Volgens die raad van Sy wil (Deel 5)

Volgens die raad van Sy wil 

(Het die mens ‘n “vrye” wil?)

Deur Mike Vinson

(vertaal en aangepas in Afrikaans deur Larry Groenewald)

Deel 5 – Twaalf Voorbeelde van God se Modus Operandi

Voorbeeld #1 – Die versoeking van die mensdom (Adam en Eva)

Die eerste voorbeeld gee vir ons die patroon van al die soewereine optredes van God met betrekking tot die versoeking van die mens. God se soewereiniteit het ook die dood van Christus bepaal ter wille van Adam, lank voordat Adam geskep was:

2Ti 1:9 wat ons gered en geroep het met ‘n heilige roeping, nie volgens ons werke nie, maar volgens sy eie voorneme en genade wat ons van ewigheid af [Grieks: “aion” = eeu / spesifieke tydperk] in Christus Jesus geskenk is,

En weer:

Tit 1:1-2 Paulus… in die hoop van die ewige lewe wat God, wat nie kan lieg nie, van ewigheid af [Grieks: “aion” = eeu / spesifieke tydperk] beloof het,

Dit is duidelik dat God vooruit besluit het dat Adam versoek sou word, en dat Adam God se direkte opdrag sou oortree om nie te eet van die boom van die kennis van goed en kwaad. Dit is baie insiggewend om daarop te let dat die “uit die stof van die aarde”, “swak”, “verganklike” en “naak” (wat skriftuurlik beteken om sondig te wees – Open 3:17) Adam, sowel as die verbode boom van die kennis van goed en kwaad, beide produkte was van die Skepper. Die enigste vraag is nou hoe sou Adam versoek word sodat God opreg kan sê dat Hy self niemand versoek nie? Dit was nie ‘n probleem vir die Skepper nie. Adam en Eva was deur hul “eie begeerlikheid weggesleep en verlok” (Jak 1:14). Wat was die instrument wat gebruik was om Adam te laat “wegdwaal van [God se] weë” (Jes. 63:17)? Dit was en is altyd die Satan homself, of een van sy volgelinge wat die Skrif “bose geeste” noem. Het God self Adam versoek? Nee Hy het nie. Het God Adam gedwing om Sy opdrag te oortree om nie te eet van die boom van die kennis van goed en kwaad? Absoluut nie.

God hoef nooit enigiemand te dwing om te sondig of ‘n oortreding te begaan nie. Hy het ons “swak” en van “verganklike” stof gemaak reg aan die begin. God hoef nooit vir ons in versoeking te bring nie, want die slang is gemaak om van “die stof van die aarde” te leef. Slange eet nie letterlik die stof van die aarde nie. Slange is vleisetende diere (karnivore). Hulle eet rotte, muise, klein reptiele, ens. Die stof waarvan gepraat word in Genesis, is “met jaloersheid begeer die gees wat in ons woon” (Jak 4:5). Hierdie stelling is gemaak deur Jakobus, dieselfde Nuwe Testamentiese skrywer wat vir ons in hoofstuk een sê:

Jak 1:13-14 Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie. 14 Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word.

Sal iemand wat beweer dat hy vertroud is met hierdie geskrifte: “Dit is die Gees wat lewend maak (Joh 6:63); “U stuur u Gees uit, hulle word geskape …” (Ps 104: 30.); “Daar is ‘n gees in die mens en die asem van die Almagtige wat hulle verstandig maak “(Job 32: 8); ens., ontken dat die gees wat “met jaloersheid begeer….in ons woon” en dat dit die ware Gees is wat die Skepper in Adam geblaas het wat Adam sy “asem van die lewe” gegee het?

Ja, dit was inderdaad God wat aan ons die gees wat “met jaloersheid begeer [en] wat in ons woon” gegee het.

Jakobus het nie ‘vryheid’ van keuse onderrig nie. Jakobus het eenvoudig keuses onderrig; keuses wat gemaak word onder die invloed van die Skepper. Die Skepper is die uiteindelike oorsaak van alle dinge, insluitend elke keuse wat ons maak. As ons God se soewereiniteit aanvaar, beteken dit nie dat ons nie rekenskap aan God sal gee vir al ons optredes nie. Dit onthef ons ook nie van ons daaglikse besluite en keuses wat ons uitoefen nie. Om God se soewereiniteit te verstaan en te begryp beteken dat ons nou beter weet dat al ons keuses en besluite die gevolg is van ‘n OORSAAK – en hierdie “oorsaak” is God self wat alles bewerkstellig om te gebeur:

Efes 1:11 in Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil,

Rom 11:36 Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

In ons trots en ydelheid weier ons om dit te erken, maar die waarheid van die Skrif is dat elke keuse wat ons maak ‘n OORSAAK het wat ons die keuses LAAT MAAK. “Vryheid van keuse” en “vrye morele agentskap” is valse leerstellings want die daag die verklarings van God in Sy Woord uit, byvoorbeeld…

Spr 20:24 Die voetstappe van ‘n man hang van die HERE af: hoe sou ‘n mens dan sy weg verstaan?

Rom 9:16 So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is.

Fil 2:13 want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.

Vorige artikels in die reeks:

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/04/20/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-1/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/04/21/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-2/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/03/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-3/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/04/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-4/

Die oorspronklike Engelse weergawe kan HIER gevind word.

 

 

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s