Het Jesus regtig meer van die hel gepraat as van die hemel?

Hallo N_______

Baie dankie dat jy op die webtuiste kom inloer en vir die boodskappe wat jy aan my gestuur het. Laat my asseblief toe om daarop te reageer.

Jy sê die volgende:

“My vriend ek weet nie watter Bybel jy lees nie , maar dit is nie die Woord van God nie. Jesus praat meer oor die hel as oor die hemel.
Opb 20:14 en die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp.
Die Satan het God se Woord net so verdraai deur Hom ‘n leunaar te maak.
Die Bybel sê die Satan glo ook en dit laat hom sidder.”

N______ ek antwoord graag op jou eerste punt. Jy vra watter Bybel ek lees?

Soos jy weet is die Skrifte oorspronklik in Hebreeus (ook sommige plekke in Aramees) en Grieks geskryf. Die oorspronklike boeke is verlore, maar deur talle manuskripte wat vanaf die oorspronklike oorgeskryf was, het ons vandag die gesaghebbende Geskrifte soos vervat in die Bybel, wat ook deur die oorspronklike apostels aanvaar was:

2Pe 3:14-17 Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge [nuwe hemel en nuwe aarde] verwag, beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede. 15 En ag die lankmoedigheid van onse Here as saligheid, soos ons geliefde broeder Paulus ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskryf het, 16 net soos in al die briewe. Hy spreek daarin oor hierdie dinge, waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai, net soos die ander Skrifte, tot hul eie verderf. 17 Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en wegval uit jul eie vastigheid nie.

1Kor 14:37 As iemand meen dat hy ‘n profeet of ‘n geestelike mens is, moet hy erken dat wat ek aan julle skrywe, bevele van die Here is.

1Kor 15:3-4 Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte; 4 en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte.

2Ti 3:16-17 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, 17 sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.

Ons lees dus basies vertalings van hierdie Skrifte as ons nie die oorspronklike tale kan verstaan nie. Ek lees dus ook vertalings…van die 1933 Afrikaanse Vertaling tot by die Engelse King James vertaling. Ek het tans oor die 20 vertalings in my besit en ek gebruik dit almal indien een vertaling nie so duidelik is nie. Ek hoop dit beantwoord jou eerste vraag.

Dan maak jy die volgende stelling…”Jesus praat meer oor die hel as oor die hemel”.

N_____, vriend, waar kry jy dit vandaan?

As jy die Ou Afrikaanse vertaling gebruik, dan kom die woord “hel” net tien (10) keer voor in daardie hele Bybel (in die 1933/1953/1954/1957/1992 weergawes). Van die tien keer kom die woord “hel” net agt (8) keer uit Jesus se mond persoonlik….as Hy Afrikaans sou gepraat het. Daarteenoor kom die woord “hemel” 194 keer in die Ou Afrikaanse Vertaling NET IN DIE NUWE TESTAMENT VOOR!!! As Jesus Afrikaans sou gepraat het en Sy woorde so neergeskryf was, het die woord “hemel” oor die neëntig (90) keer direk uit Jesus se mond gekom!!! Jy kan maar self naslaan N_____ en sê of ek dit verkeerd het.

Dit waarvan jy my beskuldig N_____, is presies wat jy doen! En hier kan ek net Jesus se ernstige waarskuwing herhaal aan diegene wat byvoeg en weglaat van Sy woorde. Ek hoop jy neem noukeurig notisie want dit is ‘n baie, baie ernstige saak waarvan jy my aankla:

Open 22:18-19 Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is. 19 En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.

Sê asseblief vir my N____, watter vertaling gebruik jy wat jou die reg gee om die gruwelike stelling oor die Here Jesus se woorde te maak?

Dat Jesus baie oor die geestelike vuur gepraat het, is egter 100% waar. Maar ek dink nie jy glo dat God se vuur NIE na ‘n sogenaamde hel verwys nie. Lees gerus oor God se vuur (ook Sy “poel van vuur”) en die doel daarvan by hierdie skakels. Kom gerus terug as jy iets anders kan bewys oor God se vuur as wat in die Skrifte aan ons voorgehou word:

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/07/25/volgens-die-raad-van-sy-wil-deel-18/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2015/07/24/wie-van-ons-kan-woon-by-die-verterende-vuur/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2015/04/24/die-doop-met-die-vuur-van-god/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2015/04/16/nuwe-lewe-kom-alleenlik-deur-die-vuur/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2011/09/21/geen-offer-aan-god-mag-sonder-vuur-gebring-word-nie-%E2%80%93-hy-aanvaar-dit-nie/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2011/09/17/die-alomteenwoordige-vuur/

Jou broer in die ware Christus wie se woorde ek baie respekteer en eerbiedig

Larry

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

1 Response to Het Jesus regtig meer van die hel gepraat as van die hemel?

  1. Terug pieng: Temas | "Is en Wat Was en Wat Kom" – die onbekende karakter van Jesus Christus en Sy Woord

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s