Volgens die raad van Sy wil
(Het die mens ‘n “vrye” wil?)
Deur Mike Vinson
(vertaal en aangepas in Afrikaans deur Larry Groenewald)
Deel 12 – Twaalf Voorbeelde van God se Modus Operandi
Voorbeeld # 8 – ‘n Bose gees, deur die HERE gestuur, het [Saul] verskrik. (1Sa 16:14)
Daar is twee prominente Sauls in die Skrifte. Albei was God se verwerpte gesalfdes. Albei was gewild by die verwerpte volk van God. Beide vervolg die ware volk van God, en albei is voorbeskik vir verwoesting. Dis reg, koning Saul en Saul van Tarsis was vir vernietiging bestem. Daar is natuurlik een groot verskil. Koning Saul is dood in die vlees, terwyl Saul van Tarsis “vir die vlees” gesterf het. Maar weereens, beide het gesterf volgens God se soewereine wil, en dit dien ook as waarskuwing aan ons.
Vier keer in hierdie een hoofstuk in 1Samuel 16 word ons vertel…
• “Die Gees van die Here het van Saul gewyk, en ‘N BOSE GEES VAN DIE HERE het hom verskrik”. (1Sa 16:14);
• “Toe sê die dienaars van Saul vir hom: Kyk tog, ‘N BOSE GEES VAN GOD verskrik u”. [die omvang van God se soewereiniteit was klaarblyklik algemeen bekend];
• “… laat ons heer net sê, en u dienaars wat voor u staan, sal ‘n man soek wat op die siter kan speel; en as DIE BOSE GEES VAN GOD oor u is, moet hy [Dawid] speel met sy hand, dan sal dit beter met u word” (1Sa 16:16);
• “En net wanneer daar ‘N GEES VAN GOD oor Saul kom, neem Dawid die siter en speel met sy hand; dan voel Saul verlig en word beter, en DIE BOSE GEES wyk van hom” (1Sa 16:23).
Daar is nog twee kere wat daar in 1Samuel duidelik en reguit aan ons gesê word….
1Sa 18:10 Die volgende dag het DIE BOSE GEES VAN GOD oor Saul vaardig geword, sodat hy rasend was binne-in die huis terwyl Dawid soos elke dag met sy hand speel, en Saul ‘n spies in sy hand hou.
1Sa 19:9 Maar ‘N BOSE GEES VAN DIE HERE het oor Saul gekom terwyl hy in sy huis sit met sy spies in sy hand en Dawid met die hand op die snare speel.
In 1Samuel word ons dus weereens duidelik ingelig oor die funksie van bose geeste binne God se plan om Sy doel te bereik. Miskien is ons worstelstryd regtig nie teen vlees en bloed nie! (Efes 6:12)
Vorige artikels in die reeks:
https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/04/20/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-1/
https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/04/21/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-2/
https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/03/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-3/
https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/04/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-4/
https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/05/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-5/
https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/25/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-6/
https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/26/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-7/
https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/31/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-8/
https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/06/01/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-9/
https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/06/02/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-10/
https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/06/03/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-11/
Die oorspronklike Engelse weergawe kan HIER gevind word.