Volgens die raad van Sy wil (Deel 8)

Volgens die raad van Sy wil 

(Het die mens ‘n “vrye” wil?)

Deur Mike Vinson

(vertaal en aangepas in Afrikaans deur Larry Groenewald)

Deel 8 – Twaalf Voorbeelde van God se Modus Operandi

Voorbeeld # 3 – Josef en sy broers

Hoekom word “ons werke” en “ons geregtighede” so geminag deur God? God self noem dit tog “geregtighede” (Jes 64:6). Hy sê nie dat ons ongeregtighede soos ‘n besoedelde kleed is nie. Is dit niks anders as om volle krediet te neem vir wat Hy in ons doen nie – of deur ons na Hom te trek of om ons harte te verhard nie? Is dit nie omdat die natuurlike mens God se soewereiniteit oor alle keuses van mens ontken, en ook die waarheid dat “HERE, U is ons Vader; ons is die klei, en U is ons Formeerder, en ons almal is die werk van u hand” (Jes 64: 8) misken nie?

Die verhaal van Josef en sy broers laat ons sien hoe waar dit is. Josef het ‘gekies om ‘n droom wat hy gehad het saam met sy broers te deel:

Gen 37:6 Hoor tog hierdie droom wat ek gehad het.

Dan gaan hy verder:

Gen 37:7  Kyk, ons was besig om gerwe te bind op die land toe meteens my gerf gaan staan en ook regop bly staan, terwyl julle gerwe daar rondom kom en hulle voor my gerf neerbuig.

Jakob het Josef openlik voorgetrek en hom as sy gunsteling seun uitgewys en Josef vertel sy broers ook nou nog van hierdie droom:

Gen 37:4-5  Toe sy broers sien dat hulle vader hom meer as al sy broers liefhet, het hulle hom gehaat en kon nie vriendelik met hom praat nie. Ook het Josef ‘n droom gehad wat hy aan sy broers vertel het. Daaroor het hulle hom nog meer gehaat.

Om sake te vererger, het Josef ook ander soortgelyke drome gehad:

Gen 37:9  Daarna het hy nog ‘n ander droom gehad en dit aan sy broers vertel en gesê: Kyk, ek het nog ‘n droom gehad—die son en die maan en elf sterre het hulle voor my neergebuig.

Joseph deel hierdie droom ook met sy vader en sy broers. Hierdie keer het selfs sy vader hom hard bestraf:

Gen 37:10  Toe hy dit aan sy vader en sy broers vertel, het sy vader hom hard bestraf en aan hom gesê: Wat is dit vir ‘n droom wat jy gehad het? Moet ons werklik kom, ek en jou moeder en jou broers, om ons voor jou na die aarde neer te buig?

Die besluit van Josef om sy drome met sy familie te deel het nie vir hom baie vriende gewen nie. Natuurlik het al hierdie dinge gelei tot sy broers se komplot om Josef dood te maak. Maar dit was Juda, een van die broers van Josef, wat die ander daaruit gepraat het om eerder Josef te verkoop aan ‘n paar Ismaeliete wat Josef toe laat beland het by Potifar, owerste van die lyfwag van Farao.

Potifar se vrou beskuldig toe Josef valslik van ‘n poging om haar seksueel te verlei, en Josef beland in die tronk, waar sy gawe van die interpretasie van drome uiteindelik val op die ontvanklike ore van Farao se bakker en skinker. Maar die drome is nou nie sy drome nie, en Josef het sekerlik begin vrae vra aan homself of die drome wat hy met sy gesin gedeel het ooit sou gebeur.

Vervolgens kry die Farao self ‘n droom wat nie een van sy wyse manne kon interpreter nie. Die skinker van Farao, wie se droom Josef korrek geïnterpreteer het toe hulle saam in die tronk was voor sy vrystelling, onthou uiteindelik vir Josef en vertel aan Farao van Josef se gawe om drome uit te lê. Josef word toe voor Farao gebring, waar hy die drome van Faro korrek interpreteer en word beheer oor al die hele nasies in voorbereiding van die komende hongersnood waarvan die Farao gedroom het.

Soos die hongersnood vererger, besluit Josef se broers om na Egipte af te trek om daar koring te gaan koop. Op hierdie stadium gebruik God Josef as Sy “poel van vuur” om die hout, hooi en stoppels in sy skuld-geteisterde broers uit te brand. Die storie kry sy klimaks met Josef, sy broers en hul pa wat in ‘n betraande reünie weer saamgebring word. Na Josef Egipte gered het van hongersnood, red hy ook sy eie familie, en in die proses het hulle uiteindelik letterlik neergebuig voor Josef, en hom gesmeek vir hul lewens.

‘n Paar jaar later sterf Jakob in Egipte en is teruggeneem na Kanaän vir die begrafnis. Op hierdie punt word Josef se broers opnuut weer bekommerd oor hul lewens en weer smeek hulle vir Josef om vergifnis:

Gen 50:17  So moet julle vir Josef sê: Ag, vergewe tog die oortreding van jou broers en hulle sonde, want hulle het jou kwaad aangedoen. Maar nou, vergewe tog die oortreding van ons wat die God van u vader dien. En Josef het geween toe hulle met hom spreek.

Wat Josef sê aan sy broers toe hulle smeek vir sy vergifnis ná die dood van Israel, is sonder twyfel die mees volledige en bondige kommentaar in die hele Skrif wat wys op die oorsprong en doel vir alle kwaad en boosheid. Kan ons glo wat hier duidelik in die boek van beginsels (Genesis) aan ons deurgegee word?

Gen 50:19-20  Maar Josef het hulle geantwoord: Moenie bevrees wees nie; want is ek in die plek van God? Want júlle het wel kwaad teen my bedink, maar God het dit ten goede gedink om te doen soos dit vandag is, om ‘n groot volk in die lewe te hou.

Daar het ons die rede vir alles wat ooit plaasgevind het – beide goed en sleg.

Efes 1:9  deurdat Hy aan ons die verborgenheid van sy wil bekend gemaak het na Sy welbehae wat Hy in Homself voorgeneem het,

Wat is “Sy welbehae wat Hy in Homself voorgeneem het”?

Is dit om slegs ‘n klein oorblyfsel van die mensdom te red? Of is dit om die hele “Egipte” te red – die hele wêreld? Is dit nie “om ‘n groot volk in die lewe te hou”?

Efes 1:10  om die volheid van die tye te reël, met die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig—

1Kor 15:22  Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;

Efes 1:11  in Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk [ook Josef se broers se dade] volgens die raad van sy wil,

Redding moet afhang van slegs EEN wil. Die enigste een wat alles van afhang, ook almal se redding, is “volgens Sy wil”.

Vorige artikels in die reeks:

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/04/20/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-1/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/04/21/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-2/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/03/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-3/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/04/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-4/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/05/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-5/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/25/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-6/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/26/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-7/

Die oorspronklike Engelse weergawe kan HIER gevind word.

 

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s