Volgens die raad van Sy wil (Deel 7)

Volgens die raad van Sy wil 

(Het die mens ‘n “vrye” wil?)

Deur Mike Vinson

(vertaal en aangepas in Afrikaans deur Larry Groenewald)

Deel 7 – Twaalf Voorbeelde van God se Modus Operandi

Voorbeeld # 3 – Jakob en Esau

Isak was die tweede seun van Abraham, die kind van die belofte, wat gebore is na beide Abraham en Sara verby die ouderdom was om kinders te kan dra. Abraham se eerste seun was gebore in ‘n natuurlike manier. Abraham het die slavin van Sara, naamlik Hagar, getrou en Ismael is gebore uit hierdie verbintenis.

Maar daar was niks wonderbaarlik oor die geboorte van Ismael nie. Dit was heeltemal normaal en natuurlik.

Isak se geboorte was nie ‘n natuurlike geboorte nie, maar was bonatuurlik, ’n vooruitskouing na die geestelike, bonatuurlike geboorte van Christus en van almal wat in die “een nageslag” in gees sou kom (Gal 3:16). Isak het twee kinders voortgebring, Esau, sy eersgeborene, en Jakob, die tweelingbroer Esau. Ons word vertel Abraham is die vader van die gelowiges, wat die kind van die belofte voortbring. Onthou, “Maar ons, broeders, is soos Isak, kinders van die belofte” (Gal 4:28). As diegene wat in Christus is “soos Isak, kinders van die belofte” is, wat dan is die tweelingbroers wat hulle kinders baar anders as die baie wat geroep is (Esau) en die min wat uitgekies is (Jakob)?

Albei is gebore uit die uitverkorenes. Maar net soos Judas sy uitverkore posisie verag het as een van Christus se twaalf dissipels “wat Hy apostels genoem het” (Luk 6:13), en sy uitverkorene-geboortereg verhandel het vir dertig silwerstukke, so het Esau ook sy eersgeboortereg verkoop vir ‘n bak sop.

Judas het nie sy lot ingegooi saam met die veragte kultus nie. Die volk van God wat Christus verraai en hom doodgeslaan het, was diegene wat in die oorgrote meerderheid was, met duisende jare van tradisies aan hulle kant. Het Moses dan nie aan Israel gesê om te sweer by die Naam van die HERE (Deu 6:13 en 10:20) om hul vyand te haat (Deu 7:2 en 20:7), oog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet (Eks 21:24 en Deut 19:21)? Het Moses ook nie aan die manne van Israel gesê dat hulle hul vroue kon laat gaan “as jy geen behae in haar het nie…” (Deu 21:14)? Het Moses nie aan Israel gesê om nie voedsel in te samel op die Sabbat nie, maar voor te berei vir die Sabbat op die sesde dag (Eks 16:5)?

Laat dit duidelik gemaak word dat niemand hier propageer dat ons moet dinge byvoeg tot die nuwe verbond behalwe dit wat reeds geskryf staan in die Nuwe Testament. Die parallel wat hier gevestig word is dat daar net so ‘n groot verskil bestaan tussen die geopenbaarde waarhede van die nuwe verbond en die valse leer van die ortodokse Christendom vandag as wat daar bestaan tussen die ou verbond “wet van Moses” en die nuwe verbond “wet van Christus” soos aan die lig gebring in Mat 5, 6 en 7.

Christendom het byna tweeduisend jaar van geskiedenis en tradisies wat heeltemal in stryd is met nuwe verbond geskrifte.

Christus het gesê dat ons nie mens moet vrees nie (Mat 10:28 en Heb 13:6) en wat doen ons…ons noem ons predikante “eerwaarde” wat eer aan ‘n mens bring wat voortvloei uit vrees, en so verontagsaam ons die Skrif. Christus het gesê dat ons niemand “op aarde julle vader” moet noem nie, maar baie Christene doen dit wanneer daar verwys word na hulle geestelike leiers (Mat 23:9). Christus het herhaaldelik gesê dat die dooie mense wat Hy uit die dood opgewek het, “geslaap” het. Paulus praat van die dooies as diegene wat slaap in Christus, wat sonder ‘n opstanding verlore gegaan het, en tog leer die Christendom van die onsterflikheid van die siel. Christus sê vir ons dat elke offer “met vuur gesout” sal word, en tog sal Hy ook alle mense na Hom toe trek. Paulus sê vir ons dat diegene met werke van “hout, hooi en stoppels” deur vuur gelouter en verbrand sal word, maar dat die persoon self gered sal word. Ons lees ook dat Christus “wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom”, en dat Hy inderdaad die “behouder [dit is Redder] is van alle mense, insonderheid [maar nie eksklusief] van die gelowiges”.

Petrus vertel ons dat God lankmoedig is oor ons en “wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom”. En weereens sê Paulus vir ons dat deur die sonde van een man, almal tot sondaars gestel is en so sal ook deur die geregtigheid van een man sal almal tot regverdiges gestel word. “Soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word” (1 Kor 15:22).

Tog ten aanskoue van al hierdie nuwe verbond geskrifte, het die Christendom ‘n lang geskiedenis en tradisie van die onderrig van die ondenkbare wrede en onskriftuurlike leerstellings van óf die ewige dood óf die ergste van alles, ewige foltering in ‘n letterlike poel van die ewige vuur met geen hoop om ooit losgekoop te word deur ‘n liefdevolle Vader.

Wat het hierdie laaste twee valse leer in gemeen? Hulle is albei gebaseer op ‘n ander onskriftuurlike lering van die mens as ‘n “vrye morele agent” wat die mens ‘n “vrye” wil gee.

So hier is die twee broers van die uitverkore vader van die gelowiges. Een sal nie die geboortereg ontvang nie en sal die dogters van die mense van die land trou; die ander sal woon in tydelike tente in gevaar van sy lewe aan die hand van sy meer gewilde en bevolkte tweelingbroer, want sy broer is ‘n man “van die veld” (Gen 25:27) wat Christus self sê die wêreld verteenwoordig (Mat 13:38).

Die ware uitverkorenes van Christus is lief vir diegene wat hulle haat. Hulle het ‘n liefde wat veel groter as blote “phileo” liefde. Die ware uitverkorenes het ‘n liefde wat nie afhang van wat dit terugontvang nie. Dit is ‘n onmoontlik liefde vir die vleeslike mens. Dit is “agape” liefde. Dit is die liefde van God vir die ganse mensdom.

Esau is lief vir sy broer slegs indien sy broer hom ook liefhet, want hy is die verworpe uitverkore en die “baie” wat kom in die naam van Christus en erken dat Christus inderdaad Christus is, maar hulle mislei baie mense.

So hoekom is die “baie”, wat die verworpe tweelingbroer is van die uitverkorenes – hoekom is hulle mislei en verwerp? Is dit omdat hulle besluit het om nie die waarde van hul geboortereg te respekteer nie? Het Esau gekies om ‘n man van die wêreld te wees? Is dit wat die Skrif ons leer van Esau of van die “baie” mense wat onder Christus se Naam sal kom en baie mense sal mislei?

Wat sê die Skrif waarom Esau verwerp was?

En nie alleen dit nie, maar ook Rebekka was swanger uit een, naamlik Isak, ons vader. Want toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep is vir haar gesê: Die oudste sal die jongste dien. Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad [voordat hy gebore is] en Esau het Ek gehaat [voordat hy gebore is]. Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie! Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is. Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde. So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil. Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan? Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie? Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie? (Rom 9:10-21)

Dit is die enigste Skriftuurlike rede vir die verwerping van Esau. Hy verkoop sy eersgeboortereg omdat hy verwerp was. Hy was nie verwerp omdat hy verkies het om sy eersgeboortereg te verag nie, maar hy het verkies om sy eersgeboortereg verag “dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep (Rom 9:11). Esau se keuse was ‘n God-veroorsaakte keuse. Elke keuse wat gemaak was deur óf Jakob óf Esau was ‘n keuse wat veroorsaak was deur God…veroorsaak deur die werkinge van “die owerhede…die magte…” (Efes 6:12).

Vorige artikels in die reeks:

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/04/20/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-1/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/04/21/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-2/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/03/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-3/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/04/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-4/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/05/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-5/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/25/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-6/

Die oorspronklike Engelse weergawe kan HIER gevind word.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s