18:4-6 En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk—soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker—maar hy het daaruit weer ‘n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak. 5 Toe het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: 6 Sal Ek nie soos hierdie pottebakker met julle kan maak nie, o huis van Israel? spreek die HERE. Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, o huis van Israel!
Wanneer die wêreld draai teen God se mense, wie sal uiteindelik verantwoordelik wees?
Psa 105:23-25 Toe het Israel na Egipte gekom, en Jakob het as vreemdeling vertoef in die land van Gam. 24 En Hy het sy volk baie vrugbaar gemaak en dit meer versterk as sy teëstanders. 25 Hy [God] het hulle [Egipte, die wêreld se] hart verander, om sy volk te haat, om listig teen sy knegte te handel.
Wanneer Paulus sê dat ons “voorbeskik is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil” (Efes 1:11) beteken Hy regtig dat dit ALLES insluit?
Spr 16:33 In die skoot word die lot gewerp, maar elke beslissing daarvan kom van die HERE.
Spr 16:1 Die planne van die hart is van die mens, maar die antwoord van die tong kom van die HERE.
Skriftuurlik, die soewereiniteit van God is allesinsluitend. Die vlees sal dit nie aanvaar nie, want dit laat die vlees met niks om in te roem nie.
Het ons ‘n keuse gemaak om die vermanings van die Skrif te verwerp? Wee ons. Elke verklaring met betrekking tot die soewereiniteit van God in die lewens van individue of nasies is altyd gevolg deur vermanings om die goeie te kies en die bose te weier. Dit is waar, want God het altyd ‘n oorblyfsel wat Hy vir Homself behou. (Rom 9:27, Rom 1:5)
Moet ons kies om te sterf vir die self, ons kruis opneem en Christus volg? Baie goed. Ons sal almal geoordeel word volgens ons werke.
Maar in beide gevalle bly die Skrifte waar:
Jes 64:8 Maar nou, HERE, U is ons Vader; ons is die klei, en U is ons Formeerder, en ons almal is die werk van u hand.
Met ander woorde…
Efes 2:8-10 Want uit genade [tugtiging en kastyding – Heb 12: 6] is julle gered, deur die geloof, en dit [selfs die geloof] nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 9 nie uit die werke [dit wat onsself doen – Jes 54:17] nie, sodat niemand mag roem nie. 10 Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei [voorbeskik] het, sodat ons daarin kan wandel.
Jes 54:17 Dit is die erfdeel van die knegte van die HERE en hulle geregtigheid wat uit My spreek die Here.
Dit is duidelik dat daar geen ruimte vir die vlees is om krediet te neem vir enige geregtigheid wat “Christus in ons en deur ons doen nie. “Ons is sy maaksel.”
God se soewereiniteit is nie beperk tot “elke goeie en volmaakte gawe” nie (Jak 1:17). Die feit dat elke goeie en volmaakte gawe van bo af daal sê nie dat slegs die goeie en volmaakte gawes van God kom nie. Beide Jakobus (Jak 5:15) en Paul (Efes 1:11) het saamgestem dat “alle dinge” is afhanklik van “as die Here wil…”
Die Here het genadiglik aan ons geopenbaar dat net elke goeie en volmaakte gawe kom van bo ter wille van “die welbehae van sy wil” (Efes 1:5), terwyl [Hy] alles werk volgens die raad van sy wil “(Efes 1:11). ‘Alles’ sluit beide die goeie en die volmaakte, en die bose: “HERE, waarom laat U ons wegdwaal van u weë? Waarom verhard U ons hart, sodat ons U nie vrees nie?” (Jes 63:17):
Rom 9:16-18 So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is. 17 Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde. 18 So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil.
Jakobus was deeglik bewus daarvan dat die “beproewing van ons geloof lydsaamheid bewerk” (Jak 1:3) en dat alles hang af van “as die Here wil” (Jak 4:15). Toe Hy dan vir ons sê dat “…God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie” (Jak 1:13), is dit voor die hand liggend dat Jakobus was bewus van die besonderhede van God se metodes. “Dit is God wat in julle werk om te wil sowel [die begeerte om God tevrede te stel] en om sy welbehae te doen” (Fil 2:13).
Vorige artikels in die reeks:
https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/04/20/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-1/
https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/04/21/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-2/
https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/03/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-3/
Die oorspronklike Engelse weergawe kan HIER gevind word.