Volgens die raad van Sy wil (Deel 14)

Volgens die raad van Sy wil 

(Het die mens ‘n “vrye” wil?)

Deur Mike Vinson

(vertaal en aangepas in Afrikaans deur Larry Groenewald)

Deel 14 – Twaalf Voorbeelde van God se Modus Operandi

Voorbeeld # 10 – Agab gaan na Ramot in Gílead

2 Kronieke 18 is die verhaal van Jósafat die koning van die suidelike koninkryk van Juda wat hom “verswaer” het met Agab, die koning van die noordelike koninkryk van Israel (2Kron 18:1). Agab was ‘n baie slegte koning en hy was getroud met Isébel, ‘n baie slegte koningin, wat verantwoordelik was vir die dood van baie van die ware profete van God.
Weereens kry ons hier ‘n kykie in die geestelike wêreld. Weereens word dit aan die lig gebring dat die bose geeste daaglikse deur God gestuur word om Sy doel te bereik. Voorwaar…

…ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug (Efes 6:12).

Vir die natuurlike denke lyk dit of Agab d.m.v. sy eie “vrye wil” besluit het om oorlog te gaan met die Arameërs by Ramot in Gílead. Hy het ‘n fees ter ere van Jósafat gegee en Jósafat gevra om saam met hom te staan in hierdie oorlog.

2Kron 18:3 Toe sê Agab, die koning van Israel, vir Jósafat, die koning van Juda: Sal u met my saam na Ramot in Gílead trek? En hy [Jósafat] antwoord hom: Ek is soos u, en my volk soos u volk, en ons sal saam met u in die oorlog wees.

Maar Jósafat het een versoek aan Agab gerig voordat hulle na die oorlog gegaan het:

2Kron 18:4 Verder het Jósafat aan die koning van Israel gesê: Raadpleeg tog eers die woord van die HERE.

En Agab het vierhonderd profete gehad wat pligsgetrou aan Agab vertel het…

2Kron 18:5 …..Trek op, en God sal dit in die hand van die koning gee.

Daar moet iets wees wat Jósafat laat sien het dat hierdie profete net as huurlinge optree en net vir die geld optree as manne van God, want hy draai toe na Agab en vra hom:

2Kro 18:6 ….Is hier nie nog ‘n profeet van die HERE, dat ons deur hom kan raadpleeg nie?

Dit is toe dat die ware profeet van God geroep moes word van wie Agab niks gehou het nie:

2Kron 18:7 En die koning van Israel antwoord Jósafat: Daar is nog een man om die HERE deur hom te raadpleeg; maar ék haat hom, want hy profeteer oor my niks goeds nie, maar altyd onheil; dit is Miga, die seun van Jimla. En Jósafat sê: Die koning moet nie so spreek nie!

Agab wat homself as ‘n objektiewe soeker na die waarheid aan Jósafat wou voordoen, stuur toe ‘n boodskapper om die profeet Miga te laat haal. Die boodskapper sê toe aan Miga dat vierhonderd profete reeds saamstem ten gunste van die koning se begeerte:

2Kron 18:12 Toe sê die boodskapper wat gegaan het om Miga te roep, vir hom dít: Kyk, die woorde van die profete is uit een mond goed vir die koning: laat jou woord nou tog wees soos die van een van hulle, en spreek goeie dinge.

“Selfs wat God my sal sê, dit sal ek spreek” was Miga se reaksie. Die boodskapper plaas toe vir Miga voor die twee konings, tussen die konings voor en die vier honderd betaalde profete agter hom.

2Kron 18:14 Toe hy by die koning kom, sê die koning vir hom: Miga, sal ons na Ramot in Gílead trek om te veg, of sal ek dit laat staan? En hy antwoord: Trek op, en u sal voorspoedig wees, en hulle sal in julle hand gegee word.

Miga het so pas vir die boodskapper wat gestuur was om hom te gaan haal, gesê dat hy gaan net sê “wat God my sal sê”. Siende dat dit dan wel die geval was omdat Agab aan Jósafat gesê het dat Miga nooit goeie dinge oor hom profeteer nie, maar slegs die onheil. Die Here wou die waarheid aan Agab gee op sy eie versoek:

2Kron 18:15 En die koning sê vir hom: Hoeveel maal moet ek jou besweer dat jy niks as die waarheid in die Naam van die HERE tot my moet spreek nie?

Agab het gevra vir niks anders as die onverbloemde waarheid, wat hy ook nou gaan hoor. Agab was die ou verbond se ekwivalent van die leiers van die hedendaagse Protestante kerke, want Israel het weggebreek van die huis van Dawid en met ‘n “nuwe kerk” begin het a.g.v. die afpersing van geld uit die mense. Jósafat was die Ou Testament tipe van ‘n “goeie pous” wie se vaders geld afgedwing het van die vaders van die Protestante.

Die hedendaagse ekwivalent van hierdie toneel sou ‘n spitsberaad van die leiers van Katolieke of Protestantse wees; die leiers van elke nasie wat die Naam van Christus bely onder ‘n ekomeuniese banier.

Een leier van hierdie “Christen” nasies is veral begerig en doelgerig in sy poging op ‘n oorlog teen die standhoudende vyand van die “volk van God”. Hy is bereid om alleen te gaan in die oorlog indien nodig, want dit is ‘n duidelike geval van die goed wat staan teenoor die kwaad. Dit is ‘n geval van “die mense van die ware God” teenoor hulle wat nie eens die naam van Christus bely nie. Maar hierdie leier van die grootste “Christelike” nasie op aarde sou regtig eerder ‘n koalisie wou vorm om op te trek na Ramot in Gílead. Hierdie vierhonderd “Christelike” leiers staan almal onder die vleeslike begrip van ‘n Bybelse beginsel,” weerstaan die duiwel, en hy sal vlug van jou” (Jak 4: 7). Hulle vertel hierdie politieke leiers by hierdie denkbeeldige spitsberaad dat God aan hulle kant is. Terwyl hulle eintlik net ‘n groep van inkruiperige mensebehaers is, dink hulle dat hulle werk en praat volgens hul eie “vrye wil”.

Maar wat is die waarheid oor die keuses wat ons maak. Miga is op die punt om vir ons ‘n les in die binnewerkinge van die geestelike wêreld te gee. Hierdie les is “geskryf as waarskuwing aan ons”. Dit is nie ‘n verhaal van die buitengewone werk van God, soos ons hardnekkige vlees ons wil laat glo nie. As hierdie verhaal ‘n buitengewone gebeurtenis uitbeeld, dan is dit van geen waarde vir die gelowige. Maar dit is nie ‘n buitengewone gebeurtenis nie, net so min as wat die gebeure wat verband hou in Job 1 buiten gewoon was:

1Kor 10:6 En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie.

1Kor 10:11 Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.

Dit is “voorbeelde” vir en van ons. Dit is hoe die heelal elke dag verloop:

2Kron 18:16-17 Daarop antwoord hy: Ek het die hele Israel gesien, verstrooid op die berge soos skape wat geen wagter het nie. En die HERE het gesê: Hulle het geen heer nie; laat hulle elkeen in vrede teruggaan na sy huis. 17 Toe sê die koning van Israel vir Jósafat: Het ek u nie gesê hy profeteer oor my niks goeds nie, maar onheil?

Agab moes geweet het dat sy vier honderd profete gelieg het, want toe Miga met hulle saamgestem, het hy aangedring om die waarheid by Miga te hoor. Maar Agab het nie ‘n liefde vir die waarheid gehad nie, net soos vandag se godsdienstige leiers wat spot met die raad van onse Here aan Petrus:

Mat 26:52 Toe sê Jesus vir hom: Sit jou swaard in sy plek terug; want almal wat die swaard neem, sal deur die swaard vergaan.

As daar ooit ‘n verdienstelike saak was om voor te veg, het Peter die mees waardige saak gehad. Hy wou veg om die lewe van die Seun van God te red teen die magte van die bose. Of ten minste, so het dit geblyk vir die onbekeerde oë van Petrus (Luk 22:32). Ja, net nadat Petrus vertel was dat hy nog nie tot bekering gekom het nie, het Christus die woorde gesê:

Luk 22:36 Toe sê Hy vir hulle: Maar nou, wie ‘n beurs het, laat hom dit neem en so ook die reissak; en wie dit nie het nie, moet sy kleed verkoop en ‘n swaard koop.

Maar vir watter doel?

Luk 22:37 Want Ek sê vir julle dat dit wat geskrywe is, nog aan My vervul moet word: En Hy is saam met misdadigers gereken. Want ook aan die dinge wat betrekking het op My, kom daar ‘n einde.

Dit was die enigste rede wat deur Christus gegee was om ‘n swaard te koop [Let wel: nie op te neem nie]. Dit was gesê met die doel om die profesie te vervul dat Christus “met misdadigers gereken” moes word!

Die vierhonderd hedendaagse profete van Agab en Isébel wat vandag hardop die oorlogsdromme laat weergalm, wil ons altyd herinner dat Christus gesê het “verkoop jou dekmantel en ‘n swaard koop”, maar hoeveel van hulle herinner ons aan wat die Here ook gesê het toe Petrus met die swaard die regteroor van die van die dienskneg van die hoëpriester afgekap het:

Mat 26:52 Toe sê Jesus vir hom: Sit jou swaard in sy plek terug; want almal wat die swaard neem, sal deur die swaard vergaan.

Maar “dit alles is uit God” (2 Kor 5:18) en dit is veral waar van die profete wat mislei is (Eseg 14:9).

Maar Miga was net besig om aan die gang te kom om te wys hoe die geesteswêreld opereer om die leuen van “vrye” wil te weerlê, toe Agab hom onderbreek en te kla teenoor Jósafat:

2Kron 18:17 Toe sê die koning van Israel vir Jósafat: Het ek u nie gesê hy profeteer oor my niks goeds nie, maar onheil?

Die waarheid van God is altyd negatief as dit kom by die owerspellige godsdienstige en politieke leiers van die volk van God. Ja, die waarheid van God was nog altyd as negatief ervaar deur die verwerpte eersgeborenes (soos Kain, Ismael en Esau) en die verwerp gesalfdes (soos Eli, Koning Saul en Agab). Dit verwys na alle vorme van die vlees, want….

1Kor 15:50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.

Miga gaan egter voort om die waarheid te bring:

2Kron 18:18-21 Verder sê hy: Daarom, hoor die woord van die HERE: Ek het die HERE sien sit op sy troon, terwyl al die hemelse leërskare aan sy regter— en sy linkerhand staan [Dit is waarna verwys word as die “magte en owerhede” insluitend die “bose geeste in die hemele” van Efes 6 vers 12]. 19 En die HERE het gesê: Wie sal Agab, die koning van Israel, oorhaal, dat hy kan optrek en val by Ramot in Gílead? En die een het so gesê, en die ander weer so. 20 Toe kom die gees vorentoe en gaan voor die aangesig van die HERE staan en sê: Ek sal hom oorhaal. En die HERE vra hom: Waarmee? 21 En hy sê: Ek sal uitgaan en ‘n leuengees word in die mond van al sy profete. En Hy [die HERE] sê: Jy sal [hom] oorhaal, ja, jy sal ook oorwin; gaan uit en doen so.

“….al die hemelse leërskare” sluit ongetwyfeld ook in die regverdige geeste wat sekerlik voorgestel het dat Agab tot ander insigte gebring moet word . Maar die leër van die hemel is nie beskore om toegang te hê tot die kennis van God wat Hy slegs openbaar aan diegene wat Sy gedagtes ken nie (die “sin van Christus“ – 1Kor 2:16).

Ek het al by talle begrafnisse gehoor dat die predikers die volgende vers aanhaal:

1Kor 2:9 maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet.

Hoekom stop hulle by die vers? Omdat God nie hul oë geopen het om die volgende vers te sien nie:

1Kor 2:10 Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God.

Verstaan die engele die “dieptes van God”?

1Pe 1:10-12 Aangaande hierdie saligheid het die profete wat geprofeteer het oor die genade wat vir julle bestem is, ondersoek en nagevors, 11 en hulle het nagespeur op watter of hoedanige tyd die Gees van Christus wat in hulle was, gewys het, toe Hy vooruit getuig het van die lyde wat oor Christus sou kom en die heerlikheid daarna. 12 Aan hulle is geopenbaar dat hulle nie vir hulleself nie, maar vir ons dié dinge bedien het wat julle nou aangekondig is deur dié wat die evangelie aan julle verkondig het in die Heilige Gees wat van die hemel gestuur is—dinge waarin die engele begerig is om in te sien.

God openbaar Sy waarhede (Sy “dieptes”) aan Sy kerk alleenlik op die stadium!

Efes 3:10 sodat nou deur die gemeente aan die owerhede en magte in die hemele die menigvuldige wysheid van God bekend gemaak kan word,

Die frase “…die owerhede en magte in die hemele” is die presiese gedagte en woorde wat vertaal is as “die bose geeste in die lug” in hierdie vers

Efes 6:12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

Die konsepte van “in die lug” en “die hemele” is albei vertaal van die Griekse woord “epouranios” (Strong se # 2032]. Nee, die engele ken nie die “dieptes van God” nie. Hulle sal op die regte tyd ook leer van die “menigvuldige wysheid van God… deur die gemeente” of die kerk van God.

Om die soewereiniteit van God te verstaan is deel van die “dieptes van God”. Dit is een ding om te sê: ‘Ja, ek glo God is soewerein’, maar dit is iets heel anders om die dieptes van God se soewereiniteit te verstaan.

Mat 13:11 Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie.

Mat 13:17 Want, voorwaar Ek sê vir julle, baie profete en regverdiges het begeer om te sien wat julle sien, en het dit nie gesien nie, en om te hoor wat julle hoor, en het dit nie gehoor nie.

‘Vryheid van keuse’ is nie ‘n skriftuurlike frase nie, en is in werklikheid ‘n onskriftuurlike leerstelling. Aan die ander kant is hierdie volgende stelling wel ‘n skriftuurlike stelling:

Efes 1:9 deurdat Hy aan ons die verborgenheid van sy wil bekend gemaak het na sy welbehae wat Hy in Homself voorgeneem het,

In werklikheid sluit dit aan by die skriftuurlike leringstelling dat “alles van God [is]” (2 Kor 5:18), en dat alles gebeur soos voorbestemd “volgens die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil” (Efes 1:11). Dit is die presiese teenoorgestelde van die sogenaamde “vrye” wil van mens. Tog word dit alles bereik deur die keuses wat mense maak, want, soos ons reeds gedemonstreer het, is dit God wat mense “aanhits” of beweeg om die keuses uit te oefen (2Sa 24:1).

So wat is “Sy welbehae wat Hy in Homself voorgeneem het? Hier is die antwoord. Glo u Bybel!

Joh 6:44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.

Klink dit soos God wil hê dat ons moet glo dat niemand na Hom toe kan kom as mens nie deur sy vrye wil kies nie?

Wie word na Christus getrek? Wat leer die Bybel?

Joh 12:32-33 En Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal almal na My toe trek. 33 En dit het Hy gesê om aan te dui hoedanige dood Hy sou sterwe.

Is Christus verhef tydens die kruisiging?

Wie leer die Skrif [nie die profete van Agab en Isébel nie] word “lewend gemaak in Christus”?

1Kor 15:22 Want soos hulle ALMAL in Adam sterwe [dit was nie deur vrye wil nie], so sal hulle ook ALMAL in Christus lewend gemaak word;

Die hele vyfde hoofstuk van Romeine maak dieselfde stelling vyf keer in ‘n ry. As almal sondaars is en almal onderhewig is aan die dood in die eerste Adam, dan sal almal regverdiges gemaak word deur die lewe in die laaste Adam, Jesus Christus:

Rom 5:18 Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe.

Om terug te kom na die les wat die profeet Miga ons leer aangaande die werking in die geesteswêreld.

Kan iemand vra waarom wil God die insette van “die hele leër van die hemel” in hierdie bespreking van Sy voorafbepaalde lot oor koning Agab, en dan ‘n leuengees kies om deur die monde van al Agab se profete te profeteer om Sy doel te bereik? Waarom het Hy nie met Agab gedeel soos hy met Jona gewerk het nie. Of selfs soos Hy met Dawid gewerk het toe Dawid die volk getel, of met Saul van Tarsus op die pad na Damaskus? Is ‘n paar mense net eenvoudig te boos vir God, met al die magte en owerhede tot Sy beskikking? Allermins!

Rom 9:21 Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp [dit is die eerste Adam] die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?

God het ons nie maak ons robotte nie. Ons is slegs ‘n stuk klei in sy hande:

Jer 18:6 Sal Ek nie soos hierdie pottebakker met julle kan maak nie, o huis van Israel? spreek die HERE. Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, o huis van Israel!

Selfs wanneer ons die wêreld onderstebo draai soos Agab en Isébel, dan is die verkeerde siening ook ‘n werk van die Pottebakker:

Jes 29:16 o Julle verkeerdheid! Of moet die pottebakker beskou word as klei, dat die maaksel van sy maker kan sê: Hy het my nie gemaak nie, en die vormsel van sy vormer kan sê: Hy het geen verstand nie?

Alles is inderdaad van God en hoe duidelik is dit nie vir hulle wat oë gegee is om te sien (2 Kor 5:18). O ja, ons kan 100% oortuig wees en dink dat ons het God gekies uit ons eie vrye wil, maar die waarheid kom reguit uit die mond van ons Verlosser Homself:

Joh 15:16 Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.

Ons dink kwaaddoeners is boos omdat hulle gekies het om boos te wees, maar Paulus sê dit is “die Potterbakker” wat hulle gemaak het om ‘n “voorwerpe van oneer” te wees. As “die maaksel” nie die reg het om te vra “waarom het u my so gemaak” nie, watter reg het ‘n “voorwerp tot eer” om te sê “Ek verkies om te lewe vir God”? Of, “Ek kan nie veel bygedra tot my eie redding, maar ek het wel die geloof bygedra om God te kies”. Dit is wat baie van ons geleer was. Ons het eenvoudig nie Romeine 9 verstaan nie, en ons oë was verblind om hierdie vers reg te lees en te verstaan:

Efes 2:8 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit [die geloof!!!] nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;

Vorige artikels in die reeks:

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/04/20/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-1/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/04/21/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-2/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/03/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-3/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/04/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-4/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/05/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-5/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/25/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-6/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/26/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-7/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/05/31/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-8/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/06/01/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-9/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/06/02/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-10/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/06/03/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-11/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/06/20/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-12/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/06/22/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-13/

Die oorspronklike Engelse weergawe kan HIER gevind word.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s