Volgens die raad van Sy wil (Deel 11)

Volgens die raad van Sy wil 

(Het die mens ‘n “vrye” wil?)

Deur Mike Vinson

(vertaal en aangepas in Afrikaans deur Larry Groenewald)

Deel 11 – Twaalf Voorbeelde van God se Modus Operandi

Voorbeeld # 7 – Simson en sy Filistynse Vrou

Slegs vyf hoofstukke na die storie van Abiméleg en die inwoners van Sigem, vind ons die tweede blatante en reguit verklaring in die boek Rigters wat aan ons weereens openbaar dat die kwaad en die onheil ‘n skepping van die Here is en dat Hy dit bewerkstellig (Jes 45:7).

Rigters 13 is die verhaal van die ouers van Simson en die geboorte van Simson. Simson se pa was ‘n man uit die stam van Dan.

Rigt 13:2 En daar was ‘n man uit Sórea, uit die geslag van die Daniete, met die naam van Manóag; en sy vrou was onvrugbaar en het geen kinders gehad nie.

Die Engel van die Here het aan Simson se ma verskyn en haar ingelig dat sy sal swanger word en ‘n seun sal baar:

Rigt 13:5 Want kyk, jy sal swanger word en ‘n seun baar, en geen skeermes mag op sy hoof kom nie; want die seun sal van die moederskoot af ‘n nasireër van God wees, en hy sal Israel begin verlos uit die hand van die Filistyne.

So weet ons dat God bepaal het dat Simson sou “Israel begin verlos uit die hand van die Filistyne” voordat Simson se ma selfs swanger was. Maar hoe het God beplan om dit te bewerkstellig?

Hierdie hoofstuk sluit af:

Jdg 13:24-25 En die vrou het ‘n seun gebaar en hom Simson genoem; en die kind het groot geword, en die HERE het hom geseën. En die Gees van die HERE het hom begin drywe in die laer van Dan tussen Sórea en Estáol.

Hoe het die Here vir Simson geseën? Presies wat beteken “die Gees van die HERE het hom begin drywe”? Het God Sy wette op die hart van Simson geskryf? Was Simson geseën met die inwonende Gees van God? Is dit wat “die Here het hom geseën” beteken? Is dit hoe “die Gees van die HERE het hom begin drywe” verstaan moet word? Geensins! Die Here het selfs die kwaad in Simson bewerkstellig volgens die raad van Sy wil (Efes 1:11).

Onmiddellik na dit aan ons vertel is “En die Gees van die HERE het hom begin drywe…” lees ons die daaropvolgende paar verse wat aan ons vertel wat Simson gedoen het wat “van die Here” was:

Rigt 14:1-4 Toe Simson afgegaan het na Timna, sien hy in Timna ‘n vrou uit die dogters van die Filistyne; en hy het opgegaan en dit aan sy vader en sy moeder vertel en gesê: Ek het ‘n vrou uit die dogters van die Filistyne in Timna gesien; neem haar dan nou as vrou vir my. Maar sy vader en sy moeder sê vir hom: Is daar onder die dogters van jou broers en onder my hele volk nie ‘n vrou, dat jy heengaan om ‘n vrou uit die Filistyne, die onbesnedenes, te neem nie? En Simson sê aan sy vader: Neem haar vir my, want sy geval my. Maar sy vader en sy moeder het nie geweet dat dit van die HERE kom nie; want hy het rede gesoek teen die Filistyne; in dié tyd naamlik het die Filistyne oor Israel geheers.

God het inderdaad die volgende woorde aan Israel gesê:

Eks 34:12 Neem jou in ag dat jy geen verbond sluit met die inwoner van die land waarin jy kom nie; sodat hy nie miskien ‘n strik by jou word nie.

Eks 34:16 en jy sal van sy dogters neem vir jou seuns, en sy dogters sal agter hulle gode aan hoereer en jou seuns agter hulle gode aan laat hoereer.

Tog word ons ingelig in vers 4 van Rigters 14 dat Simson se keuse van ‘n Filistynse vrou “van die Here kom” net na ons gehoor het dat “…die Here het hom geseën [het]…en die Gees van die HERE het hom begin drywe…”.

Word aan ons vertel dat God verantwoordelik was vir Simson se minagting vir die wette wat God aan Moses gegee het waarin Hy die kinders van Israel verbied om met die dogters van die mense van die land te trou? Simson se ouers het geweet dat dit nie God sou behaag nie:

Rigt 14:3 Maar sy vader en sy moeder sê vir hom: Is daar onder die dogters van jou broers en onder my hele volk nie ‘n vrou, dat jy heengaan om ‘n vrou uit die Filistyne, die onbesnedenes, te neem nie? En Simson sê aan sy vader: Neem haar vir my, want sy geval my.

Klink dit of Simson die Gees van God het? Tog word ons vertel “die Here het hom geseën. En die Gees van die HERE het hom begin drywe…”

Dit moet begin duidelik word dat “strek net u hand uit” en word “die gees van die Here het hom begin drywe” in die Ou Testament is baie ver verwyderd van die “wandel deur die Gees” van die nuwe verbond.

Maar was die selfgesentreerde en opstandige besluit van Simson om ‘n dogter van die Filistyne te trou regtig “volgens die raad van [God se] wil?” (Efes 1:11). Hier is die onbeskaamde, eksplisiete antwoord van die Woord van God:

Rigt 14:4 Maar sy vader en sy moeder het nie geweet dat dit [Simson se selfgesentreerde ongehoorsaamheid aan God] van die HERE kom nie; want hy het rede gesoek teen die Filistyne; in dié tyd naamlik het die Filistyne oor Israel geheers.

Die werking en die denke van God word albei weer aan die lig gebring en is in skrille kontras met die werking en die denke van die mens en sy vlees. In geestelike terme was Simson se oortuigings so vleeslik en selfgesentreerd as wat kan kom. Nogtans was Simson God se instrument “want Hy het rede gesoek teen die Filistyne”. Selfs Simson se motivering vir die grootste daad in sy loopbaan as vernietiger van die Filistyne was nie gedryf deur bekering nie. Sy gebrek aan respek en eer vir sy Bron van krag en mag was sigbaar tot die bitter einde:

• Na die doodmaak van ‘n leeu met sy kaal hande;
• Na die doodmaak van dertig Filistyne vir hulle klere;
• Na die vang van 300 jakkalse en hulle loslating met fakkels in die gewasse van die Filistyne;
• Na die doodmaak van die Filistyne wat sy Filistynse vrou en sy skoonpa verbrand het;
• Na die doodmaak van eenduisend Filistyne met die kakebeen van ‘n donkie;
• Na die wegdra van “die deure van die stadspoort en die twee deurposte…na die top van die berg wat teenoor Hebron lê”.

Nadat Simson al hierdie dade uitvoer het deur krag van die gees van God (Rigters 13:25), kon Simson nog nie sien dat God ‘n vleeslike man gebruik het om Sy doelwitte te bereik om Sy vyande te vernietig.

Simson kon in sy hele lewe nie die dier binne-in homself of die vyand buite ten volle oorwin nie.

Dit was slegs “deur die dood” dat beide van die vyande totaal vernietig kon word:

Rigt 16:30 En Simson sê: Laat my sterwe saam met die Filistyne! En hy buig hom met krag, sodat die huis inval op die vorste en op al die mense wat daarin was. So was dan die dooies wat hy by sy sterwe gedood het, meer as die wat hy in sy lewe gedood het.

Heb 2:14 Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel—

Kol 1:22 in die liggaam van sy vlees deur die dood, om julle heilig en sonder gebrek en onberispelik voor Hom te stel;

Hierdie verhaal van die lewe en dood van Simson toon dat die uiteindelike werk van God nooit bereik word deur die werke van die vlees nie. Die meer oorvloediger lewe, die uiteindelike werk van God, word bewerkstellig deur die dood.

Om die een te wees wat “salig en heilig” sal wees om deel te hê aan die eerste opstanding (Open 20:6), moet ons nou sterf vir die vlees en “veel vrug” dra (Joh 12:24). Maar om in enige van die twee opstandings te wees vereis nog steeds die dood van letterlike fisiese liggaam want ” vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie” (1 Kor 15:50):

Rigt 16:30 En Simson sê: Laat my sterwe saam met die Filistyne! En hy buig hom met krag, sodat die huis inval op die vorste en op al die mense wat daarin was. So was dan die dooies wat hy by sy sterwe gedood het, meer as die wat hy in sy lewe gedood het.

“Laat my sterwe saam met die Filistyne!” was Simson se laaste gebed. Vleeslike Simson, soos die vleeslike Korinthiërs, het in “geen enkele genadegawe agterstaan nie” (1Kor 1:7). Maar soos die begaafde Simson, het die verdeelde kerklike tendense, twis en jaloesie bewys dat die Korinthiërs nog vleeslik was:

1Kor 3:3 omdat julle nog vleeslik is; want aangesien daar onder julle jaloersheid en twis en tweedrag is, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie na die mens nie?

Die boodskap van Rigters 13 tot 16 is dieselfde as die boodskap van die boek Openbaring:

Open 2:5 Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie.

Dit is die vermaning van die hele inhoud van God se Woord van Genesis tot Openbaring. Die funksie van genade is om ons te “leer [tugtig]…om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe” (Tit 2:11,12).

Simson is ‘n tipe van diegene wat net wil hoor van die uiteindelike uitkoms, maar nooit wil weet van die proses van saligheid nie. Dit is omdat die proses gaan deur vurige beproewinge:

1Pe 4:12 Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie;

Hand 14:22 en die siele van die dissipels versterk en hulle vermaan om in die geloof te bly deur te sê: Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan.

Dit is die tug wat Paulus van praat in Titus 2 verse 11 en 12.

1Kor 3:13 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.

Mar 9:49 Want elkeen sal met vuur gesout word en elke offerande sal met sout gesout word.

Gen 3:24 So het Hy dan die mens weggedrywe en gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die swaard wat vlam en flikker, om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak.

Dit weg of toegang na die boom van die lewe is Christus:

Joh 14:6 Jesus antwoord hom [Thomas]: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

Christus is ‘n “verterende vuur” (Heb 12:29), en die ou mens in ons word vernietig deur ‘n vuur wat gepaardgaan met tugtiging en kastyding:

Heb 12:6 want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem.

“Neem haar vir my, want sy geval my” en “ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie” klink soveel meer aantrekliker as “homself verloën en sy kruis opneem en My volg” (Rigt 14:4; Open 3:17; Mat 16:24).

Dit is nie die vokale uitspreek van die naam van “Jesus Christus” wat in die laaste dae verloën word nie. Die vyande van Christus is lief om Sy naam te gebruik:

Mat 24:5 Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.

Dit is nie die gebruik van die naam wat hulle verag nie; dit is die vermelding van die kruis en die vermelding van die proses wat so verag:

1Kor 1:18 Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God;

Fil 3:18 Want baie—van wie ek julle dit dikwels gesê het en nou ook onder trane sê—wandel as vyande van die kruis van Christus.

Maar Simson en die afvalige gemeentes van God sien geen rede vir hierdie proses nie. Hulle is die geroepe volk van God. En hulle sê as daar enige twyfel oor dit is , kyk na die bonatuurlike gawes wat ons het. Ons “[staan in] geen enkele genadegawe agter…nie “; ons kan ‘n duisend Filistyne in ‘n dag doodmaak; “Ons het…in u Naam baie kragte gedoen nie” (Mat 7:22).

Tog beide die kerk van Laodecia en Simson moet kom tot die plek waar hulle kan sien dat hulle “ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie.”

Simson was ‘n man wat “beweeg” was deur die gees van God. Hy was onder leiding van die gees van God en hy het niks geweet van die vrugte van die Gees nie. Inderdaad, in teenstelling met wat baie glo, die gees van God het nog nie in enige iemand gekom voor Christus nie, want Christus het nog nie gesterf nie:

Joh 16:7 Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur;

Dit is belangrik dat ons dit verstaan, omdat so lank as wat ons vir die vlees leef, die Gees nie kan inwoon nie. Christus het nie gesterf vir die vlees, sodat ons daarin kan woon nie. Hy het gesterf vir die vlees sodat Hy deur die gees in ons kan lewe. Dan kan ons, omdat Hy in ons woon, ook sterf vir ons vlees:

Gal 2:20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.

Diegene wat wil net die uiteindelike uitkoms van genade wil hoor en niks wil hoor van die proses nie, moet nog die proses verduur.

Gen 3:24 So het Hy dan die mens weggedrywe en gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die swaard wat vlam en flikker, om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak.

Om te leer van die reddende genade van God sonder om die vurige proses te leer is niks anders as misleiding en dwaling nie.

Laat ons die Vader vra om ons die geestelike onderskeiding te gee wat ons instaat sal stel om die ‘beweging’ deur die Gees te onderskei van die vrugte van die Gees. Die twee is nie noodwendig wedersyds uitsluitend nie. Maar Simson, die vleeslike Korinthiërs en die kerk van Laodecia demonstreer vir ons dat gawes en die ‘beweging’ deur die Gees nie noodwendig die vrugte van die Gees is nie. Ons ken hulle nie deur hulle gawes nie, maar ons ken hulle [God se ware uitverkorenes] net aan hul vrugte (Mat 7:16,20).

‘n “Slegte boom” is baie dikwels begaafd gemaak deur God net soos Simson, die profeet Bileam, koning Saul, Salomo en baie ander mense van God vir ons bewys het. Maar ‘n slegte boom kan nooit goeie vrugte dra nie. Daarom ken ons die boom aan sy vrug.

Die slegte boom se vrug kom voor in die “werke van die vlees”:

Gal 5:19-21 En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.

Die goeie boom dra die vrug van God se gees (Christus):

Gal 5:22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.

God gee heel dikwels gawes van die Gees sonder die gawe van die inwonende heilige gees van God, soos Christus aan Sy eie onbekeerde dissipels waarsku:

Luk 10:20 Maar julle moenie daaroor bly wees dat die geeste aan julle onderworpe is nie, maar wees liewer bly dat julle name in die hemele opgeskrywe is.

Die misleiding wat ons letterlik in die gesig staar, is egter nie so voor die hand liggend as wat almal aanvaar nie. Selfs die uitverkorenes kan mislei word, indien dit moontlik was.

Mat 24:24 Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.

Kom ons toets die geeste. Daar is ‘n plek vir die gawes van God se gees, maar mens kan nie ‘n gees toets deur gawes nie:

Mat 7:20 So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.

Vorige artikels in die reeks:

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/04/20/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-1/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/04/21/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-2/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/03/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-3/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/04/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-4/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/05/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-5/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/25/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-6/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/26/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-7/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/31/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-8/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/06/01/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-9/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/06/02/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-10/

Die oorspronklike Engelse weergawe kan HIER gevind word.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s