Volgens die raad van Sy wil (Deel 13)

Volgens die raad van Sy wil 

(Het die mens ‘n “vrye” wil?)

Deur Mike Vinson

(vertaal en aangepas in Afrikaans deur Larry Groenewald)

Deel 13 – Twaalf Voorbeelde van God se Modus Operandi

Voorbeeld # 9 – David tel God se volk

2Sa 24:1  En die toorn van die HERE het weer teen Israel ontvlam, en Hy het Dawid teen hulle aangehits en gesê: Gaan tel Israel en Juda.

In Eksodus 30 verse 12 tot 16 het God aan Moses ‘n bevel gegee om nooit die volk te tel sonder die invordering van “losgeld aan die HERE [vir] elkeen vir sy lewe”:

Eks 30:12  As jy die volle getal van die kinders van Israel opneem volgens hulle geteldes, moet hulle, elkeen vir sy lewe, losgeld aan die HERE gee as hulle getel word, sodat geen plaag onder hulle mag wees AS hulle getel word nie.

Hierdie sensus van Israel was slegs vir een rede:

Eks 30:16  Neem dan die versoeningsgeld van die kinders van Israel en bestee dit aan die bediening van die tent van samekoms…

Blykbaar was Joab en sy adjudante deeglik bewus van die waarskuwing:

2Sa 24:3  En Joab het aan die koning gesê: Ja, mag die HERE u God by die volk honderd maal meer byvoeg as wat hulle ook al is, en die oë van my heer die koning dit sien; maar waarom het my heer die koning behae in hierdie saak?

Die storie verloop toe as volg. Alhoewel Joab hierdie opdrag afstootlike gevind het en hy en sy adjudante probeer het om Dawid tot ander insigte te oortuig, was Dawid steeds vasbeslote om voort te gaan. Die mense is getel en as gevolg hiervan het sewentig duisend op een dag as gevolg van ‘n pes gesterf (2Sa 24:15).

Neem kennis wie Dawid beweeg het teen die volk en hom aangehits het om die volk te tel:

“…Die Here… Hy het Dawid teen hulle aangehits en gesê: Gaan tel Israel en Juda.”

In 1Kronieke word dieselfde voorval gemeld met een groot verskil:

1Kro 21:1  Toe het Satan teen Israel opgetree en Dawid aangehits om Israel te tel.

Baie sogenaamde Bybelkenners is baie ongemaklik met die idee dat God ook vir Satan as ‘n instrument in Sy hand gebruik om Sy vooruitbepaalde plan en doel uit te voer. God het geen probleem om Homself verantwoordelik te maak vir die skepping van die bose en dat Hy ook verantwoordelik is vir hul werke.

Jes 45:5-7  Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie,  6  sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die HERE, en daar is geen ander nie;  7  wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen.

Spr 16:4  Alles het die HERE gemaak vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil.

Is daar enigiets in hierdie verse (wat getuig saam met 1Kronieke 21 vers 1 en 1Samuel 24 vers 1) wat vir ons sê dat Satan iets doen wat teenstrydig is met die soewereine wil van God? Is daar enigiets wat hier gesê word wat Paulus se talle stellings dat “alles van God [is]” weerspreek? Weerspreek dit Paulus se stelling in hierdie vers?

Efes 1:11  ….ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil,

Kom ons kyk of die skrywer van 1Kronieke 21 regtig gedink het dat dit Satan se idee

1Kro 21:7  En hierdie saak was verkeerd in die oë van God; daarom het Hy Israel swaar getref.

Hoekom, as God sterker is as Satan, en ons almal saamstem dat Hy inderdaad sterker is as Satan, waarom sou God Israel verantwoordelik gehou het vir die versoeking wat Satan aan Dawid gebring het om te doen wat verkeerd was? Hoekom was Satan nooit vir al die ellende gestraf waarvoor hy sogenaamd verantwoordelik was nie?

Die antwoord is dat “die kronkelende slang” eenvoudig ‘n “bose gees van God” is wat net kan doen wat deur God aan hom gesê word om te doen. Hy kan nie meer doen nie, en hy kan ook nie minder doen as wat hy gestuur is om te doen deur die enigste soewereine Heerser van die heelal.

Rigt 9:23  het God ‘n bose gees gestuur tussen Abiméleg en die burgers van Sigem, en die burgers van Sigem het troueloos gehandel teen Abiméleg,

1Sa 16:14  Maar die Gees van die HERE het van Saul gewyk, en ‘n bose gees, deur die HERE gestuur, het hom verskrik.

Jes 19:14  Die HERE het daarin ‘n gees van bedwelming gegiet, en Egipte is op ‘n dwaalweg gebring in al sy werk, soos ‘n dronkaard tuimel in sy uitbraaksel.

Wanneer die Here ‘n “gees van bedwelming” uitgiet, het die mens se sogenaamde vryheid van keuse geen kans om te verhoed dat alles sal gebeur “volgens die raad van Sy wil” (Efes 1:11).

Vorige artikels in die reeks:

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/04/20/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-1/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/04/21/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-2/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/03/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-3/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/04/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-4/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/05/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-5/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/25/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-6/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/26/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-7/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/31/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-8/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/06/01/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-9/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/06/02/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-10/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/06/03/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-11/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/06/20/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-12/

Die oorspronklike Engelse weergawe kan HIER gevind word.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s