Volgens die raad van Sy wil (Deel 9)

Volgens die raad van Sy wil 

(Het die mens ‘n “vrye” wil?)

Deur Mike Vinson

(vertaal en aangepas in Afrikaans deur Larry Groenewald)

Deel 9 – Twaalf Voorbeelde van God se Modus Operandi

Voorbeeld # 5 – Hart van Farao verhard

Terwyl die kerke van Babilon ons wil laat glo dat die Farao, wie Moses teëgestaan het, eenvoudig ‘n uiters hardnekkige man was, wil die Skrif ons lei om presies die teenoorgestelde te glo. Terwyl Moses nog in Midian was, voordat hy ooit teruggekeer het na Egipte, het die Here vir Moses die volgende gesê:

Eks 4:21  En die HERE sê vir Moses: Nou dat jy wegtrek om na Egipte terug te gaan, kyk dat jy al die wonders voor Farao doen wat Ek in jou mag gestel het. Maar Ék sal sy hart verhard, sodat hy die volk nie sal laat trek nie.

Die Here “trek” Moses terug na Egipte ten spyte van elke verskoning wat Moses kon vind. Nou sê God ook vir Moses dat wanneer hy vir Farao sê om sy volk te laat trek, selfs dan sal God Farao se hard verhard sodat Faro nie die volk laat trek nie. Is God besig om teen homself te werk? Natuurlik nie. Enigiemand wat so ‘n vraag vra mis die hele punt. Die punt is dat dit God is “wat alles werk volgens die raad van sy wil”. Om die soewereiniteit van God te verstaan stel niemand vry om nog steeds onder dieselfde soewereine wil van God te lewe nie:

1Kor 10:6  En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie.

1Kor 10:11  Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.

Met ander woorde, dit was alles voorbestem om te gebeur as tipes van ons en dit dien as ‘n waarskuwing aan ons. Hoe is al die dinge wat neergeskryf is vir ons ‘n waarskuwing:

Jes 45:6-9  sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die HERE, en daar is geen ander nie;  7  wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen.  8  Laat dit drup, o hemele, van bo af, en laat die wolke vloei van geregtigheid; laat die aarde oopgaan, en laat heil voortkom en geregtigheid; laat hulle saam uitspruit. Ek, die HERE, het dit geskape.  9  Wee hom wat met sy Formeerder twis—’n potskerf by erdepotskerwe! Sal dan die klei [die mensdom] sê aan die wat dit vorm: Wat maak jy? Of jou werk sê: Hy het geen hande nie!

Plaas Jesaja 45 met Romeine 9 en “vrye” wil word geopenbaar as die grootpratery of geroem van die vlees.  Ons het verseker ‘n wil, maar daardie wil is nie vry nie. Ons is nêrens vry van die hand van die Pottebakker nie.

Vorige artikels in die reeks:

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/04/20/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-1/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/04/21/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-2/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/03/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-3/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/04/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-4/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/05/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-5/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/25/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-6/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/26/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-7/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/31/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-8/

Die oorspronklike Engelse weergawe kan HIER gevind word.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s